Doodskis-video: Slagoffer praat buite hof, gemoedere loop hoog

Victor Rethabile Mlotshwa. Foto: ENCA

Victor Rethabile Mlotshwa. Foto: ENCA

Victor Rethabile Mlotshwa (29), die man wat na bewering deur twee mans op ʼn plaas in Mpumalanga in ʼn doodskis ingedwing en met die dood gedreig is terwyl dit verfilm is, het Woensdag buite die hof vertel hoe hy vir sy lewe gevrees het.

Honderde ondersteuners van verskeie politieke partye, waaronder die ANC, EFF en DA, het buite die Middelburg-landdroshof saamgedrom, waar Willem Oosthuizen (28) en Theo Martins Jackson (29) verskyn het vir hul borgtogaansoek.

Hulle het hulle Maandag in die teenwoordigheid van hul regsverteenwoordiger by die Blinkpan-polisiestasie oorgegee. Oosthuizen en Jackson het reeds Maandag in die Blinkpan-landdroshof verskyn op aanklagte van ontvoering en aanranding met die doel om ernstig te beseer, waarna die saak na die landdroshof op Middelburg verwys is.

doodskis-willem-oosthuizen-theo-martins-jackson

Willem Oosthuizen (regs) en Theo Martins Jackson (links). Foto: EFF/Twitter

Die twee het egter Woensdag hul borgtogaansoek laat vaar, nadat die staat dit teengestaan het weens die openbare verontwaardiging oor die saak. Kommer is ook uitgespreek oor die beskuldigdes se veiligheid. Die saak is tot 25 Januarie uitgestel vir verdere ondersoek. Hulle bly in aanhouding.

Mlotshwa het buite die hof aan die media gesê hy bly in ʼn informele nedersetting naby die betrokke plaas waar hy glo aangerand is, naby die Komati-kragstasie. Hy het glo ʼn voetpad deur dié plaas gebruik het om by die huis te kom, toe die beskuldigdes hom glo ontvoer en hom van betreding beskuldig het. “Ek het probeer verduidelik en hulle het my geslaan. Ek het gedink hulle gaan my doodmaak,” het hy gesê.

Die voorval het glo al op 17 Augustus plaasgevind, maar het eers onlangs aan die lig gekom nadat ʼn video daarvan wyd op sosiale media gedeel is. Mlotshwa het ná die video aan die lig gekom het, die voorval by die polisie aangemeld en gesê dit het hom verder verneder.

Mbuyiseni Ndlozi, die EFF se woordvoerder, het honderde EFF-ondersteuners buite die hof toegespreek nadat hulle opgeruk het om aan te dring dat die “wit rassiste” nie borgtog kry nie.

“Die kameraad [Mlotshwa] wat vandag in die hof was, is maar net een van ons mense wat braaf genoeg was om ʼn polisiestasie te nader. Baie van ons broers en susters word op ʼn daaglikse grondslag op plase misbruik deur mense wat rassiste is,” het Ndlozi gesê.

Mbuyiseni Ndlozi tydens sy toespraak. Foto: EFF/Twitter

Mbuyiseni Ndlozi tydens sy toespraak. Foto: EFF/Twitter

Ndlozi het gesê rassisme moet val en al hoe dit sal gebeur is “as swart mense se grond teruggegee word” en die ANC nie meer aan bewind is nie.

“Die slagoffer het nie grond nie. Hy bly in ʼn informele nedersetting. Hy is nie hulle [die beskuldigdes] werknemer nie. Hy is aangekla van betreding, hy is gevang, geslaan en hulle wou hom doodmaak. Hy het om hulp geroep en gebid en hulle het hom verder aangerand. Die enigste rede waarom hulle hom wou doodmaak, is omdat hy swart is. Ons kan nie toelaat dat ons in ons eie land sy aan sy met rassiste lewe nie.

“Wit mense het na ons land toe gekom en ons mense doodgemaak. Ons is verder uitgewis tydens die apartheidsjare. Nelson Mandela het gesê ons moet hulle vergewe en ons het nooit wraak geneem nie. Ons is baie meer as hulle, maar ons het nooit wraak geneem nie. Waarom meen hulle nog dat hulle die base is en ons soos diere kan behandel? Dis omdat hulle steeds ons grond het. Ons gee nie om oor wit mense nie, ons soek net ons grond terug. Ons is net besoekers in hulle oë en dit sal net verander as ons ons grond terug het.”

Hy het verder gesê dit is goed dat partye soos die ANC en DA saam teen rassisme opruk, maar het gevra waarom die VF Plus en AfriForum nie daar was nie. “Hul werk is om deur die land te gaan en swart mense ‘te kruisig’ soos die Ku Klux Klan in Amerika, maar hulle kom nie na ʼn protes oor rassisme nie,” het hy bygevoeg.

Intussen het Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging, hom sterk uitgespreek teen die beweerde aanranding en gesê Oosthuizen en Jackson se optrede versterk onder meer die ANC se stereotipering van Afrikaners en wit mense as wrede rassiste wat met staatsmag beveg moet word.

EFF-ondersteuners buite die hof. Foto: Phillip Bruwer

EFF-ondersteuners buite die hof. Foto: Phillip Bruwer

Buys het gesê dat mense, wat ander aanrand, verdien om met die volle mag van die wet kennis te maak. Volgens Buys bemoeilik hierdie gedrag die stryd om rassisme hok te slaan.

“Afrikaners kan nie aan die een kant teen Julius Malema [leier van die EFF] se rassistiese dreigemente uitvaar, maar dan terselfdertyd hierdie tipe optrede duld nie. Rassisme in al sy vorms moet beveg word. Hierdie soort optrede, deur klaarblyklik ekstremistiese enkelinge, bied aan die ANC die stok om alle wit mense aan rassisme skuldig te bevind met behulp van nuwe wetgewing en ons as gemeenskap te veroordeel en te vonnis as rassistiese misdadigers,” het Buys gesê.

