Donkie veroorsaak gru-botsing; 12 sterf

Argieffoto: Twitter via @_ArriveAlive

Altesaam 12 mense is Donderdagaand in ʼn gru-ongeluk in Limpopo dood.

Thabiso Teffo, woordvoerder van die departement van gesondheid in Limpopo, het gesê ʼn noodlottige ongeluk het omstreeks 21:30 op die N1 by Botlokwa naby die Caltex-vulstasie in die Capricorn-omgewing plaasgevind.

ʼn Toyota Quantum-minibustaxi het glo ʼn donkie getref, beheer verloor en trompop teen ʼn vragmotor gebots, waarna die taxi aan die brand geslaan het.

Elf insittendes, waaronder die bestuurder, is op die toneel dood. Drie passasiers is ernstig beseer en na ʼn hospitaal geneem waar een van hulle later gesterf het.

“Vier mense se liggame was in die taxi se wrak vasgekeer en moes deur nooddienswerkers uitgesny word. Hulle is onherkenbaar verbrand. Die ander sewe liggame is buite die taxi aangetref,” het Teffo gesê.

Die vragmotorbestuurder het geringe tot matige beserings opgedoen.

Makoma Makhurupetje, LUR vir vervoer en veiligheid, sal Vrydagoggend die twee hospitale besoek waar die beseerdes behandel word. Makhurupetje het haar innige meegevoel met die oorledenes se familie betuig.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, provinsiale polisiewoordvoerder, het die dodetal bevestig en gesê die Botlokwa-polisie ondersoek ʼn saak van strafbare manslag.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

20 Kommentare

jongste oudste gewildste
Meone

Wat soek die donkie op die snelweg? Spoor die eienaar op & dagvasr die persoon!!

FJD

my man en seun is daar verby net nadat dit gebeur het – Matoks so tussen Polokwane en Louis Trichardt – hulle se dit was ontsettend grusaam het nog nooit n viertuig so sien brand nie ……. al wat mens kan vra is hoeveel sterftes is al op die paaie veroorsaak deur die rondloper diere – onsself het al deur n trop beeste geploeg in die nag en dank die Vader my man se reflekse is beter as myne anders was deel van statistieke – my innigste simpatie aan die naasbestaandes van die oorledenes en al wat mens kan vra… Lees meer »

Wonder

Besoek die LUR Makoma Makhurupetje altyd alle ongeluk slagoffers? Sy is baie besig.

neels

Die land behoort mos aan almal en almal se diere kan loop waar hulle wil altans dit is die houding deesdae. Die mense besef nie n heining langs die pad is daar vir n doel nie en dit is om rondloper diere weg te hou. Kyk maar orals langs die hoofwee en nedersettingsis die heinings weggedra of beskadig. Al vervang die paaie departement dit word dit vinniger wegedra as wat dit opgerig word.

johann

more,daar moet ingryping en strenger wetgewing kom vir veral die trokke op nasionale paaie hulle verontagsaam elke padreel ,n voorbeeld wat gebruik kan word is swart maandag waar trok in protesgangers ingejaag het hier weer trok betrokke,solank taxi trokke kan ry en doen soos hulle wil sal mense elke dag sterf op paaie.ja diere veroorsaak baie ongelukke gaan nog baie jare so wees maar stem saam die bestuurders ni opgelei.