Doodskis-video: Ondersoekbeampte met vrae gepeper

Jackson (voor) en Oosthuizen in die hof. Foto: Phillip Bruwer

Jackson (voor) en Oosthuizen in die hof. Foto: Phillip Bruwer

Willem Oosthuizen (28) en Theo Martins Jackson (29), wat daarvan beskuldig word dat hulle ʼn man in ʼn doodskis ingedwing het, se borgtogaansoek is in die Middelburg-landdroshof tot Vrydag uitgestel.

Die hof het vroeër vanoggend die besonderhede oor die beweerde voorval, op 17 Augustus, gehoor. Konst. Dimakatso Bahula, die ondersoekbeampte, het die beweerde slagoffer, Victor Rethabile Mlotshwa (29), se verklaring aan die hof voorgelees.

Adv. John Welch, namens Jackson en Oosthuizen, het Bahula na middagete ondervra. Hy het gevra of sy die twee Land Cruiser-bakkies, wat glo tydens die voorval gebruik is, geïnspekteer het. Sy het ontkennend geantwoord, waarna Welch gevra het waarom nie. Sy het gesê die saak is oorspronklik tot 25 Januarie uitgestel en die beskuldigdes bly nie meer by hul huise nie.

Welch het gesê die beskuldigdes het hulself op 14 November oorgegee en dit sal nie moeilik wees om hulle op te spoor nie. Bahula het gesê sy was nie bewus van die reëling nie en het navraag gedoen oor waar hul vroue is. Welch het gesê Bahula het dan geweet hulle word aangehou.

Hy het hierna gefokus op Mlotshwa se bewering dat een van die beskuldigdes ʼn vuurwapen gehad het. Hy het gevra of Bahula verbaas sou wees om te hoor die beskuldigdes weet nie van ʼn vuurwapen nie. Sy het geantwoord sy sal dit aan die hof oorlaat om te besluit.

Welch het ook gevra of sy verbaas sal wees indien ʼn vuurwapen nie by die beskuldigdes se huise gekry word nie. Bahula het gesê sy sal eers ʼn soeklasbrief moet bekom. Diie klagstaat verwys nie na ʼn vuurwapen nie.

Mlotshwa sit tweede van regs. Foto: Phillip Bruwer

Mlotshwa sit tweede van regs. Foto: Phillip Bruwer

Hy wou hierna by Bahula weet wanneer sy met Sithole, die ander man wat glo deur die beskuldigdes aangerand is, gepraat het. Sy het gesê sy het op 10 November met hom gepraat. Hy wou ook weet wanneer Mlotshwa se verklaring afgeneem is, waarop sy gesê het dit is op 8 November gedoen.

Welch wou ook weet hoe Mlotshwa aan die bakkie vasgemaak is. Bahula het gesê Mlotshwa het beweer hy is aan die rolstaaf vasgemaak, maar dat hy nie spesifieke besonderhede gegee het nie.

Hy wou ook weet of Bahula enige oorblyfsels van die kabelbinders, waarmee hy glo vasgebind is, gekry het. Bahula het nie en dit het toe aan die lig gekom sy het nie die toneel besoek nie. Sy het gesê die toneel is op 17 November deur ʼn ander polisiebeampte uitgewys.

Bahula kon ook nie bevestig of daar wel ʼn voetpad van die informele nedersetting na die pad, wat na Middelburg lei, is nie, aangesien sy nog nie op die toneel was nie. Welch het gevra of sy bewus is van ʼn sak wat na bewering gesteelde koperkabels in gehad het, wat glo in Mlotshwa se besit was. Sy was nie, het sy gesê.

Welch wou ook weet of Bahula bevestig het of die beskuldigdes vuurwapenlisensies het. Sy het gesê volgens rekords het die beskuldigdes nie vuurwapenlisensies nie en is daar nie bewyse dat hulle vuurwapens besit nie.

Welch het Bahula daarna ondervra oor die kis en wou weet of die kis in die voertuig was en of hulle gery het om dit te gaan haal. Sy het gesê volgens die klaer het een van die beskuldigdes die kis met die bakkie gaan haal.

Bahula het bygevoeg sy het nie die kis gesien nie, aangesien sy nie die uitwysing van die toneel hanteer het nie. Welch het dit aan Bahula gestel dat die knopkierie, wat glo gebruik is om Mlotshwa in die kis in te dwing, nie aan die beskuldigdes behoort nie, maar aan Mlotshwa.

Met verwysing na die brandstofhouer het Welch gesê die bakkie is ʼn plaasvoertuig en dat dié soort toerusting daarop gehou word. Op ʼn vraag aan Bahula oor of petrol op Mlotshwa uitgegooi is, het sy gesê hy het niks daaroor in sy verklaring gesê nie. Welch wou ook weet wie van die twee beskuldigdes Mlotshwa glo in die kis gedruk het, waarop Bahula geantwoord het dit kan nie van die video afgelei word nie en die klaer is ook nie seker nie.

