Doodskis-saak: Beskuldigdes is spyt

Buite die Middelburg-hooggeregshof (23 Oktober 2017) Foto: Maroela Media/Landi Slatter

Theo Martins Jackson (29) en Willem Oosthuyzen (28), wat in Augustus in die Middelburg-hooggeregshof skuldig bevind is op verskeie aanklagte in die opspraakwekkende doodskis-saak, word later die week gevonnis.

Die staat het tydens die verhoor aangevoer dat Jackson en Oosthuyzen vir Victor Mlotshwa aangerand het voordat hulle hom in ‘n doodskis ingedwing het. Die staat het ook aangevoer die mans het vir Delton Sithole aangerand. Die beskuldigdes het dit egter ontken en gesê hoewel hulle Mlotshwa in die kis ingedwing het, wou hulle hom net skrikmaak en hulle het nie bedoel om hom leed aan te doen nie.

Die verrigtinge het begin met ʼn redekawel oor die verdediging se eerste getuie. Regter Sheila Mphahlele het toe gelas dat die getuie, ʼn maatskaplike werker, nie geïdentifiseer mag word nie en daar ook nie beeldmateriaal van haar geneem mag word nie.

Die hof het vlugtig verdaag en hervat waarna die maatskaplike werker begin getuig het. Sy het 31 jaar ervaring en is ook as ʼn korrektiewe beampte geregistreer. Sy het ter strafversagting vir Oosthuyzen en Jackson getuig.

Sy het onder meer getuig dat Oosthuyzen nie meer op die plaas, waar hy werksaam was, kon aanbly nie en hy, sy vrou en hul klein kinders bly nou by sy skoonouers. “Hy verkoop nou vrugte en groente vir ʼn inkomste, maar sy inkomste is nie vas nie en verskil elke maand.”

Sy het verder genoem Oosthuyzen is ʼn eerste oortreder, hy is die broodwinner vir sy gesin en hy moet sy vrou en klein kinders ondersteun. “Sy vrou is ook werkloos en gebruik slaappille.” Volgens haar verslag was daar nog nooit enige klagte van rassisme teen hom nie. Sy het bygevoeg dat sy kinders skeidingsangs ervaar.

Oosthuyzen het self volgende getuig en gesê hy is spyt dat hulle vir Mlotshwa in die kis ingedwing en hom nie eerder na ʼn polisiestasie geneem het nie.

Die maatskaplike werker het, met verwysing na Jackson, gesê dat hy en die res van sy gesin fisies en verbaal deur sy pa wat glo alkohol misbruik het, mishandel is en dat hulle gereeld nie kos in die huis gehad het om te eet nie. Hy het gr. 9 gedruip omdat sy ouers nie die skoolfonds kon betaal nie en hy het dus nie voltyds skoolgegaan nie.

Willem Oosthuyzen (voor) en Theo Martins Jackson in die hof (Augustus 2017) Foto: Landi Slatter

Hy is volgens haar ook die primêre bron van inkomste vir sy gesin en hy ondersteun ook sy fisiek gestremde pa. Sy het verder aangedui dat hy ook ʼn eerste oortreder is en ʼn vrou en kinders het om te ondersteun. Sy vrou werk tans maar daar is, volgens haar, net R108 van haar salaris oor ná aftrekkings.

Sy het bygevoeg beide beskuldigdes het hulself aan die polisie oorgegee en het die langer weergawe van die video aan die hof beskikbaar gestel. “As hulle nie verantwoordelikheid vir hulle aksies wou aanvaar nie, sou hulle nooit skuld beken het op sekere feite nie. Nie een van hulle het ʼn geskiedenis van soortgelyke gedrag nie, hulle het ondersteuningsnetwerke wat hulle kan bystaan en sal kan rehabiliteer en weer in die samelewing geïntegreer word.”

Sy het die hof versoek dat, indien die mans tronkstraf opgelê sou word, hulle na ‘n gevangenis in Witbank gestuur word, eerder as in Middelburg. Sy het verder eerder korrektiewe toesig en gemeenskapsdiens vir die beskuldigdes voorgestel. Jackson het tydens sy getuienis gesê hy is spyt oor wat gebeur het.

