Doodskis-twee hoor oor borgtog

Theo Martins Jackson en Willem Oosthuyzen in die hof voordat die vonnis gelewer is (27 Oktober 2017). Foto: Landi Slatter

Die hooggeregshof in Middelburg in Mpumalanga het Donderdag Theo Martins Jackson (29) en Willem Oosthuyzen (28), die mans wat skuldig bevind is op etlike aanklagte in die opspraakwekkende doodskis-saak, se aansoeke om borgtog geweier.

Marius Coertze, regsverteenwoordiger vir Jackson en Oosthuyzen, het Donderdag aan Maroela Media gesê regter Sheila Mphahlele het albei mans se aansoeke van die hand gewys.

Hy sê Mphahlele het in haar uitspraak gesê sy is steeds oortuig dat daar geen vooruitsig op sukses vir die twee mans se appèlaansoek voor die appèlhof is nie.

“Theo en Willem en hulle families is baie teleurgesteld en emosioneel. Daar was baie trane. Die borgtogaansoek behoort te geslaag het, daarom het ons hoop gehad,” sê hy.

Coertze sê die mans se regspan gaan nou appelleer teen regter Mphahlele se besluit.

Hy het vroeër aan Maroela Media gesê die mans gaan die hof versoek om hulle op borgtog vry te laat hangende hul aansoek om verlof tot appèl teen hul vonnis.

Oosthuyzen is in Oktober gevonnis op twee aanklagte van aanranding met die doel om ernstig te beseer, ontvoering, poging tot moord en intimidasie. Jackson is gevonnis op twee aanklagte van aanranding met die doel om ernstig te beseer, ontvoering, poging tot moord, intimidasie en dwarsboming van die gereg.

Die twee mans se vonnis is op 9 November vanjaar aangepas en Oosthuyzen en Jackson is onderskeidelik tot effektief 11 jaar tronkstraf en 14 jaar tronkstraf gevonnis.

Oosthuyzen en Jackson se regspanne het in Oktober direk nadat hulle gevonnis is ʼn gesamentlike aansoek om verlof tot appèl by die hooggeregshof ingedien. Mphahlele het dié aansoek van die hand gewys. Oosthuyzen en Jackson het daarna besluit om hulle direk tot die appèlhof te wend.

Coertze het Donderdag gesê die regspan het ʼn aansoek om verlof tot appèl sowat twee en ʼn half weke gelede by die appèlhof in Bloemfontein gaan indien. “Ons wag nou vir terugvoer. Die appèlhof is nou in reses en ons sal moontlik eers in Januarie terugvoer ontvang,” het hy gesê.

Die mans is gevonnis nadat hulle Victor Mlotshwa in ʼn doodskis ingedwing het. ʼn Video van die voorval is later wyd op sosiale media versprei.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Lukie Carelsen ·

Nog ‘n flater van regter Sheila Mphahlele! Hulle se “as jy in ‘n gat is moet jou ophou grawe”! Mphahlele raak net meer van ‘n verleentheid vir ons regstelsel.

Die wereld het vir ons gelag met die Oscar Pretorius hofsaak (wat in ‘n sirkus ontaard het) toe die regter so aangejaag het dat die appelhof haar twee keer moes “reghelp”. Gelukkig het ons ‘n appelhof wat regverdig funksioneer.

Hierdie doodskis-regter gaan verseker ‘n pakslae kry wanneer die appelhof haar uitspraak en vonnisoplegging op appel aanhoor. Ek is oortuig die appelhof gaan weer geregtigheid laat geskied en die mans onskuldig bevind aan “Poging tot moord” en “Aanranding met die doel om ernstig te beseer”.

Ja, die skuldiges was dom en hul gedrag onaanvaarbaar en barbaars maar die misdade wat hul gepleeg het strook nie met die uitspraak en vonnis wat hul opgele is nie.

Ek is oortuig hier was ‘n politiese agenda en rassistiese wraak wat die regter gemotifeer het om so ‘n belaglike uitspraak te lewer.

Dis uiters jammer dat die skuldiges nie ‘n regverdige verhoor gekry het nie en nou nog steeds nie borgtog kry totdat die appelhof die saak aanhoor nie.

Geregtigheid sal uieindelik geskied!

Theresa ·

Die man het nie gesterf nie. Die twee mense het nie nodig om so gestraf te word nie. Dis oor en oor gevra en steeds ‘n fanatiese onrealistiese strafoplegging.
Hoop jy is reg en dat die appélhof REGVERDIGHEID sal laat geskied.
Talle mense kom weg met allerlei.
Hierdie is ‘n onnodige swaar vonnis.
Word almal wat mense aanhou; in huis inbreek en mense aanhou met wapens en hul in traumatiseer SO gestraf? Glad nie. Dus vreemd en onregverdig.