Bahula is ook gevra of Sithole nog by was toe Mlotshwa glo in die kis gedwing is. Sy het nee gesê en verduidelik hulle het Sithole laat gaan toe hulle Mlotshwa gewaar het.

Welch het aangevoer sy kliënte ontken een van hulle het met Mlotshwa kontak gemaak, aangesien hulle nie geweet het wie hy is of sy kontaknommer gehad het toe die klag ingedien is nie. Volgens Welch het hulle eers vasgestel wie die klaer is toe dit in die media bekend gemaak is.

Betogers buite die hof. Foto: Landi Malan

Betogers buite die hof. Foto: Landi Malan

Bahula het gesê die soeklasbrief, selfoonrekords en ʼn kubermisdaadondersoekverslag is nog uitstaande in die ondersoek. Sy het ook bekend gemaak die beskuldigdes word in die Witbank-gevangenis aangehou.

Welch het Bahula gevra of sy gemaklik sal wees daarmee indien die beskuldigdes op borgtog vrygelaat word en in ʼn ander provinsie gaan bly terwyl die ondersoek afgehandel word. Sy het gesê ja.

Volgens Welch bestaan geen moontlikheid dat die beskuldigdes die polisie se ondersoek sal beïnvloed nie. Bahula het egter nie saamgestem nie en verwys na ʼn beweerde voorval toe Jackson varke van ene mnr. Mahlangu geskiet het. Die landdros het egter gesê dis die eerste keer wat hy hiervan hoor en dat dit nie betrekking het op die saak nie.

Welch het gesê geen rede bestaan waarom die beskuldigdes nie op borgtog vrygelaat kan word nie. Bahula het weer verwys na Jackson se vorige veroordeling in 2008. Sy het eers gesê hy is aan bestuur onder die invloed van alkohol skuldig bevind en tot ʼn boete of tronkstraf gevonnis, waarvan die helfte opgeskort is.
Bahula het egter hierna gesê Jackson is skuldig bevind dat hy sonder ʼn lisensie op ʼn openbare pad gery het. Welch het die staat versoek om seker te maak van presies waaraan Jackson skuldig bevind is.

Welch het hierna versoek dat die saak tot Vrydag oorstaan. Die staat het ook aangedui hy gaan nog ʼn getuie roep. Die landdros het die versoek toegestaan en die saak tot Vrydag uitgestel. Die beskuldigdes bly in aanhouding.

Lees alle vorige berigte oor die doodskis-video op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

ja nee kyk, hulle wil nou iets groots maak vna iets wat dalk 'n grap was ·

Ek weet regtig nie of hierdie so ernstig opgeneem meos word nie, daai outjie het dalk oortree op hulle grond, siende dat hy ‘n sak gesteelde kabels gehad het, maar nee nou word ie aandag op die wittes gesit en ons vergeet dat hy gesteel het, gerieflik ne.

Amelda ·

Tipies soos hulle is. Daar gaan nou orals getuies op pop wat dinge gesien en gehoor het.

janneman ·

Ek stem Apie, ek glo hier was getuienis gefabriseer om n saak teen die 2 manne te laat vassteek…….

niel ·

kannie glo dat ons soo baie aandag aan hierdie sakie moet gee nie

Jan ·

Sensasie vriend, maar swart mense soek vergelding, want dit wat hulle in die media sien en wat aan hulle voorgehou word, laat hulle reageer, en wie kan hulle verkwalik?

Aan die anderkant sien baie wit mense dat hulle die swak kaarte gedeel word, hulle sien hoe hulle die sondebokke gemaak word in ‘n politieke spel.

Liewe heksie ·

Omw en dit is presies wie die sapd is regtig waarvoor is die twee stoutgatte nou weer in die tronk o ja hulle is wit

Cacophony ·

Ah regtig liewe Heksie jou besem het seker aan die brand geslaan en jou oordeel beinvloed. Stoutgatte ag twak man. Dis nie onskuldige skool seuntjies die nie dis twee VOLWASSE MANS. Hou op om hul dade af te maak as kattekwaad of stoutigheid. Stoutigheid is toktokkie of iemand se huis met eiers bestook. Hierdie is beslis nie stoutigheid of kattekwaad nie.

Frans ·

Kyk weer na die video. ? Die geweld wat aangewend word is verskriklik.

Johann ·

Maar, dit is nie waaroor hierdie berig en die kommentare gaan nie. Jy span die kar voor die perde, daardie inligting al nog aan die beurt kom, wag tot dan.