Hy het gesê verskeie instellings is besig om kommentaar teen die nuwe voorgestelde wet teen rassisme in te dien en ook om Malema tot verantwoording te roep oor sy blatante rassistiese uitsprake.

“As mense hulself skuldig maak aan sulke swak gedrag en optrede maak die goeie werk, wat die res probeer doen, ongedaan. Almal besef al teen hierdie tyd sekere rassistiese optrede word aan die groot klok gehang. Weerhou jouself eerder van sulke gedrag en werk aan wedersydse erkenning en respek,” het hy bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

119 Kommentare

seun ·

Wonder wat sal gebeur as n blanke n bord moet ophou in die publiek wat lees kill the blacks? #Dubbelstandaardemustfall

JD ·

Ek het aan presies dieselfde gedink. Sal seker toe gesluit word vir rasistiese uitlatimgs as ons so bord moet rond swaai.

Gatvol ·

Ek stem, wonder wat sal gebeur!!! Malema en sy trawante kan mos se wat hul wil en doen wat hul wil , dis mos nie rassisties nie, dis so lagwekkend!!!

Gerrit Renier Fouche ·

Vinnig om stereotiep te raak, wie se grond is die eintlik? Wat van Zuma en Malema se uitsprake teenoor wit? Plaasmoorde?
Vra maar net!

Andreas Meyer ·

Presies, hulle raak verontwaardig oor iets wat dalk ‘n kantlyn misdryf is. En ek het ook nog vrae wat daardie persoon voor die tyd gedoen het of wat in die area gebeur het. Iets is nog ‘n bietjie onduidelik hier.

Nici ·

Ek is wit
Sonder keuse, sonder besluit
Ek is wit
Ek is gebore hier
Hierdie is ook my land.
Ek word geskel en misken
Oor die onbesonnigheid van ander
Oor die euwel van Apartheid
En tog het ek nog niemand leed aangedoen
Maar vir die sondes van die vaders moet ek nou boet
Waar is dan nou Geregtigheid

Alex ·

I do not agree with what they did at all. But becareful of trail by media

Johanna Botha ·

Wat die mense gedoen het is verkeerd en moet gestraf en veroordeel word. Miskien moet beelde van plaasmoorde ook uitgelig word wat BAIE meer gebeur as die insedent….dit sou die saak gladnie beter or reg maak nie.

Annoniem ·

Hierdie voorval kan hoegenaamd nie met wreedaardige, bloeddorstige plaasmoorde vergelyk word nie. En waar is Solidariteit as swart mense vrygespreek / nie vervolg word nie wanneer hulle baie erger goed kwytraak op sosiale media as Penny Sparrow gedoen het en sy was strafregtelik vervolg?

Pietie ·

Niemand kan die betrokke daad goedkeur nie. Tog vra ek: Waarom was die EFf, DA en andere net so verbete buite die hof toe die UCT Rhodes verkragter onlangs verhoor is vir sy misdade oor ‘n lang tyd teen ‘n hele aantal meisies met vlegsels nie? Hy het hulle nie net wreed aangerand en verkrag nie, maar ook weerloos kaal voor hom laat paradeer en kru verneder. Die meisies het op openbare terrein gedraf en is doelbewus voorgelê. Wat is die verskil?

Lindie ·

Want dit bevorder nie agendas nie! Ook kan die ras kaart nie gespeel word nie…

Johan ·

Jy Hoor net sy kant van die saak is….wat sé die twee beskukdiges wat is hulle rede vir die daad….?Daar is nog baie vra wat beantwoord moet word…….het hy ge trespass? Het hulle opgetree oor plaas aanvalle in die omgewing……..?As jy iemand op jou plaas kry wat soos n ganster lyk met oorbel in……. As jy gevang word dat jy steel in die plakkers kampe…..word jy gevang tire om jou nek gesit en aan die brand gesteek…….my vraag is as hulle hom wou dood maak sou hulle……hoe het hy weg gekom…..?Dit blyk of hulle hom n helse skrik wou gee……Ek sê nie dis reg wat hulle gedoen het nie………ek sal graag wil hoor wat hule te sê het………..

Reg ·

Rassisme !
Wit rand wit aan- rassisme
swart rand swart aan rassisme.

Ja dit is verkeerd. Hulle moet hulle straf kry- maar vergeet die ras storie.

As mense op n plaas aangeval word wat is dit dan?- as plaaswerkkers deur kriminele aangeval word wat is dit?
Hanteer die misdaad!!! Moenie niecn stertjie koppel nie.

Lucas ·

Ek praat nie hulle daad goed nie maar die storie agter die storie sal nog uitkom. Wonder net tie die Oosthuizen gesin met hulle piekniek langs die vaalrivier aangeval is en die Pa met graaf doodgeslaan is was daar omtrent geen kommentaar in media behalwe Maroela nie. Selfs die DA het geskitter in hulle veroordeling!!

Drikus ·

Ja, Lucas, jy maak ‘n raak stelling. Boonop was die gesin wettig op die grond om as gesin te ontspan. Die 4 wreedaards het die pa voor sy gesin laat sterf terwyl hulle verhoed is om hom te help. Hulle is boonop aangerand en verneder. Nee maar, die grootmond aanstigters en politici maak niks daarvan nie. Dit is net so verkeerd. Ek dink veral die DA se Msimane kan nie trots wees op sy opruiende reaksie op die doodskis-sage nie.

