Doodsdreigemente voor Ermelo-vrou se moord

Issie Dippenaar. Foto: Facebook

Issie Dippenaar. Foto: Facebook

Issie Dippenaar (58) het Maandagaand vir die eerste keer in ʼn week by haar eie huis in Ermelo, Mpumalanga, geslaap, omdat sy vir haar lewe gevrees het. Sy is dieselfde aand vermoor.

Louwrens Jacobs, Dippenaar se swaer, het Woensdag aan Maroela Media vertel Dippenaar het doodsdreigemente ontvang van ʼn voormalige tuinier wat sy afgedank het. “Die man het agt jaar lank vir haar gewerk en soos sy alle mense behandel het, so het sy hom ook behandel – met respek en absolute menswaardigheid,” het Jacobs gesê.

Hy vertel Dippenaar het ook vir die tuinier werk by haar skoonouers en die CMR-kinderhuise wat sy bestuur het, gereël. Sy het ongeveer ʼn jaar gelede tydens werksure by die huis gekom en gesien die tuinier het haar Audi A6-motor, wat sy uit die motorhuis getrek het sodat hy dit kon was, vir ʼn plesierrit geneem. Sy het hierna die tuinier afgedank omdat sy gevoel het die vertrouensverhouding is onherroeplik beskadig.

Die tuinier het as gevolg hiervan ook die ander werksgeleenthede wat Dippenaar vir hom gereël het, verloor.

“Hierdie man kon nooit insien dat sy eie optrede daartoe gelei het dat hy sy werk verloor het nie. Vir hom was dit Issie se skuld dat hy sy inkomste kwyt was. Dit het baie sleg gegaan met hom en ek dink dit het die wrok in hom al meer laat opvlam,” het Jacobs gesê.

Hy vertel die tuinier het Dippenaar eenkeer by een van die kinderhuise gekonfronteer en gesê het hy sal haar doodmaak as sy nie sy werk vir hom teruggee nie. Dippenaar het hom gevra om die perseel te verlaat, maar sy was sedertdien bang vir wat die man aan haar sou doen.

“Nadat Issie se buurman se tuinier, Kenny, ook in haar tuin begin werk het, het hierdie voormalige tuinier vir Kenny gekonfronteer en gedreig. Hy het Kenny sowat twee weke gelede aangeval en met ʼn skroewedraaier gesteek,” het Jacobs vertel.

Hy sê die polisie het egter geweier dat Dippenaar ʼn klag hieroor indien en gesê Kenny moes dit self doen. Kenny was te bang om die saak verder te voer, omdat hy geglo het die tuinier is deel van ʼn bende en dat sy makkers moontlik iets aan hom sou doen indien die tuinier in hegtenis geneem word.

“Die naweek voor verlede naweek is Issie Pretoria toe om Afrikaans Is Groot by te woon. Nadat sy teruggekom het, het sy by haar ma gaan woon, omdat sy bang was vir die tuinier,” het Jacobs gesê. “Sy het wel die veiligheid rondom haar huis opgeskerp deur haar alarm aan ʼn reaksie-eenheid te laat koppel en ʼn veiligheidshek by haar slaapkamer aan te bring. Maandag het sy vir die eerste keer weer teruggegaan om in haar eie huis te slaap.”

Volgens Jacobs vermoed hy die moordenaar het moontlik in die huis se dak geskuil, aangesien hulle later, ná die moord, gesien het die luik, wat na die dak lei, is oop. “Issie het haar ma gebel toe sy by die huis kom en gesê sy is veilig en gaan nou die veiligheidshek by haar kamer sluit en daar sit en werk. ʼn Paar minute later het my skoonma haar weer gebel om iets te vra, maar sy het nie haar selfoon geantwoord nie. Sy het ook nie haar huistelefoon geantwoord nie. Sy was toe omtrent histeries en het dadelik Issie se buurman gebel om ondersoek in te stel.”

Dippenaar se buurman, Abe, het saam met sy seun by Dippenaar se huis gaan aanklop, maar daar was geen antwoord nie. Volgens Jacobs het hulle wel van buite gesien hoe ʼn man deur die huis beweeg en hulle het die veiligheidsmaatskappy ontbied.

