Doodskis-video: Hof hoor ‘slagoffer’ se weergawe

Oosthuizen (voor) en Jackson in die hof. Foto: Landi Malan

Oosthuizen (voor) en Jackson in die hof. Foto: Landi Malan

Willem Oosthuizen (28) en Theo Martins Jackson (29), die twee mans wat afgeneem is toe hulle na bewering ʼn ander man in ʼn doodskis gedruk het, se borgtogaansoek het Donderdag in die Middelburg-landdroshof begin.

Die staatsaanklaer Rean Lourens het met die aanvang van die hofverrigtinge gesê daar is ʼn vorige veroordeling teen Jackson in 2008 waar hy onder die invloed van alkohol was. Die presiese besonderhede rondom die veroordeling is nie bekend gemaak nie. Landdros Jongilizwe Dumehleli het hierna beslis dat Jackson op ʼn skedule 5-misdaad tereg sal staan. Hy moet dus buitengewone omstandighede bewys om op borgtog vrygelaat te word.

Lourens het gesê die staat staan borgtog teen aangesien openbare orde versteur kan word indien die beskuldigdes op borgtog vrygelaat word en aangesien die beweerde slagoffer geïntimideer kan word en beskuldigdes se lewe in gevaar kan wees. Oosthuizen staan op ʼn skedule 1-misdaad tereg.

Mlotshwa sit tweede van regs. Foto: Phillip Bruwer

Mlotshwa sit tweede van regs. Foto: Phillip Bruwer

Konst. Dimakatso Bahula, die ondersoekbeampte, het hierna getuig en die gebeure volgens die beweerde slagoffer Victor Rethabile Mlotshwa (29) se verklaring weergegee. Volgens die verklaring was Mlotshwa op 17 Augustus 2016 van sy huis in die Big House- informele nedersetting na Middelburg onderweg om wors te gaan koop. Hy het glo op ʼn voetpad gestap in die rigting van die hoofpad wat na Middelburg lei.

Mlotshwa het toe glo opgemerk dat ʼn Land Cruiser-bakkie agter hom aanry terwyl daar ook ʼn Land Cruiser-bakkie van voor af gekom het. Albei het volgens hom MP-nommerplate gehad en is deur wit mense bestuur. Die bakkies het glo langs Mlotshwa stilgehou waarna die insittendes uitgespring en hom glo sonder rede begin aanrand het.

Volgens Mlotshwa was daar ʼn passasier agterop die bakkie wat van agter gekom het. Die passasier was na bewering bekend aan Mlotshwa en volgens sy verklaring is die passasier se van Sithole en bly hy in dieselfde informele nedersetting.

Mlotshwa beweer hy het probeer vlug terwyl hy aangerand is waarna sy hande glo met kabelbinders aan die bakkie se rolstaaf vasgebind is. Hy is na bewering hierna op die agterkant van die bakkie gelaai voor dit begin ry het en sy hande was steeds vasgebind.

Die bakkies het toe glo na die pad wat na Middelburg lei, gery. Volgens Mlotshwa het hulle hierna op ʼn grondpad afgedraai in die rigting van Hendrina. Die bakkies het toe glo in ʼn beboste gebied stilgehou. Mlotshwa is na bewering losgemaak en daar is vir hom gesê hulle sal hom skiet as hy probeer weghardloop. Volgens Mlotshwa het Oosthuizen ʼn vuurwapen by hom gehad. Jackson het glo die kis gaan haal waarna Mlotshwa beveel is om in die kis te klim. Oosthuizen het Jackson toe glo gehelp om Mlotshwa in die kis te sit en Oosthuizen het hom glo met ʼn knopkierie geslaan om hom in die kis te kry.

Die hof is hierna vir tee verdaag.

Lees alle vorige berigte oor die doodskis-video op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Really ·

Hy het gesteel maar dit word mis gekyk want ons regstelsel laat toe dat jy rot en kaal besteel word en vermoor word. Hulle toi toi buite die hof wanneer ons langs grafte psalms moet sing.

MAGDA ·

En hoe weet jy hy lieg nie?

Die was net n poging om hom skrik te maak, hy is nie aangerand nie, het jy bloed op die kus gesien? hy is nie vermoor nie.

Hoeveel boere word nie vermoor nie? Word daar dan simatiek gelewer?