Mlotshwa se ma was baie emosioneel tydens sy getuienis en die hof moes vir ʼn wyle verdaag. Hy het getuig dat hy sielkundige behandeling gekry het. Adv. Org Basson, namens Jackson, het dit egter aan Mlotshwa gestel dat hy nie regtig berading ontvang het nie.

Mlotshwa meen Jackson en Oosthuyzen moet tot minstens 15 jaar tronkstraf gevonnis word. Dit het ook aan die lig gekom dat Mlotshwa R400 000 in ‘n siviele hofgeding van Oosthuyzen en Jackson eis.

Oosthuyzen en Jackson word Vrydag gevonnis.

Lees alle vorige berigte oor die doodskis-video op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Alida ·

Hulle soek net geld. Hy het niks oorgekom nie en is nie beseer nie. Smyt die saak uit die hof uit.

Andrea ·

Ja, hul is spyt. En die plaasmoordenaars? Hul is nie spyt en saam met die regering is dit maar ok so. Wat n siek land leef ons nie in nie! Histerie oor n dom streep wat tien teen een uit desperaatheid getrek is, maar niks word gesê of gedoen oor al die moord en misdaad nie!

Mel ·

Hele sirkus spel hierdie, genade daar is erger meer traumatiese sake as die doodskis sepie, rerig waar!!!!

Izolde ·

15 jaar vir ‘n skrikmaakaksie. Liewe aarde hoekom dan nie maar die doodstraf terugbring vir moordenaars nie. Moordenaars kry tussen 15 en 25 jaar. Dis absurd. Hy skrik hom dood omdat hy agterkom hy pas waaragtig in ‘n kis en nou ly hy aan trauma. Dit het seker nou eers ingesink hoe lank hy in daardie beknopte spasie gaan lê as hy regtig dood is.

Watte ·

Ek gaan voortaan ‘n klomp watte met my saamdra dat sou ek dit nodig kry dan kan ek daardie een in watte toedraai en op dit skryf ‘Breekbaar. Hanteer versigtig. Moenie stamp nie, nie in die son los, nie koud laat word.” Natuurlik moet die regte kant ook na BO gehou word!

MANIE ·

Die skelm wat besig was om te steel lag nou al die pad want daar het niks met hom gebeur. Maar diefstal is nou nie iets vreeslik verkeerd in die regering

Realis ·

….en nou gebeur daar niks met die skelm wat aanvanklik betreë het en gesteel het. Hierdie is maar net ‘n politieke rassistiese opgeblaaste saak waar die skelm dief vrykom.

Phumba ·

In SA werk dit so. Oortreeder 1 pleeg ‘n misdaad (diefstal, oortreeding op privaat grond) en word gevang. Die persone wat Oortreeder 1 vang pleeg ‘n misdaad (druk hom in kis en drieg hom) noem hulle Oortreeder 2.

Nou siende, Oortreeder 1 swart is en Oortreeder 2 Wit is, is Oortreeder 1 outomaties onskuldig aan enige oortreeding en moet Oortreeder 2 maksinum straf ontvang.

Ek weet nie hoe die regters slaap wetende dat hulle deel is van n regsproses wat nie regverdig en onbevooroordeeled is nie.

Die NVG behoort mos die dief ook te vervolg – daar is tog video materiaal wat die verdagte op die toneel plaas.

anton ·

Hierdie hele storie is soooooo belaglik, ek kan dit eintelik nie glo nie!!!
Regstelsel is n uiterse klug!!!
Hoekom het hulle regsverteenwoordigers nie appèl aangeteken teen die belaglike uitspraak nie???

