Doodskis-video: Nog aanklagte kom

Oosthuizen (links) en Jackson tydens 'n vorige verskyning in die hof. Foto: Phillip Bruwer

Oosthuizen (links) en Jackson tydens ‘n vorige verskyning in die hof. Foto: Phillip Bruwer

Willem Oosthuizen (28) en Theo Martins Jackson (29), wat daarvan beskuldig word dat hulle ‘n man in ʼn doodskis gedruk het, gaan nou ook van poging tot moord aangekla word.

Oosthuizen en Jackson het Donderdag in die Middelburg-streekhof verskyn. Die staatsaanklaer het tydens die verrigtinge bekend gemaak aanklagte van poging tot moord gaan by die klagstaat gevoeg word. Die twee mans is aanvanklik van ontvoering en aanranding met die doel om ernstig te beseer aangekla.

Die mans sal van 26 tot 29 Junie verhoor word. Landdros Jongilizwe Dumehleli het Oosthuizen en Jackson op 8 Desember borgtog geweier.

Tydens die borgtogaansoek het die hof onder meer Victor Rethabile Mlotshwa, die beweerde slagoffer en die beskuldigdes se weergawes van die gebeure gehoor. Mlotshwa het gesê hy het deur ʼn veld gestap toe die beskuldigdes hom voorgekeer het. Hy het gesê hy is aangerand en vasgebind en later gedwing om in ʼn doodskis te klim.

Die beskuldigdes het aangevoer Mlotshwa het koperkabels gesteel en hulle wou hom ʼn les leer. Volgens hul verklarings, wat aan die hof voorgelees is, het hulle nie bedoel om Mlotshwa leed aan te doen nie. Hulle het ook gesê Mlotshwa het hulle gedreig.

Op die video kan gesien word hoe ʼn man huil terwyl twee ander mans hom in ʼn doodskis indwing. In die agtergrond sê ʼn manstem: “Kom nou, ons wil die petrol gooi, man. Klim in!”

Oosthuizen en Jackson het hulle op 14 November in die teenwoordigheid van hul regsverteenwoordiger by die Blinkpan-polisiestasie oorgegee.

Die beweerde voorval het op 17 Augustus naby die Komati-kragstasie plaasgevind. Die beskuldigdes beweer egter die voorval was op 9 September.

Mlotshwa het eers vroeg in November ʼn saak by die polisie aanhangig gemaak nadat die video van die voorval op sosiale media versprei is en hy “verneder” gevoel het.

Lees alle vorige berigte oor die doodskis-video op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

46 Kommentare

pieter ·

WAAR IS GERRIE NEL WAAR IS AFRIFORUM KAN IEMAND NIE DIE MANNE SE PROKUREUR BYSTAAN NIE LYK MY HY KORT HULP.DAAR IS OMSTAND GETUIES,DIE DATUM IS VERKEERD, NOU WOU HULLE HOM VERMOOR OOK,MENSE DIS ONS KANT SE MANNE HULLE HET N FOUT GEMAAK HELP ASSEBLIEF.

Riaan ·

Nee wat, Afriforum het hulle lankal van hierdie saak gedistansieer… hulle doen goeie werk, maar ongelukkig kies hulle hulle gevegte soos dit hulle pas. Hier sal hulle hulle nekke te ver moet uitsteek en daarvoor is hulle te bang.

oumie ·

Ja Pieter dit wil ek ok weet genugtig dalk het afriforum hul bank records nagegaan en gesien hul het nie n aftrek order vir hulle nie ek stop soma myne ook dammit ek nou woedend

Annoniem ·

wat moet afriforum doen? Hulle is klaar skuldig hulle was rassisities? gerrie nel en die vervolginseenheid weg KORRUPSIE hulle weg nie klomp kinders wat rassegeweld en rassisme aanhits nie… inteendeel is daai manne lede? Afriforum help net sy lede ek is jammer maar as julle dink afriforum gaan jou help nadat julle mense hulle weg jaag as hulle jul vra vir ondersteuning ek is regtig jammer maar ek sal verstaan hoekom afriforum nie die saak sal hanteer nie

