Doodskis-video-saak: Kis glo ook voorheen gebruik

Willem Oosthuizen (voor) en Theo Martins Jackson in die hof. Foto: Landi Slatter

Die saak teen Willem Oosthuizen (28) en Theo Martins Jackson (29), die twee mans wat daarvan beskuldig word dat hulle Victor Rethabile Mlotshwa in ʼn doodskis ingedwing het, is Vrydagoggend in die Middelburg-hooggeregshof hervat.

Die verhoor is hervat waar adv. Wayne Gibbs, vir Oosthuizen, voortgegaan het om Mlotshwa te kruisondervra. Volgens Gibbs het Mlotshwa ʼn stok of ʼn knopkierie en ʼn swart sak by hom gehad toe hy deur Oosthuizen voorgekeer is.

Oosthuizen voer aan Mlotshwa het die kierie op ʼn dreigende manier opgetel. Oosthuizen het gewaarsku as hy hom sou aanrand met daardie kierie, “sou hy hom baie seer maak”. Oosthuizen het toe die stok afgevat en Mlotshwa gevra oor die swart sak wat in sy besit was waarop Mlotshwa glo gesê het dit is klere in die sak. In daardie stadium was Jackson ook op die toneel en volgens hom was daar koperkabels in die sak. Hulle het vir Mlotshwa aangesê om op die voertuig te klim sodat hulle hom na die polisiestasie kan neem. Mlotshwa het hulle glo gesmeek om dit nie te doen nie, maar hulle het volgehou.

“Oosthuizen sê jy het hulle gesmeek om jou eerder aan te rand as om jou polisie toe te vat, maar hulle het volgehou en toe het jy hulle begin dreig,” het Gibbs gesê. Mlotshwa het egter hierop geantwoord dat hy nie weet waarvan Gibbs praat nie.

“Oosthuizen sê jy het twee baie ernstige dreigemente gemaak: As jy my polisie toe vat en ek kom uit, sal ek elke jaar jou lande afbrand; ek weet ook waar jy bly, ek weet julle het vroue en kinders – ek sal hulle kom doodmaak.”

Mlotshwa het ontken dat hy dit gesê het. “Ek het gister al genoem ek het vooraf net van Jackson geweet, glad nie van Oosthuizen nie.”

Volgens Gibbs het Jackson en Oosthuizen toe vir Mlotshwa probeer bangmaak om hom te verhoed dat hy die beweerde dreigemente uitvoer en ook glo nie weer steel nie. Dit het ook aan die lig gekom dat die kis waarin Mlotshwa geprop is, glo ook ʼn vorige keer gebruik is. Oosthuizen het vir Jackson gevra: “Het jy steeds die kis?” en Jackson het “ja” geantwoord.

Volgens Gibbs het Jackson die kis gaan haal terwyl Oosthuizen saam met Mlotshwa gewag het. “Oosthuizen het jou uitgevra oor waar die kabel vandaan kom en oor wie nog betrokke is by kabeldiefstal. Terwyl hy jou ondervra het, het jou selfoon begin lui.” Mlotshwa het egter gesê hy het nie ʼn selfoon by hom gehad nie.

Volgens Gibbs het Oosthuizen toe die selfoon gegryp en ʼn wit man wat Afrikaans praat, het geantwoord. “Jy het gesê die man is jou werkgewer. Die persoon het homself as ʼn skrootmetaalwerfhandelaar geïdentifiseer wat gesê het hy het ʼn pakkie van jou af verwag.”

Gibbs het gesê Mlotshwa het intussen van die bakkie af gespring en weggehardloop. Oosthuizen het toe glo Mlotshwa se foon op die bakkie gegooi en hom agternagesit en vasgetrek. “Hy het jou weer bakkie toe geneem en Jackson het teruggekeer met die kis. Oosthuizen het agter Jackson aangery na die sloot waar die voorval plaasgevind het.”

Volgens Gibbs het Oosthuizen vir Mlotshwa gesê om Jackson te help om die kis af te laai van die bakkie. “Hulle het vir jou gesê om in die kis te klim en jy het. Jackson het ʼn video begin neem en vir jou verduidelik hulle doen dit om te wys jy word nie aangerand nie asook dat jy nie beserings het nie. Die videobattery het pap geword en Oosthuizen het sy selfoon gebruik om die video te neem. Hulle sê die video’s verskaf die hele strekking van wat daar gebeur het. Hulle erken hulle het jou gedreig om die kis aan die brand te steek, asook om ʼn slang binne-in te sit om jou bang te maak.”

