Donker naweek lê voor

Argieffoto (Foto: Unsplash)

Fase 4-beurtkrag sal Vrydag vanaf 14:00 tot Saterdag 05:00 geïmplementeer word, waarna fase 2 tot Maandagoggend sal geld. Dit volg nadat fase 2-beurtkrag aanvanklik Vrydagmiddag ingestel is.

Eskom sê die kragnetwerk verkeer onder groot druk nadat drie opwekkingseenhede by die Kendal-kragstasie en eenhede by die Tutuka- en Matimba-stasie uitgeskop het. Maroela Media het ook vroeër berig daar is probleme met die steenkooltoevoer na die Kendal-kragstasie.

Die herstel van die opwekkingseenhede by die Lethabo- en Majuba-kragstasie is boonop vertraag.

Sowat 17 437 MW is tans op beplande instandhouding terwyl 4 361 MW kapasiteit weens tegniese probleme nie beskikbaar is nie.

“Ons herinner verbruikers daaraan dat beurtkrag die laaste uitweg is om die bestendigheid van die stelsel te handhaaf, ongeag watter fase ingestel word,” het Eskom gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

36 Kommentare

Nuus leser ·

Wat ‘n Skande! Mense moet ly oor jul onbevoegde kaders wat nie beskik oor die vaardighede wat vereis word om die krag aan te hou nie!

Snowball ·

Eskom se einde is hier… nie ‘n manier hoe hulle dié kadervrot nes weer regkry nie.

MakersMark ·

Dalk nie net herstelwerk wat vertraag is nie. Daar is werk te doen by Megawatt Park ook.

Werner ·

Die land en ESKOM is so in hulle glorie.Dat maak nie saak watter party gewen het nie hulle dit nooit Sal regkry nie.Totale anargie lê voor die deur sorg dat jy en jou gesin dit kan oorleef.Sien in elkgeval hulle skakel nou oor na fase 4 van twee uur af.Hulle waarsku dat SA te min diesel het vir die opwekkers.So maak maar reg vir nog n paar fases

Marius ·

Ek wil net graag weet of daar nosteeds “loadshedding” sou gewees het as Banna Banna more aand gespeel het?????? Ek twyfel baie sterk!!!!!!!! Ja dit kom nou daarvan as jy vir die CancER span stem.

Samuel ·

Dit gaan nie net oor onbevoegde kaders wat die herstelwerk moet doen nie, maar oor ‘n totaal onbevoegde regering wat nie luister wanneer André de Ruyter sê geld moet beskikbaar gemaak word vir nuwe groen kragstasies nie. Die cANCer dink nog waar hulle gaan bedel.

Lourens CFG ·

Laaste uitweg se alie man. Dit is straf omdat so baie minder mense vir hulle chommies gestem het.

MAGRIETHA ·

Vervoer band gebreek , word daar nie daagliks inspeksie gedoen soos in die ou dae nie ,nee wat eskom n skande vi publiek

Nico ·

Hulle is veronderstel om die vervoerband gereeld in stand te hou, dit is wat gebeur as die mense onbevoeg is, kort, kort gaan die tariewe op om maar net weer Eskom se sakke te vul, die grootbase van Eskom het nie salaris verhogings nodig nie asook geen jaarlikse bonuse nie, stel meer bevoegde mense aan.

Trotse Boervrou ·

Die land is in groter moeilikheid as wat almal dink. Netwerk 24 berig dat daar ook te min diesel is. Wanneer die diesel ook dan nou uiteindelik opraak is daar nie water by huise nie, werk die rioolstelsels nie meer nie, is daar nie kos wat afgelewer word by winkels nie en breek totale anargie uit. Maak maar verder jul eie gevolgtrekkings. Die rit gaan net nog rowwer raak.

Pieter ·

Jy hoop daar is nog kerse te koop teen daardie tyd. Ewige optimis, jy.

Philip ·

Ons klein plattelandse dorpie word die meeste kragonderbrekens as n dubbel dosis ervaar.Die krag word snags op skedule afgeskakel wat die teken vir die kopergeleier entrepenieur is om ons Eskom enkel geleier van by die 100km te stroop op baie plekke.As daar weer aangeskakel word moet die Eskom personeel eers herstelwerk doen MAW n 3ure onderbreking word n dag of twee lank.

Die Boerepompie ·

Aai ek wonder hoe kan mense nog vir did ANC stem ek dink nie die sal ooit reg kom nie ons sal met die krag wat ag gaan n swak ekkonnomie maar saam moet leef

Anel ·

En dit in die middel van die kinders se eksamens!!! Pateties. Maar hulle moet vir die ANC stem!!

Genis ·

Dit is mos donker Afrika… Viva ANC…. Die ANC is soos beet in n bord… Besmet als

Jaco ·

Straf vir die lae stempersentasie en die net 45% van die stemme vir die ANC. Volgende maand dink die ANC weer ‘n 4de golf Corona vir die Wes-Kaap uit en sluit al die strande. WEG is wit mense se tradisionele “vakansie by die see” en WEG is wit toeristebesighede aan die kus se beste inkomste van die jaar. Maar dan word die Wes-Kaap darem gestraf omdat hulle aanhou stem vir “die rassistiese DA”.

AW ·

Ekke bly nalaat om and Regering en Eskom Baie Dankie te sê, en vandag Doen Ekke dit via MM, ekke is Baie Trots op die SA Regering en Eskom !!

andre ·

N donker naweek? Nee, n donker toekoms. Snaaks hoe alles so gelyk breek, altyd op n Vrydag. Maandag oggend is dit weer reg, tot Vrydag.

Jr ·

Yhees if u dont vot for cANCer party the lights wheel not kom back on. Quote the chief peanut Squirrel

Jr ·

Ek love die Eish is brokken ” debacle. Alhoewel ongerieflik, kom ek goed oor die weg. Maar ek kry so lekker want die spykers word een vir een elke dag ingespyker in die cANCer’s doodskis. Een van die dae hou ons julle BEGRAFNIS

Charl ·

Dis vir my altyd interresant hoe Eskom praat van Matimba, Tutuka en ander ou kragstasies as die probleem … want eintlik moes Kusile en Medupe hulle al lankal vervang het … so waar le die probleem rerig ….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.