Doodloopstraat vir 7de Laan?

Foto: Facebook

Foto: Facebook

Die gewilde Afrikaanse sepie 7de Laan sal dalk nie Maandag (24 Oktober) na die kassie terugkeer nie weens kontrakte wat ná drie maande nóg nie deur die SAUK, wat dié program beeldsaai, gefinaliseer is nie.

Rosa-Marie Erasmus, 7de Laan-woordvoerder, het aan Maroela Media bevestig ʼn nota is aan personeel uitgestuur wat sê dat hulle “alternatiewe reëlings” moet tref sodat debietorders steeds vandeesmaand betaal kan word.

Erasmus meen die SAUK sloer al sedert Augustus met die nuwe kontrakte – 7de Laan was dus genoop om al vir minstens twee en ʼn halwe maande die personeel uit sy eie sak te betaal.

Sy sê 7de Laan kan dit egter nie verder bekostig om die personeel, onder wie akteurs en skrywers, finansieel te ondersteun nie, daarom is dit belangrik dat personeel ander reëlings tref.

Die SAUK het ook nog geen nuwe episodes van die sepie ontvang nie, en kan daarom vir die laaste keer op Vrydag 7de Laan beeldsaai indien die kontrakte nié gefinaliseer word nie.

“Daar is ʼn eerste weergawe van die kontrak opgestel, so ons weet daar is een, hy is nog net nie gefinaliseer nie. Ons is egter nog vol hoop dat die SAUK die kontrakte vandeesweek sal finaliseer, anders sal hulle derduisende kykers verloor wanneer die sepie nie Maandag gebeeldsaai word nie,” het sy gesê.

Daar is ook ʼn kans dat die span tydelik opnames sal moet stopsit. “Die akteurs en ander personeel bestuur ook hul begroting van maand tot maand. As ons hulle nie meer self kan dra nie, beteken dit hulle kan nie petrol vir hul motors bekostig en werk toe kom nie. Ons sal uiteraard tot tyd en wyl die produksie moet stopsit, maar is vol hoop dat dit nie nodig sal wees nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

86 Kommentare

CAV ·

Geen verlies vir my. Kyk 7de laan al n geruime tydjie nie meer nie

annatjie de buys ·

Ja hy moet aan hou n pragtige storie 7de. Laan kan nie verdwyn dit is ons taal

hoe nou ·

Die sepie se tyd is verby. Geen nuwe storielyn om die storie die kyk werd temaak

My opinie ·

Diie SAUK is deel vd staatskaping. Dis presies wat hlaudi motsoeneng en sy meelopers wil hê. Weg met Afrikaans en weg met blankes en alles wat nié etnies is nie

Rosa ·

Wel waarom slaan ons hulle nie terug met kanselasie van DSTV nie. As ons nie tv kyk nie dan gaan dit ‘n verlies aan inkomste vir SAUK ook wees.

Niks SAUK ·

EK het al lankal nie meer DSTV of SAUK nie. Ek download wat ek wil kyk. En dit werk jou goedkoper as DSTV uit.

Robert ·

Al vir jare nie meer dstv nog sauk nie, ek download ook wat ek wil kyk. Maar ek betaal nog my tv lisensie….want hoe kry jy die gemors gekanselleer?

Johannes van Rooyen ·

Hy kan maar stop die hele sauk is ñ bol st…t kyk al 20jr geen sauk tv nie

Anoniem ·

Of dit nou enigsins pla of 7 DE Laan stop of nie…..Hulle (die akteurs) is ook mense…hulle moet ook lewe…so mense moet nou nie lelik wees met jul “comments” nie. SAUK is verkeerd hier en klaar!!!! Hulle rol in die geld maar kan nie akteurs betaal nie…..Skande!!!!!!!

cheri ·

baie mens geniet 7 de laan so vir julle wat so nare kommentaar lewer moet dan dit nie KYK NIE
dink julle is uiters ongeskik en julle optrede is kinderlik

Claudene ·

Dis uiters swak vn die SAUK maar verwag npgteeds almal moe lisensie betaal. NOEMAND werk verniet niw

Elize ·

Wat verwag julle.SAUK soos die regering.Ek hoop maar net die mense kry hulle betaling.

