Doodskis-video: ‘Hy het koperkabels gesteel’

Oosthuizen (links) en Jackson (voor) Vrydagoggend in die hof. Foto: Phillip Bruwer

Willem Oosthuizen (28) en Theo Martins Jackson (29), wat daarvan beskuldig word dat hulle ʼn man in ʼn doodskis ingedwing het, se borgtogaansoek is Vrydagoggend in die Middelburg-landdroshof hervat.

Die hof het Donderdag die besonderhede oor die beweerde voorval, op 17 Augustus, gehoor. Konst. Dimakatso Bahula, die ondersoekbeampte, het die beweerde slagoffer, Victor Rethabile Mlotshwa (29), se verklaring aan die hof voorgelees.

Adv. John Welch, namens Jackson en Oosthuizen, het Vrydagoggend voortgegaan met sy ondervraging van Bahula.

Welch het Bahula gevra of sy weet dat Mlotshwa na bewering koperkabels gesteel het. Bahula het geantwoord sy is nie bewus daarvan nie. Volgens Welch wou die twee beskuldigdes Mlotshwa in hegtenis neem toe hy vir hulle gesê het hy “weet waar hulle woon en ook waar hulle vroue en kinders woon”. Bahula het gesê sy dra nie kennis hiervan nie en dat sy as ondersoekbeampte sou weet as koperkabeldiefstal aangemeld is.

Volgens Bahula moes die beskuldigdes ʼn klag by die polisie ingedien het as Mlotshwa koper in sy besit gehad of hulle gedreig het. Welch het Bahula hierna gevra of sy gister buite die hof die twee wit poppe wat aan ʼn stok vasgemaak was, gesien het. “Daar was geskryf die poppe is Oosthuizen se kinders,” het Welch gesê.

Die poppe waarna verwys is. Foto: Landi Malan

Die poppe waarna verwys is. Foto: Landi Malan

Bahula het gesê sy weet nie daarvan nie. Volgens Welch het die beskuldigdes uiters bedreig gevoel en het Mlotshwa ook gedreig om elke jaar hul mielielande af te brand. Bahula het weereens geantwoord die beskuldigdes kon die polisie nader en dat hulle nie die reg gehad het om reg in eie hande te neem nie.

Welch het tydens sy ondervraging aan die hof gesê daar is ʼn spesiale taakspan in die gebied op die been gebring om koperkabeldiefstal te hanteer aangesien dit ʼn groot probleem daar is. Welch het Bahula ook weer ondervra oor aanvaarbare borgtogvoorwaardes. Sy het gesê daar is kommer dat die beskuldigdes hulle kan inmeng met die verkryging van selfoonrekords. Volgens Welch het Jackson intussen ook bevestig dat hy verlede jaar ʼn skulderkenningsboete betaal het en dat daar nie bewyse is rakende die saak wat die staat opgehaal het wat glo in 2008 gebeur het nie. Bahula het gesê hulle sal tydens die verhoor duidelikheid daaroor kan verkry.

Welch het Bahula gevra of dit vir haar aanvaarbaar sal wees dat die beskuldigdes op borgtog vrygelaat word as sy weet waar hulle woon en hulle by ʼn polisiestasie aanmeld. Bahula het nee geantwoord en gesê sy vrees vir hulle veiligheid. Welch het weer beklemtoon dat die kans skraal is dat die beskuldigdes hulle in die ondersoek sal inmeng indien hulle op borgtog vrygelaat word. Bahula het gesê die soeklasbrief moet nog bekom word om te kyk of daar vuurwapens in die beskuldigdes se huise is en dat hulle dit kan verwyder indien hulle op borgtog vrygelaat word.

Welch wou by Bahula weet hoekom sy nie vroeër om die lasbrief aansoek gedoen het as sy dan so besorg is oor die moontlikheid van vuurwapens nie. Bahula het herhaal dat die saak oorspronklik tot Januarie uitgestel is. Sy het gesê die borgtogaansoek is op kort kennisgewing ingedien en dat sy besig was met ander aspekte van die ondersoek. Welch het gesê Bahula het genoeg tyd gehad en dat sy dit moes prioritiseer.