Mlotshwa het egter gesê hy het nie geweet hulle maak hom net bang nie. Volgens Gibbs het Oosthuizen en Jackson vir Mlotshwa gesê om uit die kis te klim toe hulle klaar die video’s gemaak het. Mlotshwa het nie saamgestem nie.

Gibbs het ʼn transkripsie van die gesprek in die video aan die hof voorgehou. Daarvolgens het Mlotshwa onder meer gesê: “Ek steel, want ek het nie werk nie.” Mlotshwa het ook gesmeek dat hulle hom nie moet doodmaak nie. “Toe het die video gestop en hulle het jou toegelaat om uit die kis te klim,” het Gibbs aangevoer.

Mlotshwa het gesê hy kan niks daarvan onthou nie en was nie seker hulle maak hom net bang nie. “Hulle het toe ʼn foto geneem om te wys jy het geen beserings nie. Oosthuizen het vir jou gesê hy het nou ʼn foto van jou en ‘as iemand ons lande brand of ons families seermaak, sal ons weet dit was jy’.”

Volgens Gibbs het Oosthuizen en Jackson toe vir Mlotshwa gesê om te help om die kis op Jackson se bakkie te laai en vir hom gesê hy mag gaan. Mlotshwa het glo gesê sy skoene is nog agter op een van die bakkies en dat hy het glo toe vir ʼn saamrygeleentheid gevra.

Gibbs het Mlotshwa ondervra oor die beweerde beserings wat hy tydens die voorval opgedoen het. Gibbs het gesê die beserings is nie op die video sigbaar nie. Mlotshwa het gesê sy hele lyf word nie op die video gewys nie.

Dit het aan die lig gekom dat die oorspronklike verklaring wat by die polisie afgelê is nie opgespoor kan word nie. Die een voor die hof is ʼn getikte weergawe wat deur Mlotshwa geteken is.

Adv. Org Basson, vir Jackson, het dit aan Mlotshwa gestel dat sodra iets nie sy weergawe pas nie, hy ewe skielik nie kan onthou nie. Hy het verder adv. Gibbs en Oosthuizen se weergawe van die voorval bevestig.

Lees alle vorige berigte oor die doodskis-video op Maroela Media.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Carlia ·

Hoe absoluut tragies is dit nie. Die manne het net iemand bang gemaak wat steel en hul sit al maande in die tronk. Die staat is korrup en geld word gemors vir hofsake wat nie eers aandag verdien nie. Ek hoop hierdie hele storie draai om en dat die staat die manne sal vergoed vir die tyd wat hul onnodig opgesluit is.

Chrisjan ·

Die waarheid kom stadig maar seker nou uit.Dis duidelik dat die slagoffer nie net steel nie maar openlik lieg ook.

Linda ·

My pa het altyd gese as jy kan jok kan jy steel…. die 2 gaan hand aan hand.

Cherokee ·

Maroela het ‘n skakel onder elke herhalende berig wat lei na vorige berigte oor dieselfde saak. Kliek daarop en gaan lees die aanvalle op die twee deur Maroela-lesers. Deur mense wat steeds hier kommentaar lewer. Ek volg dit somtyds op en vergelyk met huidige simpatieke kommentare en dit is interessant om te sien hoe menings goedsmoeds verander word.

Linette ·

Ja … Is seker maar so, Cherokee. Ek dink darem nie ek het die twee manne veroordeel met van my opmerkings nie. Ek staan vas agter hulle – hierdie blikkapater het gesteel en lieg deur hom tanne.

Cherokee ·

Het nou net weer met ‘n glimlag gaan kyk Linette, en jou gewete is skoon. Ek dink die eerste berig is 15 November 2016 gepubliseer en daar was kommentators wat selfs (in opvolg berigte) 10 jaar tronkstraf vir die twee voorgestel het. (Petser of Pietser of so iets het seker nou van naam verander) Daar is egter Reinhardts en dies meer wat hulle ten strengste veroordeel en nou het die atmosfeer 100% gedraai met (byna?) alle kommentators simpatiekgesind. Lees hierdie forums en of dit oor diè twee, Spur of wie ook al gaan, let op hoe opsweepbaar mense is. Net soos in politiek – stem saam met die meerderheid.

