Doodskis-2: Jackson terug in tronk

Oosthuizen (voor) en Jackson in die hof. Foto: Landi Malan

Theo Martins Jackson is Donderdagaand terug in die gevangenis in Witbank nadat ʼn mosie ingedien is waarvolgens Jackson en sy medepligtige in die doodskis-saak, Willem Oosthuyzen, se parool herroep kan word.

Jackson is presies ʼn week gelede op parool vrygelaat terwyl Oosthuyzen nog in aanhouding was; hy sou egter ook binnekort vrygelaat word.

Singabakho Nxumalo, woordvoerder van die departement van korrektiewe dienste (DKD), het Woensdag aan Maroela Media gesê die twee mans se parool word heroorweeg omdat die slagoffer se familie nie in die saak geken is nie.

Maroela Media het vroeër berig die korrektiewe toesig-en-paroolraad het gesê hy het besluit om Jackson en Oosthuyzen vroeg in Februarie parool toe te staan, nadat hulle die minimum vereiste tydperk van hul vonnisse asook die nodige rehabilitasieprogramme suksesvol voltooi het.

Jackson en Oosthuyzen is in 2017 gevonnis op ʼn reeks aanklagte nadat daar bevind is hulle het Victor Mlotshwa aangerand en in ʼn doodskis ingedwing. ʼn Video van die voorval is wyd op sosiale media versprei.

Die twee is oorspronklik in die rondgaande hof in Middelburg onderskeidelik tot effektief 11 jaar en 14 jaar tronkstraf gevonnis. Die appèl teen hul skuldigbevinding en vonnisse is in November in die appèlhof in Bloemfontein toegestaan.

Die appèlhof het die skuldigbevinding en vonnisse vir onder meer poging tot moord, wat in die rondgaande hof in Middelburg opgelê is, ter syde gestel. Die appèlhof het albei mans skuldig bevind aan aanranding met die doel om ernstig te beseer en ontvoering. Jackson is ook skuldig bevind aan regsverydeling.

Oosthuyzen en Jackson is tot effektief vyf jaar tronkstraf gevonnis. Die vonnisse is terugwerkend tot 25 Augustus 2017.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

31 Kommentare

jongste oudste gewildste
Jean

Die ou lewe nog so hoekom moet sy familie iets met die parool te doen hê…

Jan

Watse snert. Wat het die “slagoffer” se familie in die geval met paroolprosedures te doen?

Scalla

Dubbele standaarde

sammy

En die moordenaars en verkragters loop vry rond buite die tronk en pleeg dieselfde gru misdade WEER … die regstelsel is korrup, nes die res!!! Hoe teleurstellend! Daar wag nog BAIE sulke teleurstellings op ons …

Johan Venter

Soos in alle ander sake het die ‘slagoffer’ se familie nou die ‘sê’ van die Reg oor die vrylating van mense op parool of andersins gekaap/oorgeneem, soos ook met Janus Wallus, die uiteindelike sê, lê nou gesetel in die familie soos wat dit in die praktyk toegepas word en nie meer by die geskrewe wet en voorwaardes van parool en vrylating nie. Dus is hulle besig om die wet in die praktyk te herskryf.