Zumie ·

Liewe Anton, mens wag eers NA vonnis voor jy aansoek doen vir verlof tot appel….
Maar die belangrikste dele van die nuus hierbo is gemis – ek vul aan:
Die klaer erken in die hof die ANC onderhou hom en het vir sy “behandeling” betaal.
Twintig tree van die hofdeur, dwars in die straat is ‘n platvorm voertuig met “Vote ANC” geskryf en ‘n DJ wat musiek maak..en skare wat dans en sing..
Nou kinders…..kom ons kyk of julle opgelet het in die klas …. wie dryf hierdie sake en hoekom…

karen ·

nou verwonder ek my waar is die kastige bulldog / Afrikaner organisasies ? hy verdedig almal behalwe die boer Vergat ons naam met die snert waarmee hy hom opou. Siviele saak ook ne – lekker geldmaak-storie hierdie Maar ook waar is die twee blankes se ondersteuners ???? shame on you Ja waar is die ‘”sonskyn vriende” wat so en so sou gemaak het as dit hulle was?

Alta Harries ·

Hulle ondersteuners is tien teen een die eerlike spul wat by die werk is en die staatskoffers vol hou en durf hulle n dag van werk mis, is hulle werkloos die volgende dag

Alta Harries ·

En wil net bylas. … hierdie saak sloer al so lank die arme mense kon onmoontlik so baie dae by die werk af vat want hul jaarlikse verlof sou nooit as te nimmer genoegsaam gewees het nie

Boerseun ·

@Karen: Jy is heeltemaal korrek. Ons Boere word verguis en vervolg, en Gerrie Nel wil vir Zuma se seun vervolg oor ‘n botsing… Kan jy nou meer?

MANIE ·

Ek kyk wat kos daai selfoon hulle nou, ek glo hulle is spyt, spyt hulle het selfone gehad.

Chane ·

Daar is beperkte fondse so om 2 keer te appeleer is nie moontlik nie daarom wag hul vir die vonnis om te appeleer so dit is n proses. Waarom alles betwyfel? Het jy dalk R500 000 om te gee? Want dit sal opreg waardeer word

Chris Ws ·

Hierdie saak is so’ belaglik dit hoort nie eers in ‘n hof nie!Waarom is daar nog nie appe’l aangeteken teen hul skuldig bevinding nie?Of wag hul regsverteenwoordigers eers vir die vonnis opleggings??
Die’ saak het gewys mens speel nie met ‘n dief nie.Maak hom aan iets vas en laat die polisie hom kom laai.Moet hom NOOIT self vervoer ook nie!Die beste is laat hom net gaan as dit nie ‘n duur misdaad was nie so nie kry die polisie uit.

PJC ·

Wanneer gaan mense begin besef hoe gevaarlik die sosiale media in die nuwe SA is. Sulke stommiteite maak dit onmoontlik vir enige regsgeleerde om diesulkes te verdedig.

Danie Jacobs ·

Die feit dat hierdie opportunis ( waarvan die video geen teken van aanranding, vasgebinde hande of ‘n petrolkan wys nie ), skryf nou die straf aan die Regter voor. Absollut belaglik en ek hou die strafoplegging fyn dop. Ons moet begin mobiliseer en belastings begin weerhou .

anton ·

Danie, ons Afrikaners kan nie eers saamstaan om ons naam te red nie, wat nog te sê enige iets anders.!!!
En PJC, wat is nie gevaarlik in die nuwe SA nie? Net om hier asem te haal is al gevaarlik.

m.d.r. ·

Volgens vanoggend se Nuusberig op DSTV , vertel die staatsaanklaer in hierdie saak, dat SA moet “versoen”……!?
Versoen waarmee, of met wie….?
Hierddie saak het juis sy ontstaan in al die swart-op-wit geweld (veral plaasmoorde). Dink die agbare staatsaanklaer die wittes moet net dag vir dag aanskou on ons mense uitgeroei word..en hulle daarmee versoen …?
Die aanklagte waarop hierdie manne skuldig bevind is, is so deursigtig rassisties dat die sg”gereg” in SA belaglik gemaak word.