AL ·

Gerrie Nel en Afriforum sal stilbly en agter die skerms werk. Sou hul doen en late aan die media uitbasuin word, sal n saak skipbreuk ly voordat dit begin het.

snipes ·

tipies solidariteit. voor verhoor met alles op papier lyk jou saak baie goed. dan dag van die verhoor word jy vertel “dit sal beter wees as jy bedank. hier is my vrou se Maart. sy bestuur n werwingsagentskap. ons is uitgelewer waar geen genade vir ons is nie. nes die spur man gaan uit vind. al het die swart kind se hand merke in haar gesig gelê en kan op elke video gehoor word die swart vrou was uittartend en soos n matroos gevloek

Geregtigheid ·

Jy is reg. Hulle het ‘n fout gemaak en nou moet hulle die gevolge dra…

Bobby ·

Ek verstaan nie jou versoek nie. Hulle was onnosel en moet betaal vir hulle optrede. Laat dit ‘n les wees vir elke mens wat ander boelie!

Huggy bear ·

Wil my voorkom dat dit eersdaags n vir n witman n misdaad gaan wees om bedags op straat te wees

james ·

Ek verhuur al ‘n paar jaar lank kamers in my tweede huis. Ek het huurders van alle rasse. My moeilikste huurders wat die meeste reels oortree, is deur die bank ALTYD wit afrikaanse mans jonger as 30. Dié 2 manne met hulle doodskis-video bevestig maar net my ervaring met/teorie oor jong wit afrikaanse mans.

Erick ·

‘Die vriend het altyd lief.’ Ek ondersteun ons jong en ou manne. Reg of verkeerd. Reg, dan gee ek applous. Verkeerd, dan gee ek raad. Voorwaarts jong manne en jong dames. Moet julle nie deur vyandiges laat onderkry.

Wern ·

Dit is gladnie my ervaring met uithuur nie. Hou op veralgemeen.

Erick ·

Ons het daagliks voorste ry sitplekke na ‘n verhoogstuk. Die spel se naam is,’ Die doodsmoor en vernietiging van die Afrikanervolk’.

Ek wonder ·

Ek wonder hoekom is hierdie beskuldigdes nog in aanhouding? Seersekerlik gaan hulle nie weier of versuim om nie by ‘n volgende hofverskyning op te daag nie en dit nadat hulle hulself vrywilliglik oorhandig het. Ek kan verstaan dat indien hulle aangekla sou wees van moord dat hulle in aanhouding moet bly en dat die landdros borgtog sou weier. Dubbel standaarde as jy my vra!

hoekom??? ·

Ja terwyl n paar weke terug daar n berig op MM was waar n ou man se aanvallers vry op straat rond loop na hul borg geweier is?? Hoe werk dit??

Riaan ·

Die stryd teen die witmense het na ‘n nuwe rat omgeskakel. Enige persoon wat dit nie erken nie moet sy/haar kop laat lees

Gerrie ·

Pieter dit wil vir my voorkom of Afriforum eerder mense help wat hulle pas,ek is n lid van die maatskappy maar glo my ek gaan so gou as moondlik dit kanseleer,Ek het hulle gekontak twee weke terug,daar was vir my gese hulle sal my terug skakel,tot nou toe nog geen oproep van hulle ontvang nie.Hulle help net die wat hulle dink wat hulp nodig het.

tom ·

Die onbevoegde staats aanklaer het gesien sy saak op die eerste 2 sake is nil nou gaan hy na die moord aanklag hy speel nou vir tyd

michelle ·

om wit te wees in suid afrika is ‘n nagmerrie. jou toekoms is swart.. borgtog geweier.. interessant. dit is maar een van die vele maniere hoe die witman in suid afrika verkleineer, vermoor, verdruk, verkrag en verneder word. die witman gaan ‘n “askies baas ek leef” houding moet aan neem en kan nie eens homself in enige mate teen enige vorm van geweld of misdaad verweer nie. dit is so tragies. dat die land so weg gegee is deur een man vir sy 30 sikkels silwer…. en ‘n griekse jag

Rox ·

Michelle ek stem saam. Ek glo daardie twee mans wou hom nie doodmaak nie anders sou hulle. Ek is bevrees daar sal nooit regtig vrede wees onder die sogenaamde reenboognasie nie want jy kan sommige mense net skeef aankyk dan moet jy in die hof verskyn.