CQ ·

Ja natuurlik lieg hy, want WIT BOERSEUNS kan mos niks verkeerd doen nie!
“Die swartman is nie dood nie, so dis okay…”
?????
Natuurlik is hierdie 2 dam duikers skuldig! Al is dit dan ook net FOR BEING DUMB AND DUMBER om nog n video daarvan te maak en lekker kry? Hulle kan nie skotvry daarvan afkom nie. Miskien moet hulle Pappas hulle meer laat werk en minder met die Land Rovers laat rondrits.

Cacophony ·

Ek stemsaam met elke woord wat jy sê CQ maar kom ons kry nou net een klein dingetjie uit die weg geruim.. Land Cruiser nie Land Rover nie hoor. Die javels het Land Cruisers gery en 10 teen een brandewyn gedrink voor die tyd. Die brandewyn is my eie veralgemening maar die Cruiser daai is feite

CQ ·

Groot askies Cacophony!! My fout… Cruiser/ Rover…dis n groot fancy….. voertuig ?

irene ·

Sal daar nou wraggies mense hier wees wat die twee beskuldigdes verdedig?? Maak nie saak wat die man gedoen het nie, jy mag nie optree soos wat hulle het nie. Veral nie in vandag se tye nie, wat het hulle gedink gaan gebeur?? Veral as jy so dom is om dit te verfilm? Nee wat, geen simpatie nie. En ja, die een staan op skedule 5 misdaad tereg, want hy het ‘n vorige veroordeling teen hom. So dit se mos nou vir jou jy moet in die eerste plek nie dronk raak, moeilikheid maak en n veroordeling teen jou kry in die eerste plek nie.

snoefie ·

ons hoop dit gebeur nooit met jou of jou geliefdes nie Irene. om totsuens te se sodat jy kan gaan diesel koop en nie te weet wat jy op die plaas gaan vind wanneer jy terug kom nie.

AI TOG ·

Wag tot die noodlot jou tref waar jou familie vermoor of verkrag word dit sal jou meer duidelikheid gee wie is eintlik die slag offers .Tien miljoen mense drink en het alkohol verwante oortredings teen hul maar dit maak nie van ‘n persoon wat drink ‘n monster of misdadiger nie .Hoop net jy kry nie ‘n beurd nie .Jy is bevooroordeeld ten opsigte jou uitlatings van hul moet vir hul kry .

Mari ·

As mense so wreed teenoor mekaar optree laat hulle die verantwoordelikheid dra vir hul dade!

Sarie ·

Terwyl die gebeure in die hof afspeel het sogenaamde rowers weer boere op De Doorns aangeval Mens vra jou af hoekom gebeur hierdie dinge Dalk n teenreaksie op al die wrede plaasmoorde wat almal skedule 10 moorde is.

peanut ·

wat die twee manne gedoen het was verkeerd, punt. My vraag is net; wou hulle ernstige liggaamlike skade berokken? Ek glo nie, want dan was daai man nie vandag meer hier nie, maar baie diep ver begrawe.

Was die rolle omgekeerd, was daar hoegenaamd geen sprake van n skuldige wat homself gaan oorgee en sy fout erken, verder was die skuldige partye waarskynlik ook nie gevang, en boonop sou die skuldige partye kon spog met pragtige wederregtelik geprivatiseerde voertuie

Verder sou GEEN haan daarna kraai, want dit sou nie ras gemotiveerd wees, maar krimineel

Dog ek noem dit net . . . . . . .

Estelle ·

Ek wonder net wat sou die geraas wees as die rolle omgekeerd was met die donker mannetjie as die oortreder

Dan was dit waarskynlik nie ras verwand nie

snoefie ·

hie sedig sit hy, o die kreng…. oostehuizen en Jackson het elke dag in vrees gelewe. terwyl hulle weg van huis moes wees, het hulle gevrees vir hulle gesinne se lewens. hulle wou die oortreder op hulle grond net n smakie gee van die vrees daarmee hulle moet lewe. dis mos algemene hennis dat niemand op n ander se grond nag oortree nie. of die oortreder vinnuger kan kom waar hy wil wees al dan nie. oortree is oortree. hoekom loop mlotshwa nog los? hy het EERSTE oortree.

Ja hoor ·

Hoekom mag hy die hele tyd verwys na ras bv motor wat deur WIT mense bestuur is? Wonder nou net of enigiets van die aanrandings ooit waar was? Wat het hy toe oorgekom in die kis of het die storie daar geeindig? As hy wit was het dit vir hom in die kis geeindig, bebloed, vermoor.