By die motorhuis het hulle Dippenaar se Audi gesien, wat halfpad uit die motorhuis getrek was. Die venster was oop en twee selfone het op die passasiersitplek gelê. By nadere ondersoek het hulle Dippenaar se liggaam in die motor se kattebak ontdek. “Haar hande en voete was vasgebind en sy het in ʼn fetus-posisie gelê. ʼn Verband is gebruik om haar mond toe te bind en ʼn elektriese koord was om haar nek,” het Jacobs gesê.

Issie Dippenaar. Foto: Facebook

Issie Dippenaar. Foto: Facebook

Maroela Media het vroeër berig ʼn man is Dinsdagmiddag in die Wesselton-woonbuurt in verband met die moord in hegtenis geneem. Hy is tydens sy inhegtenisneming in sy sy geskiet en word tans in die plaaslike provinsiale hospitaal behandel. Kapt. Carla Prinsloo, woordvoerder van die polisie, het Woensdag bevestig dit is wel die voormalige tuinier wat in hegtenis geneem is. Sy het gesê Dippenaar se bankkaart, ‘n groot bedrag kontant en ‘n gaspistool is tydens die inhegtenisneming in sy besit gevind.

“Dit is nie vir ons om te oordeel nie. God is die regter,” het ʼn emosionele Jacobs gesê. “Ten spyte van al die hartseer en pyn, moet ons ook bid vir die redding van hierdie man se siel.”

Hy het gesê die familie hou nou aan hul geloof vas om hulle deur die moeilike tyd te kry. “As ʼn mens nie jou fondasie in die Here gehad het nie, sou mens dit seker heeltemal verloor het. Issie het haar lewe vir die Koninkryk gegee. Die kinderhuise en die kinders daar was die rede vir haar bestaan. Die hele Ermelo ween oor haar dood. Ons weet op die ou end as jy die Here dien, gaan jy nie dood nie. Jy skuif bloot uit hierdie liggaam, ʼn tydelike tentwoning, na jou ewige woning by die Here. En dit waarin ons berusting vind.”

Jacobs het gesê dit gee hom gemoedsrus om te weet Dippenaar is nou weer by haar man, André, wat net meer as twee jaar gelede oorlede is. “Ons weet die Here sal ons help om só te lewe, dat ons haar ook weer eendag kan sien. Ons lewe nie sonder hoop nie. Ons hoop is in die Here.”

Dippenaar word oorleef deur haar twee seuns, Eben en Quinton, haar dogter Amoré en twee kleinkinders. Geen begrafnisreëlings is sover bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

47 Kommentare

Anoniem ·

Baie baie hartseer die. Ken nie vir Issie nie, maar die vat aan n mens en watter pragtige woorde van haar kinders in die boodskap. Daardie opregte seer….Kan net vir jul bid en glo en vertrou dat God jul in die tyd en die dae en jare sal deurdra. Wees sterk en weet sy rus sag in God se arms……..

Landi Slatter ·

Dagsê spel foutjie

Dankie vir jou terugvoer. Ons vra om verskoning vir die growwe oorsig, die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Landi nms Maroela Media

A Brand ·

“Spelfoutjie” is een woord en as dit ‘n skuilnaam is, behoort dit met ‘n hoofletter geskryf te word.

Wiebo ·

Dit is net soos die man wat in Moreleta Park mense geskiet het. Die polisie was bewus van die man, maar hulle het niks gedoen nie. Net soos die polisie in Ermelo wat geweet het van die tuinier se dreigemente, en niks gedoen nie. Ek het n vriend wat dreig om my en my dogter dood te maak. Ek het alreeds n beskermingsbevel teen hom. Hy dreig nogsteeds om my dood te maak, maar die polisie se hulle kan niks aan hom doen voordat hy nie iets aan my doen nie. Hier kom nog n moord en my hande is afgekap. Polisie kan my nie eers beskerm nie.

MM ·

Wiebo dis nie hoe dit werk nie. Jy het ‘n beskeringsbevel gekry omdat hy jou dreig, en hy dreig jou nog steeds! Volgens die wet moet hulle hom toesluit. Die beskermingsbevel is teen hom omdat hy jou dreig dis ‘n hofbevel, en dit is dan minagting van die hof. Ek het in die kursus gedoen by die SAPD toe die nuwe beskermingsbevel in die laat 90 in werking gestel is. HULLE MOET HOM ARRESTEER! As ek jy is vat ek dit verder!