Geani Swanepoel ·

Dit gaan nie oor 7de Laan nie…. Dit is die prensiep van die saak. Als wat blank is moet dood gedruk word en om personeel en akteurs te beledig wat ook maar net hul daaglikse brood verdien is n bewys van hoe laag ons volk al gedaal het

Lynn ·

Geani, waar kom jy aan als wat blank is moet doodgedruk word? Genade mens, nie almal in die sepie is blank of Afrikaans nie. Vir party mense gaan alles oor kleur.
En hierdie storie is weer media sensasie. Môre lees ons 7de laan gaan voort. Ai, dan het ons verniet baklei en opgewonde geraak.

Angelique ·

Ag nee my seuntjie is een en hy love alklaar 7de laan hoop nie dit maak klaar nie.

Susan@ ·

Dit is n goeie program al kyk ek per geleentheid (tv kapoet) geniet ek die program terdee. Kom nou S.A.U.K. Hou op om moedswillig te wees!!!!

Anoniem ·

Kyk ook lankal nie meer 7de Laan nie, so dit pla my nie. Net jammer dat die akteurs nou sonder werk gaan sit.

Mariaan ·

Ek hoop 7de laan gebruik sommer die menings en doen iets aan hul SWAK storielyn…soveel mense prt daagliks v hoe swak 7de laan geword het…dit was altyd n gesinsprogram…nou is is geweld…verkragting…moorde en wat nog! Agge nee swak swak swak….jul dae gaan in elk geval min raak…skrik wakker en doen betyds iets!!!

Lithop ·

Ek stem saam met jou. Inteendeel, as die SAUK behoorlik bestuur was sou hulle lankal aan die vervaardigers opdrag gegee het om hulle sokkies op te trek en ag te slaan op kykers se voorkeure en behoeftes. 7de Laan soos dit deesdae is is gemors.

What die akteurs ens aanbetref: het ou Daan Odendaal nie oor die menigte jare genoeg room afgeskep om nou so bitjie lojaliteit te toon aan mense wat al baie lank in sy stal gemelk is nie?

Marina ·

Moet baie desperaat weed Ai dit is sleg as jy jou beste maat verloor. Ek het 25jaar huwelike bevestig en gesien hoe maklik wil paartjies net wil skei oor klein jakkalsies. So het ek baie huwelike beurgetrek en wat tot vandag nog gelukkig getroud is.om nog 7de laan te kyk! Sedert srker 10jr gelede al op gehou toe meer engels ad afr on sepie geprsat is!

Susan @ ·

Dit is n goeie program al kyk ek dit nie elke aand nie maar per geleentheid (tv kapoet) geniet ek dit tenvolle!! Kom nou S.A.U.K. Los die moedswilligheid, dit is onnodig!!!

TM ·

As die akteurs en aktrises talent het sal hulle vinnig weer werk hê en sal opgeraap word by ander sepies, maar my gevoel is 7de Laan hou maar net aan omdat hy moet en nie omdat dit ‘n baanbreker sepie is nie. Dit mors eintlik met die ware talent van ons akteurs en aktrises en hulle kan veel beter doen.

Albert ·

Daar is werklik baie min akteurs in 7de Laan wat talent het. As ek so vinnig probeer dink aan een, kan ek nie.

Machiel ·

Hulle gaan hom seker vervang met die sepie Guptuma straat…..

annatjie de buys ·

Ja hy moet aan hou n pragtige storie 7de. Laan kan nie verdwyn dit is ons taal

Chris ·

7 laan met sy geboue moes lankal gesloop gewees het. n regte Afrikaans sprekende universiteit daar bou.

Hester ·

Ag mense ax julle nid 7de laan kyk nie jodkkm kommentaar lewer. Daaf is mense veral pensioenarisse wat nie dstv kan bekostig nie en leef het vir die laan. My pa was een van daai mense toe hy nog geleef het. Do niemand gee regtig om hoe die voel wat nie die laan kyk. Daar is egter mense wat groot plesier put om dit te kyk want dis al wat tot hul beskikking is.

Maria van Dieweeck ·

Die jeug praat aaklige Afrikaans, weens veral programme soos 7e Laan!

