Doodskis-video: Appèlhof sê oor borgtog

Willem Oosthuizen (voor) en Theo Martins Jackson in die hof (27 Oktober 2017) Foto: Landi Slatter

Die appèlhof het Vrydag ʼn aansoek van Theo Martins Jackson (29) en Willem Oosthuyzen (28) om op borgtog vrygelaat te word hangende hul appèlaansoek teen hul skuldigbevinding en vonnisse, van die hand gewys.

Die twee mans het hulle tot die appèlhof gewend nadat die hooggeregshof in Middelburg in Mpumalanga in Desember verlede jaar die twee mans se aansoeke om borgtog geweier het.

Die appèlhof in Bloemfontein het in Februarie vanjaar verlof aan Jackson en Oosthuyzen toegestaan om teen hul skuldigbevinding en vonnisse te appelleer. Die twee mans wou hangende die uitspraak van dié appèlsaak op borgtog vrygelaat word, maar sal nou agter tralies moet bly totdat hul aansoek aangehoor word.

Die appèlhof het Vrydag bevind gegewe die bewyse wat voor die hof gebring is en die erns van die oortredings waaraan die twee mans skuldig bevind is, is dit waarskynlik dat die mans wel tronkstraf opgelê sal word nadat die saak deur die appèlhof aangehoor is. Die hof het bevind deur die mans dus nou toe te laat om vir borgtog aansoek te doen, “sal die onvermydelike net uitgestel word”.

Volgens die appèlhof sal Jackson en Oosthuyzen, gegewe hul eie weergawe van die gebeure, minstens skuldig bevind word aan ontvoering en aanranding met die doel om ernstig te beseer. Die hof het gesê hoewel die twee mans se regspan aangevoer het dat hul kliënte uitgelok is om die oortredings te begaan, sal hierdie faktor op die meeste as ʼn versagtende faktor geag word en sal dit na alle waarskynlikheid steeds nie beteken dat die twee mans nié tronkstraf opgelê word nie.

Die aansoek is daarom van die hand gewys.

Jackson en Oosthuyzen is in 2017 gevonnis op ʼn reeks aanklagte nadat hulle Victor Mlotshwa aangerand en in ʼn doodskis ingedwing het. ʼn Video van dié opspraakwekkende voorval is later wyd op sosiale media versprei.

Oosthuyzen is in Oktober 2017 gevonnis op twee aanklagte van aanranding met die doel om ernstig te beseer asook van ontvoering, poging tot moord en intimidasie. Jackson is gevonnis op twee aanklagte van aanranding met die doel om ernstig te beseer asook van ontvoering, poging tot moord, intimidasie en dwarsboming van die gereg.

Die twee mans se vonnis is op 9 November 2017 aangepas en Oosthuyzen en Jackson is onderskeidelik tot effektief 11 jaar en 14 jaar tronkstraf gevonnis.

ʼn Datum wanneer die mans se appèlaansoek teen hul skuldigbevindings en vonnisse aangehoor sal word, moet nog vasgestel word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

44 Kommentare

willie ·

Dit is absolute eenrigting verkeer teen die wittes in SA! Troos jou as witte die wiel draai!

Eugene ·

Willie dit is die gevolge wanneer mens rassisties optree en nie ander in aanmerking neem nie! Die tronkstraf is dalk bietjie kwaai maar hulle verdien dit.

willie ·

Eugene maklik vir jou om te sê hulle verdien dit! Ken jy werklik die omstandighede wanneer jy gedurig getreite word met misdaad op jou eiendom? Niemand was seer gemaak nie die jong manne is moedeloos en wou hulle net afskrik! Dit is baie maklik om in ñ rusbank te sit en te oordeel as jy nie in hulle skoene is nie broodwinners wat nou in die tronk sit! Dink bietjie weer!

Cherokee ·

Eugene, miskien moet jy ‘n bietjie terugkyk na alles wat julle in die EFF aanvang en of jùlle nie die werklike rassiste is in Suid Afrika.