Manie ·

Hierdie man behoort ook in die selle te wees vir betreding. Kyk net hoe slinks is hy. Hy het net n voetpaadjie gebruik. As iemand n voetpaadjie gebruik by my huis gaan hy nie eers in die hof kan verskyn as die sogenaamde slagoffer. Nie n woord van en witte oor die man wat grond onwettig betree het. Hy sit nou die ene onskuld in die voorste gestoeltes.

G.Havenga ·

Hoekom wys die pers nie die wrede manier wat onskuldige witmense op plase op barbaarse wyse vermoor word nie.Malema mag sè en doen net wat hy wil.Die pers se dekking van net gevalle waar witmense oortreè is skokkend om die minste daarvan te sè.

Johanna Botha ·

Boer jy het seker nie kinders wat hulle lewe nog voor hulle het nie ….asb dink aan my kinders wat onskuldig is en niks van dit verstaan nie. Niemand verdien om so behandel te word nie en dit is verkeerd. Die 2 manne moet hulle trots sluk en verskoning vra asb !

Jan ·

Sonder om die feite van hierdie geval te weet, as mens die EFF en ander partye se reaksie waarneem, dan kom die volgende by mens betreffende die land op: Is ALLE geweld tussen rasse, moord, roof, verkragting, dan nou rassisties, of net as ‘n swart persoon aan die ontvangkant is?

Jan ·

Kyk nou wat het Mmusi Maimane met sy Tweet oor die aangeleentheid op Twitter ontketen. Hy het by sy berig, waarin hy sy misnoeë teen rassisme uitgespreek het (sonder dat rassisme amptelik bevestig is) en dat dit uitgeroei moet word, ‘n foto geplaas van drie swart mans wat met yslike klippe in die hande staan en om die hoek van ‘n gebou loer. NOU WAT Sê DIT MMUSI!

popeye ·

Ons is dom mense en speel nie die “game” nie. Ons ruk kollektief nie op na die howe as blanke boere vermoor word nie! Die “baba” wat die hardste skreeu irriteer die meeste. Ons werk dalk meer en het minder tyd vir twak, maar ons gaan slimmer moet boks om gehoor te word. Die twee se daad bly laakbaar!

Tong innie kies ·

Popeye.Ek stem met jou saam.Hierdie ouens ploeg met ons.Hulle kan saamstaan en natuurlik die dam onder die gans se agterwereld uitruk en hulle weet dat hulle sukses bereik.Ons is vir die wolwe gegooi!

Jonell ·

Die man is nie eens beseer nie. Ek dink die boere moet hom aankla vir eiendom betreding. Skielik is dit hoof nuus. Regtig mense. Skiet liewers oortreders dood. Dan is daar rede om dit hoof nuus te maak.

Verkeerd ·

Wat die mans gedoen het is verkeerd. Sulke wreedheid is Goddeloos maak nie saak watter kleur die oortreders is nie. Wreedheid het nie n vel kleur nie Wreedheid moet veroordeel word!

Dan ·

Shame, hy het vir sy lewe gevrees. Wat van die derduisende blankes wat o.m. met grawe doodgeslaan is en op die wreedste wyses moontlik gemartel en vermink is voor hul vermoor is? Hulle stemme en pleidooie kan nie gehoor word nie.

Rynhardt ·

Wat die twee blankes gedoen het deur n swartman in n kis te sit en met n deksel oor die kop te slaan, was nie net verkeerd nie, maar uiters dom deurdat beeldmateriaal daarvan vrygestel is.Sonder om die implikasies van hul aksies te besef gaan onskuldige blankes geteiken word! Laat ek dit vir blankes uirspel, want baie mense het nie n benul van wat aabgaan in SA nie.Die Nasionale Parry regeer nie, nog minder die KP, nog minder genl.Viljoen.Bogenoemde het die grondslag gele vir n Anc regering wat nie vriendelik teenoor wittes is nie! Jy rand geen swartmense aan nie, jy bly weg van haatspraak op Twitter en Facebook, anders gaan jy die Penny Sparrow pad loop! Jy loop n skoon reguit pad as blanke, soos my ma altyd gese het! SABC2en E-TV het vanaad op hul stasies weer dit meesterlik gewys hoe die blankes optree! Verder het hul gewys hoe die drie Anc-faksies, die Anc, DA en EFF aandring op die vervolging van twee blankes terwyl al drie nog nooit opgetree het vir witboere wat afgeslag word nie! Blankes hou jou pad skoon en reguit, niemand gaan vir jou opstaan uit die politieke -sirkus- spektrum nie.Alles is teen jou in die nuwe SA.

Marli ·

Ek stem saam met jou Rynhardt, moet hulle nie klippe gee om ons mee te stook nie.

Gerhard Coreejes ·

Waar is die leierskap wat rigleiding aan ons mense moet gee om sulke gruweldade te verhoed ?
Waar is die leierskap wat die saak van die witman in SA moet verteenwoordig?

Dr. Amari ·

Rynhardt, dankie vir jou briefie. Plaas dit asb. op FB. Ons ondersteun vir Flip maar ek dink nie ons ondersteun die mense wat poog om die Afrikaners te help nie. Graag wil ons glo dat ons onskuldig is aan al die haat, maar mense soos hierdie dink net aan hulself en nie aan ander onskuldige mense wat die gevolg van hul dade sal moet dra nie. Dit is baie hartseer vir my om dit te moet se maar sulke mense behoort uit die samelewing geneem te word – hulle is ‘n gevaar vir die Afrikaner se voortbestaan in ons land.