Welch het Bahula daarvan beskuldig dat sy bymotiewe het, waarop sy geantwoord het dat daar twee redes is hoekom sy meen die beskuldigdes nie op borgtog vrygelaat moet word nie. Sy het gesê die meeste inwoners in die omliggende informele nedersettings is van Mosambiek of Zimbabwe en dat die beskuldigdes die klaer kan probeer omkoop as hulle op borgtog vrygelaat word. Bahula het gister getuig Mlotshwa het oproepe ontvang waarin hy glo R10 000 aangebied is om die saak te laat vaar.

ANC-ondersteuners het vandag weer met 'n wit pop voor die hof gedans. Foto: Phillip Bruwer

ANC-ondersteuners het vandag weer met ‘n wit pop voor die hof gedans. Foto: Phillip Bruwer

Welch het Bahula gevra hoe sy weet dat die beskuldigdes die klaer glo probeer omkoop het, waarop sy geantwoord het sy sê nie dit is hulle nie, maar dat selfoonrekords nog nie die teendeel bewys het nie. Volgens Bahula het Mlotshwa voor die kisvoorval nooit onbekende oproepe ontvang nie en dit het eers drie dae ná die beweerde voorval aangemeld is, begin.

Welch het weer aan Bahula gevra hoe die beskuldigdes hulle verder met die ondersoek kan inmeng, waarop sy gesê het sy het reeds die vraag beantwoord. Die landdros het Bahula hierna versoek om die vraag te beantwoord en gesê hy wil ook weet hoe hulle gaan inmeng by die proses om selfoonrekords te bekom. Bahula het uiteindelik gesê sy het nie ʼn antwoord nie. Welch het Bahula daarna gevra wanneer sy die profiele van die beskuldigdes gekry het. Volgens Bahula het sy dit op 14 November gekry toe hulle in hegtenis geneem is. Welch het Bahula gevra of sy toe al kon sien dat die beskuldigdes nie vuurwapenlisensies het nie, waarop sy ja geantwoord het.

Welch wou by Bahula weet hoekom sy nie reeds toe al ʼn soeklasbrief bekom het nie aangesien sy glo inligting gehad het dat een van hulle wel ʼn vuurwapen het. Bahula het gesê sy was besig om ander sake te ondersoek. Die landdros het hierna gevra wat die relevansie van die vuurwapens is aangesien dit nie in die klagstaat is nie. Welch het gesê hy het Bahula daaroor gevra aangesien dit een van haar besware is oor hoekom die beskuldigdes nie op borgtog vrygelaat moet word nie.

Welch se ondervraging het hierna tot ʼn einde gekom, waarna die staatsaanklaer adv. Robert Molokoane die ondersoekbeampte begin ondervra het.

Molokoane wou by Bahula weet of daar enige voorvalle van kabeldiefstal aangemeld is in die drie maande ná die video uitgekom het en die beskuldigdes in hegtenis geneem is. Sy het hierop “nee” geantwoord. Volgens Bahula is die dreigement wat die beskuldigdes glo ontvang het, ook nie aangemeld nie. Bahula het tydens Mokoane se ondervraging volgehou die beskuldigdes sal nie veilig wees as hulle op borgtog vrygelaat word nie.

Molokoane wou van Bahula weet hoe die verdagtes na die hof gebring word, waarna sy verduidelik het vyf voertuie moet die vangwa, waarin hulle vervoer word, vergesel van die Witbank-gevangenis af.

Molokoane wou toe weet of Mlotshwa ʼn dokter gaan sien het ná die beweerde voorval. Volgens Bahula het die dokter bevind Mlotshwa is aangerand, maar sy kan nie die dokter se handskrif lees nie en weet dus nie wat die aard van die beserings was nie. Mlotshwa is eers op 9 November deur ʼn dokter ondersoek.

