Doodgeskiet in motor: Naam bekend

Foto: Google Street View

Foto: Google Street View

Die man wat Maandagmiddag in sy motor doodgeskiet is in Bloemfontein in die Vrystaat se naam is bekend.

OFM het die oorledene as Johannes Rondganger geïdentifiseer. Lt.kol. Annelie Wrensch, woordvoerder van die polisie, het vroeër gesê die slagoffer het sy werkers in ʼn park betaal toe hy doodgeskiet is. Die park is naby die kruising van Harry Smith- en Aliwalstraat.

Volgens OFM is Rondganger drie keer geskiet. Wrensch sê vier gewapende mans het die slagoffer in die bors geskiet.

Rondganger het glo ook gewag vir sy kinders wat in die Christelike en Nasionale Meisieskool Oranje skoolgaan. Die skool is oorkant die park.

BRON: OFM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Albert Harmse ·

Dit is so vreeslik hartseer rus in vrede. Mag die boosdoeners spoedig vas getrek word

Ria Maritz ·

En nou is nog kindertjies ontneem van die reg om met beide ouers op te groei in ‘n voltallige huishouding.

RUS IN VREDE – mag hierdie moordenaars spoedig opgespoor word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.