Willem Bierman ·

Dankie tog!!!!!!! Dit is seker die program met die mees eenvoudige storielyn. Gesoute akteurs wat sub standaard rolle vertolk…….nee man julle kan beter rolle kry of het julle in n gemaksone verval?

Albert ·

Behalwe vir Wilna Snyman destyds, kan ek nie een akteur met talent noem wat gesig gewys het in 7de Laan nie.

Kotie ·

Dit traak my nou regtig nie. Kyk al jare nie 7de laan. Ek glo as ek nou een episode gaan kyk het ek niks gemis nie.

christine ·

Motsemeng sal leer niks werk as dit 7 uur nie nuustyd is nie. Wil alewig die wiel van vooraf uitloop vind daars nie pille vir onoselheid nie. Kyk eerder 7uur nuus KykNet dis propvol cartoons

Charmaine ·

Geen verlies 7de laan is nie ‘n program wat meer aanklank vind by my nie, maak my verkriklik teneergedruk wanneer ek dit gekyk het niks is meer positief nie :(

Andre ·

Tipies van ñ Afrikaner om Afrikaners en Afrikaans af te krap. Afrikaners sal nooit saam staan nie.? Dit is hoekom die land so verskeurd is. Die kommentaar was en is ongevraagd gewees.

Lidia ·

SAUK MOET WAKER WORD 7DE LAAN IS ALMAL SE GUNSTELING PROGRAM!!!DIS ONS PROGRAM IN AFRIKAANS…..HOU 7DE LAAN OP TV SAUK….

Marina ·

Vir my moet jy baie desdperaat en vervelig wees om nog 7de laan te kyk.! Het seket 10jr terug opgehou kyk toe Engels meer as Afr op sepie gepraat is! Lees dat Hilda Matrone en Oubaas se kontrakte ook nie hernu is nie! Kom daarvan as bekwame regiseur vevang is ,

Jacobus ·

dit kan nie vinniger gebeur nie, hopelose leerskool vir ons kinders wat hulle alles leer wat verkeerd is. Hoop die kontrak raak weg!

Elizabeth ·

Vandat 7e Laan polities korrek moet wees, kyk ek nie meer nie. Daar is genoeg politiek op TV, koerante en elders. Ons wil stories hê waarmee ons kan identifiseer en nie stories wat politieke stellings maak nie.

Lizanda ·

7 de laan se kwaliteit en storielyn het in die laaste paar maande drasties verswak, dis nie meer die moeite werd om te kyk nie, ek dink nie dis ‘n verlies vir die Afrikanse gemeenskap nie.

Jonathan ·

Hoekom het dit so lank gevat om die gemors van die Kassie af te kry

YIPPPPEEEEE!!!!!!!!!!!!!!!!

Beste Nuus vir die dag !!!!!!!

elsie ·

It’s sad what has happened. I have stopped watching it due to it obviously not being politically correct in colour. Felt it was being dictated to in this area. Why try fix something that was not broken. Have moved onto kyknet now to their soapies. The laan should have been left well alone. Im sorry the sabc has let them down the laan like this. Everyone deserves a chance to eat and put gas in their tanks. Maybe Hlaudli should pay back the money. ☺

Anel Fourie ·

7de Laan moet asb aangaan, maar nie op kyknet of via nie, want almal kan nie hulle kostes betaal nie, dan eerder op ASTV

Mooo ·

Gun almal hul plesiertjies. 7de laan tradisie wat lekker geselsies ontlok in my gemengde werksplek. Vir baie is dit soos tv familie

Christene ·

Gestel nou ons is so gelukkig en hulle haal 7 de Laan af, wat kry ons dan? Motshoneng se Quality music? Dit sal veel erger as 7 de Laan wees, nie dat die program my enigsins beindruk nie.

Elfrieda ·

Dan hoef mens seker ook nie meer tv lesensie te betaal nie. Vir wat, daars niks meer om te kyk nie!!

7de laan ·

7de laan is lankal uitgedien, jammer vir die akteurs maar eerlik dis eintlik so eentonig en voorspelbaar soos gister. Dis reg dis Afrikaans, maar ai tog glo daar kan beter produksies gemaak word as 7 de laan.

Christo ·

7de laan was dié snelweg, toe n gewone pad, toe n grond pad, toe n grond pad in afrika en vir n geruime tyd glad nie meer n pad nie. Toe gegroei onder die bossies!