Die hof is hierna verdaag. Die staat sal na verwagting ná die breek nog ʼn getuie roep.

Lees alle vorige berigte oor die doodskis-video op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

Marinda ·

Wat van al di wittes wat gemoor en …..word. dis maar reg. Sommiges mag alles doen en loop skotvry rond. Di land ht siek geword. Jou vel kleur reg is is di reg aan jou kant!

Joe ·

Dit is baie duidelik dat die ondesoek beampte nie haar werk goed genoeg ondersoek & gedoen het nie , anders sou sy alles geweet het van al die inligting as ondersoek beampte ! Sjoe , dit is omtrent ‘n tammaletjie waarin sy nou is & gepeper word word met vrae waarvan sy nie antwoorde kan gee nie !! Volgens my is sy beslis nie behoorlik opgelei om ondersoek beampte genoem te word nie !!

Gerd Lourens ·

Sjoe, maar sy is swak!!! Hierdie saak gaan uitgegooi word agv die uiters swak ondersoekwerk.

Lucas ·

Behoede die Poliesiediens met sulke onbekwame mense in hulle diens. Wonder of sy kan lees en skryf? Sy kan nie eers haarself ondersoek nie wat nog so ‘n saak. O my hel!! Hierdie land is in groot moeilikheid!!

Jan maak n Plan ·

Gerd Lourens – hierdie saak sal uitgerek en verdraai en self verkrag word, maar geensins uitgegooi word nie. Onthou die beskuldiges is wit.

annoniem ·

Myns insiens is die poppe wat op stokke vasgebind word net so erg soos wat die 2 gedoen het en behoort daardie mense wat die poppe op ‘n stok omhoog hou ook strafregtelik vervolg te word.

Penny Sparrow moet appel aanteken omdat sy so geweldig onregverdig behandel was – sy is die enigste person wat rassistiese aanmerkings gemaak het wat haar werk verloor het EN ‘n reuse boete moes betaal. Die ander het skotvry of net met ‘n flouerige waarskuwing afgekom.

Cherokee ·

Terwyl jy na die Penny Sparrow insident verwys, is dit uiters insiggewend om daarop te let dat Penny ‘n lid van die DA is (of hopelik was) en deur haar eie party aangekla is. Ek neig om te dink sy is boonop geskors. Onthou dit, DA-aanhangers.

Reinhardt ·

Stem 100% saam. Ek praat nie wat die ouens gedoen het goed nie, maar dan moet hierdie op dieselfde manier hanteer word.

Rentia ·

Waag dit nou net om wit te wees en swart poppe op ‘n stok vasmaak dan is die hel los. Jys voorblad nuus en word duisende rande beboet vir rassisme. Maar as jy swart is kom jy weg met als. Land se regstelsel is ‘n sirkus.

Christo ·

Die land is in chaos omdat die (on)agbare President enige misdaad mag pleeg en wegkom daarmee. Hoekom sal volgelinge dan nie sy voorbeeld navolg nie?

Genoeg ·

Ek wonder net waar is almal wat hierdie 2 jongmans so gekruisig het nou? ‘ n Wors het altyd 2 punte en voordat beide punte nie mooi gesëel is nie, kan jy dit nie braai nie, want dan loop al die heerlike sous en speserye uit. Ek hoop dat diè persone wat hulle so veroordeel het nou die 2 punte gesëel gaan kry, want anders gaan die geur van julle gewetens glad nie goed ruik nie en die worsie gaan geurloos, smaakloos en kurkdroog in julle kele vassteek.