Nettie ·

Toemaar ……. laat ons onsself daaraan troos dat alle tekens wys dat die wiel besig is om te draai …… staaaaaadig, maar seker. Ons troos ons daaraan dat ons God nie slaap nie en dat die ongeregtighede wat vandag teen ons en ons mense gepleeg word, gewreek sal word.

Ons blanke Afrikanernasie het hierdie land opgebou en gebring tot waar dit in 1994 was. En nou het daar maar net ‘n murasie van alles wat was oorgebly. Ons blanke Afrikanernasie was al voorheen verguis – deur die Engelse – en tog het ons die juk afgegooi, opgestaan en weer ons regmatige plek ingeneem.

So was dit in die verlede en so sal dit ook weer wees.

Cherokee ·

Nettie, hièrdie is die soort van kommentaar wat ons aan die gang hou… versekering dat die Hoër Hand oor ons waak. Ten spyte van gebeure wat met common sense nie verstaan kan word nie, sal ons eendag tog verstaan. Dankie.

Cherokee ·

..en Nettie, as daar dalk kommentare opduik wat te vlak is om jou te verstaan, kyk verby dit.

Nkosi ·

What is happening with you whites? I am a black Zulu and always respected the Afrikaner. As a black person I can tell you that my parents, who was just uneducated farm workers looked at you and regard you as almost royalty. They always seem to think that you are the moral compass of South African society. But today I’m disappointed to say that you have turned into something else. I read you murder your girlfriends and families. Some farmer from Griekwastad even rape his own sister. Another farmer from Rustenburg, killed his own neighbors to steal their farms. You as whites are here to show the way, but it’s seemed you are losing it

Oom Kalahari ·

Hierdie tipe van vervolgings waansin gaan nog ‘n ernstige norm aanneem om benadeling toe te pas. Was dit andersom sou daar weer net gese gewees het dat dit frustrasie van die verlede weens apartheid was en ‘n verskoning is voldoende.
Hierdie polities korrekte land laat ‘n bitter smaak.

EG ·

My ma doodgeskiet in plaasaanval — my pa vasgebind met geweer teen sy kop en moes hoor hoe hulle sy vrou doodskiet… na week het hy ‘n beroerte gehad (en vir 3 jaar stadig doodgegaan in versorging eenheid ..sonder om ooit weer te kon praat. Ek wonder of jy weet wat hulle moes deurmaak …???

Cherokee ·

weet nie wie die arme Victor is nie (seker maar deurmekaar met sepies) maar wat jy vertel EG, kan slegs emosielose mense lees sonder om emosioneel betrokke te wees. Enkele sinne wat jy geskryf het.. maar ek het sekondes benodig voor ek daarop kon reageer. Ek wens ek kon jou hand vas hou, bloot as….. as… manier om te sê, mag God Sy Hand oor julle hou.

jaco ·

hierbo is kommentaar wat sê dis eenrigtingverkeer in SA. Kom ons agiteer by die ANC om hierdie eenrigtingverkeer amptelik en wettig te maak.
herskryf SA se grondwet en sit die volgende in:
wit mense verloor hulle stemreg en word oor n 3 jaar tydperk na n wit tuisland in die wes-kaap verskuif.
in daardie 3 jaar mag wit mense buite die wes-kaap net seker werk doen en geen plaasgrond besit nie. onteiening sonder vergoeding begin ook dadelik.
rassisme is net rassisme as wit mense lelik is met swart mense. swart mense wat lelik is met wit mense, is nie rassisties nie en hulle optrede word beskou as n regverdige straf op wit mense vir apartheid
die grondwet stel baie duidelike strawwe uit vir wit mense wat rassisties is met swart mense.
die wes-kaap word n wit tuisland met beperkte selfregering, amper soos wat China met Hong Kong doen en Israel met die Palestinian Authority. buitelandse beleggings word daar toegelaat. belastings is hoog en 20% daarvan gaan na die regering van “non-racial SA” in Pretoria, maar ten minste is die wit mense dan op hulle eie, daars n mate van selfregering vir ons EN ONS WEET WAAR ONS STAAN ten opsigte van dinge soos rassisme, die strawwe daarvoor, onteiening ens ens.
Eks nie gesuip terwyl ek die dinge voorstel nie. ons mense moet net leer om “buite die boks” te dink. hierdie goed kan werk.