Sally ·

Dit gaan nie oor 7de Laan nie. Dit gaan oor Hlaudi so lieg. Net n ruk terug nog gese SABC is finansieel sterk. Nou wat nou. Hou op lieg ou. Kry hom en die raad uit want hulle “line” hulle eie sakke met geld wat moes betaal vir die sepies. 7de Laan is nie die enigste wat probleme het nie daar is ander sepies ook.

Anoniem ·

Jul negatiewe mense wat nie van 7de Laan hou nie, onthou bejaardes kyk graag na dit. Selfs terwyl hul besig is in ander vertrek, kan hul dit luister soos ‘n radioverhaal. Kan jul nog onthou hoe ons smiddags na skool huis toe gehaas het om na ons radioverhale te luister… dink ook aan al die dowes en blindes wat darem die storie kan volg!

BOLANDER ·

Kan jy nou meer. Noudat die swart spelers, wie ek in elk geval gaan mis, nie meer in 7de laan speel nie, word dit sommer nou gestop. Dit is net Aggie wat oor bly. Dit noem ek groot diskremenasie!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!! Ons kan dit nie toelaat nie. Ek weet van ‘n hele paar bejaardes wat die sepie kyk. Sies man, waneer gaan dit stop!!!!!!!!!!!!!!!

Ina ·

Dit is n skande dat daat mense is wat sulke negatiewe kommentaar plaas. Daar is alreeds so min programme om op die gewone televisie kanale te kyk tussen 6 uur en 10 uur saans elke aand van die week. Soos n ander persoon geskryf het, ons kan nie bekostig om 7de Laan te verloor nie – ons gaan definitief nie weer n Afrikaanse program in sy plek kry nie!

Marinda ·

Hoop dit word uitgesorteer sodat die personeel salaris kan kry – watter alternatiewe reeling tref ‘n mens aan die einde van die maand? Huis en haard moet betaal word – sterkte julle!

Kobus Hattingh ·

Twyfel of die SAUK nog enigsins geld het om vir die sepie te betaal. Ou wolkie het die plek mos nou heeltemal bankkrot laat speel en deel die geld (wat daar nie eers is nie) aan hom en sy maters uit.

T.A. Strydom ·

Hy is dalk net die éen wat besluit het – raak ontslae van alle gewild Afrikaanse programme. 7de laan , dink ek, is een van die mees gewildste.

Piet Pompies ·

Soos Oubaas dit sal stel, “weens onverskone omstandighede is die rekening agterstallig”

Henk ·

Sedert die tydgleuf verskuif is en derderangse draaiboekskrywers met ‘n belaglike storielyn oorgeneem het, het ons afskeid geneem van 7de Laan. Die kykersgetalle het getuimel, en sal nou tuimel na nul. En wie moet hulle bedank? Hlaudi. Hlaudi Motsoeneng.

Theresa ·

Hoop SAUK se hoëkoppe lees die kommentare. Waarvoor 7e Laan afskeep?? Al is dit nie meer so goed soos voorheen nie (heeltemal te veel nonsens ingeskryf gekry) is dit steeds beter as die meeste wat aangebied word vir mense met die 3 kanale. Ek spring sommer in die straat voor die SAUK rond!

Susanne ·

Ek erken eerder ekt STD voor ek erken ek kyk die gemors. Kanie glo mense mors nog hulle tyd om sulke twak te kyk nie.

Ek ·

Wanneer gaan mense begin wakker word en besef dat 7de laan lankal ook nie meer 7DE LAAN is nie…..??

Anoniem ·

Jammer Albert, maar ek kan nie met jou saamstem dat daar geen goeie akteurs in 7de Laan opgetree het behalwe Wilna Snyman nie. Ek kan aan ‘n hele paar bekendes dink wat in die vroeer jare in 7de Laan gespeel het onder andere; Marius Weyers, Helene Lombard, Gys de Villiers, Yvonne van den Berg en Anna-Mart van der Merwe.