PMB ·

Ek stem glad nie saam met wat daai twee persone Oosthuisen en Jackson gedoen het nie. Dit speel so reg in Malema se hande en die van die linkses. Die media ry ook die golf. Wens net hulle wil meer regverdig verslag gee oor sake. Waar is die verlae oor die plaas moorde en wrede moorde op wit mense? Die doelgerigte en beplande aanslag op wit mense is mense slagting! Malema ken glad nie eers sy geskiedenis nie maar loop rond soos n brandsiek hond en verkondig leuns en sweep die mense op. Hy sweep nie net sy eie mense op nie maar ook die wit mense en so begin ons onder mekaar baklei. Sit die ongeletterde politiekus in die trok want dit is waar hy hoort! As n reenboog nasie moet ons saam staan teen die radikale en ons land vry maak van hulle. Ons almal verdien om in vrede saam te lewe

Lance ·

Dit bly verkeerd al noem mens nou enige voorbeeld van iets anders ….dit bly verkeerd en maak nie iets anders reg nie.

Jan ·

Nee, dit gee net pespektief hoe verwronge in die kop en eenogig ons in die land geraak het en hierby sluit ek ALLE partye in, betreffende geweld, enige situasie wat tussen rasse plaasvind, dan kry dit nou prominensie wat gemelk word, veral waar die swart mens aan die ontvangkant is.

Arizona ·

Ek keer nie goed wat die twee outjies gedoen het nie maar die maater lyk baie slangs

Chris du Plessis ·

Ek kan ook maar net beaam wat Flip Buys se. Afrikaners kan nie hierdie soort ding bekostig indien hulle simpatie vir hul saak soek van die res van die wereld nie.

Oom Piet ·

Ek dink die “slagoffer” was astrant met die eienaar gewees en dit het aanleiding gegee tot hulle optrede , geen mens sal so optree as hy nie tot die uiterste getart word nie. Geen haan kraai na die optrede in die informele nedersettings as ‘n skelm gevang word en daar reggesien
word nie.

Arizona ·

Wat hierdie manne gedoen het is verkeerd en hulle moet gestraf word maar daai mannetjie lyk na alles behalwe n onskuldige stapper

Elo Quinn ·

Dit is mense soos hierdie wat ons ander se grafte grawe en ek het geen simpate met hulle nie. Dit is ook net hulle geluk dat ek hulle nie hoed te verhoor in ‘n hof nie want ek sou beslis ‘n voorbeeld van hulle gemaak het. Hoeveel onskuldiges gaan nou weer vermoor word as gevolg van hulle stommiteite?

Adam Boshoff ·

Ja nee kyk Daar is doodse stiltes as n boer vermoor word maar laat dit n swarte wees wat bietjie gekarnuffel word is dit moord en word dit van die hoogste dakke af uitbasuin Tyd dat n koerant gestig word wat al die swart op wit geweld kan op blaas in die ergste graad

Adrian ·

Die oortreder, is sy vingersfdrukke deur die polisie geneem dalk was hy ook betrokke by plaasaanvalle, vra maar net

Hannes ·

Moet eerder nie daarvoor hoop nie. Ons gaan ons gatte goed sien as ons teen die swart massas moet veg.

Amanda ·

Dalk maar n grafiese video van plaasmoorde, kom ons sê net van die laaste 6 maande, verspei? Hoekom is daar nie so bohaai daaroor nie?

Andrea ·

Ek stem saam.
Ek dink Afriforum moet videos van die tonele van moorde op blankes, soos plaasmoorde maak en dit op alle sosiale media versprei, dat dit viraal gaan. Dat die hele wêreld kan sien hoe dit lyk. Vir wat dit werd mag wees.

tom ·

Mense ons boere is gatvol verby flip buys jy warra warra nou al die mense warra warra hulle het geen respek vir privaat eindom hulle steel alles draad paale slag skaape wat dragtig is ons boere moet dag en nag werk om als op te pas ons is gat vol vir misdaad gatvol vir die malemas

Buitestander ·

Dit is ‘n politieke misdaad waarvoor hulle amnestie kan kry!

Frans ·

Dis video op SABC lyk soos n speletjie. Wonder of die drie manne nie goed betaal word vir die aksie nie. Lees die weer die berig en let op hoe die “rolspelers” se gedagtes die een na die ander mekaar opvolg om sodoende n berekende (beplande) boodskap oor te dra.

neels ·

Hulle leef en is nie vermoor nie. Daar is n verskil. Gaan hulle nou gehang word daarvoor? Wat van al die plaasmoorde ? Waarom gaan dieswartes nie daaroor aan nie? En ook die moorde in die voorstede? Wat daarvan? En die kinders wat trauma beleef met aanvalle op die plase? Gee my n antwoord daarop.

Pik ·

Kan nie verstaan as wittes iets doen word dit oral genoem dit was wit mense in ander gevalle word hulle “verdagtes” genoem media is besig om ook maar eensydig te wees

Justice ·

Een ding is ‘n feit – Victor gaan 2 keer dink voordat hy weer afdwaal, oor of deur ‘n draad klim en kortpad oor privaat eiendom wil neem. In sommige gevalle word die drade blatant geknip ongeag die kosbare diere wat die boer probeer inhou.

Genoeg ·

Jammer EFF dat ons nie daar kom wees nie maar ons het maar verkies om te werk en vir ons gesinne te sorg as om die strate te demonstreer. Iemand moet belasting betaal

Sannie ·

Ek waa nogal verbaas vanoggend toe ek die op die nuus hoor en daar word genoem dat dit twee wit/blanke mans is, ras word mod nie meer deesdae in sulke gevalle genoem nie….bedoel, daar word nie met elke plaasmoord of inbraak gesê die aanvallers was swart nie!!! ?

Chrisjan ·

Hannes, dit is nie AS nie, dit is wanneer. Kry jou gat in rat en berei jouself voor. Meeste van die massas is goeie mense, die geveg is teen ‘n klein persentasie radikales.

