Doodskis-video: Hof hoor oor dreigement van ‘bloedvergieting’

Oosthuizen (links) en Jackson in die hof. Foto: Phillip Bruwer

Oosthuizen (links) en Jackson in die hof. Foto: Phillip Bruwer

Dit het Donderdag in die Middelburg-landdroshof aan die lig gekom dat die twee mans, wat daarvan beskuldig word dat hulle ʼn ander man in ʼn doodskis ingedwing het, glo ook nog ʼn man aangerand het.

Willem Oosthuizen (28) en Theo Martins Jackson (29) se borgtogaansoek het Donderdagoggend begin. Die hof het vroeër vanoggend die besonderhede oor die beweerde voorval, op 17 Augustus, gehoor. Konst. Dimakatso Bahula, die ondersoekbeampte, het die beweerde slagoffer, Victor Rethabile Mlotshwa (29), se verklaring aan die hof voorgelees. Die hof het verdaag nadat Bahula getuig het oor hoe Mlotshwa glo in die kis ingedwing is.

Bahula het Donderdagmiddag na die hofverrigtinge hervat het verder getuig. Mlotshwa beweer in sy verklaring Jackson het ʼn brandstofhouer gaan haal nadat hulle hom in die kis ingedwing het. Jackson het toe glo vir Oosthuizen gesê hulle moet petrol oor Mlotshwa uitgooi en hom aan die brand steek.

Hulle het na bewering toe ook gesê ʼn slang moet saam met hom in die kis gesit word. Volgens Mlotshwa het die voorval sowat ʼn uur geduur voordat hulle hom laat gaan het. Hy het glo gesukkel om huis toe te loop en moes dele van die pad kruip.

Bahula het hierna getuig oor Sithole, die ander man wat glo ook deur die beskuldigdes op die plaas opgelaai is en wat agterop die bakkie was. Sithole beweer hy het op dieselfde pad as Mlotshwa geloop toe die beskuldigdes hom genader het. Oosthuizen het hom glo gevra wat soek hy op die plaas en hy het geantwoord hy is op pad na die Big House-informele nedersetting. “Hy het gesê hy soek nie k****rs op sy plaas nie.”

ANC-ondersteuners het twee poppe wat aan 'n stok vasgebind is voor die hof rondgeswaai. Foto: Landi Malan

ANC-ondersteuners het twee poppe wat aan ‘n stok vasgebind is voor die hof rondgeswaai. Foto: Landi Malan

Hierna het ʼn struweling glo uitgebreek en Sithole kon glo daarin slaag om Oosthuizen te oorweldig. Oosthuizen het Sithole toe glo beveel om in die bakkie te klim. Sithole het gevra of hy voor in die bakkie kan klim, waarna Oosthuizen glo gesê het “ek deel nie ʼn bakkie met ʼn k****r nie”.

Sithole het toe glo agterop die bakkie geklim en het hulle in die rigting van die Middelburg-pad gery. Hulle het Jackson met die ander bakkie langs die pad ontmoet. Oosthuizen en Jackson het Sithole toe glo aangerand. Na bewering het hulle kort hierna vir Mlotshwa gesien en het Jackson het toe glo vir Oosthuisen gesê “hier kom nog ʼn k****r vir ons”.

Hulle het Sithole toe glo laat gaan. Hy en Mlotshwa ken mekaar na bewering baie goed. Mlotshwa het eers op 8 November ʼn klag by die polisie ingedien. Volgens sy verklaring het die beskuldigdes gedreig om hom dood te maak indien hy ʼn klag indien. Mlotshwa se broer het glo op 6 November vir hom die video gewys wat op sosiale media versprei is, waarna hy besluit het om wel ʼn klag in te dien. Die saak is op 8 November ingedien.

Landdros Jongilizwe Dumehleli het hierna na die video gekyk. Volgens die ondersoekbeampte het sy die video by Mlotshwa se broer gekry. Sy kon egter nie vasstel of die beskuldigdes die video in hul besit het nie. Bahula het verder getuig die beskuldigdes is nie plaaseienaars nie, maar werk net op die plase.