Sam ·

Hier is een van hulle en steeds dit wat hulle gedoen het was swak en verdien hulle om gestraf te word. Geen bewyse van koper diefstal, geen bewyse van dreigemente.. al bewys wat daar is, is dat die twee nie omgee oor enige iemand behalwe hulle self. Voor jy daai bitter worsie wil hooi vir mense… kry eers die bewyse wat hulle se is waar want al will julle dit hoop gaan die ANC sorg dat die twee tronk toe gaan. Moet jy nou nie ook aan die bitter wors byt omdat jy hulle woord sonder bewyse vat net omdat hulle wit is…

Cacophony ·

Al het hy kabels gesteel.gaan hulle nog steeds afdinges want hulle het die gereg in eie hande geneem toe hulle hom in dienkus gedwing het en toe was hulle tog so dom om bewystukke op facebook te plaas. Moenie daai stukkie info vergeet niw. Dis daar en nie eens in net wit en swart nie maar in ville kleur for the world to see over and over and over

Stem saam ·

Annoniem – ek stem 100 % saam jou! Hulle het die reg om oop en bloot met n witpop buite die hof te loop en te dreig en daar sal niks kom van dit nie!! Ek wonder waar is die geregtigheid en gelykheid nou……

Cedz ·

Wat my verstand te bowe gaan is die volgende:

Volgens die eerste paragraaf was die beweerde voorval op 17 Augustus gewees, maar die laaste paragraaf sê dat n dokter eers die “victim” teen 9 November ondersoek het… Ek wil nie snaaks wees nie, maar selfs gebreekte bene is al ten volle genees na 6 weke. So hoe kon die dokter bevind het dat hy aangerand was? Tensy daardie ou so erg aangerand was dat hy nie kon loop nie en intensief in die hospitaal gelê het gaan jy sukkel om kneusplekke te sien na so lank. Of mis ek iets?

Die hele storie ruik na n klugspul. Die vrou het duidelik nie haar werk gedoen nie en is eensydig teen die twee mans.

Hannes ·

Die regter het ook nie hierdie saak tot nou goed gehanteer nie. Al het hul n vuurwapen, wat was die beskrywing van sogenaamde vuurwapen en was daar werk like een op die toneel gebruik? Meeste boere het vuurwapens so dit maak nie sin nie. Die Hele saak riek na onprofesionele ondersoek beamptes.

Hannes ·

Die regter het ook nie hierdie saak tot nou goed gehanteer nie. Al het hul n vuurwapen, wat was die beskrywing van sogenaamde vuurwapen en was daar werk like een op die toneel gebruik? Meeste boere het vuurwapens so dit maak nie sin nie. Die Hele saak riek na onprofesionele ondersoek beamptes.

Oom Piet ·

Identifiseer die mense wat met die poppe rondloop en gee hulle nooit weer werk nie.

Genoeg ·

Kan julle, julle vir ‘n oomblik in hierdie twee jongmans se sitsuasie plaas. Ek glo die handjievol boere by Bloedrivier het seker ook daardie dag so gevoel toe hulle die oormag moes aanskou en met die Hoërhand is hulle daardeur gelei. Cedz, hy het mos eers dr toe gegaan na die video vrygestel is, nadat hy landswye advies ontvang het, dat hy nie die twee boere kan laat vrykom met die “onmenslike” aanranding nie. Die hele saak is buite verband geruk en die hartseerste van alles is hulle eie mense wat op alle media hulle so veroordeel het.

wonder net ·

Die voorval het al op 17 Aug plaas gevind maar hy is eers op 9 Nov deur ‘n dokter ondersoek. Sy beserings kon van enige iets gewees het nie noodwendig die aanranding wat hulle beweer het glo gebeur nie.

callie ·

Maar net weer dieselfde oor en oor. Kry enige iets wat net lyk of die witman daarmee gekruisig kan word en die media, MM inkluis en self sommige witmense ook spring op die wa en skreeu hoe word die arme swarte met hul sneeuwit karakters te na gekom. MM plaas asb vir n slag die kleur van die aanvallers wanneer julle oor plaasmoorde berig. Wat van statistiek oor die laaste 3 maande van hoeveel swartes het witmense vermoor en hoeveel wittes het swartes vermoor.