Mariki ·

Ek stem 100% saam met jou. Hierdie is ‘n absolute haat uitspraak van hierdie rassistiese regter. Sy het besluit sy gaan witmense ‘n les leer, en dit is tog so lekker as mens in daardie oppergesag posisie is, is dit nie. Maar ja! Ek glo dat die appelhof gebalanseerd sal oordeel, en nie hierdie uiters oordrwe vonnis sal toelast nie. Hoop net dit gebeur gou.

Wonder maar net? ·

Ek probeer die regstelsel verstaan en as hier dalk n regsgeleerde is wat lig op die onderwerp kan plaas sal ek waardeer..

Die regspan moes mos weet dat hul kans om borg toegestaan te kry sou misluk. Laat die reg dit nie toe om hierdie aansoek voor n ander regter in ander hooggeregshof aan te hoor? Indien nie glo ek vas dat hul kon aanspraak maak dat n ander regter die borgaansoek moes hoor. Hierdie regter het nie eers haar handboek oopgemaak nie. Vedetta en wraak staan op haar voorkop. As die appelhof anders besluit sou ek summier n aansoek bring om haar van haar amp te onthef!!!! Dat sy kan sien hoe lyk wraak. Hoop sy smul lekker aan haar turducken kersfees want volgende kersfees is sy dalk sonder werk.

Snelvuur ·

As ‘n eerstejaar-regstudent verstaan ek poging tot moord as volg. Daar bestaan twee stadiums in enige misdaad, die beplanningsfase en die uitvoeringsfase. Indien ‘n persoon ‘n misdaad beplan, maar later besluit om dit nie te doen nie, is hul onskuldig. Indien ‘n persoon egter oorgaan in die uitvoeringsfase en DAN besluit om dit nie te doen nie, is hy skuldig. Bv. X wil ‘n gebou afbrand. Hy beplan die daad en gooi petrol oral oor die gebou uit. Hy steek dit egter nie aan die brand nie. Hy sal nogsteeds skuldig aan poging tot brandstigting wees. Op dieselfde wyse kan ‘n mens redeneer dat hierdie twee die man in die kis wou vermoor, oorgegaan het tot aksie en dan skrik op die lyf gekry het. Ek glo dat dit is waarop die Regter haar uitspraak gebaseer het.

Lukie Carelsen ·

Snelvuur. Jammer om met jou te verskil. Om een voorbeeld te noem. Jy hoef nie ‘n moord te beplan om skuldig bevind te word aan moord nie. Jy moet “opset” he. As jy die moord beplan het is dit verswarende omstandighede wat met vonnis oplegging teen jou sal tel. Byvoorbeeld ‘n man kom by die huis en vang sy vrou in die bed met ‘n ander man. Hy haal sy pistool uit sy sak en skiet die man dood. Dis moord. As hy nie ‘n pistool by hom het nie, na die kluis gaan, en sy pistool uithaal en die man dan doodskiet is dit nog steeds moord maar met “voorbedagde rade” dws beplan. Sy straf gaan swaarder wees.

In die doodskis-saak was daar geen prima facie getuienis gelewer t.o.v. “Poging tot moord” of “Aanranding met die doel om ernstig te beseer” nie.

Dus was die regter se uitspraak totaal foutief en buite orde.

En sy het verder gefouteer om verlof tot appel te weier en weer met die weiering van borgtog.

Die appelhof sal dit regstel!
Dis duidelik dat sy onbevoeg opgetree het en waarskynlik polities geiinspireer en rassisties was.

Nog ‘n voorbeeld. ‘n Persoon rig ‘n pistool na iemand maar vuur nie die wapen nie. Is dit “Poging tot moord”? Nee, die aanklag is “die rig van ‘n vuurwapen” op die persoon. Sou hy ‘n skoot afvuur en die persoon mis skiet is die aanklag “Poging tot moord”.

Alle kriminele oortredings moet een element bevat “Opset”.

Appel te skil ·

Gaan hulle nou direk appe’lhof toe?

Vertrou hul mag en dat appe’l daar aangheoor word.

Snelvuur ·

Inderdaad, @LukieCarelsen, maar as daar in die Hof beslis kan word dat hul die nodige opset gehad het om die man in die kis te vermoor, en op die laaste oomblik daarteen besluit het, dan is hul skuldig aan poging tot moord wat my betref? Ek weet hierdie aspek van die SA strafreg word wyd en syd gekritiseer, maar dit is hoe ek dit verstaan.