Bahula kon nog nie bevestig of die beskuldigdes hul eie voertuie besit nie. Sy het gesê hulle is getroud, maar het sedert die voorval aan die lig gekom het, by hul ouers tuisgegaan.

Volgens Bahula moet die beskuldigdes borgtog geweier word aangesien sy meen hulle sal probeer om die slagoffer te intimideer. Sy het gesê Mlotshwa het op 11 November ʼn oproep van ʼn 074-nommer ontvang. ʼn Mansstem het glo gesê Mlotshwa moet hom by die hoofhek van die Komati-kragstasie ontmoet.

Die man het glo ook gesê Mlotshwa moet alleen kom en niemand daarvan sê nie. Mlotshwa het glo geweier en het na bewering die volgende dag weer ʼn oproep ontvang van ʼn private nommer. Die persoon het homself glo as Thulasizwe voorgestel en gesê hy die beskuldigdes het hom gevra om Mlotshwa te vra om die saak terug te trek in ruil vir R10 000. Mlotshwa het glo weer geweier.

Bahula het ook aangevoer die beskuldigdes moet borgtog geweier word ter wille van hul eie veiligheid. Sy het hierna bekend gemaak ʼn boer van die omgewing het Woensdag ʼn saak van intimidasie by die Blinkpan-polisiestasie geopen. Die boer beweer hy het ʼn SMS-boodskap gekry wat sê daar gaan nog “bloedvergieting” in Blinkpan wees en sy vrou gaan volgende in die kis wees.

Die saak is hierna vir middagete verdaag. Die verdediging sal Bahula ondervra wanneer die saak hervat.

Lees alle vorige berigte oor die doodskis-video op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

38 Kommentare

Lance ·

Hoekom soooo lank neem om dan n klag te gaan le …maak nie sin nie

snoefie ·

as hy dadelik n klag gaan le het, sou daar ook geen teken van aanranding gewees het nie. paar dae later het die wonde “genees.” mense moet kyk wat hulle doen. ook terwyl hulle dit doen. almal het fone met kameras.

cr ·

Dis alles pure kinderagtigheid. Met ander woorde as ek vir my swart werker vra om my kar se wiel af te haal, kan ek dalk aangekla word vir poging tot halsnoer moord. Pure snert, dit alles was maar net uit woede van al die diefstal en plaasmoorde wat plaasvind. Dis maklik om te se hulle is oppad iewers heen en dan kyk hulle waar hulle op ‘n plaas kan steel en moor. Volgens my is dit betreding en moet hulle daarvoor aangekla word.

Cherokee ·

‘n SMS-boodskap behoort maklik opgevolg te kan word – as dit vanaf ‘n privaat mobiele foon gedoen is, natuurlik.

Oosie ·

cr, jy dink duidelik nie helder nie. Hierdie twee seuns het uiters onverantwoordelik opgetree en die nagevolge van hul ondeurdagte optrede gaan nog lank deur onskuldige mense getrotseer moet word. Wanneer haat met haat vergeld word het dit ‘n manier om jou wreed in te haal.

callie ·

So moet haat met haat vergeld word as ou wit mense vermoor word. Glo my daardie moorde is nie ondeurdag gepleeg nie

Jo-anne ·

Ek het geen simpatie met die mans nie! As hulle kan uitdeel kan hulle ontvang ook! Hulle het nie opgetree uit wraak nie, ek sou begrip hê as hulle vrouens dalk verkrag of vermoor was. Nie eers diefstal regverdig hulle optrede nie. En dan nog ‘n video daarvan neem om rassisme net nog nog meer aan te vuur! Reg is reg en verkeerd is VERKEERD!!! Gee hulle ‘n jaar gemeenskapsdiens in ‘n swart buurt dat hulle kan leer wat wedersydse respek is! Nou gaan ek aangeval word oor ek die arme bloedtjie jammer kry en wat van die 1000de blankes wat verkrag en vermoor word???? MOENIE my verkeerd verstaan nie, elke saak moet volgens sy meriete geoordeel word. Verkragting en moord in my oë verdien die DOODSTRAF! Ek is nie die geweldadige soort nie maar ek sal verseker ‘n ding kan martel wat my gesinslede kwaad aandoen.

