Doodskis-video: Saak nou na hooggeregshof

Willem Oosthuizen. Foto: Landi Malan

Willem Oosthuizen (28) en Theo Martins Jackson (29), wat daarvan beskuldig word dat hulle ʼn man in ʼn doodskis gedruk het, gaan nog langer in aanhouding moet wag om verhoor te word.

Oosthuizen en Jackson het Maandag in die Middelburg-streekshof in Mpumalanga verskyn in afwagting vir hul verhoor om te begin, maar het toe gehoor die saak is tot 31 Julie uitgestel aangesien die direkteur van openbare vervolging besluit het om hulle in die hooggeregshof aan te kla.

Die twee staan tans tereg op sewe aanklagte waaronder besit van ʼn ongelisensieerde vuurwapen, twee sake van aanranding met die doel om ernstig te beseer, ontvoering, poging tot moord, intimidasie en dwarsboming van die gereg. Hulle is aanvanklik net van ontvoering en aanranding met die doel om ernstig te beseer aangekla.

Theo Jackson. Foto: Landi Malan

Die saak is na die rondgaande hof in Delmas verwys en tot 10 Augustus op die hofrol geplaas. Hulle bly in aanhouding.

Oosthuizen se prokureur, Marius Coertze wat onder meer ook vir Clive Derby-Lewis verteenwoordig het, het ná die hofverrigtinge gesê hulle oorweeg om ʼn nuwe borgtogaansoek in te dien.

Intussen het Jackson se prokureur, Christo Geldenhuys, Maandagoggend as Jackson se verteenwoordiger onttrek. Jackson word voorts deur Carel Taute verteenwoordig.

Oosthuizen en Jackson het hulle op 14 November in die teenwoordigheid van hul regsverteenwoordigers by die Blinkpan-polisiestasie oorgegee.

Dit volg nadat ʼn video verlede jaar wyd op sosiale media versprei is, waarin gesien word hoe ʼn man huil terwyl twee ander mans hom glo in ʼn doodskis indwing.

Die beweerde slagoffer, Victor Rethabile Mlotshwa, het vroeër aan die hof gesê hy het deur ʼn veld gestap toe die beskuldigdes hom voorgekeer het. Hy het gesê hy is aangerand en vasgebind en later gedwing om in ʼn doodskis te klim. Hy beweer die twee mans het voor dié voorval glo ook ʼn ander man aangerand. Die beskuldigdes het aangevoer Mlotshwa het koperkabels gesteel en hulle wou hom ʼn les leer. Hulle het gesê hulle het nie bedoel om Mlotshwa leed aan te doen nie.

Die voorval het glo op 17 Augustus naby die Komati-kragsentrale plaasgevind. Die beskuldigdes beweer egter die voorval was op 9 September.

Mlotshwa het eers vroeg in November ʼn saak by die polisie aanhangig gemaak nadat die video van die voorval op sosiale media versprei is en hy “verneder” gevoel het.

Landdros Jongilizwe Dumehleli het Oosthuizen en Jackson op 8 Desember borgtog geweier.

Lees alle vorige berigte oor die doodskis-video op Maroela Media.

‘n Skermskoot uit die video.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

41 Kommentare

Michael ·

Johan ek stem 100%saam met jou maar
Wat erg is die totale aanslag op die wit skuldiges teenoor die swart plaasaanvallers wat geen media dekking kry nie

Alida ·

MM hoekom nou weer die video wys? Dit is al miljoene kere gekyk.

Pieterlewismuts ·

Berge word van mils hope gemaak.

Maar molshope van berge wanneer dit by plaasmoorde kom.

Dubbelwaardes vir geregtigheid

Voorlaaier ·

Stem saam…..Die saak kan in die streeks hof verhoor word…..daar is geen rede dat dit i hoog gereghof saak is ni……Die hele storie word erg opgeblaas.

Petro ·

Stem 100% saam
Nie dat hierdie 2 onskuldig is nie..maar sou graag wou sien dat daar ook oor plaasmoorde ook soveel bohaai gemaak word…

Irene ·

Dis logies as jy sulke dinge in SA doen jy tweede sal kom so onnosel so moeg vir hierdie nuus

al ·

Gaan die plaasaanvallers ook so ñ rits aanklagtes teen hul kry?

Johan. H. ·

Los die tweetjies hulle het net bietjie sports gemaak.. Fokus op Moord !!!

Hendrik ·

Wat?! “Net ‘n bietjie sports”? wat hierdie twee buffels aangevang het is skandalig. Ek kan my net so min met hulle vereenselwig as met brandstigters en ander misdadigers. As Afrikaners moet ons die morele hoë grond behou en ons nie skuldig maak aan sulke verwerplike aksies nie.