Ta An ·

As die hof darem daardie doktersverslag aanvaar, is hy regtig “useless”! Ek weet nie eens
hoekom die ondersoekbeampte dit noem nie en die staatsaanklaer het mos ook insae in die
getuies se verklarings. Jy kan mos nie 2 maande na ‘n aanranding dokter toe gaan nie, daar
kon mos al baie aanrandings in die tyd plaasgevind het. As hulle regsverteenwoordiger dit
toelaat, dink ek hulle moet maar vir ‘n ander een soek! Ek keur glad nie die beskuldigdes se
optrede goed nie(veral nie in hierdie tye nie), maar sowaar, die ondersoekbeampte se stories is belaglik!

Alida ·

Die blankes moet swart poppe aan pale omhoog hou by die hof dan kyk ons wat gebeur.

Sus ·

Daar is minstens 400 000 blankes in SA wat in haaglike omstandighede in plakkerskampe bly. Hoekom word hulle nie eerder in diens geneem op plase nie? Verseker sal boere se probleme minder wees.

Paul ·

Dis nie waar nie. Daar is definitief nie soveel wit mense in Suid-Afrika in plakkerskampe of in “haglike omstandighede” nie. Nie eers naastenby nie. Al sulke bewerings is al ondersoek en nêrens is daar bewyse daarvoor nie.

Verder, van die klompie duisende wit mense wat wel in Suid-Afrika in plakkerskampe woon, is ‘n groot aantal oumense wat nie vreeslik baie werk kan doen nie. Nog ‘n groot deel is mense wat een of ander verstandelike gebrek het en ook ongelukkig nie tot baie nuttige werk in staat is nie. Verder is daar ook ‘n groot klomp wat erg verslaaf is aan dwelms en wat moeilikheid maak. Die groepie wat werklik effektief op ‘n plaas in diens geneem kan word, is bitter klein.

Hannetjie Harvie ·

Laat ek nou met n swart Baba pop vasgemaak aan n stok, voor die hof dans, dan sien jy hoe vinning word ek toegesluit?????

Pienkie ·

Ek wonder waar hul daai poppe gekry het, vir al wat ons weet is dit hul kinders sin?

Topster ·

Ek stem Sus ons sal vir mekaar moet omsien hulle lieg en bedrieg so maar ons lot is getel van Nr1 tot die sot wat nou amper nooit weer die son sou sien nie dis sameswering en n mens kan dit duidelik sien ek bly in die ongewing en daar is elke week in die koerant van kabel en diesel diefstal op die myne in die omgewing

Zelda ·

Sjo so die ou se aanrandings merke wys nog steeds 3 maande later. Of was hy dalk deur iemand anders aan gerand n dag of 3 terug toe besluit hy gaan sommer se dit was hulle gewees. Omw nou wil ek graag weet wat dink die regter van dit . Dat hy 3 maande later nog merke het.

Genoeg ·

Sam, ek het geensins hul optrede goed gepraat nie, maar beide partye se saak sal in die hof gestel word. Dit is nie jou of my plek of reg om aan hulle ‘n straf toe te ken nie. Daar is baie erger misdade al gepleeg en soms is die straf nie eers voldoende vir die daad wat gepleeg is nie. Gestraf sal hulle gestraf word, dit is baie duidelik, maar sal dit ‘n regverdige straf wees of sal dit ‘n straf heel buite verband teenoor die daad wees? Al die geskreeu oor die “verskriklike” daad wat hulle gepleeg het, het veroorsaak dat daar sulke groot vure aangesteek is dat dit nou byna onmoontlik gaan wees om dit ooit te blus.

Bronwyn ·

Die doktersverslag was 9 November gedoen en daar word gese hy is aangerand… Maar die hele storie het plaasgevind 17 Augustus… Well done Suid-Afrika Ons lyk of is die domste land ooit!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.