Anneke ·

Ek het al die kommentaar gelees, veral die negatiewe kommentaar. As die hoëkoppe dit moet lees en opweeg gaan hul verseker nog n Afrikaanse storie afhaal as hulle sien dat Afrikaners nie van die storie hou nie. Mense dit gaan nie oor 7De Laan as sulks nie, maar oor dat dit nog n Afrikaanse storie is. Ongeag of julle hou van die storie hou of nie, staan saam om Afrikaans te behou op tv, anders gaan ons met nog meer Muwango, Umlilo, ens. sit op tv, Daar is baie mense wat nie DSTV en al daai vênsie dekoders kan bekostig nie, hulle is gestuck met die 3-4 kanale, dink aan hulle ook. Staan saam.

Paplepel ·

Dis die vinnigste manier wat ek buite kom om in die werkswinkel te gaan werk. Die rokvolk moet net oorskakel na 7de traan en ek is weg. Probeer al jare, maar ek kan net nie ‘n vat kry aan die kommingeit nie. Jammer vir die tone waarop ek trap, dis hoe ek voel.

christo ·

Hahahaha…….ek het al 2020 se sepie voorspel, jy mis niks nie.

Rachael Lance ·

Ek dink dit is een van die beste programme op tv,waar mense nog Afrikaans hoor, dit sal hart seer wees as dit afgehaal word,hoekom haal hulle nie ander programme af nie is dit omdat daar Afrikaans gepraat wordk ek word sommer vies

latie ·

hoekom moes jul tv betaal is jul bang vir SAUK aaggg asb ek betaal nie vir daai gemors nie en DSTV is ook skelms hoekom hul gudkoper om sokker te kyk wat van rugby moes vol betaal dis werk nie so nie dis moes ewe veel wees sokker meer as rugby tekyk dink beitie hul op gudkoper kanaal kyk sokker hoeveel mense kyk sokker baie ja en rugby te duur min mense kyk?

latie ·

jul seker bang vir sauk ek betaal nie daai gemors nie liewer speel games op tv stel

Frans ·

Soos wat 7 de laan tot n einde kom so kom die land ook tot n einde, ons het die land mos verkoop aan mense wat als koet op dons, raak ontslae van zuma en sy korupte mense

andrea ·

Ek sien Days of our Lives het geskuif na middernag. Sit dit dan maar in 7de Laan se plek, dis ten minste goed geskryf en meer professioneel. Almal in die Laan het reeds gegroet. Geluk Motsoeneng! Andrea van Vuren

Carl ·

Ons is al klaar in 2de plek as die bespotting van die wereld behalwe vir Zimbabwe se nommer 1 – miskien kort die SAUK kompetisie maar ek dink nie die buiteland sal belangstel nie – hulle is nie idiote nie. Ek het ‘n hele paar vriende in die USA en hulle kan nie wag om in die oggend op te staan en te sien wat se nuwe “trick” het die SA regering nou weer aangevang nie.

Michaela Emdin ·

Wanneer gaan die 7de laan se mense betaal word vir hulle toneelspeel?
Dit is nie regverdig om die sepie, te laat staak nie.
Sal julle asseblef seker maak dat 7de laan se produksie span, ‘n nuwe vervaardiger kry om die episodes te laat verfilm?
Die SAUK moet seker maak dat hulle 7de laan se mense se kontrakte te laat teken om julle probleme op te los.
Baie dankie.

Michaela Emdin ·

7de laan se akteurs en aktrieses se kontrakte moet onmiddelik gefinaliseer word, julle produksie span moet bekostig om die rekening te betaal sodat die sepie uitgesaai kan word.
Volgens ‘n berug binne in die nuwe huisgenoot tydskrif dat Danie Odendaal die skepper en vervaardiger moes gedoen het, om die 7de laan se mense se kontrakte te laat hernu, voordat hy en Annie Basson die 7de laan begin groet het. 7de laan moet aangaan.
7de laan gaan byna hulle kykers verloor, wanneer die sepie stop gesit word.
Dit gaan my skuld wees, wanneer ons ‘n gewilde sepie verloor.
Die SAUK moet leer om 7de laan se spelers te betaal vir hulle, toneelspeel, of ek gaan iets oor hierdie saak doen.
Baie dankie vir julle samewerking.

marodeen ·

Ek Sal help waar ek kan as I jong tiener ma wil ek he ander tiener mammas moet skool voltooi want ek is in my matriek jaar en ek wil vmy Seuntjie I Beter lewe gee

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.