Doodskis-video: ANC-lede gevra om nié met poppe te betoog

Betogers Donderdag (8 Desember 2016) buite die hof. Foto: Phillip Bruwer

Betogers Donderdag (8 Desember 2016) buite die hof. Foto: Phillip Bruwer

Speedy Mashilo, Mpumalanga se LUR vir behuising, het Donderdag ANC-lede wat tydens die sogenaamde doodskis-hofsaak buite die Middelburg-landdroshof betoog het, gevra om nie van wit poppe gebruik te maak nie.

Mashilo het dié beroep gedoen kort nadat die twee beskuldigdes, Willem Oosthuizen (28) en Theo Martins Jackson (29), borgtog geweier is. Maroela Media het vroeër berig landdros Jongilizwe Dumehleli het Oosthuizen en Jackson se borgaansoeke geweier en gesê hy het die beskuldigdes se persoonlike omstandighede in ag geneem in sy besluit.

Oosthuizen en Martins is in hegtenis geneem nadat hulle na bewering Victor Rethabile Mlotshwa aangerand en in ʼn doodskis ingedwing het.

ʼn Groep ANC-ondersteuners het Donderdag met twee wit poppe wat aan ʼn houtplank vasgebind is voor die hof gedans en die poppe geklap. Die betogers het gesê die poppe verteenwoordig die beskuldigdes.

Betogers op 1 Desember 2016 buite die hof. Foto: Landi Malan

Betogers op 1 Desember 2016 buite die hof. Foto: Landi Malan

Mashilo het die skare Donderdag buite die hof in sy kapasiteit as die ANC se Nkangala-streeksvoorsitter toegespreek en gesê dit is verkeerd van ANC-lede om alle wit mense in die land as rassiste te sien. Hy het die landdros bedank vir die manier waarop hy die borgtogaansoek aangehoor het. “Die landdros het ook gesê nie alle wit mense is rassiste nie,” het Mashilo gesê.

“Ons is bly dat die landdros na ons luister. Die beskuldigdes sal wel Kersfees in die tronk deurbring, maar die tronk is beter as ʼn doodskis.”

Mashilo het na ʼn ANC-lid in die skare gewys wat die twee poppe vasgehou het en hom aangesê om dit neer te sit. Die man het aan sy versoek gehoor gegee.

Thabo Mokoena, die Cosatu-sekretaris in Mpumalanga, het vroeër dieselfde skare toegespreek en gesê die federasie sal nie rus totdat die beskuldigdes skuldig bevind is en lang vonnisse opgelê is nie. “As Cosatu voel ons geregverdig. Ons is jammer vir diegene wat hulle met rassiste meng. Ons sê vir hulle, julle is dwase,” het Mokoena gesê.

Die saak is tot 25 Januarie uitgestel.

Lees alle vorige berigte oor die doodskis-video op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Jan ·

Hierdie is die grootste ‘sting’ wat ek nog in my lewe gesien het. Hierdie twee mans het ‘n oortreder gevang en wou hom ‘n les leer, dit het maar niks met rasisme te doene nie. Gaan kyk weer na die video, hulle het maar so gedruk-druk aan die deksel.

Die landdros het vandag vir die gehoor gepeel, dit is waar ons nou in die land is, akteurs vir regslui.

Jan ·

Terloops daardie paal waaraan die wit poppe vasgemaak is, lyk vir my soos die ’totem poles’ van die Amerikaanse Indiane. Daar is nou net nie gesigte op gekerf nie.

Niel ·

Ek is saam met die hele land se mense ook moeg vir eensydige sogename rasisme!! Die wat die poppe wit poppe rondswaai en klap..julle dag sal kom!!! Ek moedig ons me se aan om ook klagtes van rassisme te gaan lê indien daar enige diskriminasie teen jou is. Ons is wit en trots daarop!!

snoefie ·

los hulle laat hulle pop speel. gee die dapper manner frilletjies broekies en tamponne ook in hulle grote. hulle sal so manlik lyk daarin. niemand verkwalik hulle dat hulle die poppe onweerstaanbaar vind nie. wil voorkom as of hulle die poppe vur hulle eie optrede veroordeel en dus wys hoe hulle dink hulle gestraf moet word.

Johann ·

In Pretoria se dietetuin was n aap of n bobbejaan of nnoerang utang gewees wat in sy eie hande gedinges het en as mense naby was dan het hy die gehoor beloon met die verspreiding van sy eie uitdrukkings teen if vir hulle teenwoordigheid. Blykbaar het die gedrag by simmige toeskouers.pos gevat wat dit ook glo dat jy só aandag kry en behou

Justice ·

Die landdros is reg – ek is nie ‘n rassis nie maar wel ras bewus

Rasbewus ·

Die feit dat jy ras bewus is maak jou ‘n rassis. Gee vir ons jou definisie van rassisme.
Die landros is ‘n voorbeeld van ‘n liberale rassis.

Justice ·

As rusbewuste respekteer ek my plaaswerkers se kultuurverskille, behandel hulle menslik deur goeie behuising te verskaf met skoon lopende water, elektrisiteit, spoel toilette en warm water, betaal hulle klokslag op maandeinde ‘n bogemiddelde markverwante salaris en neem hulle elke maand 80km dorp toe vir inkopies. Ek kuier en drink nie by hulle nie en hulle kuier en braai nie by my nie. Ek kommunikeer op ‘n volwasse wyse met hulle en sorg dat hulle die nodige vaardigheids opleiding het. Hulle families se welsyn en kinders se skoolopleiding is vir my belangrik. Is dit jou definisie van ‘ n rassis?

