Donker prentjie geskets oor brandstofpryse

Argieffoto: Pixabay

Die Automobiel Assosiasie (AA) meen motoriste moet hulle maar staal vir nog brandstofprysverhogings in April.

Dit kom nadat petrol van alle grade begin Maart met 74c per liter gestyg het, diesel met ʼn swaelinhoud van 0,05% met 91c per liter en diesel met ʼn swaelinhoud van 0,005% met 93c per liter.

Die AA voorspel dat petrol begin April met 98c per liter kan styg en diesel met sowat 70c per liter. Die brandstofheffings wat in April in werking tree, sal die prys verder opstoot.

“Wanneer die brandstofheffings bygevoeg word, kyk mens na ʼn styging van R1,18 per liter vir petrol en 90c per liter vir diesel.”

Volgens die AA het veranderinge in die wisselkoers tussen 23c en 26c tot die verwagte verhoging bygedra. “Die balans is weens veranderinge in internasionale oliepryse. Die Sentrale Energiefonds se ontleding wys dat internasionale oliepryse 73c per liter van die styging sal bydra in die geval van petrol.”

“Dit is moeilik om daardie syfer te versoen met die algemene stabiliteit wat sedert die begin van Maart deur die daaglikse pryse getoon is. Ons hoop dat data meer duidelikheid sal gee soos die maand ontvou, maar daar is ʼn verdere vlieg in die salf, naamlik die brandstofheffings wat van April van toepassing sal wees,” het die AA gesê.

Die algemene brandstofheffing gaan met 15c per liter toeneem en die padongelukkefondsheffing met 5c. Die algemene brandstofheffing verhoog tot R3,52 per liter petrol en R3,37 per liter diesel. Die padongelukkefondsheffing verhoog tot R1,98 per liter vir petrol én diesel. Die heffingtoenames sal op 3 April in werking tree.

Van Junie af sal die koolstofheffing ook in werking tree. Koolstofbelasting op brandstof van 9c per liter op petrol en 10c per liter op diesel sal op 6 Junie in werking tree.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Andre ·

Dit is belaglik hoe die ANC regering die land melk vir alles wat hulle kan, en die swart mense stem nogsteeds vir hulle. Gelukkig word hulle nou al hoe harder geraak.

Witblits ·

Hoekom nog koolstof heffings as jy dit reeds betaal op nuwe motors (eenmalige koste) waar gaan daardie geld heen wil ek weet? dis soos dubbel belasting net soos met etoll en die petrol heffing vir instandhouding van paaie. dus betaal die mense nie etoll nie. Die een koolstof koste kan jy nie vermy nie. blerrie skelms verby hulle.

Anoniem ·

Sodra die ANC kettiekoppe hulle bekke oopmaak, verswak die Rand teen die Dollar.

Judge Dredd ·

Wonderlik !!
Net jammer dat dit nie nog meer styg nie – maar as dit in Mei maand met nog so R2/liter styg kan dit dalk die nodige effek by die stembus he.

V ·

Die koolstofbelasting sal seker aangewend om laagliggende gebiede te ontruim wanneer aardverwarming die wêreld soos Kevin Costner se Water World verswelg? Na gelang van nuutste wetenskaplike data is daar slegs 12 jaar oor voordat die laagliggende gebiede onder water is… Ons wyse regering het seker ‘n voortydige plan en sal ons eersdaags van hulle ontruimingsplan verwittig? Net jammer die banke hou aan om huislenings toe te staan vir seevront huise en woonstelle? Waar gaan die ou belastingtjie werklik heen? Ek wonder of iemand weet?

KrokodilBotha ·

Ernstig , iewers moet ons die middel vinger met trots wys

jaap ·

ironies dat die petrol elke jaar voor April vakansie opgaan.ek ruik n rot.

Boet Fasie ·

Die regering sien sy inkomste daal met water en krag verkope omdat die betaalde verbruiker alternatiewe planne maak om selfversorgend te raak, nou kom hulle met enige belastings om geld te kry. Dit is verregaande dat net ‘n gedeelte van die land vir alles moet betaal. As die regering minder korrupsie gepleeg het was ons ‘n ryk land, lyk my daar is nie ‘ n instelling waar nie geld onwettig verdwyn het nie.

Fonnie ·

Gelukkig die einde is in sig vir die klom verrotte spul. hulle dag sal kom. hulle oordeel sal hulle kry en man sal dit swaar wees.

Minora ·

HAHAHA! Ek wil ook maar die koolstof belasting wat die perd maak by sy uitlaat gaan my doodmaak met die belasting.

Anel ·

En wat word can die R 72.00 “administrasiekoste” wat ons betaal op hernuwing van voertuiglisensie? Sê daar is 1 milj motors wat lisensies koop. Dit maak R72milj ekstra. Waar gaan dit heen? Vra maar net.

Henk ·

Siener van Rensburg het gese Eskom gaan sy gat sien en karre gaan stil staan agv petrol!!!!!

Johan ·

Hul kan petrol R20 per liter maak. Dan weet ons almal betaal belasting. Wit ,swart en al die skelms

LÍEWE GENADE,TOG! ·

Skrikwekkende idee,om te weet, ons is almal ‘vasgekeer in ñ hoek’ met geen uitkomkans…betaal sal ons móét betaal WATOOKAL húlle besluit…ons hande is afgekap

HPV ·

Hoe swakker ‘n regering swaarder die belasting en heffings op noodsaaklikhede.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.