Doodskis-twee dalk gou vry ná appèl slaag

Willem Oosthuyzen (voor) en Theo Martins Jackson in die hof. Foto: Maroela Media

Theo Martins Jackson en Willem Oosthuyzen kan moontlik reeds vroeg volgende jaar op parool vrygelaat word nadat hul appèl teen hul skuldigbevindings en vonnisse in die appèlhof in Bloemfontein geslaag het.

Jackson en Oosthuyzen is in 2017 gevonnis op ʼn reeks aanklagte nadat daar bevind is hulle het Victor Mlotshwa aangerand en in ʼn doodskis ingedwing. ʼn Video van die voorval is wyd op sosiale media versprei. Oosthuyzen en Jackson is onderskeidelik tot effektief 11 jaar en 14 jaar tronkstraf gevonnis.

Oosthuyzen is gevonnis op twee aanklagte van aanranding met die doel om ernstig te beseer, asook van ontvoering, poging tot moord en intimidasie. Jackson is gevonnis op twee aanklagte van aanranding met die doel om ernstig te beseer, asook van ontvoering, poging tot moord, intimidasie en dwarsboming van die gereg.

Willem Oosthuyzen. Foto: Landi Malan

Die appèlhof het egter Maandag van die skuldigbevindings en vonnisse wat in die rondgaande hof in Middelburg opgelê is ter syde gestel. Dié hof het albei mans skuldig bevind aan aanranding met die doel om ernstig te beseer en ontvoering. Jackson is ook skuldig bevind aan regsverydeling. Die ander aanklagte, van onder meer poging tot moord, is ter syde gestel.

Oosthuyzen en Jackson is tot vyf jaar tronkstraf gevonnis op die aanklag van aanranding met die doel om ernstig te beseer en een jaar tronkstraf vir ontvoering. Jackson is tot een jaar tronkstraf gevonnis vir regsverydeling. Die vonnisse sal gelyklopend uitgedien word wat beteken hulle is tot effektief vyf jaar tronkstraf gevonnis. Die vonnisse is terugwerkend tot 25 Augustus 2017.

Theo Jackson. Foto: Landi Malan

Marius Coertze, die mans se regsverteenwoordiger, het gesê Jackson en Oosthuyzen het reeds twee jaar en drie maande van hul vonnis uitgedien wat beteken dat hulle teen April volgende jaar vir parool in aanmerking behoort te kom.

“Ek het die nuus oor die foon aan hulle oorgedra. Hulle is baie bly en opgewonde. Daar is weer lig aan die einde van die tonnel.”

Die appèlhof het bevind die rondgaande hof in Middelburg het nie in sy uitspraak die versigtigheidsreël toegepas toe hy die getuienis van enkelgetuies oorweeg het nie.

Gegewe die talle onwaarskynlikhede en teenstrydighede in die klaers se weergawes van die gebeure, sou die verhoorhof – indien dit die nodige omsigtigheid toegepas het – nie die klaers se getuienis in alle wesenlike opsigte aanvaar het nie.

Die appèlhof het bevind dat die verhoorhof die saak op die weergawe van die beskuldigdes moes bepaal. Die video-opnames en foto’s het hul weergawe van die gebeure gestaaf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

43 Kommentare

Meraai ·

Ai, ‘n nagmerrie vir die 2, wat hopelik een van die dae verby is. Sterkte

clive ·

Hul grootste skuld was dat hul Afrikaner mans is. In SA se howe staan jy geen kans vir n regverdige verhoor nie.

Pottie ·

Is waar clive maar as n boer vermoor word dan word sy moordenaars nie eers gesoek nie

Cherokee ·

clive, het hulle nou ook nie in ‘n Suid Afrikaanse hof ‘n regverdige verhoor gehad nie?
Die meisiekind wat die seun aangerand het, het haar skuld op video vasgelê. Die betrokke twee het dieselfde gedoen. Moet nie jouself in tamatiestraat in verfilm nie.

Chris Ws ·

Dis baie goeie nuus.Ek sou graag wou dat hulle vir kersfees al by die huis moes wees.

Willie ·

Ek voel steeds dat hulle net die Bravo probeer skrik maak het en nie wou seermaak nie. Onregverdige veroordeling. Maak beste van die uitspraak.

Strandloper ·

Mmmmmm was hul swart dan sou hul al seeker ministers gewees het.

Vra net ·

Veroordeel niemand dit wat hulle gedoen het nie?
Die reg mag wel nie konsekwend toegepas geword het nie, maar verkeerd bly verkeerd.
Wil sien hoe julle sal optree indien ‘n swart man julle pa, broer of oom in ‘n doodskis indwing. Sal julle dan ook die swart man bejammer?