rudi ·

Ken boere wat rot en kaal besteel word. Met my eie oe gedien in witbank hoe hul sakke mielies stroop en polisie doen niks. Wat sal jy doen om rondloprrs te keer wat jou famile laat sukkel?

Flippie ·

Ag siestog. Jy het nog nie eers die ander kant van die storie gehoor nie. Die klaer het privaat eiendom onregmatig betree. (Vir jou wat dit nie verstaan nie, dit is soos waneer ‘n vreemde persone oor jou tuinmuur klim en deur jou werf na die volgende straat kortpad loop.) Die polisie wil nie tipe sake opneem nie – weet nie hoekom nie maar dit is so.

Betreding op plase kom gereeld voor en is een van die grootste oorsake van drywing tussen landbouers en die plaaslike gemeenskap. Daar is niks aan te doen nie en landbouers staan magtelose hierteen en dit veroorsaak uiterste frustasie en spanning. Dit bring ook ‘n gevoel van onveiligheid by plaas mense.

Sit daarby die belediging en skeldtaal wat landbouets toegevoeg word deur die betreders.. Dan begin mens verstaan hoekom die landbouers soms kop verloor.

Dan wil ek by die groot lieg kom – dit sal nog aan die lig kom hoe hierdie klaers lieg.

Dus voor jy jou mond uitspoel kom staan in ‘n suid afrikaanse landbouer se skoene.

Lilla B ·

Gaan koop vir jou ‘n stukkie grond, probeer oorleef en kyk dag en nag oor jou skouer en beleef die inpak wat dit het op jou leefstyl en jou gesondheid. Almal het mos die reg van weg en kan enige tyd toeslaan op jou plaas en buiten jou eie veiligheid probeer jy ook jou kudde, jou water-pompe, jou elektriese kabels ens ens beskerm want dit is jou lewe en inkomste, gaan leef dit eers dan praat ons weer. Aanhoudende druk kan mense so kop laat verloor want ondersteuning kom van nêrens en om ‘n poging tot vrees op mense te plaas sodat hulle die grond kan vermy was moontlik die motiverng vir die dwase optrede. probeer dus die ander kant van die munt ook insien.

Liewe heksie ·

Jo Ann pasop vir vinger wys kyk mooi drie van jou vingers wys terug na jou en dan sê jy jy is nie geweldadig nie regtig

Leeutjie ·

Nou wonder ek net waarom die poppe aan stokke vasmaak en in die lug rondswaai!!

hans ·

Die twee het nou weer n vieslike ding begin.vir almal n groot grap en die onskuldige boere gaan dit ontgeld.Die twee moes dit nooit op die media gesit het nie.Wanneer gaan ons leer.Die Here sal ons wel weer help soos op 16 des 1838.OP ONS KNIEE SAL ONS OORWIN.

Lilo ·

So asof julle WERKLIK omgee vir hierdie manne se veiligheid. Dis ‘n flou verskoning om hulle borgtog te weier. Wat hulle gedoen het was verkeerd, maar as ‘n moordenaar borgtog kan kry, hoekom nie hulle nie?? PAS DIE WET KONSEKWENT TOE!!

Deon ·

Hulle is klaar skuldig want hulle is wit. Daar kan enige storie opgemaak word deur kamstige getuies wat swart is en dit sal gebruik word teen die die twee al is dit waar of nie.
Daar was n struweling tussen Oosthuizen en Sitole waar Sitole Oosthuizen oorweldig het en hy klim steeds op die bakkie, wie lieg vir wie?