Cherokee ·

jaco, jy sê in jou slotsin dat jy nie gesuip is terwyl jy hierdie dinge kwytraak nie, maar in teenstelling met daardie woorde vra jy die handjievol witmense om die Suid Afrikaanse grondwet te herskryf? My vriend, die laaste wat witmense die grondwet geskryf het was voordat de klerk en sy ondersteunende kiesers die land weggegee het. So, ek glo nie jou afsluiting nie. More sal jy opstaan, jou gesig was, koffie drink, en tot jou skok lees wat jy voorgestel het.

jaco ·

Gaan lees mooi Cherokee: ek begin deur te sê kom ons agiteer by die ANC. Dis tog logies dat hulle die grondwet sal skryf. Ons moet net by hulle aanhou en aanhou om ons formeel en wettiglik 2de klas burgers te maak. Op die lange duur gaan juis dít ons bevoordeel. Lees alles wat ek voorstel die ANC in ‘n nuwe grondwet moet skryf. Dink goed daaroor en jy sal besef dat dit kan werk.

jd ·

moordenaars kry borg waarom- waarom nie hulle nie? Dis so onregverdig wanneer hou dit op?

anton ·

Hierdie is te belaglik vir woorde!!!
Ek is so omgekrap oor hierdie onreg aan ons mense, dat ek nie woorde daarvoor het nie!!!
My enigste/grootste troos is…..God slaap nie.

Petro ·

Dit is onregverdig hulle het hom nie dood gemaak en die regte moordenaars kry nie eers solank nie ek dink die regsbank is ook gekaap

Siek en sat ·

Mens sou sweer julle het iemand lewendig opgehang en stukkie vir stukkie afgekerf soos DIE REGTERS JULLE SAAK HANTEER. UITERSTE SKANDE.

Keuse ·

Wat my vies maak. Dit was hul keuse om man in kus te sit en n video daarvan te maak. Nou wil die “toekomsvolk” geld insamel en by ons pleit vir geld skenkings om hul te help. Hoe op aarde moet ons nou verantwoordelikheid vat vir hul daad deur te help met geld skenking. Dis belaglik.

Cherokee ·

‘n kus is ‘n soen. Dit is absoluut in teenstelling met wat in hulle geval gebeur het. Lees die hele berig(te) van vooraf en besef waaroor dit gaan!

Koos ·

Die hof het hulle ‘n kishou geslaan. Tot vandag toe kon hulle nie verduidelik hoekom of hoe die video versprei is nie. Nie die twee skerpste ouens denkbaar nie. Die kisklimmer het nie eers ‘n klag by die polisie gaan lê totdat die video maande later opgeduik het nie. Hulle appèl sal uiteindelik slaag in ‘n mate, maar ‘n lang paadjie lê voor.

daro ·

Al die probleme is die polisie se skuld, want wanneer jy gaan kla oor diefstal ignoreer die polisie dit en dan het jy naderhand geen keuse as om self iets te doen. Hier is duidelike bewys, die dief word weereens nie aangekla of gestraf.

Willie ·

In teendeel in die geval word die krimeneel ń hero, kry ń gratis huis en was nooit aangekla nie!

TDW ·

Hulle is al amper 2 jaar agter tralies. Hulle was verkeerd, maar die straf is buitensporig, daar was geen bewyse van fisieke leed aangedoen nie. En hy moes nie private eiendom betree het nie. Hulle het juis probleme met kabel diefstal. En die polisie probeer, maar hulle het ook niks meer mag nie en te min manne. Hierdie ouens het gedink hulle gaan die ou die skrik op die lyf jaag. Hulle het in hul eie strik getrap, maar om aangekla te word van poging tot moord? Nee. As hulle hom wou doodmaak, was hy nou dood, hulle het al die tyd in die wêreld gehad. Die vonnis is belaglik.