Reinhardt ·

Dit gaan my verstand te bowe hoe van julle die ouens kan verdedig. Ja, ek is wel bewus van plaasmoorde en ja, ek weet hoe boere in vrees lewe. Maar ek is jammer, jy doen nie sulke goed nie. Was hulle besig om hulsef te verdedig? Nee. So waarom moes hulle die arme ou deur sulke hel sit? Net omdat ander swart mense al moord gepleeg het? Nee wat.

Elkedag lewer julle kommentaar oor hoeveel beter ons is en hoe ons tog net ons eie land moet hê want ons kan nie met sulke moordenaars en verkragters in ons midde lewe nie. Maar weet julle wat? Ek wil ook nie lewe met ouens wat my in ‘n doodskis gaan sit as ek toevallig hulle plaas oortree nie. Ons is mos beter as dit? Nou gedra jouself so.

Carlo ·

Dis net n jammer ons weet nie wat gebeur het nie ……….!!!!!

Olga ·

As dit aanranding was…..waar is sy J88 wat die dokter moet bevestig dat hy aangerand is en sy fotos? As jy dit nie het nie……was jy nie aangerand nie!!!!

snyman ·

ek kan hulle frustrasie met die BETREDERS verstaan. hulle kon die mens die plaas belet het if die sapd gekry het om hom te kom verwyder. ek kan insien hulle wou hom goed bangmaak om ander te ontmoedig maar hy sou bang gewese het terwyl hy gewag het vir die said wat in elk geval nie sou opdaag nie.

Nita ·

Die arme swart man so wreed aangerand deur die 2 wit rassiste. MAAR wat van die wit vrou wat tot die dood toe gewond in die hondehok moes skuil. Die wit vroue van Ermelo, Brits. Rustenburg, Sundra en Eloff en nog vele,vele meer wat deur swart rassiste vermoor is. Hierdie klompie net in die laaste paar weke. Nevermind die hordes vermoorde en aangerande wittes net van die begin van die jaar af!!! Nee, dis mos nie rassisties nie en dis nie wreed nie en dis nie rassehaat nie. Gee nou asseblief hier die syfer van swart mense wat tot nou toe, die jaar, wreedaardig aangerand en vermoor is deur die gehate wit rassiste.

LIZA ·

Irene ek hoop nie dit kom eendag op jou pad nie, ek stem ook nie saam met wat hulle gedoen het nie, maar ja almal maak foute en hulle het ons wittes weer op die hoogste ranglys gesit van rassisme …… voor mens enige veroordeelings doen bid eerder vir hulle en seen hulle….. se maar net…..

Cacophony ·

Kyk die javels het klaar die rol van dominee ingeneem toe hulle die “ter aarde bestelling” sommer so self in eie hande probeer neem het. O ja hulle het ook gedink hulle is polisie en regter en die cherry on top bou speel hulle ook die rol van tronkvoëls. Veelsydige lot ne.

Bruno Stef ·

Dit is so duidelik soos daglig dat daar nou goed gebruik gaan word van allerlei verbale aantuigings om die klaers se saak aan te dik.Die voordeel le daarin dat jy ongeag jou eie oortredings nog n slagoffer op die betaalstaat kan kry om te skep.As ek wat gereeld elke dag met my honde gaan stap en al die beledigings moet verduur deur anderskleurige mense en ook met die dood gedreig word vir my en my diere omdat ek bejaard is was ek al skatryk. So maak maar van n molshoop n berg.

Cecil Kruger ·

Buitengewone omstandighede moet bewys word in geval van Skedule 6 misdrywe.Skedule 5 moet beskuldigde bewys dat die belang van geregtigheid sy vrylating op borg regverdig.

janneman ·

Sal graag wil weet wat het gebwur na die kis insident. Is die klaer toe iewers afgelaai of “moes” hy ontsnap? Die video wys die kattekwaad van die 2 manne, en dis waarop gefokus word, maar geen woord word gerep oor die uiteinde nie, nog minder oor enige beserings……hierdie is net nog n Penny Sparrow RASSEHAAT saak wat in der waarheid net die rasse twis verder aanwakker. Neem die ras uit die saak, en verhoor dit as n “betreder” saak, en sien of dit bevindings dan dieselfse is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.