Elsie de Beer ·

So baie drama rondom hierdie saak en intussen word so baie boere doodgemaak en gedreig, maar nee daar sal geensins so baie aandag daaraan gegee word nie. Die knaap het verneder gevoel, my magtig, hy wou kabels steel, word daai deel van die klag nou heeltemal onder die mat gevee, uiters eenkantig.

pieterdp ·

Graag sal ek van Afriforum se kand af wil hoor wat is hul redis. Ja ek gloo ook dat hul nie elke rap en sy maat moet help nie.

Die betroke saak het die manne n lat vir hul eie gat ge plik. Laat reg reg wees en verkeerd verkeerd.

Sal saam met hul treer oor hul dade. En selfs by staan in hul tyd van straf. Hoe onregverdig ook.

Die blankis moet ook besef dat hul baie siptiel moet wees, vir al oor rassismi. Wees op die uit kyk hul sal als in hul vermoe doen om iets rassusties te maak.

Josua Keys ·

Wraggies mense, as ek dit reg verstaan het die sogenaamde amper vermoorde persoon eers n saak by die polisie gaan maak nadat hy gesien het die video is op sosiale media vertoon en hy verneder gevoel het. Watter regter kan toelaat dat n poging tot moord saak na die tyd geopen word as hulle dan so harthandig teen hom opgetree het waarom solank neem om n saak te open. As die aangeklaagdes die ou wou vermoor het sou hulle dit in die eerste plek gedoen het maar het hom gelos nadat hulle hom skrik gemaak het. Ek kan dan ook nou aanneem dat die aanklaer wat die moord klag ingedien het opsetlik daarop uit is om die manne te laat vermoor (Dit wil sê as die doodstraf nog bestaan het) wat n sirkus het ons regstelsel nie geword nie en die aanklaer maak ‘n nar van homself.

Peet J ·

Michelle, ek stem ons moet asseblief hierdie twee mense finansieel ondersteun daar is reeds ‘n rekening geopen by Marius Coertze prok enige bydrae is welkom, ons moet nie vergeet nie hulle het ook afhanklikes wat hulle na moet omsien.

s ·

Dit is verregaande!!! Elke krummeltjie wat blankes doen word sovêr gevat, maar dit wat deur die Landshoof kwytgeraak word is als okay? My boere bloed kook!!

henk ·

en so blom rassisme en rasse diskriminasie tot binne in justisie!

AL ·

En huisrowers en plaasaanvallers wie mense aanrand – moet ook aangekla word van poging tot moord!!!

Shanté ·

Afriforum se onbetrokkenheid is waarskynlik die gevolg van die logiese waarneming van die voorval. Mense, julle moet erken dat dit nie goed lyk vir die 2 jong mans nie. Buitestanders en die nie-blanke publiek sien die bang swart man in ‘n doodskis met 2 wit mans wat verskriklike aanmerkings maak en die swart man in die kis dwing. Gevoelens van haat ontstaan en die ras-skaal tiep in die guns van die nie-blanke. Die blanke publiek beskou die voorval meestal as ‘n vorm van “payback” en as die swart man se “verdiende loon”. Ek glo nie die blanke mans sou sonder rede optree nie, tensy hierdie jammer siel toevallig in hierdie mans se woedebui weens duidelike redes (rassisme, BEE, volksmoord, plaasaanvalle ens.) vasgeloop en vasgekeer is. As die video nie ‘n duidelike uitbeelding van klassieke rasseskeiding en sosiologiese status tussen sogenoemde “onbevoorregte” swart man en die “bevoorregte” wit boer was waar die swart man verkleineer word nie, sou die 2 wit mans dalk ondersteuning van Afriforum ontvang het. Hierdie is ‘n losing battle. Die wit mans het hul eie gat gegrawe toe hulle in hierdie sensitiewe, chaotiese politieke klimaat die video op sosiale media laat beland het.

oni ·

Die wat so teen Agri en die ander praat, dink mooi wie oor is wat darem nog n hand uitsteek. Wraggies< dis tipies ons klein volkie.

