Donkies buite Bloemfontein van kant gemaak

Een van die siek donkies. Foto: DBV

Een van die siek donkies. Foto: DBV

Die Dierebeskermingsvereniging (DBV) in Bloemfontein het 70 uitgeteerde en siek donkies van kant laat maak.

Reinet Meyer, senior inspekteur by die DBV in Bloemfontein, het gesê die Highveld Horse Care-eenheid het ʼn inspeksie op ʼn hoewe in Roodewal, buite Bloemfontein, gedoen waarna hulle die DBV ontbied het.

“Ons het op die allervreeslikste toneel afgekom. Die donkies was só uitgeteer dat die meeste nie eens kon opstaan nie. Daar het ook reeds dooie donkies in die veld gelê.” Volgens Meyer was daar niks om te eet vir die donkies nie en het hulle bome se bas begin eet.

“Ek het in my 27 jaar in die dierewelsynbedryf nog nooit so iets gesien nie.” Volgens Meyer is ʼn plaaslike veearts na die toneel ontbied en is daar besluit om die donkies van kant te maak aangesien hulle ʼn aansteeklike siekte gehad het en nie in ʼn toestand was om vervoer te kon word nie.

Die hoewe waar die donkies gevind is. Foto: DBV

Die hoewe waar die donkies gevind is. Foto: DBV

“Baie van die donkies het ook geaborteer en fetusse kon oral in die veld gesien word. Dit was werklik baie erg om te sien. ʼn Hele klomp donkies het ook vergroeide hoewe gehad en ander se hoewe was in ʼn baie slegte kondisie.”

Meyer het gesê die donkies het glo aan ʼn Chinese burger behoort. “Daar is tans ʼn neiging in die Verre-Ooste om van die weefsel onder die vel ʼn ekstrak te maak en dit te vorm in ʼn pasta wat gebruik word as ʼn ‘seksdoepa’.”

Meyer het gesê die DBV wag op die nodige verslae waarna ʼn klag van dieremishandeling teen die eienaar van die donkies aanhangig gemaak sal word. “Hierdie praktyk is ʼn euwel en ons sal beslis alles in ons vermoë doen om ʼn einde daaraan te bring.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Jan ·

Alweer die Chinese. Vandat hul toegelaat word saam sekere elemente jaag hul net aan.

lynette ·

Mag die eienaar aanspreeklik gehou word en tronkstraf toegedien word dit is verregaande!!,

Christo Engelbrecht ·

Wat is fout met die nasie dat hulle so baie seks opkikkers nodig het?

sannie ·

Siestog hulle nasie is besig om uit te sterf so hulle moet iets gebruik om hul bevolking aan te help!

John ·

Miskien moet die polisie die baie Chinese winkeltjies bekyk. Daar is min klante, maar die huur word betaal en die eienaars ry groot motors. Hoe rym dit? Of is ons BRICS-vriende gevrywaar?

Andrea ·

Ek gebruik nie sosiale media soos fb, ens. nie. Kan Maroela lesers dit dalk versprei op sulke platforms? Almal moet weet van sulke gruwels! Daardie man, nes almal anders wst diere mishandel, verdien om stadig en swaar dood te gaan. Net n vraag… hoekom wag mense tot die arme diere nie meer gered kan word nie voordat hulle dit aanmeld?

Sharpei ·

Ja raak van hom/haar ontslae….teer hulle eers uit …laat hulle voel hoe verskriklik dit is en laat hulle ook in n veld om n stadige honger dood te sterf

Linda ·

Vir my is dit net raar dat dit altyd mense wat alreeds oorbevolk is wat seksdoepas nodig het ….

Irene ·

Hulle moet ons land verlaat hul is oorbevolk in hul eie land nou kom doen hul dit hier regering moet wakker skrik

alida ·

AFSKUWELIK. Wat gaan aan met die mense. Besef hulle nie ‘n dier het ook behoeftes soos honger en dors nie? Stuur daardie eienaar summier tronk toe of terug waar hy vandaan kom.

Anna ·

Hoekom moet diere ly en doodgemaak word om die oosterse mense se seksdrange te “versterk’. Is hulle so behep daarmee? Dink maar aan renosterhoring, geslagsdele van diere en dolfyne nou weefsel uit ñ donkievel. Siek siek siek.

Justa ·

As ons hulle net kan boikot, maar alles in hierdie land is “Made in China”. Hulle Yulin fees is seker een van die mees barbaarse feeste in die hele wereld. Siek, siek, siek.

Chris ·

Ons president is hand opi blaas met hulle en so is hulle besig om stadig maar seker ons land binne te dring.

Pieter ·

GENADE tog kry die flippen kort mannetjies aan hulle strot beet maak hulle aan ‘n boom vas en melk hulle!!!

ELMARIE ·

Die straf vir dieremishandeling en verwaarlosing in SA is hopeloos te lig en sag. Dis moord en moord behoort SWAAR gestraf te word. Die toorn van ons Skepper sal verseker oor hulle kom. Dankie aan die DBV vir julle liefde en toewyding aan dié wat nie hulleself kan beskerm nie.

Onteien die grond ·

As die chinees die grond besit moes die DBV die plot onteien, en die geld gebruik om die donkies en ander diere te help, dis nou as ek die sê kon he.

Joann ·

Elmarie in ons land kry mens net 6jr.vir moord en voorkeur behandeling. Die klomp in kommers in land moet teruggaan waar hul hoort. Betaal hul ooit belasting????

Rudi ·

Hoe kan dit wees dat die Sjinese so baie seks muthi benodig? Is daar nie miljarde van hulle nie? Lyk my nie hulle het ‘n probleem nie. Of dalk doen hulle juis so goed a.g.v. al die “medisyne” wat hulle gebruik… hmm… !

Chinees ·

Chinese mans het laer testosteroonvlakke daarom gryp hulle na al wat grashalm is om libido te probeer verhoog.

Andre ·

Dit maak my baie, baie hartseer om sulke dinge te sien aangesien ek ‘n groot diereliefhebber is!!?

Ek bid dat God sal ingryp om alle diere op aarde te help wat so deur die mensdom mishandel word! Ons is veronderstel om na die diereryk om te sien. Ek kry skoon skaam!

Theresa ·

Hoop ons lees binnekort wie die persoon is wat sulke wreedheid toepas en ook wat se straf hom opgelê is. Foto ook dan asb. van die ene wat himself goedgenoeg ag vir hierdie barbaarse gedrag. Erger nog as die wildgids se skop aan die diertjie in wildtuin. Die Chinees is verantwoordelik vir uithongering (marteling) en vrektes (wreedheid) en verspreiding van siektes a g v die karkasse wat net daar gelos word. Nee wat. Soek dié man. Kan onmoontlik so moeilik wees om hom op te spoor.

Jan maak n plan ·

Maak sommer van die hoewe eienaar n seksdoepa en ketting hom sommer kaal sonder kos en water in die veld vas. Dis duidelik soos daglig hy os nie n dieremens nie maar sommer n dierasie.

Willie ·

Stuur die impotente klomp terug na hulle eie land toe… areme diere… ek kanie verstaan dat dit teogelaat word nie.. moet my nie se niemand het nie hieravn geweet nie…

Magda Hamann ·

Trek die mens se klere uit, smeer hom stroop en maak hom vas op ‘n rooimiernes.

elize ·

Kan jy glo seksdoepa.die spul chinese moet liewer waai en iewers anders gaan doepa maak. Hulle maak n mens siek.met hulle ou klomp bygelowe. Gif is n goeie seksdoepa.dalk moet dit vir hulle gese word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.