Doodskis-2: Parool word heroorweeg

Willem Oosthuyzen (voor) en Theo Martins Jackson in die hof. Foto: Maroela Media

ʼn Mosie is ingedien waarvolgens Theo Martins Jackson en Willem Oosthuyzen se parool herroep kan word.

Singabakho Nxumalo, woordvoerder van die departement van korrektiewe dienste (DKD), het aan Maroela Media gesê die twee mans se parool word heroorweeg omdat die slagoffer se familie nie in die saak geken is nie.

Een van die mans wat skuldig bevind is op etlike aanklagte in die opspraakwekkende doodskis-saak, is reeds Woensdag op parool vrygelaat.

Jackson is verlede week ná twee en ’n half jaar agter tralies op parool vrygelaat. Oosthuyzen, is steeds in aanhouding, en sou ook binnekort vrygelaat word. Hul aansoek om parool is vroeg in Februarie toegestaan. Die korrektiewe toesig- en paroolraad het vroeër gesê hy het besluit om parool toe te staan nadat hulle die minimum vereiste tydperk van hul vonnisse asook die nodige rehabilitasieprogramme suksesvol voltooi het.

Die twee mans sou onder korrektiewe toesig bly en sou volgens hul vonnisvoorwaardes gemonitor word tot die vervaldatum van die vonnisse.

Jackson en Oosthuyzen is in 2017 gevonnis op ʼn reeks aanklagte nadat daar bevind is hulle het Victor Mlotshwa aangerand en in ʼn doodskis ingedwing. ʼn Video van die voorval is wyd op sosiale media versprei. Die twee mans is oorspronklik in die rondgaande hof in Middelburg onderskeidelik tot effektief 11 jaar en 14 jaar tronkstraf gevonnis.

Hul appèl teen hul skuldigbevinding en vonnisse is in November in die appèlhof in Bloemfontein toegestaan. Die appèlhof het die skuldigbevinding en vonnisse wat in die rondgaande hof in Middelburg opgelê is ter syde gestel. Dié hof het albei mans skuldig bevind aan aanranding met die doel om ernstig te beseer en ontvoering. Jackson is ook skuldig bevind aan regsverydeling. Die ander aanklagte, van onder meer poging tot moord, is ter syde gestel. Oosthuyzen en Jackson is toe tot effektief vyf jaar tronkstraf gevonnis. Die vonnisse is terugwerkend tot 25 Augustus 2017.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

15 Kommentare

jongste oudste gewildste
Elize

Hierdie twee het nie eers moord gepleeg nie maar word nou deur die regstelsel gekruisig. Waar is die minister van justisie nou nadat hy sy bek goed uitgespoel het oor die paroolstelsel. Sou hulle parool gekry het as hulle moordenaars of verkragters wat – dink ek so want dit is hoe hierdie vrot stelsel mos werk. Hoe groter jou oortreding hoe sagter word jy behandel want ag siestog jou omstandighede is mos die oorsaak dat jy dit gedoen het

Werner

As die wat so vir die doodstraf skree om terug te kom nie nou kan sien dat dit net op ons van toepassing gaan wees nie sal hulle seker ook nie met hierdie dubbele standaarde

ES

Hierdie hele saak het in ‘n rasse-herrie ontaard. Die ergste wat moes gebeur het was dat hul moes boete betaal en ook skadevergoeding vir Mlotshwa se emosionele welstand. Enige ander persone sou ‘n opgeskorte vonnis ontvang het…

Luna

Net in Suid Afrika!!~!

AmY

Hulle sal eerder parool toestaan aan verkragters.