Pies ·

Waarom se die media dit is rassisties maar ander aanvalle is nie? Op grond waarvan is dit rassisties?

Oom Kalahari ·

@Magda…..lees weer die berig bo waar hy nou noem hy was gevang, geslaan en hy het gebid en om hulp geroep en is weer aangerand. Wow…. nou kom die vraag, waarom was die aangeleentheid dan nie in daardie stadium deur die Mnr Victor (slagoffer) aan die polisie gemeld 3 maande terug nie of was daar dalk ‘n vrees by hom van arrestasie oor betreding ens by hom, maar nou skielik na die video en tyd’s verloop kan hy nou baie uiter. By Vrydag is hy weer so getraumatiseerd en nagmerries elke aand dat berading nodig is, hy kan glad nie meer werk met al die vrese en moet paar families onderhou en moet nou ‘n groot vergoeding bekom vir al die trauma. Ek praat niks goed van die twee verdagtes se optredes nie, want hul kon ook ‘n klag van betreding op daardie dag geopen het sonder hierdie tipe van negatiewe optredes.

Jan ·

En Mmusi Maimane, wat maak hom beter as hierdie ouens, kyk wat het hy op Twitter ontketen met sy berig en foto wat hy oor die aangeleentheid geplaas het!!!!

Ook, hy het die howe vooruit gehardloop!

Johan Fourie ·

Mnr Mbuyiseni ons boere volk is meskien klien maar raak ook nou gatvol vir julle drygemente.Gaan lees maar jou geskiedenis as en waneer ons saam staan,is die hel los.

Jannie ·

More almal ek wil net graag weet hoe kan ons meerinligting van die plaas m oorde uit bring op die media wa almal kan sien dis ma die self de blankes vrees ook ma v hulle lewe

Johan ·

Rassisme word lewend gehou deur Malemas. Dreig om wittes se grond te vat en te vermoor. Hoekom altyd skuil agter vuil politiek. Malema is “wind:. As die boere storm op hom afkom bevuil hy homself.

Anoniem ·

Julle gaan almal so tekere oor hierdie twee mans. Wat van die boere wat so wreed aangeval en vermoor word op hulle plase. Wat van daardie vrou wat in ‘n hoenderhok gaan wegkruip het om weg te kom van haar aanvallers. Het sy nie toe ook vrees beleef nie. Beleef die boere en hulle gesinne nie ook vrees wanneer 5 aanvallers in jou huis verskyn en daarop uit is om jou of jou gesin te vermoor. Nou word daar so ‘n ophef gemaak van hierdie een man. Vir wat?

thea ·

En die bord wat rond geswaai word KILL WHITE gaan iets gebeur met die een wat die bord vas hou ek wonder maar net. Alles wat sleg is blank net nie ons geld nie.

Johan Venter ·

Keer glad nie die optrede goed nie, maar waar is die ANC, EFF en die res as daar beskuldigdes in die hof bank staan vir plaas moorde, vergragting en skending van die blanke volk???????????????

HENDRIK ·

Dankie vir al die kommentaar. Gaan almal wat hul harte skoon gemaak het hier ook by die hof hul harte in die publiek skoon maak soos EFF en ander politieke mense.

Pual ·

Okay wow – ek nou agter ook nou op vang hier , eks oud , so julle se my die storie kom al van Augustus maand ??? ooo is net toeval dit nou op voorgrond kom , ek meen dis nou nie as of dit die aandig van enige ander sake aftrek nie. En net uit baie , baie persoonlike ondervinding , om te hoop n boellie wat sy mes in het vir jou (vir watter redes ook al ) om te hoop hy gaan weg want jy slaan nie trug nie – dit werk nie daai boellie het gister jou maatjies se broodjies klaar gevat , vandag vat hy joune , more ?

Paul ·

Jammer ek jap so baie ek bmdat geregtigheid nie geseëvier het van dag nie gaan hy more uit sy moet al 2 keer post »eie net stop ? Plaas moorde is n feit dit weet ek ook eerste hands – is as gevolg van bitter min op trede dat dit voorgaan – as leiers nie na vore tree en wed en geregtigheid laat geskiet nie bou mense soos n “pressure cooker “ n wysop – tref my n wyse leier so gevra het wat aanleiding gegEe het toe voorval in eerste plek – my pa sou se n man met n werk sal nie tyd he om “oor n ander ou se grond teloop nie“ ek reken ook mense wat nie weet dat ander mense soos hulle self op plaas virmoor word sal ook dan nie (dom ) stappe nee om enige moontlikheid dat hulle volgende is dan neem nie en laaaastens n vinnige / regverdige / diplomatiese oplossing moes deur leiers geneem word ( rug pilaar , dankie die Vader nog , is “ punishment must suit the crime “ jy kan nie 2 mense dom mag hulle wees , hang , omdat hulle n ander ou nie gedood het nie.

Anoniem ·

Wat van onskuldige blanke boere . Hoe het hulle nie gevrees vir hulle lewens nie en in elk geval vermoor word??

Theresa ·

Waarom was VIctor op grond waar hy nie woon nie? Waarom word kortpad gekies oor ‘die besit van ‘n ander? Nee, die twee mans het fouteer en metode was ekstreem, maar steeds leef VIctor. Ek weet van min blankes wat sommer kortpad oor ‘n ander ou se grond sal vat oor hy WIL. Daar is ‘n argwaan ingebore. Kyk nou net hoe gaan hul tekere oor hierdie geval. Maar wie vra hom waarom hy kortpad kies deur grond (tien teen een nog die draad gebuig, gesny en verniel om sy kortpaadjie te kan vat!!) Skade, betreding, oortreding. Bly in die pad en moenie deur ander mense se grond deursneak nie. Dis gevaarlike tye na albei kante. Almal moet hul neuse skoon hou en dit geld ook vir diégene soos VIctor wat nou vreeslik bohaai maak.