Adam ·

Dit is ongelukkig so dat die huidige tendens van te veel feite vanuit die hof openbaar, telkens daartoe lei dat hofsake in sirkusse ontaard. Te veel onsinnige leke opinies blaas boonop verdere verdeeldheid aan. Die beeldsending van hofsake is ‘n onding. Daar is geen manier hoe dit in enige ander professionele beroep toegelaat sal word nie. Hoe dit ook al sy, die twee manne het fouteer en ten spyte van die feit dat die klaer niks anders as ‘n dief is wat onverhoeds betrap is nie, regverdig dit nie hulle optrede nie en hulle “gespog” met die video gaan hulle duur te staan kom en met reg ook.

Martie ·

Ek stem 100% saam met Adam. Mense is nie veronderstel om verkeerd met verkeerd te probeer regmaak nie. Ek het ook al té veel stories gehoor om enigsins simpatie te kan hê met die beskuldiges. Dis ‘n geval van ‘wat jy saai, sal jy maai.’

Nog ‘n waarheid waaraan hulle gemeet kan word, is: ‘Jy herken ‘n groot man aan die manier waarop hy klein manne hanteer.’

Mag regverdigheid seëvier.

Koos1 ·

Klaar deur die gemeenskap skuldig bevind! Nou eers kry hulle hul kans om hulle kant te stel.

se maar net ·

Niemand verdien om so behandel te word nie, maak nie saak waste kleur jy is nie, pienk of pers. “Wou hom net bang maak”? Hoe sou jy voel as iemand jou in so kis druk en jou net “wil bang” maak?

Pieter ·

Ek stem 100% saam jou. Dis ook een van die grootste vrese ter wêreld, om lewend begrawe te word, en benoudheid in n klein spasie (ek kan nou nie op die woord kom nie, en nie lus om te google nie)

Erich ·

gaan se dit vir die families van die mense wat wreed op die plase aangeval word… die ouens het net een ding verkeerd gedoen en dit was om die video te maak..

LMF ·

Gee die ou genoeg tou hy sal homself ophang oeps nou gaan my comment weer nie geplaas word nie

Johan. H. ·

Stem saam Erich. Moet n mens nou vir die outjie s , se Moenie hier kom sleel nie, jou stouter of wat,, Luister hoe is die wit outjies gedryg

Cherokee ·

Johan.H, digitale woordeboeke kan op internet bestel word teen relatief goeie pryse.

Helene. smuts ·

My e pos sal nie geplaas word, waarom ek altyd net sien nie geplaas, weet ek nie.. ok ek praat dit nue goed wat die 2 gedoen het, maar daar word nie opgetree as ons blankes, en kleurlinge en bejaardes verkrag, aangerand en vermoor word. Wat is u antwoord hierop

Martie ·

Daar word wel opgetree, Helene. Jy sal dit besef wanneer jy die nodige navorsing doen.

gawie ·

Cherokee – Pietser is blykbaar geswartlys want niks van hom word geplaas nie. Ewenwel, die manne het die ou in ‘n kis laat sit en gedreig om dit aan die brand te steek. Reeds aanranding, hulle gaan sit.

gerrie ·

Lyk of gerrie werk vir nou. Die manne sit die man in ‘n kis en dreig om dit aan die brand te steek (hulle erken dit). Dis reeds aanranding. Skuldig is hulle skuldig

Mossie ·

Ruil die kleur van die mense om en kyk of daar nog simpatie is vir die beskuldiges. Te veel mense beoordeel nog ‘n saak deur eers na die kleur van die betrokke partye te kyk. Onthou dat dit oor wins gaan as dit kom by wat die media publiseer en hulle ken hulle teikenmark. Daarom dat ons nooit van die grusame misdade lees wat daagliks in die “townships” plaasvind nie.

SARIE VAN HEERDEN ·

Ek sien jou punt, Mossie, maar as ons wel die kleur van die persone op die foto omruil sal ons vind dat daar nie LEWENDIGE wittes in die lee doodskis sou gewees het nie. want dit sou net ‘n lyk wees omdat hy aan sy verflenterde liggaam sou beswyk het voordat hy in die kis geboender is. Hierdie twee boere was desperaat om die diewe en kwaaddoeners werklik bang te maak. Daar word gans te min publisiteit verleen aan dit wat wit boere moet beleef om te OORLEEF.

gawie ·

Kan nie die wet in eie hande neem nie. Aanranding, skuldig.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.