‘Donkie’ oorleef soveelste aanslag op lewe

Jerome “Donkie” Booysen. Foto: ANA

Jerome “Donkie” Booysen, vermeende leier van die Sexy Boys en 26-bende, het Woensdag die soveelste aanslag op sy lewe oorleef.

Die Wes-Kaapse polisie het bevestig ʼn skietvoorval by ʼn winkelsentrum in Kuilsrivier het tot die dood van een mens gelei terwyl nog iemand beseer is.

Die voorval het by die Soneike-winkelsentrum plaasgevind en volgens omstanders het Booysen bebloed by ʼn restaurant uitgestrompel nadat talle skote afgevuur is. Booysen is in die arm geskiet. Volgens berigte het die oorledene glo op Booysen losgebrand waarna hy doodgeskiet is.

Dit is in dié stadium nie duidelik of Booysen of sy lyfwagte die man doodgeskiet het nie. Die oorledene was vermoedelik ʼn lid van die Hard Livings-bende.

Booysen is in Oktober buite die Kaapstadse Internasionale Lughawe tydens ʼn skietery gewond. Booysen is in ʼn hospitaal opgeneem vir behandeling. ʼn Man, wat hom glo as ʼn vrouedokter vermom het, het toegang tot die saal probeer verkry waar Booysen behandel is. Die polisie het destyds bevestig ʼn man is in hegtenis geneem in verband met ʼn voorval by die hospitaal.

Volgens mediaberigte het onbekende mans Woensdagaand weer toegang tot Booysen probeer kry in die hospitaal waar hy behandel word en is hy glo na ʼn ander hospitaal oorgeplaas.

Booysen is in Mei verlede jaar in die nek geskiet terwyl hy met sy motor gery het. In September is daar weer op sy motor geskiet. Die maand daarna is hy ernstig gewond tydens die skietery by die lughawe. Terwyl hy in die hospitaal behandel is, was daar weer ʼn aanslag op sy lewe. In Maart vanjaar is daar weer skote op Booysen se motor afgevuur.

Die Daily Voice berig Woensdag se voorval was dus die sesde aanslag op Booysen se lewe die afgelope paar maande. Daar is volgens berigte R5 miljoen deur ander bendes uitgeloof vir die moord op Booysen.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Liberaal ·

liberaliste is so dankbaar vir ons regstelsel waar kriminele en bendeleiers vry is om te doen wat hulle wil. soos hierdie gerugte bendeleier is nie opgesluit nie maar loop vry rond om sy ete bt die spur te geniet, en ander bendelede is vry om hulle geskille in die publiek uit te sorteer.

Johan ·

Meer betekenis in die lied” o die donkie is n wonderlike ding”

Casper Labuschagne ·

Die sesde onlangse aanslag op Donkie se lewe en ‘n vyf miljoen rand losprys op sy kop. Wys net hoeveel geld daarin is om die reg te hê om uitsmyters by kuierplekke te kan aanstel want die uitsmyters bepaal wie daarso dwelms sal verkoop en wie nie.

Maar niemand sal die eintlike probleem aanspreek nie, want rykmanskinders het mos in vandag se samelewing die absolute reg om hulself te geniet en dwelms te gebruik.

Liberaal ·

Ja, ons liberaal linkse superryk meesters wil geld maak en dis al wat belangrik is, julle jongmense se lewens beteken niks vir hulle. Ons liberale heersers sal bepaal watter waardes is in en watter waardes is uit. Dwelmgebruik is ‘n in waarde volgens liberaliste en goeie ou waardes van dwelmvry sal gebrandmerk word as outyds of indringing op misdadigerregte.

Boerseun ·

Moet nie vergeet van jul mooi woorde bigot en fascist nie. Dink die laaste twee val onder die nuwe, nuwe, nuwe, nuwe Afrikaans wat nou geld. Jammer, ek verloor pas met hoe baie die taal Afrikaans se onstaan verander. Dalk het die “Binnelanders” vir ons die “Antwoord”?

Theresa ·

Nou waarvoor staan die bende juis? Veg hul teen misdaad? Is hul deel van misdaad? Wat het die ou gedoen dat hul hom bitter graag wil dood hê?

Hennie ·

Dis turfstryd tussen kompeterende misdadigers vir die reg om dwelms in clubs te verkoop.

Anni ·

Ek dink die term ” ‘n Kat het 9 lewens”, is sopas herskryf na ” ‘n Donkie het 9 lewens”. Duidelik is die “hitman” elke keer ‘n vrot skut, want hierdie man is soos die Terminator, hy kom net terug en terug en terug… As die “bounty” op sy kop R5 miljoen is, neem ek aan hy het ‘n hele paar “Lords” ordentlik kwaad gemaak.

Anni ·

Ek dink veel eerder dis ‘n geval ‘n vrot skut wat elke keer sy kans neem. Het jy al hierdie bende lede gesien skiet? So ‘n slap armpie wat soos in die films uitgegooi word terwyl die pistool so skuins gehou word. Al wat jy gaan raakskiet is die verbygaande wind, as jy gelukkig is.

HPV ·

Anni, jy is reg. Die grootste gevaar is dat hy homself raakskiet, hulle het nie eers ‘n idee waar die voor, agter, bo, of onderkant van ‘n vuurwapen is nie. Die enigste manier hoe hy iemand sal raakskiet is as mens per ongeluk voor die wapen in beweeg.

ES ·

Al wat ek aan dink is die Engelse gesegde: “If you live by the sword, you die by the sword.” As jy ‘n vermeende bendebaas is en jou met stoute goed besig hou, gaan ander stouters nie van jou hou nie…

Denise ·

Daai bendes kom al donkie jare aan innie Kaap hulle is rof en defnitief nie van Trompie se bende nie !!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.