Theresa ·

Wie hou die plakkaat vas waarom die haat en moordboodskap staan? Is ‘n arrestasie al gemaak volgens die nuwe wet? Belaglik verby. En dan wil hul respek hê??

Johann ·

Wat hierdie ouens gedoen het is glad nie reg nie.
Gister toe post die DA leier ‘n foto op Twitter wat geweld teenoor wit mense aanmoedig.
Dan is daar nog Malema se opmerkings teenoor wittes.
Hoe werk dit dan?

Jan ·

Waarom kan mens dan nie nou ook vir hom by die MRK gaan verkla nie?

Jan ·

Maimane se Twitter-blaps sal nie op die voorblaaie van die media en die koerante verskyn nie.

Karen van Zyl ·

Ek is bly iemand het gevoel soos hulle tien teen een gevoel het toe hulle hom op hul plaas kry, hulle het gevrees vir hulle lewens.

Johan ·

Ek sal baie graag die twee se kant wil hoor…..ek lees nou dat jy sê hulle sê hy het ge terspass en kabel gesteel……..nou as jy mooi na die ou kyk……lyk hy nou na iemand wat sal steel of dalk kan inbreek………..of net n doodgewone ou wat op iemand anders se plaas rondloop…………

C ·

Liewe Victor, ek is soo jammer om van jou vrees en leiding te hoor, alhoewel ek nie eintlik simpatie het nie. Het jy nou regtig gedink dat ‘n boer ‘n deurloop deur sy plaas na ‘n nedersettings gebied sal toelaat? Jy was daar met ‘n rede en ongelukkig is jy gevang voor jy die boer kon vang. Hoekom was die eff gespuis nie ook by die hof met die Rhodespark aanval nie? Dit moet seker iets te doen het met die feit dat hul hul pligte suksesvol afgehandel het.

Jan maak n Plan ·

Ek verstaan die storie nou nie so mooi nie. Die hele aangeleentheid het blykbaar al op die 17de Augustus plaas gevind. vraag hoekom nou eers n klag gaan le???? Dis baie duidelik dat iemand hierdie saak gebruik vir politieke gewin want nou ewe skielik is die klaeer ‘n “kamaraad” en voor die tyd was hy niks. Wie se dat hy nie saam gespeel het vir die kamera nie????? Hierdie saak het ‘n stinkie aan hom.

Jan ·

Reënboognasie? Nasiebou? Lyk my als is ‘n mite, nie in dié land nie, en veral nie in hierdie era nie. Dit raak net erger en erger.

dolphin ·

dis moes nie gebeur het nie daar kom die eff al die politiek wat elke dorp aan gekla kill die wittes maar wat van swart? .die een moet val moet ophou om al die rassitsme blameer .hkm vlag daar staan almal op een moet saam werk.

Louise ·

Maar dis reg KILL THE WHITE,
Teroerisme man, dis wat dit is.
Die WIT nasie word ge target man.
Maar nou word daai ou VIDEO die hele wereld in gestuur en wys watse tiepe mense WIT mense is en hoe DIE WIT mense die res uitbyt. TWAK man gelukkig bly ek in die land en weet wat aan die gebeur is.

Marra ·

Hulle ken nie eers hulle eie geskiedenis die Koi San was eerste in die land.(“Wit mense het na ons land toe gekom en ons mense doodgemaak)

Dubbele standaarde in SA ·

Hoekom op aarde betoog al die Politieke partye daar maar by moordverhore op boere is daar niemand te siene nie? Ek dink eerlik hulle was totaal en al verkeerd en ek keur die daad ten sterkste af, maar die KILL WHITE en anti-wit slogans en anti-wit haat wat nou uitgespoeg word is REGTIG nie beter as wat hulle gedoen het nie, en daar word NIKS aan gedoen nie? Hoe op aarde word WE WILL SLAUGHTER ALL WHITES nou vergelyk met twee ouens wat ‘n swarte in ‘n doodskis ingedwing het? Lyk my net EEN nasie is hier “meer gelyk”, die ander tjop almal af. Die ANC en DA en EFF het NIKS teen Julius se haatspraak gedoen nie, maar hulle is eerste by die hof oor die ‘coffin-case’. Snaaks hoe al hierdie goed name kry. Waterkloof 4, Coffin case, wat noem ons die moorde op onskuldige mense in hulle huise en op plase? En HOE kry Dlamini dan borgtog elke keer en gaan sweep weer die studente op maar is bang vir die twee se intimidasie? DUBBELE STANDAARDE!

Deon ·

Hoekom is ons so lief vir sosiale media? Menige blanke het al hul gatte gesien op Facebook!!

Willie E ·

Ek wens blanke afr sprekendes wil van die VERDOMDE sosiale media af wegbly. Mense het te bleddie veel tyd om met hulle selfone en “laptops” te sit en peuter. Miskien het hulle almal te MIN werk om hulle besig te hou. LEER MAAR JULLE LESSE EN BETAAL TEN DUURSTE DAARVOOR….STUPID!!!!

Tong innie kies ·

Popeye.Ek stem met jou saam.Hierdie ouens ploeg met ons.Hulle kan saamstaan en natuurlik die dam onder die gans se agterwereld uitruk en hulle weet dat hulle sukses bereik.Ons is vir die wolwe gegooi!

veruschka ·

Ja ne! En nou kom dit so mooi gepas vir ou malema om sy punt te kan bewys. Se maar ons wittes kan more die land verlaat, wie gaan hul salarisse betaal want dan is die taxpayers weg!?? En kyk dan na 5jaar of daar verbetering is??