Swanna ·

Vra net, dit hang af wat jou familie lede aangevang het wat veroorsaak het dat daar so teen hulle opgetree is. Dit het nie net sonder ‘n rede gebeur nie dit is hoekom sie saak teen hulle besig is te fouteer a.g.v. verkeerde optrede van die regering en net soos jy in wellus hulle vir oordeel het.

@Swanna ·

Ek verstaan nie die denkwyse nie. Al was daar verkeerde optrede, sit mens nie mense in doodskiste nie? Of is dit normaal en reg?

Gees ·

Dit gaan hier juis oor die reg wat NIE konsekwent is ne……..

RP ·

Presies wat ek gedink het. Maak nie saak wat hierdie optrede van hul veroorsaak het nie, wat hulle gedoen het is verkeerd. Punt.

Kom ons wees tog die beter mense en erken wanneer iets verkeerd is van ons eie mense? Ek is moeg vir hierdie “ja maar wat van” houding.

Maljan ·

Gaan die knape nooit weer enige iets in die lewe kan bekostig? Prokureurs is nie goedkoop nie en plaaswerkers se salarisse is op sy beste maar skraps. Hulle optrede was verkeerd. Maar victor het mos geweet hy oortree op pvt grond en daar kan gevolge wees. Ek sou myself verseker bek.. het as ek in n doodskis gedruk was en petrol oorgegooi was. maar die vonnis was oordrewe en die feit dat victor met n gratis huis beloon was vir grondbetreding en Kabel diefstal was net eenvoudig gruwelik.

Judge Dredd ·

@ Vra net

1. Hulle dien klaar hul straf uit.
2. Inkonsekwentheid van howe is ook verkeerd – soos jy se verkeerd is verkeerd.
3. Ek sou verkies dat my familie eerder in doodskis gedruk word as om verkrag/vermoor te word soos wat met baie wit families gebeur.

@Judge Dredd ·

1. M.a.w. hulle is skuldig.
2. Stem saam – het dit self ook genoem.
3. Was die man ‘n plaasmoordenaar? Ek twyfel.

Nettie ·

@Vra net: wat is erger – om in ‘n doodskis ingedwing te word en gedreig te word dat jy petrol oor jou uitgegooi sal kry en aan die brand gesteek sal word …. of: om in die middernagtelike ure, in jou bed (waar jy aan die slaap was) aangeval te word, met ‘n panga of bobbejaanmoersleutel gekap of geslaan te word, te sien hoe jou vrou langs jou verkrag word, jou kind met ‘n mes gesteek word en goedere waarvoor jy BITTER HARD gewerk het, weggedra word?

Alex ·

@@Judge Dredd

1. Jy beaam net wat hy reeds sê.
2. Jy beaam net wat hy reeds sê.
3. Jou antwoord het niks te doen met wat daar gesê is nie. Jy het waarskynlik verkeerd verstaan.

Aan Nettie ·

Was die man ‘n moordenaar? Dan het ek êrens iets gemis en vra onverskoning. Dink nogsteeds hul optrede was onverantwoordelik en onnosel – daar is ander maniere.

Johan ·

Die regte van die rondgaande hof het sekerlik ‘n pro-politiese uitspraak gemaak. Ek is bly geregtigheid het geskied. Ek hoop hulle kan ‘ n eis van ‘n Paar miljoen elk teen die minister van justisie en teen die regter in sit vir naamskending, pyn en lying van hulle sowel as hulle gesin, gebrek aan inkomste werks verlies ens.
Dit is nodig om sulke swak regters in die bek te ruk.

AndrewL ·

Word regters ooit tot verantwoording geroep wanneer daar, soos hier, blykbaar soveel foute voorgekom het.

Andre ·

Die Landdros in die Rondgaande Hof te Middelburg was van die begin af bevooroordeeld en het sy mes in gehad vir hierdie twee. Sy absurde vonnisse was beinvloed deur wat “the people” wou hê.

Maljan ·

Jy het heeltemal gelyk Andrew. Sy het behoorlik aan die wense moeder se lippe gehang. Met haar gevreet op haar arm geleun. Genade sulke onprofessionele optrede behoort met ontslag beloon te word. Sy werk mos vir die belastingbetalers. Wil ons haar in dien hê?

Maljan ·

Jy het heeltemal gelyk Andrew. Sy het behoorlik aan die wense moeder se lippe gehang. Met haar gesig op haar arm geleun. Genade sulke onprofessionele optrede behoort met ontslag beloon te word. Sy werk mos vir die belastingbetalers. Wil ons haar in dien hê?