Rita ·

As jy ‘n besermingsbevel het wat in die hof bekragtig was, mag hy nie naby jou kom nie. En as hy dit wel doen, kan jy die SAP se nood nommer bel. (Nie dat hulle antwoord nie) Kry ‘n konstabel of iemand se nommer en gee jou nommer vir hulle, sodat as jy bel, hulle kan sien dat jy in nood is. Hulle hoef nie te wag tot hy jou probeer aanval nie. Dit is wat my dogter gedoen het. Die ex weet nou as hy naby kom, bel sy die noodnommer. Hulle wag vir hom.

anneli ·

wiebo,
net gister het ek vir my man gese kyk mooi die volgende gaan die polisie die skuld kry!!! dit is wel waar ek kan nie namens ander sake aanmeld nie. hulle het dus nie geweier nie, dis nie die polisie se skuld dat Issie oorlede is nie, is dit nie eerder die tuinier en die res vd mense wat geweet het nie.ek vra maar net. lees die berig, die tuinier wou nie saak aanmeld nie, aangesien hy bang.
was!!!!!!!!!!!!
ek skryf vanuit Ermelo en hierdie goed wat kwytgeraak word maak my ongelukkig. seker omdat ek n man in die SAPD HET!!!!!
lekker dag

Fanie ·

Hoe kan mens vir iemand se siel bid as hy nie een het nie.Ek het baie simpatie met Issie en haar kinders.So word ons net statestieke.

Antonio Sonelli ·

Dis wonderlik dat mense so vergewensgesind is . YHVH se woord sê egter dat so iemand wat n bedagte moord pleeg moet gejag en doodgeslaan word. Ongelukkig is daar geen bepaling dat vir sy siel gebid moet word nie. Jy is ook heeltemal korrek dat die moordenaar waarskynlik nie n siel het nie. Bly altyd ontsettend hartseer om die tipe nuus te lees waar iemand se lewe as so min werd geag word.

Sê maar net. ·

Wie is jy om te sê dat ‘n mens wat na God se beeld geskape is, nie ‘n siel het nie. Wat maak sy sonde anders as jou sonde. Daar is nie klein en groot sondes nie. God se woord sê dat ons redding is on Jesus. Fanie en Antonio moet eerder niks verder sê nie want julle trek ‘n streep deur jul getuienis. Dit is as julle een het.

Takkie Takuuza ·

Interesant hoe mense God eers na hulle beeld probeer skape voor hulle Hom aanbid. Wie het n lewende siel? Weet jy regtig?

Jean ·

Dit bly skokkend dat jy moet vrees vir jou lewe na ‘n afdanking van iemand wat duidelik oortree het. Dis vreemd die mentaliteit van mense wat dink as jy ontevrede is by ‘n werksplek of ‘n loongeskil met iemand het, jy daardie persoon mag doodmaak. Nie net het hy nou in elk geval nie ‘n werk of ‘n inkomste nie, maar ook baie kinders en ander mense waarvoor sy haar hart en siel gegee het sit nou sonder haar hulp en bydrae. Jy het ‘n ‘icon’ vermoor, is jy nou trots op jouself? Rus in vrede en baie sterkte aan haar familie . dit gaan nie oor oordeel nie, maar beslis moet hierdie DAAD ten sterkste veroordeel word anders dink mense dit is ‘n aanvaarbare norm. Die polisie se optrede skok my weereens, hulle kon dit verhoed het as hulle die ander aanrandingsaak teen hom ernstig opgeneem het.

Mariana ·

Ek het n huis roof gehad, ek kon dood wees …Polisie x 8 was al by my huis maar die hoof bewysstuk lè nog in my huis
Genade.
Nou besef ek dat daar werklik nie so iets meer bestaan dat Polisie daar is vir beskerming van ons landsburgers nie

Sterkte … Ons is magteloos. Maar vat gereg in eie hande dan gaan ek tronk toe.

Milan ·

Ons volk word by die dag uitgemoor. Ons het nie nodig dat dat ‘n rooiberet draende persoon op ‘n peron in Newcastle vir ons slagting op ‘n gegewe stadium roep nie. Dit gebeur alreeds.

Roelf Lindeque ·

Ons wittes sal moet begin saamstaan. Doen jou eie ding, in en om die huis, sonder enige tuin of huishulpe. Dit is ook nie altyd maklik nie.Dit is presies waar die inligting vandaan kom vir hulle om te roof en te moor.Skakel en by n eie sekuriteits netwerk.

