Doodkry is min, sê Pik uit hospitaal

Pik Botha

Oudmin. Pik Botha was Vrydagoggend vol kwinkslae waar hy uit die Unitas-hospitaal in Centurion telefonies met Maroela Media oor sy hospitalisering gesels het.

Gevra hoe dit gaan, het Botha gesê: “Dit hang van die dokters af. Jy sal verbaas wees hoeveel soorte masjiene en pille en toetse en dinge hulle my gegee het. Nou moet jy maar geduldig sit en wag op die uitslae, maar orraait, ek lewe nog ná 86 jaar.”

Hy vertel hy is Woensdag opgeneem nadat sy huisdokter gereël het “om te gaan en kyk of daar nie die een of ander fout is nie. Gelukkig het hulle [nog] nie ʼn fout gekry nie”.

Botha sê hy verwag sy vrou, Ina, sal hom Vrydagmiddag kom haal. Hulle woon “teen die Magaliesberg” in die Wonderboom-omgewing van Pretoria.

Hy het darem tussen al die toetse deur ook tyd gekry om te filosofeer. “Jy weet, ʼn mens kry hier in die hospitaal die gedagte dat die dokters opgeleide mense is wat eintlik net ʼn bestaan kan maak omdat mense doodgaan.”

Maar by hom is nog geen sprake van sulke voornemens nie. “Ek gaan beslis vasbyt,” het hy Maroela Media verseker.

Botha was met ʼn dienstyd van 17 jaar tussen 1977 en sy 62ste verjaardag op 27 April 1994 een van die wêreld se langsdienende ministers van buitelandse sake. Daarna het hy twee jaar lank in die regering van nasionale eenheid as minister van mineraal- en energiesake gedien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Marius ·

Jy is reg hulle het lekker groot geword en ons jong mense wat nie deel van apartheid was sukkel vandag.

Karolis ·

Ek kyk nog altyd op na Oom Pik.
Goeie mens, ons het net nie altyd saamgestem nie.

Cherokee ·

Dan kyk jy natuurlik ook op na De Klerk, Meyer & kie. Geen verskil.

Pieter ·

Onthou nog hoe hy nadat hy reeds oorbedien was met voggies baldadig uitbundig gedans het met elke vrou wat wou en nie wou nie en ‘n absolute krater van homself gemaak het tydens die viering van die weggee van Walvisbaai.

Hugo ·

Snaaks, ek het nog NOOIT na enige NP politikus opgekyk nie. Ek het na van my onderwysers opgekyk, maar n politikus? Nee.

Piet ·

Ja wel my pa het altyd gese as jy nie iets goeds van iemand kan se nie moet jy eerder niks se nie. Ek neem aan die wat nou so opkyk na hom het hom seker nie goed geken nie.

Jannie ·

Hy gee ten volle betekenis aan die gesegde ONKRUID VREK NIE!!!

PJC ·

Ja Cherokee ek dink ń groot deel van die Afrikaners dink ook soos jy en dit sal seker nie help om hieroor te lieg nie.

Cherokee ·

Presies PJC. Ek onthou Pik Botha sê dat hy nie lid is van die ANC maar wel vir hulle gestem het. Dit is egter nie die kruks van die saak nie. Die wortel is veel dieper. Ek het ‘n politieke verlede. My eerste kruisie was getrek vir die HNP.. as Voorsitter van een van die takke. Ek sien hoe kruisie-trekkers rondspring van party tot party omdat die buurman anders adviseur. Met die berugte politieke verlede van Pik Botha sien ‘n aanhanger steeds op na hom. Verraad het ons die land gekos.

Ontneem ·

Julle sogenaamde afrikaner’s laat my lag. Nou word arme oom pik verwerp omdat hy gehelp het om die land weg te gee aan die meerderheid. Soos ek dit sien het hy en fw jul n groot guns gedoen. Welgedaan oom pik nou kan die verkraamptes ook deel aan n land waar almal vry is. En stadig maar seker word klaas baas en bass klaas. Dus nie lekker as die wiel draai nie.

Phil ·

Gaan leer eers spel voor jy skryf want jy maak jou naam “krater”…..

Dries du Toit ·

Wonder of Pik en Piet baie gelukkig is met hulle harde werk om ons in hierdie Utopia te kry

Piet ·

Verkramp= Beginselvas (godsdienstig); Verlig= geen beginsels (heidens)

pb ·

Om verkramp te wees is nie n sonde nie…mense lag maar net bietjie vir jou. Cherokee…ek vermoed lankal dat jy vir die “hap na pap” party gestem het. Weereens…geen sonde nie, wel onkunde. LoL

Cherokee ·

pb, jy hoef dit nie te vermoed nie, ek spog openlik daarmee. Jy praat van onkunde? En eindig soos soveel mense wat wonder hoe om af te sluit… ek wonder of jy weet waarvoor die afkorting LOL is. Ek het nie slegs vir die HNP gestem nie maar was in die bevoorregte posisie om die ‘NEE’ tafel te beheer. Met die KP wat my toestemming gevra het om te help by ons tafel en hulle het onder my toesig bygestaan. Ék het pb, vir ‘n blanke party gestem, onder leiding van Oom Jaap Marais (goed genoeg geken om hom as oom Jaap aan te spreek) wat alles wat julle nou veroorsaak, voorspel het. As jy nog ‘n LOL boodskap wil pos, doen so maar laat daar asseblief hierdie keer gewig in jou woorde wees.