Se iets ·

Hy het gevrees vir sy lewe, WAT? Hoe vrees ons nie vir ons lewe as daar ingebreuk word en als nie. Man die mensdom

Andre ·

So groot storie, is die ou dood? Hoekom gaan hy eers na amper 3maande polisie toe ? As dit so wreed en erg was, sou hy mos dieselfde dag wat hy losgebreek het polisie toe gegaan het ?

Jan van Riebeeck ·

Ek stem saam met Flip en Chris du Plessis. As ons onsself wil roem dat ons hoër morele grond betree mag ons nie langer onsself met die swakste vergelyk nie, met ander woorde die Malemas en plakkers van hirdie wêreld nie. Dn moet ons optree soos mense wat selfbeskikking verdien en daarop aandring.
Vergelyk jouself met die beste.

Uvonka ·

Kameras, massas wat agter jou staan, hy is ‘n uitstekende akteur!!!!

Karin ·

ek praat dit nie goed wat die ouens gedoen het nie …. my vraag is net in die tyd wat ons leef in die land wat verwag die mense gaan gebeur ? as jy nie op die plaas hoort nie gaan jy jou vasloop . Hordes trek op na die hof … vir wat het EFF stemme nodig ? en die feit is ons is almal van iewers anders die swartman ook .. wie het wie se grond gesteel ? hoe steel jy grond my ou ? Dis God gegewe en ek weet nie van enige iemand wat grond van die swartman gesteel het nie /… ons het maar die grond gekoop maar ja dit is in die klein brein van die leier van die EFF … shame iemand moet iets doen maar ek weet nie of iemand die guts het nie

m ·

Ek praat nie goed wat hierdie twee gedoen het nie, maar die ander mense weet ook net hoe om n goeie show te gooi as die kameras op hulle is………. te veel aandag !!!!!!

Carlia ·

Toe ons ‘n plot gekoop het, het ons v erskriklik gesukkel met die deurlope. Op die ou end moes ons ons hele plot met ‘n 8 voet heining en lemmetjiesdraad afspan om dit te keer. Die bure om ons sê dat hulle al 30 jaar so bly en niemand dit ooit sal kan verander nie. Na Malema se uitlatings dat grond gegryp moet, is so ‘n ergelose houding bitter onvanpas. Jy stel almal se lewe in gevaar oor jy nie 24/7 weet wie deur jou grond loop nie. Indien die persoon al voorheen gewaarsku was, en soos by ons, ‘n arrogante houding het, sou die les beslis iets wees wat hom sou bybly. Maar nes ‘n kind, as hy simpatie kry oor ‘n pak slae, sal hy dit nou tot in die ergste graad opblaas, want die persoon wat die pak gee, moet boet. Jammer vir die twee mans. Hulle het regtig onnosel opgetree en die bom het lelik in hul gesig terug gebars. Ek dink nie hul bedoeling was so erg soos die media dit nou opblaas nie, maar, maar, ons bly in ‘n SA waar daar elke dag vir jou vertel word jy gaan doodgemaak word omrede jy wit is, jy het ons grond gesteel. Ons almal se hande is agter ons rug vasgemaak. Die daad het baie lelike komplikasies vir elke wit vel.

Mels ·

My vriend het paar maande terug ‘n inbreker doodgeskiet. Hy is vir moord aangekla en die saak sloer en sloer. Wat moet ons blankes doen – stil sit dat ons uitgemoor word of moet / mag ons onsself verdedig – dan die helse gevolge dra van vervolging!!! Net die Hemelse Vader kan ons help!!!!!!!!!!!

anton ·

Mels……ons mense moet begin om ons gesonde verstand te gebruik. Ons blankes gebruik nie meer ons verstand nie en dit is ons grootste probleem.

Jean ·

Ken enigiemand hierdie makker wat in die kis toegemaak is? Snaaks hoe mense so opruiend kan raak en tekere gaan oor iemand wat hulle nie eers ken nie en oor ‘n insident wat in Augustus plaasgevind het? Ek stem steeds nie saam met wat die manne gedoen het nie, maar die BETOGINGS en anti-wit slogans staan my NOG minder aan.

E ·

Op die wit bord buite die hof staan KILL # WHITE. Nou toe, watter een is nou erger as die ander?

stef ·

1. HOEKOM moet almal onder lui as mense dom goed aanvang ,
2. HOEKOM gebeur gebeur daar niks met die man wat die GROOT WIT BORD vashou wat se”kill the white” nie ..
3.Soos wat ek op GOOGLE lees was hier baie jaare terug net ZULUS,BRITTE,KOISANS end NEDERLANDERS,
4.HOEKOM IS DAAR NOOIT EENIGE IETS VAN MY AS N “MENS KLEUR” (soos ons in Gr.1 geleer het van Kleure)(EK IS NIE MELK NIE ) persoon se geskiedenis nie , waar kan n mens nog lees oor dit met meer informasie ……..

Pierre ·

Ek is van alle kante af teen enige vorm van optrede soos hierdie. Die Bybel is duidelik dat daar nie groot sonde en klein sonde is nie, optrede soos hierdie skaad egter die minderheid blankes meer as wat ons kan dink en moet dit op geen manier goed gepraat word nie. Ek is egter erg beswaard oor die blootstelling wat hierdie persoon kry om sy kant te stel buite die hof. Daar word na hom gekyk as die “victim” en 2 persone word in aanhouding geplaas oor sinnelose optrede. Nou my punt, n en eggenoot word langs die Vaalrivier voor sy gesin vermoor waarna daar ‘n “victory” dans om die vuur uitgevoer word, wat hiervan, niks want hy is blaank. Hierdie persoon lewe nog maar dit word so opgehef dat al wat leef hom jammer kry, skuus maar ek verstaan niks meer nie. Selfs die EFF mag sy mense opsweep dat blankes geslag moet word, dit is ook reg, wat is my status dan, is slegs die blankes dan verkeerd.