Alida ·

Bitter jammer om hiervan te lees. Die SAPD moes hierdie man lankal gewaarsku het dat hulle dophou siende dat hulle geweet het van die dreigemente. Ek kan nie bid vir daardie man nie want hy het geen siel nie. Die voorgeskrewe loonverhogings en afdankings wat daarop gaan volg gaan nog baie moorde laat plaasvind want baie mense sal hulle nie kan bekostig nie en hulle enigste wraak is deur jou te vermoor. Mens kan nie so leef nie. Dit regering moet daardie Wet hersien of hier kom ‘n bloedbad onder die blankes.

Denise ·

Elize dit is net soos jy daar se dit is net tragies dat so n lieflike vrou moes boet met haar lewe en die tuin werker was verkeerd ai ek is op van lees van al die moorde en dit is almal onskuldige mense !!! En Andrea ek kan verstaan hoekom jy so voel!!! Sterkte aan die familie!!!!

skorra ·

Lig ons tog in asb. Klaas, want ek wonder ook al geruime tyd.

Alida ·

Klaas dit lyk my hy het niks anders om te doen nie. Probeer jy reaksie uitlok of wat?

skorra ·

Nee Alida, ek is ernstig en ek glo Klaas ook. Dit het op ‘n tyd lank-lank gelede gestaan vir Suid Afrikaanse Polisiediens…

Lilla B ·

Moontlik staan dit vir Suid Afrikaanse Potensiële Diewe?

CHRISTA ·

Dit staan seker vir Suid-Afrika se Patetiese Departement!!!

anneli ·

hi klaas,
ek werk vir die staat ek doen my werk eerlik en opreg,
my man is in die SAPD hy is BLANK EN HY DOEN SY WERK EERLIK EN OPREG. so asseblief daar is nog baie oordentlike eerlike polisie lede nie net wit nie swart ook. julle skeer altyd almal onder dieselfde kam. onthou die polisie het veskillende eenhede: speurders, stasie, veediefstal, Cluster(glo nie jy weet waarvoor dit staan nie) en so kan ek nog op noem.
so dink voordat julle altyd negatiewe komentaar lewer

groetnis

Connie ·

Toe Musie, Malema en Zuma, se iets. Maar julle swyg soos die graf.

skorra ·

Jy vra tevergeefs, Connie. As hierdie presiese geval egter ‘n blanke man en swart vrou sou wees, sou jy onmiddellik die luidkeelse reaksies oor nog ‘n ‘rassistiese’ voorval gehoor het en heel waarskynlik betogings ook van Moesie se mense…

Kellies ·

As jy in Suid Afrika nog nie permanent met jou handwapen aan jou sy loop vir self beskerming nie, is jy baie naief.

elza ·

Te verslae om enige kommentaar te lewer maar ek weet in die tyd van smart sal die Here weereens die familie deurdra….jammer dat Issie se mooi lewe so tot ‘n einde moes kom, Here hou die Familie in die Holte van U Hand , en in tyd om te kom , sal ons nie ophou om vir hul te bid nie…. Issie was voorwaar nogtans ‘n dapper vrou

Vettie ·

Weereens ‘n geval waar die polisie ‘n individu in die steek gelaat het.

anneli ·

Vettie,
verduidelik vir my hoekom is dit die polisie se skuld oor Issie se dood????????????????

Marius ·

Wiebo,

As jy ‘n beskeremingsbevel het en jy kan bewys dat hy jou nogsteeds dreig moet hulle hom toesluit dit is teenstrydig met bevel.

hulle sal hom dan in aanhouding hou tot saak afgehandel is as hy nie tronkstraf kry.

Hoop dit help

Jaycee ·

Soos verwag skitter die DA in hulle stilswye oor hierdie saak; dit onderwyl Maimane baie vinnig was om op bedenklike wyse publisiteit te maak oor die doodskis-insident. Verder ook nog nie ‘n woord uit die opposisie se geledere oor die aanranding op Kleynhans [MM het gister hieroor berig] deur swartes in ‘n taxi nie. En daar bestaan geen twyfel by my nie dat indien Dippenaar of Kleynhans [en baie ander] ‘n swarte was wat deur blankes aangerand of vermoor was, het die EFF lankal protes-optogte van stapel gestuur. Ek praat nie eers van die ANC nie, want hulle stilswye in hierdie soort gevalle is niks anders as bedekte goedkeuring daarvan nie.
Tussen hakies, ek verskil van Jabobs, swaer van Dippenaar, wat reken die oordeel kom ons nie toe nie. Wat my betref mag ons in siviele/kriminele oortredings oordeel en straf; dit moet net regverdig gebeur [onthou: oog vir ‘n oog…..niks meer of niks minder nie]. Wetgewing en toepassing van straf is nodig want daarsonder kan geen samelewing georden word nie. Soos ek dit verstaan mag ons egter nie ander se geloofsoortuigings oordeel nie – dit moet ons vir God los.