Adam ·

Hendrik, moenie jou aan die kritiek steur nie. Ons eie mense se gedrag laat soms veel te wense oor. Die twee sal nogal fraai lyk in oranje. Die werklike moordenaars wil ek nie eens oor praat nie. Daar is geen rede hoekom moordenaars ‘n reg op lewe kan regverdig nie.

Chane ·

Adam jyt nie n benul waarvan jy praat nie! Kom stap in ons skoene asb dan kan jy begin oordeel toe!

Peanut ·

1. Wie het die video gemaak en2. Hoekom eers maande later versprei. Kla hom/haar gerus aan -sal jou leer om nie te split op jou pelle nie !!

LMF ·

Yes Peanut vra ek ook sekerlik n tjommie wat vir iets kwaad geword het en hul nou wil terugkry ek sê kla hom ook aan want hy was by magte om dit te try stop maar hy het nie eers n poging aangewend nie hoe sê die spreekwoord die deler is net so skuldig soos die steler

Sarel ·

Hy’t dit tien teen een vir paar pella gestuur, en een het gesien wat hulle doen is skandelik en sy menslike duty gedoen. Sal wil hoor of jy dieselfde voel as hulle een van jou kinders/vrou/pelle/jouself in n kis in dwing.

Dubbelloop ·

Waar is die publieke veroordeling, hofverskyning en wye mediadekking van die oortreders wat volgens video-berigte van 29-30 Maart 2017, by Bosbokrant ‘n verdagte dief brutaal aangerand het en hom gedwing het om sy eie graf te grawe waarin hulle hom lewend halflyf begrawe het en gereed gemaak het om met petrol te verbrand?

Dubbel standaarde, andermaal.

haantjiedaan ·

nie een van hulle was aangekeer nie. ook nie een van die wat verkragters, inbrekers en aanranders DOODgestenig het DOODgeslaan en aan die brand gesteek het is ooit aan die man gebring nie. dis dalk tyd dat Afriforum, solidariteit, vf+ die vervolgingsgesag in Den Haag gaan aankla vir misdade teen die witmens. maar oostehuizen en Jackson was mis nie betalende lede van solidariteit if helpende hand nie, daarom verduen hulle mos nie n helpende hand nie.

Magda ·

Wens die STAAT wil PLAAS MOORDE ook na die Hooggeregshof vat – en die gemors in die tronk hou tot dan, maar nee hulle word sommer +- n week na hulle gevang is vir borg vrygelaat??????? maar dit is mos nou WIT mense – en die blikskottel het gesttel maar daarvan hoor ons niks.

FrenchPeteers ·

Wanneer gaan ons besef ons bly nie meer in ‘n land waar ons kan maak soos ons wil nie. Ons woon nou in hulle land. Wat van ons begin hande vat en saam werk aan die land se toekoms. As ons ophou videos maak en brag wat se heros ons is en begin opstaan vir ons self. Kom ons begin ons self verteenwoordig en kom in gesprek met hierdie mense waar dit saak maak. Kom ons word volwasse en kommunikeer vir almal se beter stand. Oorlog en beledigings gaan my en jou kinders nie veel in die sak bring nie.

Pieterlewismuts ·

FrenchPeteers,
Gaan lees. Gerus die.Grondwet. en oortuig jouself.aan wie behoort die land.

Die.SA Grondwet het betrekking op alle inwoners in die land.

Daar staan duidelik geskryf:”South Africa belongs to all those living in it.”

Eps ·

Ek stem saam en selektiwe vervolging moet ook gestaak word. Dit is ook ongelukkig dat baie wit mense baie ego-gedrewe is en dit maak werklik nie saak wat jou velkleur is nie, verneder sal hulle doen. Die ander probleem is dat die sogenaamde goeie mense niks aan ego-gedrewe mense doen om hul gedrag te laat verander nie. Ego-gedrewe mense kry lekker om enige mens te verneder en af te kraak. Dit is ‘n veskriklike witmens ding om vir jouself statis te eien en dan aan ‘n kerk te behoort om hul gedrag te regverdig. Dit is oor hierdie tipe houdings dat ek baie eerder kerk dienste op die TV kyk nie nie saam met hygelaars in ‘n kerk nie.

FrenchPeteers ·

Arrogansie gaan vir ons presies in die sak bring wat alle blankes in die res van Afrika gewen het. Geen toekoms vir ons kinders nie. Daai mense kon altyd Suid vlug, waar gaan my en jou kinders oorhou in die land wat ons so hard voor gewerk het.

Nita ·

Plaasaanvallers wat mense martel en skiet en steek met skerp wapens, word net van roof aangekla. Waar is hulle ritse aanklagte???