Jakoba ·

Frans het jy die geweld waar die pa met n graaf doodgeslaan is as ‘n verskriklike geweldadige misdaad bestempel? Dit gaan my verstand te bowe dat daardie verskriklike moord nie so baie aandag gekry het soos die een nie

Flippie ·

Weet jy wat geweld is? Dit kyk nie so nie. ‘ n Amateur boksgeveg is erger.

Die SAPD en klaers het alreeds leunagtig opgetree en waaroor sê jy niks.

Alida ·

Genade MM een berig is seker genoeg. Is daar nie ander nuus nie?

Darius ·

As jy bietjie jou ogies oopmaak sal jy sien daar is inderdaad ander nuus op maroela. Moet nie selfsugtig wees nie. Hiers baie van ons wat dot wil lees. Dankie Maroela xx

Manie ·

Die polisie vrou was baie vinnig om die krimineel wat op ander se grond is met koperkabels te verdedig met sy verklaring. Dit lyk egter op haar antwoorde of sy bitter min polisie werk gedoen het.

C ·

Alida as jy weer ‘n berig op MM sien omtrent die doodskis aanranding moet dit liewers dan nie lees nie. Dan sal dit jou nie pla nie en jy sal ons nie pla met jou kommentaar nie. Kry vir jou ‘n comic om te lees.

Josua Keys ·

Mense skrik wakker, as die twee ouens onskuldig is moet hulle vrygelaat word maar almal kla oor die berigte wat geplaas was ons het meer hofsake soos die nodig om uit te wys wie rassities is en wie nie, jy mag dalk n seun op skool hê wat dalk n swart vriend of so grappend gewys n klap gee of dalk duik of so iets iemand neem dit af en beweer jou kind het die swart seun aangerand of so iets, hoe die joos bewys jou dan sy onskuld as daar net een kant van die storie aanvaar word. Ons moet die gemors uit ons regstelsel uitroei en daadwerklik teen mense optree wat regtig rassities is dit is waarom die hof n regverdige saak moet aanhoor en dan ‘n regverdige besluit neem en indien die mense net n storie opgedis het om die twee ouens te laat sit moet daar dan teen daardie persone opgetree word en dit geld vir alby kante van die saak. Dit is werklike demokrasie!!!

tom ·

Daai manne gaan los kom want die staat wil politiek maak van die saak die staat se saak is swak kyk maar hulle het klaar n klomp foute gemaak goeie en wakker prok

jaco ·

so lyk regstellende aksie. hulle kry werk NET omdat hulle velkleur reg is. Opleiding, ondervinding ens tel absoluut NIKS. Ek SIDDER vir wanneer een van hierdie regstellende aksie aanstellings n verkeerde knoppie by koeberg kernkragstasie druk en n nuclear meltdown die hele kaapse metropool gaan bedreig.

GG ·

As ek Shucks was, was ek nou baie bekommerd! Al wat ek sien is ‘n oortreder -krimineel, wat skrikgemaak word, sonder dat hy beseer of aangerand is! In Shucks se flieks het soortgelyke grappe mense laat flouval en dan het die hele nasie lekker gelag. Die verskil is, die waarheid word verdraai in ‘n politieke magspel om stemme te wen, daar word vergeet van die misdaad realiteit en onbevoegde polisie, wat ons almal elke dag maar moet aanvaar. Intussen moet die 2 mans die lot betaal vir die eff en anc se vuilspel vir stemme

dee ·

Ek stem saam met Dan. Toe Maroela gee asb bietjie getalle op alle moorde op blankes of is dit nie sensasioneel genoeg nie.

Schalk ·

Ek wonder of die “onskuldige man” “Slagoffer” in die kis ook ‘n polisie rekord het of gehad het?

Hannetjie Harvie ·

Wat het hy op die plaas gesoek.?????? Dis die hele probleem. Ek veronderstel sy makkers het iewers gewag . Wat sal julle verkies, om in n kis gedruk te word, of om kookwater in jou keel te laat afgooi, beantwoord die vrag? Dan praat jy saam.

Schalk ·

Hannetjie in die land is die “victim” mos nie die boer of blanke nie. Ek stem saam die eerste oortreding van onwettige betreding word nie eers genoem nie. Die gereg gaan delf net in sekere mense se vorige oortredinge in. En ons belasting betaal die dienaars van die wet. Magties dis om van te vormeer

ada ·

Dit is regtig jammer om te sien hoeveel blootstelling Maroela aan hierdie saak gee. Waarom nie n slag oor iets anders nie.Hierdie storie is nou al so holrug gery dit is net nie waar nie. Ek sou graag wou weet hoeveel blankes al hierdie jaar koelbloedig vermoor is.Kan Maroela ons asb inlig?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.