PJC ·

Mense moet besef daar is nog baie sulke haatdraende voorsittende beamptes op die bank wat hierdie tipe vonnisse gaan uitdeel. Dit sal dus wys wees om mooi te dink voordat jy doen. Selfs die appelhof en die grondwethof neem nie meer die tipe besluite wat ń mens van hulle sou verwag nie en dit alles as gevolg van transformasie.

Andre ·

PJC, jy is reg oor die kwessie van transformasie van die regbank. Raai wat? Dit was hoofsaaklik blankes wat die transformasieproses in die regstelsel bespoedig en aangeblaas het. Ons sit nou met die gevolge. Net soos die situasie waarin ons verkeer deur die stemmery in ’92.

Andre ·

Hierdie uitspraak deur die Hof is weereens totaal belaglik! En die man wie die blanke vrou op die motorfiets tromp-op geskiet het is nie eens in hegtenis geneem nie? Dan kry mens sowaar nog mense soos Eugene met sy kommentaar.

Katerina ·

@PJC – Ek stem saam. Witmense KAN eenvoudig NIE hierdie tipe van ding doen nie..wanneer gaan mense dit begin besef?? DIE regering is altyd op soek na redes om ons te verbrysel en te “persecute”. Nou gee sommige hulle nog die nodige ammunisie om dit na hartelus te doen.Daar is n regstelsel vir swart mense en n regstelsel vir witmense in die land. En die regstelsel vit witmense is drakonies en genadeloos. Witmense moet nou regtig dit begin besef. Ons loop nie op grond nie maar op eierskille!!

Opjektief ·

Ek weet nie waar gaan ons land eindig nie maarJaco jy praat so klomp snert jy kan liewers by Nkosi gaan kers opsteek.

Nkosi ·

Oom Kalahari, it’s always unfair when a race card has been played. If Victor was white the case was different.
If Xander Bylsma was black, we would have war by now. If the two culprits of the coffin sage was black and Victor white, we would not have possibly heard much of it, because of the history of our country. It’s not as black and white as yi think Oom

Manna ·

Die manne het aan gejaag en moet rekenskap gee. Maar die manier wat dit gedoen word in onaanvaarbaar. Hulle word nie gestraf maar verguis. As dit geregtigheid is dan weet ek nie ! En dit terwyl Malema vryloop en erger skade doen aan land met sy haatspraak.

Oom Kalahari ·

@Nkosi, I hear what you say, but my reference indicated how different cases are handled if you look in general.
Should this type of unequal treatments at all levels stop, then you will notice that there will be more harmony amongst all races. The past is over and no actions can rectify what is behind us, but let us concentrate on the present and work towards the future with equal rights. The only frustration most communication above refer to is the harsh jail time as well as referral to decline of their bail application whereby more serious cases then theirs like rape or murder do get bail time. Now Nkosi if the shoe was on the other foot, how would you think some reaction will come forward. No one wish to play a race card, but can observe for themselves who benefits in all different matters. All everyone ask is to be fair with every decision made and include all races from pink to purple. Thank you for your comment and appreciate.

Nkosi ·

Oom Kalahari, I cannot agree more. One can only hope and pray for that to happen. I have been to Europe and Australia. If those whites treats the blacks in their countries like the blacks treat the whites in South Africa you will not hear the end. My prayers is for this nation to mature and to accept every person as another human.

Lerato ·

Ek verkwalik boere wat dom ouens vir sekuriteit aanstel. Dink jou in, hulle dwing n man in n doodskis dreig om petrol daaroor te gooi , VIDEO DIT. Hoe stupid kan mense nie wees nie.
Baie sê die wiel gaan draai. Dream on.
Boere en hulle werkers sal stip by die wet moet hou om uit die tronk te bly.
Laat die polisie hulle werk doen.
Ek weet n klomp gaan sê. Wat die vrot polisie? So ek spaar julle,julle kommentaar

Koos ·

Lerato, jy’s in die kol. Jou mening is egter te ingewikkeld vir die “wiel draai”-juigkommando. Al wiel wat draai is die ossewawiel in hulle koppe!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.