Eddie ·

My vraag is?????? Wat probeur die ANC ondersteuners se met die poppe wat hulle op stokke rond swaai. Dit is mos nou vir moeilikheid soek. Sorry vergeet daar is sommiges wat alles kan doen en se en niks word omtrent dit gedoen nie.

Boetman ·

Nou verstaan ek glad nie – “Sithole oorweldig Oosthuizen en laasgenoemde beveel Sithole daarna om in die bakkie te klim” ??!
Sithole ry saam – huh??!
Wie lieg nou weer lekker ??

callie ·

Jo ann kan nie onthou dat ek al gelees het waar jy met soveel passie afgaan waar ou mense vermoor is nie en Oosie so wat jy se ons wittes verstaan dit verkeerd As daar blankes vermoor word moet ons seker maak van vergelding op onskuldige swartes.
Mense soos julle moet dalk nie kommentaar lewer nie. Veroordeel elke daad apart en op meriete. Net nooit kan die vergelyk word met moord nie. Asb julle het ook nie kommentaar gelewer toe die blanke wat in n ongeluk was deur swartes in n taxi ingeforseer was en gedreig was met die dood nie.

Piet ·

Jo-ann, Amy Biehl wou ook leer van werdersydse respek en later het sy ‘n wrede dood gesterf in ‘n swart township. Haar ouers het toe ‘n stigting begin in haar naam en probeer uitreik na die moordenaars. Ten spyte daarvan sit hulle toe later weer almal in die tronk vir ander misdade. Haar ouers is ontnugter terug na Amerika. Jy moet onthou dat hierdie swart manne ook heel toevallig besig was met ‘n misdaad, want hulle het op n plaas betree en wie weet wat dalk beplan. Ek meen as jy wedersydse respek wil toon moet jy maar baie katvoet loop want baie verdien dit nie.

wilma ·

Dai twee skurminkels moet ma hul straf vat. Hul optrede is barbaars.

Piet ·

Nou Wilma aangesien jy staan vir geregtigheid, as jy nou boer naby ‘n township en die mense loop ‘n highway oop oor jou plaas, dan sal jy hom seker stop en se “a nee a jong man, jy mag mos nie oortree nie, gaan nou maar deur maar dis die laaste keer wat ons daaroor praat, hoor.” Of gaan jy eerder die polisie bel en dan gaan jy wat vir hulle se? Die werklikheid is hulle gaan jou totaal oorompel, hulle sal al jou eiendom van die plaas afdra en jy sal van jou plaas af loop met die klere aan jou lyf en met jou lewe as God jou spaar. Ek kry net die idee dat baie mense het nie eers die begin van ‘n idee waarvan hulle praat nie. Bly dan maar eerder langer in jou droomwereld want hier buite gaan dit woes!

Lya ·

Ek skaam my dood vir jou comment!!
Kom ons wag en sien wat gebeur as jy op n plaas sit en jouself probeer beskerm met alles wat so in die land aangaan beter jy jou broek met n belt vasmaak want hulle sal dit ook vat maar wag dit sal fine wees met jou ! Shame pasop en slaap met 1 oog oop want more is dit dalk net 1 van jou gesinslede !! Siesa!

joanie ·

As dit sooooo barbaars was wat hulle gedoen het,wat van die boere wat so afgeslag word soos diere,vrouens wat verkrag word en kinders wat vermoor word????wats die verskil???die kleur van ons velle!!!!!!en hulle velkleur maak hul onskuldig aan als!!!

giep ·

Hierdie skepsel wat so “swaargekry” het – leef.Die boere op die plase is VERMOOR en nie meer met opns nie. . Sou julle se daar is ‘n verskil?

BOERVROU ·

Ek lees die comments, dan kry ek so skaam(dat jy jou eie nasie n skirminkel noem) Wat hulle gedoen het was verkeerd, Maar waar is geregtigheid in ons land, N boer word vermoor dit haal nie eens nuus nie. Hulle kry R1000.00 borgtog. Wees verseker daai twee wit poppe hang nie verniet daar nie dis n teken om ons kinders aanteval. Sterkte aan hulle familie.

