Donkie veroorsaak gru-botsing; 12 sterf

Argieffoto: Twitter via @_ArriveAlive

Altesaam 12 mense is Donderdagaand in ʼn gru-ongeluk in Limpopo dood.

Thabiso Teffo, woordvoerder van die departement van gesondheid in Limpopo, het gesê ʼn noodlottige ongeluk het omstreeks 21:30 op die N1 by Botlokwa naby die Caltex-vulstasie in die Capricorn-omgewing plaasgevind.

ʼn Toyota Quantum-minibustaxi het glo ʼn donkie getref, beheer verloor en trompop teen ʼn vragmotor gebots, waarna die taxi aan die brand geslaan het.

Elf insittendes, waaronder die bestuurder, is op die toneel dood. Drie passasiers is ernstig beseer en na ʼn hospitaal geneem waar een van hulle later gesterf het.

“Vier mense se liggame was in die taxi se wrak vasgekeer en moes deur nooddienswerkers uitgesny word. Hulle is onherkenbaar verbrand. Die ander sewe liggame is buite die taxi aangetref,” het Teffo gesê.

Die vragmotorbestuurder het geringe tot matige beserings opgedoen.

Makoma Makhurupetje, LUR vir vervoer en veiligheid, sal Vrydagoggend die twee hospitale besoek waar die beseerdes behandel word. Makhurupetje het haar innige meegevoel met die oorledenes se familie betuig.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, provinsiale polisiewoordvoerder, het die dodetal bevestig en gesê die Botlokwa-polisie ondersoek ʼn saak van strafbare manslag.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Meone ·

Wat soek die donkie op die snelweg? Spoor die eienaar op & dagvasr die persoon!!

FJD ·

my man en seun is daar verby net nadat dit gebeur het – Matoks so tussen Polokwane en Louis Trichardt – hulle se dit was ontsettend grusaam het nog nooit n viertuig so sien brand nie ……. al wat mens kan vra is hoeveel sterftes is al op die paaie veroorsaak deur die rondloper diere – onsself het al deur n trop beeste geploeg in die nag en dank die Vader my man se reflekse is beter as myne anders was deel van statistieke – my innigste simpatie aan die naasbestaandes van die oorledenes en al wat mens kan vra dat die owerhede die rondloperdiere beperk en groot strawwe aan die eienaars van die diere gee

Wonder ·

Besoek die LUR Makoma Makhurupetje altyd alle ongeluk slagoffers? Sy is baie besig.

neels ·

Die land behoort mos aan almal en almal se diere kan loop waar hulle wil altans dit is die houding deesdae. Die mense besef nie n heining langs die pad is daar vir n doel nie en dit is om rondloper diere weg te hou. Kyk maar orals langs die hoofwee en nedersettingsis die heinings weggedra of beskadig. Al vervang die paaie departement dit word dit vinniger wegedra as wat dit opgerig word.

johann ·

more,daar moet ingryping en strenger wetgewing kom vir veral die trokke op nasionale paaie hulle verontagsaam elke padreel ,n voorbeeld wat gebruik kan word is swart maandag waar trok in protesgangers ingejaag het hier weer trok betrokke,solank taxi trokke kan ry en doen soos hulle wil sal mense elke dag sterf op paaie.ja diere veroorsaak baie ongelukke gaan nog baie jare so wees maar stem saam die bestuurders ni opgelei.

Tiger ·

Gelukkig ry ek en my man GLAD NIE na sononder nie.Baie tragiese gebeure die.

Lion ·

@Tiger Want ongelukke gebeur net in die aand? mm snaaks hoe die highways baie deur die dag so besig is, want dit kan nie n ongeluk wees nie…

Miekie ·

Ek voel jammer vir die oorledenes maar die arme donkie kan mos nie help as die drade nie meer daar is om hom te keer nie. In Noordwes skud hulle nog die diere en die arme eienaars van die diere wag meer as ‘n jaar voor hulle , hulle terug kry

Frans van Schalkwyk ·

Ons het ook in n donkie vasgery by Mafieng … laat die Chinese die goed slag ASB

marianne ·

Do hoop die donkie kry SKOK behandelinge… die Padongeluksfonds moet trauma vergoeding aan sy eienaar betaal.

Boet Fasie ·

Ja nee kyk die voorreg om diere aan te hou is ook gebaseer op kleur. As jy wit id mag jy net 2 honde of 2 katte aanhou en ander troeteldiere kan net met toestemming van die munisipaliteit aangehou word. Ander kleure mag beeste, skape, bokke, hoenders en selfs varke aanhou en hulle loop die wereld vol. Boere se draad heinings word gesteel om draad produkte te maak en sommer daar langs die pad , by stalletjies verkoop aan vakansiegangers teen 100% wins.

Phillie ·

Waar is die goeie ou dae waar trokke bo vyf ton van ses tot ses verbied was op nasionale paaie

Surina van Zyl ·

Hier by Wolmaransstad is dit ook ń groot probleem. Polisie en verkeer regeer nie op oproepe nie. Beeste wei op ons dorps tuine. Ek het n paar maande gelede seker 5 keer gebel oor rondloper perde wat weke op die R56 en N12 rond gedwaal het. Die verkeers departement sit onder die bloekombome en agterstallige boetes insamel terwyl die perde tussen hulle wei. Uiteinde was ń vragmotor wat hulle doodgery het een nag. Bring die skutte terug en beboet die eienaars of verkoop hulle om skuld te dek. Die eienaar wil hulle mos nie hê nie, want hy versorg hulle diere nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.