Eugene ·

Goed gestel Shante. Die doodskis en Spur videos is maar van die min videos wat sosiale media haal. Daar is elke dag genoeg voorbeelde van rassistiese voorvalle wat plaasvind. Hierdie rassiste gebruik altyd die plaasaanvalle en moorde as verskonings wat deur moordenaars en kriminele gepleeg word. Nou word alle anderkleuriges sommer ingesleep. Hou op VALS wees!Skaam julle!

Mauritz ·

Dit was eenvoudig net dom om dit af te neem. As jy so iets wil doen om hom n les te leer sorg dat daar nie n kamera naby is nie.

Js ·

Die aanklag van moord is absurd, prakties gesproke kon hulle hom baie maklik vermoor het na hy in die kis was en tog het hulle nie. Die groot ironie is natuurlik dat as hulle die veel groter sonde van moord eder as bangmaak gepleeg het, en hom wel stilletjies begrawe het, sou hulle waarskynlik daarmee weggekom het.

Annie ·

Die storie is ook al hol rug gery. Hy makeer niks. Hy was onwettig op die grond … wat van al die ander moorde … spandeer geld om die sake op te los!!!!!!

Eben Kitching ·

Eerstens praat ek nie namens Afriforum nie. Dit is my mening dat Afriforum na gemeenskappe kyk en sake wat as presedent gebruik kan word. Aan die ander kant kos sulke sake miljoene rande. Ek dink dat meer mense deel word van Afriforum en saam werk om die probleem op te los sonder om politieke chaos te skep. Ek voel bitter jamer vir die twee en glo dat gereg sal gezkied. As die mense die saak te veel laai met onbenullighede dan sal enige regter agter kom en die hele herrie sien as hekse jagtery. Hoop net hulle kry goeie advokaat en die gemeeskap help hulle.

Eben Kitching ·

My siening is dat die twee net spook spook gespeel het en dat Halloween dag groter skrik op die lyf jaag ad die storie. Een van die dae gaan akteus gearessteer word vir die vertolking van geweldadige tonele. Een van die dae gaan jy vir poging tot moord aangekla word as jy iemand bang maak met ‘n rubber slang.

Manie ·

Ek kan nie glo dat iemand so lank in aanhouding is sonder borg vir dit wat hulle gedoen het reg of verkeerd. As ek kyk na die landdros se van kan ek verstaan hoekom hulle n les geleer moet word

Theresa ·

Wie was ontvoer? Poging tot moord = waansin.
Niemand is dood nie. NIemand is beseer nie. Hierdie mense was drasties in hul optrede om ‘n OORTREDER OP HUL EIENDOM so te behandel, maar is nie moordenaars of ontvoerders nie. Bring eerlike, regverdige geregtigheid terug in Suid-Afrika. Teenoor almal wat hier woon.

Denise ·

Dit is n Sirkus net soos die Spur geval niemand is dood nie !!!!! Wat my wel bekommer is die aandag wat sake kry wat kleinlik is maar al die plaasmoorde en onskuldige mense wat elke dag vermoor word haal nie eens die nuus nie?????

Trots Afrikaans ·

Die uitdaging hier is dat elke Jan Rap en sy maat wat nou grond betree om te stroop of steel hardekwas gaan wees want jy kan hom niks maak nie.
Die polisie maak hom niks.
Die staat maak hom niks.
Jy kan hom niks maak nie.
Ek voel as Afrikaner al hoe meer in ‘n hoek gedruk.

chris ·

wat my verbaas is dat ek soveel name herken wat gese het waar is da en waars dit en dat
en nou kruisig hulle weer solidariteit en afriforum omdat die kwansuis selektief is weet ons
hulle wat hulle wil he ai ai

Adam ·

Goed gestel Thomas John, ons onthou nog die “brawe” manne wat destyds in Lucas Mangope se “koninkryk” gaan “oorlog” maak het en by hulle Skepper geeindig het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.