@Ai jai jai ·

So hulle het niks verkeerd gedoen nie? Hul optrede was aanvaarbaar? Hulle is nie onskuldig bevind nie.

Andile ·

Klaaglik stort die regstelsel inmekaar. Getuienis word op ras oorsprong aanvaar of verwerp en jy kan van poging tot moord aangekla word wanneer jy vir iemand se jy sal hom vermoor, so hou jou mond liefs toe soos met so baie ander dinge.
Tog was dit n baie simpel en sadistiese ding om te doen en is twee en n half jaar effektiewe tronk hopelik genoeg om ander jong mans ook n boodskap te gee.

sdp ·

In watter land bly jy?? As dit n familielid van my was, het ta niks oorgekom, en ek gee jou n brief, my familielid sou nie n sent of n huis gekry het nie

@sdp ·

Weet jy hoe gereeld word plaasmoordenaars vasgetrek, veroordeel en tronk toe gestuur? Baie dikwels. So jou stelling is verkeerd.

franci ·

As jy se daar word gereeld plaasmoordenaars vasgetrek en tronk toe gestuur, hoveel van die moordenaars net van vrouens wat vermoor was in November 2019 is veroordeel ons praat nie eers van net inhegtenis geneem nie.

Maria ·

Wat julle gedoen is VERKEERD julle moet mekaar respekteer. Hoop dit duur les. Hoop as julle vry is ook sal veilig wees sterkte. Videos al lyk dit” snaak of oulik” nie op Media plaas nie

F ·

Franci
As mense in Nov 2019 vasgetrek is, sal hul nog nie gevonnis wees nie. Al maak ons wat. Die regsproses werk net nie so nie. Dis nou eers 3 Des.

Koos ·

Klip in die bos.
Daars harde lesse hier, wat hierdie manne geleer het.
Die stereotipe oorgewig, arogante, brandewynaangedrewe witbaas houding werk nie. Dis kwetsend en gee die Afrikaner n slegte naam oorsee.
Wat het geword van die trotse Boere wat wereldwyd soveel respek afgedwing het.
Kom by en doen soveel moontlik jul eie werk in tuine en huis werk. Los die rassistiese grappe, dis besig om terug te byt.. Staan saam en stem vir jul eie mense en bekom selfbeskikking of iets soortgelyks in jul eie land.

F ·

Stem grotendeels met jou saam. Verskil net met die selfbeskikking twak.

Riaan ·

Ek wil graag weet of daar stappe geneem word teen ‘n regter wat uit die aard van die saak dus dan nie korrek bevind het nie. Ek kan verstaan as die Apel hof die oorspronklike vonnis net ‘n klein bietjie wysig, maar in die geval is daar sekere aspekte teen hulle deur die Apel hof uitgegooi, en die vraag kan seker met reg gevra word of die oorspronklike regter sy amp waardig is. Regters moet tog ook verantwoordbaar wees vir balaglike “bevindings”

Essa ·

Baie bly vir julle. In die toekoms dink tog voor julle doen. Julle optrede was tog onvanpas en gemeen. Mooi toekoms vir julle toegewens.

bokka ·

Steeds skuldig aan aanranding met die doel om ernstig te beseer, ens. Toe nie so onskuldig soos van julle gedink het nie, né? Hulle kom lig van die storie af want hier is iemand dood.

bokka ·

Nee niemand dood nie, ek het vir ‘n oomblik deurmekaar geraak met die bakkie manne. En wanneer hoor ons weer van die perd wat die ou met sy bakkie gejaag en omgery het? Hier blyk heelwat van die gevalle te wees.

Maans ·

Hoop julle het geleer om nie skryf alles te wil afneem vir die pelle. Die saak se aanloop was kabeldiefstal. Wat het van die skurk se diefstal saak geword. Skoon vergeet van dit want hier was nie nou weer n lekker storie.

Boer ·

Hulle wou n dief n les leer . Mag hom nie skiet nie nie sambok gee nie help nie jy bel n poot nie so toe try hul iets anders en toe word hulle gestraf en die dief kry n huis nee man dis nie reg nie

Judge Dredd ·

Hulle enigste fout was om hul dade op Facebook te plaas – so ja, hulle moet maar die prys betaal.

Johan ·

Die regter van die rondgaande hof het sekerlik ‘n pro-politiese uitspraak gemaak. Ek is bly geregtigheid het geskied. Ek hoop hulle kan ‘ n eis van ‘n Paar miljoen elk teen die minister van justisie en teen die regter in sit vir naamskending, pyn en lying van hulle sowel as hulle gesin, gebrek aan inkomste werks verlies ens.
Dit is nodig om sulke swak regters in die bek te ruk.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.