Oosie ·

Party mense verstaan wat hulle lees en dan is daar Callie…

Wynand ·

Ek wonder hoeveel van julle bly op ‘n plaas, werk op ‘n plaas….ken die omstandighede? En jul wil oordeel?

Rissie ·

Snaaks hoe die storie so opslae maak in die media… hoe lank hoor ons nou al van die voorval??? Wens hulle wil dit met elke plaasmoord/aanval ook doen…. En die mense wat so toi-toi by die hof??? Die ou is nie eers dood nie??? SA is n grap!

Zoro ·

Maak nie sak watter kant van die lyn dit gebeure nie Ons land het dit nie nodig nie dis onsmaaklik en onskuldige mense betaal die prys Laat dit nooit weer gebeure nie ASB!

De la Rey ·

Haat en reg in eie hande neem is beslis nie ‘n uitweg nie. Hulle optrede was verkeerd en die reg moet sy verloop neem. Maar dis onglukkig nie die geval nie Jo-anne. Hulle behoort beslis borgtog te kry. Kanse dat hulle die land uit kan vlug is net mooi nul en sover ek weet is daar geen vorige veroordelings.

Stem saam met Hans. God kan weer ons gebede verhoor. Dis ‘n stryd tussen Lig en duister en die ons hoef nie te wonder wie motiveer die skare wat buite die hof ronddans nie. Onthou ook net dis handige afleiding omdat die regering niks vir sy eie mense kan aflewer nie. Ten minste is daar ‘n gevoel van mag as wittes intimideer kan word. Ek het my eie besigheid en more staan daar weer honderde wat werksoek. En raai wie slaan dan die kitaar.

Sterkte aan al die boere. Baie geld word spandeer en ingesamel om renosters te beskerm, maar niks word gedoen vir boere nie. Maar ons kan natuurlik self iets doen en ons moet. Soos met Afriforum se plaaswag. Die geskiedenis is nog nie verby nie. Die gety sal weer draai. Sterk staan!

Johan ·

Rasisme?????? Gaan staan jy nou as blanke man voor n hof waar 2 swartes aangekla word vir n aanval op n blanke met 2 swart pop babas aan n plank opgehang …… oë wee

Johannes Meintjes ·

Ons mense op grondvlak neem na mening toenemend dwase besluite a.g.v. die totale gebrek aan holistiese leierskap vanaf “Afrikaner leiers” wie sit-sit-so, altyd belangrik wil lyk, baie praat, baie berade hou maar geen samehorige “top-down” sosio-ekonomiese oplossing aan die uitgerangeerde en uitgelewerde blanke (Boere) Afrikaner bied nie. Die ANC en ander is wat hulle is. Ons moet baie beter doen rondom selfbestuur en selfbeskikking, voer ek aan – in so mate dat ons mense op laagste grondvlak met konstruktiewe geloof, hoop, liefde en ‘n plan tewerk sal gaan.

Einste ·

LillaB ek sekondeer jou skrywe.Wat van ons toi toi met plakate wat se Betreding – Stop betreding! – of beter nog,fotos van gemartelde tannies en ooms se gesigte,soos die wat ons onlangs gesien het?

Tanya ·

Waarom op hierdie aarde het hulle ‘n video daarvan gemaak. Hoe simple was hulle nie.

Bullseye ·

natuurlik sal die storie nou tot die maksimum opgeblaas en oordryf word. maar die oumense wat vermoor word op die plase word afgemaak as gewone “misdaad”.

Chris Ws ·

Eugene Terreblanche se MOORDENAARS was R1500 borg gegee hoekom moet die kwaaijongens R5000 betaal en hul slagoffer het nie ‘n merkie aan hom nie?Dis baie duidelik ‘n geval van rasisme en dit slaan my dronk dat hulle “advokaat” wat die reg ken ,nie aandring op ‘n ander regter vir die borg aansoek nie.Ons regstelsel is siek.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.