Lance ·

Het hulle nou hulle kinders se poppe afgeneem. Die mense wil mens net uitlok …moet hulle nie gee wat hulle soek deur te reageer nie

Drakensberger ·

….. mens voel só magteloos! Hierdie poppespel speel voor ons oë af en nie een woord word gerep deur ons sogenaamde Afrikaner menseregorganisasies soos Afriforum/Solidariteit ens ens nie. Almal bly stil. Ons gewone burgers se ou stemmetjies word nie gehoor nie? Wat help dit tog om kommentaar te lewer? En alles is stil ….. terwyl ons mense gestenig word deur die hansworse!

Jan ·

Ons kan hulle darem nog hansworse noem. Verondestel nou net die naam het iets heel anders beteken, dan was ons ook nou in die dogboks, dalk in die tronk

Johann Smith ·

As ons net na vandag se uitgawe van Maroela Nuus kyk sien jy hoeveel blankes word vermoor. Dit word nie eens uitgesaai deur SAUK of ander nuus gewers nie. Die twee mans was eintlik met ‘n speletjie besig om ‘n rondloper wat moontlik ‘n misdadeger was ‘n les te leer op ‘n manier wat hy sou verstaan. Hulle dink met die bohaai wat hul oor die saak maak dat hul ons aandag kan aftrek oor wit lewens wat geneem word of uitsprake van rasse haat teenoor ons boere . Enige mens met ‘n halwe bryn besef dat hul net die aandag wil wegneem van hul barbaarse planne om die witman uit te rooi. Al wat hulle eintlik mee slaag is om ons mense wakker te maak en te vorseer om meer paraat te wees. Pasop as die slapende reus wakker gemaak word.

Johan ·

………ek was gister in lesensie kantoor om my lesensie te hernu……dit was nie so besig nie……die vrou voor my het frustreed begin raak a.g.v die onvermoeë van die vrou agter die glas om haar probleem op te los, die vrou agter die glas het n don’t care en onprofessionele houdig gehad……ons almal weet hoe dit gaan by staatinstansies……naderhand was daar nog twee om haar te help….die vrou voor my was geensins ongeskik nie en het soos haar reg betaam gevra gee die vorms terug sodat sy kan kyk en roep n team leaders…..toe hak die een agter die glas af baie hard sodat almal dit kan hoor….” dink jy ek kan nie my werk doen nie…beweer jy ek is incompetent ens ens…..en noem die vrou voor my n wit rassis……die vrou het dit toe verloor en ek het lanklaas iemand gesien wat soveel vloekwoorde in n paar sekondes kan uitspreek…… sy het voet by stik gehou….nogsteeds aangedrink op supervisor….sy het toe uitgekom en die vrou eenkant toe geneem en haar kalmeer………wat ek probeer sê is moenie staan vir enige swak diens, rassime teen jou self of gesin nie….onthou net wat jy sê word dalk opgeneem…..so moet nou nie woorde gebruik wat jou in die sop gaan laat beland nie……….

liza ·

Dankie Mashilo dat jy hulle toegespreek het, en dis is soos jy se al die wittes is nie rassisties nie, maar dis verkeerd hoe hulle optree met die poppe, as ons dit doen sal on onmiddelik aangekla word, en in die tronk gegooi word, ek se altyd hou maar eerder jou kan skoon……God slaap nie, die moordenaars, verkragters gaan eendag moet rekenskap gee.

Tanya ·

Daarsy, hulle is nou oor die vingers getik en dit is nou dit. More sal hulle weer met die poppe staan en dans want hulle gee mos gehoor aan geen reels en wette nie. Hoe belaglik is dit nie!

Kiepie ·

Snaaks genoeg, Penny Sparrow en die dame van Houtbaai is nooit “versoek” om hul uitlatings van Facebook te verwyder nie, hulle is summier aangekla van rassisme en is gestraf.

Eend ·

Die ANC moet weet, hierdie rassehaat wat hulle opsweep word opgeneem in rekords wereldwyd, en dit sal eendat groot teen hulle tel. Hierdie is n goeie voorbeeld, direkte doodsdreigement, en indirekte dreig vir geweld teen kinders, en dit belowe ek gaan nie goed opgeneem word nie.

Skokkend ·

Stem saam Eend. Ag is 100% reg. God sien alles. Ek wil n versoek rig asb: Lees 1 Kron 4:10. Jabes se gebed. Kom ons staan saam teen die vernedering van blanke poppe.

Buks ·

Ek wens een van die groter partye of self Solidariteit wil n klag gaan lê vir rassisme en intemidasie teen die betogers,as dit blankes was wat dit met swart poppe gedoen het was daar lankal pêre gewees…..

Frik ·

Enigiemand gearresteer vir haatspraak oor die poppe insident?

Jan maak n Plan ·

Nou wil ek iets weet. As daar nou 2000 witmense voor die hof betoog, gaan die twee ouens nou borg kry, want dan is die wittes meer as die swartes en soos ek verstaan luister die landros na die mense buite die hof en doen wat hulle wil he gedoen moet word. Ek se mos lankal hierdie land se regstelsel is lankal nie meer suiwer nie.

neelsie ·

2000 gelede
Is die Man v Vrede
Aan n paal gespyker
Verneder en geslaan
Nou is ons ryker
Met n ewige bestaan

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.