FrenchPeteers ·

Dis presies wat ons moet begin kommunikeer met die leiers wat kan help. Ons kla op Maroela en nerens begin ons met hierdie mense praat wat al die gif saai nie. Ons moet opstaan en gaan kla by die wat die klomp deur die grense laat kom by die hordes. Dis hulle wat ons mense aanrand en dood maak. Dis blankes in die land gaan nerens kom as ons net bly kla oor ons omstandighede nie. Ons moet begin praat met Malema en die ander leiers wat sterk leiers is, maar nie simpatie het voor ons nie saam met hulle gaan begin werk nie.

anton ·

Het nuus vir jou. Gemiddeld slegs 17% van die misdaad in die land word gepleeg deur buitelanders. Die res is S.A mense wat dit doen.
En jy is baie welkom as jy met malema en kie wil gaan chat oor allerhande dinge. Moet nie verwag dat ware Afrikaners jou sal volg nie!!!

Andrea ·

En jy dink Malema en sy makkers gaan hul steur aan jou? Volgens my is hulle die ANC se miltere vleuel, en sit hul agter baie van die moorde op wittes.

Werner ·

Ou French soos dinge nou gaan het jou kinders klaar nie n toekoms in SA nie

Speedguard ·

En dit is so waar as wat padda heeldag kaalgat in die water swem !!

Dirk01 ·

al verskil hier tussen hulle streke en Leon Schuster is dat hulle n onwettige wapen het, en hy
word betaal vir sy movies………….was maar dom ding om te doen in ons politieke klimaat.

Chane ·

Julle mense moet die feite begin kry daar was geen wapen! Maar hoorse is mos waar. Net soos poging tot moord ernstige baie ernstig beseer maar ek gaan 3 maande na die tyd dr toe. Dis mos hoe erg hy glo beseer is! Hyt geen beserings opgedoen nie man! En die regsspan sal dit kom bewys!

Tokkie Reinecke ·

Liewe Hemelse Vader, hierdie twee gesinsmanne het nie besef wat die nadraai gaan wees toe hierdie video gemaak en versprei is nie. Ek bid dat U hulle sal bystaan, dat die leuens wat deur die beweerde “slagoffer” nie meer geglo sal word nie en dat ons nie verder opgesweep word nie. Ek bid ERNSTIG dat U wil sal geskied en dat die vyand se bande gebreek word en dat die betrokke vervolgers met U Gees gevul sal word. Die manne het berou en hulle families pluk die wrange vrugte. Ek vra dat almal sal intree vir die manne en dat hul werkgewers hulle steeds sal bystaan. Om U HEILIGE naam alleen vra ek dat U hierdie gebed soos my voriges sal verhoor. U weet ons het al ALMAL in ons verlede onoordeelkundig opgetree en wie is ons om meer klippe te wil gooi? Wie van ons se veledes is vlekkeloos en onbesmet en wie van ons het nog NET met WYSHEID opgetree. Verdelg asb alle negatiewe kommentaar wat hierdie mense se geliefdes wat onskuldig lei, moet lees en aanhoor!! Ek weet MY MEESTER lewe en SAL uitkoms gee!!!

Chane ·

Baie dankie vir jou gebede wens ek kon alles lees. Hul het n blad regverdigheid vir willem oosthuyzen en theo jackson doodskis saak. Net n regstelling hul het nie die video self rondgestuur en versprei nie. Die wat die rede agter die video wil weet like hul page en daar sal jul nadenke vind. Baie dankie vir jou gebed. Ek is een se vrou

Rosemary ·

Amen. Wie het nie geraamtes in hul kas nie??? Is jul volmaak?

Johann van Cullinan ·

Regtig. Niemand is dood nie. Ja dit was minder slim, om die gebeurtenisse te verfilm, maar die man is nie dood nie. Wat van die moorde op ons volk.

Alida ·

Niemand is dood nie. Die arme “slagoffer” soek net sensasie. Ons het nou genoeg gehad hiervan ASB verwyder dit.

Johan. H. ·

French.. Jammer jys verkeerd Dis my land,,, Ek buig nie die knieg voor die lot nie,, God is my borg,,, Dis omdat almal spring as hulle praat,,, Nie ek nie!!!

Hans ·

Hoop die arresteerdes wat miljoene rande se brandskade in Bloemfontein en 1000de mense se lewens in gevaar gestel het se saak ook in die hooggeregshof verhoor sal word.

Alida ·

Glo my geen haan sal daarna kraai nie. R500 borg en daar gaat hulle!

al ·

Wat ek nie kan verstaan nie, die man het nie gaan kla of ñ saak gemaak nie – wat my laat dink hy was nie getraumatiseerd nie. Eers toe die video op sosiale media verskyn, toe het hy skielik ñ probleem

Sakkie ·

Wanneer gaan n plaasmoord na die hooggeregshof? Die land behoort ook aan ons boere.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.