Doodskis-twee se appèlaansoek dan aangehoor

Jackson en Oosthuyzen in die hof. Foto: Phillip Bruwer

Theo Martins Jackson en Willem Oosthuyzen se appèlaansoek teen hul skuldigbevindings en vonnisse word in November in die appèlhof in Bloemfontein aangehoor.

“Dit is ons laaste moontlikheid,” het Marius Coertze, die twee se regsverteenwoordiger, gesê. Die appèlaansoek sal op 11 November aangehoor word.

Jackson en Oosthuyzen is in 2017 gevonnis op ʼn reeks aanklagte nadat daar bevind is hulle het Victor Mlotshwa aangerand en in ʼn doodskis ingedwing. ʼn Video van die voorval is wyd op sosiale media versprei. Oosthuyzen en Jackson is onderskeidelik tot effektief 11 jaar en 14 jaar tronkstraf gevonnis.

Coertze het die vonnisse as “skokkend” en “totaal absurd” bestempel en gesê hul verwagting is dat die appèlhof baie ligter vonnisse sal oplê en ook in ag sal neem dat die twee mans reeds twee jaar tronkstraf uitgedien het.

Volgens Coertze is hulle van mening dat regter Segopotje Sheila Mphahlele in haar uitspraak gefouteer het en dat daar duplisering van aanklagte was. “Dit gaan ook hier oor die geloofwaardigheid van die klaers,” het Coertze gesê en bygevoeg dat hulle meen daar was teenstrydighede in die getuienis.

Die appèlhof het in Junie 2018 ʼn aansoek van Jackson en Oosthuyzen om op borgtog vrygelaat te word hangende hul appèlaansoek teen hul skuldigbevinding en vonnisse van die hand gewys.

Die twee mans het hulle tot die appèlhof gewend nadat die hooggeregshof in Middelburg in Mpumalanga in Desember 2017 die twee mans se aansoeke om borgtog geweier het.

Jackson en Oosthuyzen in die hof. Foto: Landi Slatter

Die appèlhof het reeds in Februarie 2018 verlof aan Jackson en Oosthuyzen toegestaan om teen hul skuldigbevinding en vonnisse te appelleer. Die twee mans wou hangende die uitspraak van dié appèlsaak op borgtog vrygelaat word.

Die appèlhof het in dié geval bevind gegewe die bewyse wat voor die hof gebring is en die erns van die oortredings waaraan die twee mans skuldig bevind is, is dit waarskynlik dat die mans wel tronkstraf opgelê sal word nadat die saak deur die appèlhof aangehoor is. Die hof het bevind deur die mans dus nou toe te laat om om borgtog aansoek te doen, “sal die onvermydelike net uitgestel word”.

Volgens die appèlhof sal Jackson en Oosthuyzen, gegewe hul eie weergawe van die gebeure, ten minste skuldig bevind word aan ontvoering en aanranding met die doel om ernstig te beseer. Die hof het gesê hoewel die twee mans se regspan aangevoer het dat hul kliënte uitgelok is om die oortredings te begaan, sal dít hoogstens as ʼn versagtende faktor geag word en waarskynlik steeds nie beteken dat die twee mans nié tronkstraf opgelê word nie.

Oosthuyzen is gevonnis op twee aanklagte van aanranding met die doel om ernstig te beseer, asook van ontvoering, poging tot moord en intimidasie. Jackson is gevonnis op twee aanklagte van aanranding met die doel om ernstig te beseer, asook van ontvoering, poging tot moord, intimidasie en dwarsboming van die gereg.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

40 Kommentare

jongste oudste gewildste
Johan

Ek het onlangs gehoor van ‘n moordenaar (plaas aanval) wat net 5 jaar gekry het. Omdat hy 2 jaar vooraf in die tronk was, is hy vrygelaat. Vergelyk dit met die vonnis wat hierdie twee manne opgelê is vir ‘n siek grap.

emily

Ja ne, kom vertel ons nou net waar is die misdadigers wat ons boere ens. so uitmoor. NOG op vrye voet.
Wat se dit vir jou.

Strandloper

My bloed kook…as hul swart was sou hul seekerlik nou al minusters gewees het

Hannetjie

As mens na die hantering ensovoorts van hierdie saak kyk…kan ek nie glo dat baie nog vra vir die doodstraf nie.

dennis jones

ek dink baie mense het nog nie hulle koppe om die feit gekry dat voor die reg is almal gelyk,die ryk plaasboer of die arbeider of boemelaar, ek dink as ons almal behandel met sieselfde menseregte wat ons reken ons moet kry sal baie minder mense in die moeilikheid beland