Met bogenoemde rig van ‘n vuurwapen, sou poging tot moord bevind kon word, as daar bewys kon word dat daar opset was om die persoon te vermoor op wie die vuurwapen gerig was?

So wat ek dink, as iemand wat nog nie die uitspraak gelees het of enige getuienis gesien het nie, is dat die regter voldoende opset gevind het by die daad. Sal interessant wees om te sien watter uitspraak die appèlhof oplewer.

HPV ·

Totaal belaglike vonnis as mens die feite soos byvoorbeeld die afwesigheid van enige sigbare beserings in ag neem. Dit is geloofwaardig dat hulle hom net wou skrikmaak. Die tyd het aangebreek dat alle regters se bevoegdheid getoets word.

Piet ·

In die vorige bedeling sou regter Sheila dalk gesukkel het om ‘n pos as admin persoon te kry. Ek vermoed vergelding teen blankes is deel van hierdie sogenaamde regter se verskuilde agenda. Jammer vir hierdie manne dat hulle kan vergeet om regverdig gestraf te word. n Boete sou meer gepas gewees het.

SjN ·

En die skelm kabel dief en betreder kom skotvry daarvan af. Vertrou hul aansoek slaag.

Geregtigheid ·

Dis vir my baie snaaks om hierdie dinge te lees, want plaasmoordenaars kom skotvry, maar ons mense word nie eers regverdig vervolg nie…ek sê nie wat hulle gedoen het is reg nie en ek sê nie dit moet ongestraf gaan nie, maar regtig??? Hulle nie eers op borg vrylaat nie, want hulle het een man gedreig, nie eers aangerand nie…way to go Suid-Afrika. Maak my siek!!

Kan net hoop ·

Lukie Carelsen, ek hoop eerlikwaar jy is reg. Ek self glo en vertrou die appelhof sal geregtigheid laat skied en die regter oor die kole haal. Dit is skandalig dat die rasistiese regter hiermee wegkom. Luister as sy praat, opperaardse hater. Ek is net bevrees dis die begin van baie sulke voorvalle vorentoe vir ons blankes.

Cherokee ·

Lukie, ek hou van wat jy sê en die manier waarop jy dit sê. Ook eens met wat jy sê met betrekking tot die skuldiges. Steeds is daar die lastige vraag of sy haarself in ‘n gat ingrawe waaruit sy met moeite gaan klim en of sy nie net bloot gaan wegkom met niks meer as net ‘n verleentheid wanneer sy gekorrigeer word. Intussen ly die twee wit mans onder ‘n straf wat nie opgemaak kan word deur genoegdoening wanneer haar vonnis verkeerd bewys word nie.

bgj van der westhuizen ·

die vraag is is sy bevoeg om haar werk te doen en is sy regtig op gely om n regter te wees ons regs stelsel is besig om net soos die land in mekaar te val deur belaglike uit spraake as jy kyk wie die land bestuur en wie aan gestel word vir hoe poste wat kan ons verwag

Lukie Carelsen ·

My raad aan regter Sheila Mphahlele is dat sy al haar studiegeld gaan terug eis waar sy studeer het, onder die “money back guarantee” beginsel, want wat die universiteit/kollege haar geleer het, het niks gehelp nie en eintlik ‘n nar van haar gemaak!

MANIE ·

Kyk net op die nuus hoe lekker lag die man wat in die kis was. Die krimineel is nooit aangekla vir sy diefstal van kabel. Daardie regter baie baie rassistiese ondertone

Snelvuur ·

Die regter mag nie iemand skuldig bevind aan ‘n misdaad waarvan hy nie aangekla is nie. Indien die ander twee die man in die kis aankla van kabeldiefstal, sal hy heel moontlik skuldig bevind word.

Lukie Carelsen ·

Snelvuur, jy is korrek maar die feit dat die klaer glo diefstal gepleeg het en gedreig het om die beskuldigdes se families te vermoor MOET as versagtende omstandighede tydens vonnisoplegging in ag geneem word.

john ·

gaan nie oor of die appel kastig gaan slaag of nie. Dit gaan oor politieke korrektheid. Die regter is bang dit ontstel die mense op die sypaadjie wat langs die hof was. wat eintlik die uitspraak bepaal! Hoe siek het hierdie land nie geword nie!

Mariaan ·

As almal in ons regstel gelyk is, sou die twee se straf veel ligter gewees het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.