Doodskis-video: Hof hoor oor beskuldigdes se selfone

‘n Foto van Victor Rethabile Mlotshwa wat as ‘n bewysstuk by die hof ingedien is.

Die ondersoekbeampte in die saak teen Willem Oosthuizen (28) en Theo Martins Jackson (29), die twee mans wat daarvan beskuldig word dat hulle Victor Rethabile Mlotshwa aangerand en in ʼn doodskis ingedwing het, was Vrydagmiddag in die getuiebank in die hooggeregshof in Middelburg.

Jackson en Oosthuizen staan tereg op sewe aanklagte, waaronder die besit van ʼn ongelisensieerde vuurwapen, twee sake van aanranding met die doel om ernstig te beseer, ontvoering, poging tot moord, intimidasie en dwarsboming van die gereg.

Konst. Dimakatso Bahula, verbonde aan die speurtak van die Blinkpan-polisiestasie, het getuienis gelewer oor Oosthuizen en Jackson se selfone.

Bahula het tydens haar getuienis aangevoer sy het op 16 November, tydens die beskuldigdes se eerste borgtogaansoek, hulle versoek om hul selfone aan haar te oorhandig. “Hulle het aan my gesê Oosthuizen se foon was in sy vrou se besit en is intussen gesteel. Jackson se skoonpa het vir my sy foon, ʼn iPhone 6S, gebring,” het Bahula gesê.

Robert Molokoane, die staatsaanklaer, het dit aan Bahula gestel dat ʼn foto wat intussen as bewysstuk by die hof ingedien is van Oosthuizen se selfoon afkomstig is. Op die foto kan Mlotshwa gesien word wat sy hemp oplig. “Hoe? Hulle het dan aan my gesê die foon is gesteel?” het Bahula in reaksie op Molokoane se stelling gesê.

Sy het ook getuig daar is ʼn kubermisdaadondersoek op Jackson se selfoon gedoen omdat hy “geweier het om aan my die inligting te verskaf wat ek benodig”, aldus Bahula. Dié verslag is by die hof ingehandig.

Voordat die verdediging Bahula kon kruisondervra, is daar besluit om die saak tot Maandag uit te stel aangesien Bahula se verklaring nie aan die verdediging voorsien is nie. Regter Sheila Mpahlele het gesê dit is belangrik om die verdediging die geleentheid te gun om met hul kliënte te beraadslaag oor die inhoud van haar verklaring.

Bahula sal na verwagting Maandag deur die verdediging kruisondervra word, waarna Mlotshwa se ma ook sal getuig.

Lees alle vorige berigte oor die doodskis-video op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Waarheid ·

Daar is net een storie wat werk en dis die storie wat die waarheid bevat.

Boerseun ·

Hoekom doen julle nie eerder stories oor die brutaliteit van plaas moorde en gee die selfde dekking aan sulke hofsake? Nes beeld is daar blaaie se dekking om die witman in slegte lug te hou. Eintlik pateties deur MM. MM = beeld met kastige christelike waardes.

Frik ·

MM gee ook asb dieselfde dekking aan plaasmoorde en kleinhoewes en volg ook die hofsake op en ja wys ook hul fotos. Kom nou wees regverdig en laat almal sien hoe lyk die moordenaars want deur net te hammer op een bevolking skep n skewe beeld en lyk dit die heeltyd asof net een bevolking skuldig is.Maak ook so n ophef oor die moorde en wys dit ook die heeltyd.

Michael ·

Ek stem saam neem n meningspeilings sodat die lesers besluit wat hulle wil lees en wat nie (Dit word demokrasie genoem)

Susan de Klerk ·

Wag tot Mlotshwa se Ma getuig dan sal die finansiele verlies aan verdienste na vore kom en hoe daar “gesuffer” is sedert die aanval. Die hele familie is getraumatiseer en vergoeding word gevra!!!

Ekke ·

Susan, ja dis beslis die geval, glo my ek praat uit ondervinding en hul besluit op die ou end presies wat is die straf. Vergoexing vir 5 jaar huisarres ens en in ons geval was dit n baie groot ongeluk!!!

SARIE VAN HEERDEN ·

Maroela, net nadat ek kommentaar gelewer het het ek rondgeblaai om seker te maak my bydrae is steeds op die blad en dit was. Na ‘n rukkie het ek WEER teruggegaan en gesien dis totaal verwyder sonder om ‘n rede daarvoor te gee. Ek het dit gedoen omdat dit verskeie kere vantevore ook gebeur het. Hoe dan so? Plaas dit eers en na ‘n klein rukkie is dit skoonveld. Moet ons liewer ophou met ons kommentare? Gaan julle HIERDIE skrywe van my OOK nie plaas nie?

Peer ·

Hierdie blad is gekaap deur mediavierentwintig en volg die soros agenda

Wern ·

Vervloek is die polities korrektes wat moorde teen ons ignoreer.

Michael ·

Dagsê Marinè
Ek kan nie verstaan hoekom dit as rassisties gesien word wanneer n persoon verwys na n swart persoon as swart nie en die alewige polities korrektheid en die feit dat julle weier om die lesers se mening in ag te neem en selfs n meningspeiling daaroor te hou. Voorbeelde hiervan is die doodskis saak wees regverdig en gee detail van plaasmoord verdagtes se hofsake .Die feite word net eensydig gegee .

Driekie ·

Ek stem saam met michael die vrees vir alles is twak se n ding soos dit is of moet niks se nie en die meningspeiling klink ook goed

Rina ·

Ek verstaan maar alte goed dat mens jou woorde een vir een moet tel wanneer jy iets in die media se. My probleem is: Media persone en RSG aanbieders (veral sommiges) se politieke onderrokke hang myle uit – mens het nie ‘n vreeslike IK nodig om dit agter te kom nie. By inbelprogramme word mense wat van opinie verskil kortgeknip en andere weer wat saampraat laaang tyd gegee om hul saak te verwoord – hulle ontken dit dog almal kom dit agter – oraloor. Seker bang hul verloor hul pos????

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.