Jan ·

Jaycee, nie net die doodskis-insident nie, maar ook die Koedoe-taxi insident van ‘n week gelede. Daar loop baie, baie ‘wrokke’ in die land rond, net te veel, en dan is daar Julius, wat die vure aanblaas.

marie ·

ek het Issie en Andre persoonlik geken. jy hoor baie van “dit is wonderlike mense” maar hulle was werklik mense wat jy enige tyd kon op staatmaak. Ek was baie nou saam met hulle betrokke in die kerk.
Hulle was voorwaar mense op wie jy kon staatmaak.
Issie mense gee nie blomme as jy weg is nie , maar weet dit ons gaan jou mooi glimlag baie baie mis

Wonder net ·

Die volgorde van gebeure met die dreigement van doodmaak en met die buurman se tuinman wat nie ‘n klag wou lê is tipies en die SAPD sal van beter behoort te weet in sulke gevalle. Hierdie is ‘n onnodige moord wat plaasgevind het en was dus beslis voorkombaar.
Ek wonder net hoe op aarde het hy in die huis/op plafon gekom? Het hy dalk skelm ook ‘n sleutel gehad en elke dag vir haar gaan wag tot sy teruggekom het? Daar is ook gevalle waar die buite toilet grens aan die huis en die skeidsmuur nie tot bo teen die dak gebou is en sodoende kan iemand op- en oorklim op die plafon van die huis. Dra maar (soos ek) jou paniekknoppie (panic button) om jou nek en jou vuurwapen aan jou lyf.
Sterkte aan haar naasbestaandes.

RC ·

Hulle haal teels van jou dak af en klim sodoende in jou dak. Onthou sy was vir ‘n week nie daar nie, hy kon al lankal op haar gewag het om terug te kom.

saartjie ·

Belangrik om ook op die solder ‘n alarm of beam te hê.

Lance ·

Polisie is en bly maar pateties selfs met die kamtige back to basics idee !

anneli ·

lance,
ai,ai, ek is ook met n patetiese polisie man getroud. hierdie moord is nie die polisie se skuld nie.!!!!!!!!!!!!! glo nie jy sal verstaan nie.
ons almal huil in Ermelo oor Issie se dood, sy was n wonderlike vrou wat vir swart en wit huisvesting gegee het.

wonderlike dag vir jou

saartjie ·

Die moordenaar het blykbaar volgens die berig deur die dak gekom. Dit wys weer eens hoe belangrik dit is om ook op op die solder ‘n alarm ogie te hê. My man het persoonlik vele kere die dakteëls gelig om in die huis te kom as hy uitgesluit was en ek nog nie tuis was nie.

Janine ·

Ai dis so wreed daai man het nie gedink wat hy doen nie.
Julle is baie sterk mense ons bid saa met julle vir vertroosting in
hierdie moeilike tyd.

Dav Mar ·

Dit maak my bang vir hierdie klomp lapswaaiers in kerkplein Pretoria CBD. Jy sien dieselfde arrogansie in sommige van hulle, en hul sal net met die vrou praat en haar demand van geld, hul sal die man wat langs die vrou sit, dood ignore.

Tiger ·

‘n Oog vir ‘n oog – so staan dit in my bybel en so glo ek.Hierdie “man” moet uitgehaal word.

Dot's ·

Ja ons kan nie almal onder dieselfde kam skeer nie, maar die polisie is almal slapga^^%e. Ons bly in Pta Wes, julle sal nie glo wat ons op ‘n daaglikse basis hier ondervind nie, hulle vat openlik geld by “mense” en aan aand om 19:30 was hier ‘n ongeluk reg voor ons huis….HA HA wat ‘n grap die persoon wat die ongeluk veroorsaak het, het groot moles gemaak en selfs die nommer plate en lisensie skyfie uit die kar verwyder, die ander kar se mense met ambulans hospital toe. die grap van die jaar is ons bly skaars 500 meter van die polisie stasie af, teen 22:30 nog geen polisie kar in sig nie. Alles en almal was al weg toe nog steeds geen polisie nie. My vraag is WAT NOU??????

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.