Doodskis-video: Jackson gepols oor koperkabels

Willem Oosthuizen (voor) en Theo Martins Jackson in die hof. Foto: Landi Slatter

Die saak teen Theo Martins Jackson (29) en Willem Oosthuizen (28) is Donderdagmiddag in ʼn stampvol hofsaal hervat.

Robert Molokoane, staatsaanklaer, het Jackson verder gepols oor sy weergawe van die gebeure.

Molokoane het Jackson uitgevra oor die koperkabels wat Mlotshwa na bewering gesteel het en wat Jackson glo aan sy werknemers gegee het. “So jy het gesteelde goedere vir iemand gegee, dus het jy ʼn misdaad gepleeg? Hoekom het jy ook nie ʼn foto van die kabels geneem nie” het Molokoane gevra.

Molokoane is twee keer aangespreek omdat hy aannames maak namens die hof.

Albei video’s is weer aan die hof voorgehou. Mlotshwa se ma het uit die hofsaal gestap toe die video’s vertoon is.

Molokoane het navraag gedoen oor vorige saaknommers. “Indien misdaad so algemeen is, het jy saaknommers?” waarop Jackson gesê het dat sy werkgewer definitief sal hê.

“Hierdie ou dreig om jou familie dood te maak, maar jy vat hom nie polisie toe nie, hoe wil jy hê die hof moet dit glo?” het Molokoane gevra.

“Die rede hoekom die voorval nie aangemeld is nie, is omdat dit nie gebeur het soos jy sê nie en hoekom die kabels nie na die polisie geneem is nie en hoekom die voorval nie by die ander boere aangemeld is nie,” het Molokoane gesê.

“Dis nie waar nie,” het Jackson gesê.

Die verhoor duur voort.

Lees alle vorige berigte oor die doodskis-video op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

WL ·

Elke keer as ek ‘n berig sien oor die doodskis-video, kan ek nie help om te dink aan die propaganda agter dit nie. In ‘n land waar daar daagliks 51 moorde en 140 seksueel gemotiveerde misdade gepleeg word, kry hierdie storie maar baie aandag.

Cherokee ·

WL, hierdie is ‘n koerant en dit is afhanklik van lesertalle. Dit maak tog sin om berigte wat meer kommentare uitlok, meer kere te plaas. Sien, daar is logiese maniere ook om dinge te bedink.

Ada ·

Die polisie sou niks gedoen het om die bla kes te help nie.So eenvoudig soos dit.

Martin ·

Die diefstal van die kabels is nie aangemeld nie, bloot omdat dit nutteloos sou wees. Leêrs met bewysstukke verdwyn, die misdadigers se regte is al wat belangrik is. Die res, wel … word hanteer soos plaasmoorde.

anton ·

Ek dink die meeste mense meld niks meer by die polisie aan nie want jy mors jou tyd.
Tensy jy versekerings het en jy het n saak nr. nodig.
Jy word so kwaad en frustreed in n polisie stasie, dat jy dit eerder los.
Dink nie die staatsaanklaer weet wat daar buite aangaan nie.

Alida ·

Storie is afgesaag. Die “slagoffer” soek aandag en geld. Hy het niks oorgekom nie. Gelukkig word die blankes gratis verteenwoordig.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.