Cherokee ·

Onkunde noem jy dit terwyl jy nie eens weet hoe om in opvolg van ‘n spesifieke kommentaar te reageer nie.

Dries du Toit ·

Ek ken 4 mense wat als verloor het wat hulle bymekaar gemaak het. Agv BEE en ANC beleid. Hulle was vurige Pik entusiaste

Jack Sadie ·

As ek so kyk na die woordmoord en algemene taalgebruik van sommige mense, dan kan ek verstaan hoekom ander groepe ons Afrikaners as kru en onbeskaafd beskou. Kom ons probeer bietjie respek afdwing! Of is ons nie meer ‘n trotse volk nie?

Sarel ·

Vertrou dat die wat altyd so graag klippe gooi eers voor hulle eie deure gevee en skoon gemaak het.

Piet ·

Liewe Sarel, ek hoop so MM plaas my ander brief, want ek wou nie iets slegs se van “Oom Pik” nie, die verlede is mos nou reeds water onder die brug, maar ek se jou as die man vir ons n voorbeeld van n morele kompas moet wees, dan hoor jy vir my vandag dat ons die heel laagste vlak van verval bereik het. Ek dink mens moet n klip of twee in sy rigting gooi net dat jou kinders jou nog moet respekteer.

GatSienSonnerSpiël ·

Dankie Cherokee en die ander wat ons almal eende van dieselfde dam af kom. Ek het ongelukkig PERSOONLIK met afgryse dit beleef om saam PIKKIE, Roelfie onder en weens hulle besopenheid moes sien hoe hulle “weerlose” olifante kwes op een van die staatsplase teen die Limpopo. Ons moes hulle kwansuis “oppas” terwyl hulle partytjie hou met ons belasting geld. Once ‘n sheister…always ‘n sheister. Ek kan ongelukkig nie een goeie ding van hulle getuig nie.

Cherokee ·

en dankie aan jou, GatSienSonnerSpieël, dat jy meer van die DA-lede en ander liberaliste daarop wys dat hulle besig is om soos self verkies, hul GatteSienSonnerSpieël te sien.

Johan ·

Pik jou gemors wat jy ons almal laat beland het haal jou nou in

Uncle-E ·

Ag tóg! As ek julle kommentare so lees, kan ek verataan hoekom daar nooooit vrede en gelykheid in hierdie land sal wees nie. Kwoteer die Bybel en sê julle is “christene” die een dag, en vervloek ‘n man wat gedoen het wat hý geglo het, ‘n volskaalse burgeroorlog kon keer. ‘n Man wat geredeneer het dat ‘n skyfie koek (5mil teen 50mil) beter is as kransies op grafte van miljoene. Ek sien ongelukkig NIE julle “christelike liefde” nie, en hy wat die liefde nie ken nie, ken God ook nie. So… dream on!! Vervloek! Spoeg haat en verwyte en liefdeloosheid! En glo dan kamma-kastig rustig verder dat julle ook eendag ‘n “bloedrivier oorwinning” gaan sien. Which, with THIS attitude, and God NOT on your loveless side, you won’t! Mnr Botha, wees geseënd. Jesus hét jou ook lief.

SjN ·

Dit was 1976, ek was 15 jaar oud, dit was n jaarlikse instelling van die wild jagters om op n wildsplaas naby Vivo in die Soutpansberge te kuier en politiek te gesels tesame met lawaaiwater, die eienaar, wat hoog gekwalifiseer was, en so een maal n jaar daar was, is reeds oorlede en was n groot HNP, Al wat ek tot vandag onthou is dat die NP beloftes en stellings wat aan oom genoem is waar geword het ondanks u mooi praaitjies en beloftes, wat n mens nie sal doen om self verykking nie.

anton ·

Ek kan maar net my kop skud vir Uncle e………….
Dalk as u dieper in die bybel gaan kyk sal u sien dat u nie alles bloot op ”liefde” kan baseer nie!!!
En waarom gaan verkondig jy nie die ”liefde” onder die heidene en goddeloses en moordenaars van die Christen nasie nie pleks van u eie mense wil kastei m.b.t. die liefde!!!
Dan sien ons hoe suksesvol jy gaan wees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.