Volgens die regter se uitspraak “kon” hulle moord gepleeg het—MAAR HULLE HET NIE.
Die klaer het ook nie ontsnap nie, hy is vrygelaat….
As “kon” die bepalende faktor is, moet die regter self tog nooit oor ‘n rooi verkeerslig ry nie, want dan kan sy aangekla word ‘n “poging tot strafbare manslag”–want sy kon iemand se dood veroorsaak het.
Nie die regter, of die staatsaanklaer hoort in ons regstelsel nie.

Zumie ·

Liewe Anton, mens wag eers NA vonnis voor jy aansoek doen vir verlof tot appel….
Maar die belangrikste dele van die nuus hierbo is gemis – ek vul aan:
Die klaer erken in die hof die ANC onderhou hom en het vir sy “behandeling” betaal.
Twintig tree van die hofdeur, dwars in die straat is ‘n platvorm voertuig met “Vote ANC” geskryf en ‘n DJ wat musiek maak..en skare wat dans en sing..
Nou kinders…..kom ons kyk of julle opgelet het in die klas …. wie dryf hierdie sake en hoekom…

Koos B ·

Chris Ws ek stem 100% saam.Ek het al een persoon persoonlik twee keer op een naweek gevang en aan die Polisie oorhandig twee saak no’s gekry en die Maandag 12H00 loop hy voor my werk verby en waai vir my met ‘n groot glimlag op sy bakkies.
Hy het nog die gesteelde goed aan sy persoon gehad toe die Polisie hom wegvat maar daar was nie genoeg bewyse nie. !!!As jy hom ‘n klap gee en jou eiendom terugvat sal jy sit sonder borg en jy sal maar moet betaal want hy het by jou gesteel omdat hy honger was.

SjN ·

So R400 000 gaan sy sielkundige probleem oplos en hy sal tevrede wees met 15 jaar tronkstraf, so die krimineel kan demand, wat het die persoon wat diefstal gepleeg het in die eerste plek daar gaan soek. Hulle gaan hulself vas praat, wat het van die bedrag geld geword wat vir die spaza winkel bedoel was, hoop gergtigheid seevier. Sterkte manne.

Pierre ·

Die emosionele uitbarstings in die hof deur die klaer en sy ma en word op dramatiese manier uitgebeeld. Daar word nooit dieselfde aandag gegee aan die emosie van die vrouens en kinders van ons boere wat vermoor word nie. Blankes toi toi nie voor die howe nie en dreig niemand nie, maar blankes bly in aanhouding weens die vrees dat die klaers in sake deur blankes geintimideer sal word. Families keer nie terug na hulle plase nie en ‘n leeftyd se insette word so gelos omdat daar gevrees word vir lewens, hulle beleef net soveel trama en en pyn en worstel ook deur Sielkundige berading, maar hulle geniet geen beskerming nie. Blankes word tromop geskiet in huisbrake dan word ‘n klag van diefstal ondersoek, geen melding van poging tot moord word gemeld nie, hierdie is ‘n hartseer dag in ons Geskiedenis want die blanke minderheid bly maar nou vir eens en altyd ‘n bedreiging vir ander groeperinge, Ons praat baie en lewer kommentaar maar ons sukkel om daadwerklik oor te gaan tot aksie, want sodra ons begin optree is ons rassisties en moorddadig; My vraag dus is daar regtig iets wat ons kan doen.

BANG JAN SE VROU ·

Daar word beweer die klaer in die bangmaakstorie wou nie sy hemp uittrek sodat gesien sou kon word hoe erg sy beserings is nie. Hy het NIKS gehad om te wys nie, anders sou hy nie geweier het nie. Tronkstraf vir die beskuldiges? Dit sou ‘n klad wees om ons regsstelsel wat ‘n regverdige oordeel sou moet gee.

Cacophony ·

Deur lawigheid gaan hierdie outjies nou lank in die tronk sit. Ai hulle lewens is nou regtig opgefoeter met hiedie daad. En die regte skurmenkel? Nee hy word nou ‘n volksheld.

Marisca ·

As dit werklik “poging tot moord” was, was hy dood gewees!!!! Hele storie word uit persepsie geblaas en die belastingbetaler se geld word gemors

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.