Emma ·

Wat ek nie kan verstaan nie is hoe so ń “evidence” op sosiale media kan beland! Neem ń foto en stuur op whatsapp net vir jou betroubare vriende.

WW ·

Nee, ook nie so nie. Gaan vra die jong onderwyseres by Grey Kollege wat haar betroubare vriendin met ‘n sekere foto gemaak het….. Moenie stupid wees nie; en moet veral nie jou stupidity op film vaslê nie. Want dis net plein stupid.

Bolander ·

Die swartes is nou so ongelukkig oor die insident. Maar vergeet so gou van dit wat hulle besig is om aan ons te doen!!!!!!!!!!!! Hulle is besig om die wittes uit te moor en sê sommer hulle sal die “Wittes moor!!!!!!!!!! Waarom al hierdie haat. En die 2 mans kon nie ‘n slegter tyd gekies het om sulke gemors aan te jaag nie. Nou moet ons weer aaaaaaaalmal daaronder ly!!!!!!
Kom nou Suid Afrikaners, kan ons nie maar vir ‘n slag saam staan nie, ALLE KLEURE, en ons land oppas vir dit wat dit is nie!!!!!!! Voor dit te laat is!!!!!! Want die wat nie gehoor gee nie, gaan in die hel brand. So seker as wat ons vandag op die aarde is!!!!!!!!

Die naam is Pompies..... Piet Pompies ·

Die persoon wat die video versprei het moet op groot skaal aangetree word, wat motiveer iemand om so iets te versprei? Verskaf asseblief sy/haar naam, so iemand moet ge-“name”en ge- “shame” word.
Nietemin, die twee se optrede was uiters dom, veral in die moeras waarin ons verkeer en probeer uitkom. Mens kan die optrede rasionaliseer soveel jy wil: DIT BLY DOM.
Iemand het voorheen genoem vergelyk jouself met die beste, nie met die swakste nie, dit beteken vir my tree op soos die beste, nie soos die swakste nie. Dit is nie hoe ek graag myself en hierdie volk wil beskou nie…

Anoniem ·

“As swart mense se grond terug gegee moet word”
WATSE GROND HET HULLE GEHAD?

anton ·

Ek het nou finaal tot die gevolgtrekking gekom na al die kommentare wat ek oor die storie gelees het.
In die land is daar Miskien ja Miskien 1% opregte ware boere Afrikaners nog oor!
Die res praat slegs Afrikaans en is blank van gelaat. Dit is al.

tamboti ·

die slagoffer leef nog, hy het nie eers direk na Polisie gegaan en saak gemaak nie – seker omdat hy skuldig was oor die diefstal!
Flip Buys ek moet met jou verskil, gebruik jy nou nes al die links liberaal radikaal terroriestiese meerderheid, een voorval om jou mond uit te spoel oor blankes wat nie wil saamwerk vir versoening nie???? wat van die honderd duisende gevallle waar die blankes slagoffers is juis van die teenoorgestelde????
Nee ek het nie die video gekyk nie en ja ek stem nie saam dat dit gedoen is nie, maar ek gaan nie my rug op enige van my volk draai nie – julle is welkom as jul joiners wil word.
En ja dis hoog rassisties, net omdat die oortreders wit is, is dit die einde van die wereld misdaad!!!!
‘n MAN het sy beginsels en staan daarby, BASTA!

Ansie Kotzee ·

Rassisme. Wat is plaasmoorde anders as die hoogste vorm van rassisme?? Waar is ons blankes om te betoog en tyres om die nekke te sit van hulle wat ons mede boere en onskadelike ou mense so vermink, verniel en vermoor? Waar is die media/pers/sosiale media as dit bekend word? Kyk na net die laaste twee maande se statistieke. Dit kom al nader aan jouself. Ons kinders lewe ‘n lewe van vrees oor wat met ons (boere) kan gebeur elke dag! Is dit wat dan hier gebeur het enigsens werd om oor te praat?

Ben Prinsloo ·

Regdenkende witman wat nie verder meer voor ander volkere wil knieë deurkruip en sê sorry nie, maak jou reg, hkgk, nie meer vêr nie. Genoeg raak nou genoeg. Die wit volk is besig om as gevangenes aangehou te word en hulle waardes en tradisies word daagliks afgetakel, baie jammer om dit te sê maar nogal baiekeer deur hulle eie mense. Deur watter volk se toedoen het ons hier beland……. deur wit mense wat hulle as leiers voorgedoen het en ons wit volk uitgelewer het om n stadige marteldood met ons af te reken terwyl hulle soos die zumas en guptas in hulle paleise en groot bankrekeninge vloreer. Wit man van Suid Afrika, JY SKULD NIEMAND NIKS, HULLE SKULD JOU. Die grond is met bloed betaal, lyk my dit was net n paayment. Ons moet die volgende paayment betaal.

Chris van Rensburg ·

Die grootste skuldiges hier is die Hoofstroommedia wat emosies aanwakker om in die proses hul sirkulsiesyfers en kykerstatistieke op te jaag.Totaal ongebalanseerde beriggewing.Die gemiddelde middelklas leser sien dwarsdeur die media se agendas.Dit werk ongelukkig nie meer nie!Wanneer Solidariteit en Afriforjm in ‘n saak soos hierdie ook ewe skielik op die wa spring is daar ‘n slang in die gras en is dit baie laat in die aand.Wie probeer vir wie bluf?

Barry Swart ·

Theresa hou van wat jy skryf,ongelukkig is Maroela Media reeds lank gelede gekaap nadat baie van ons bereid was om ons lewens op te offer vir Radio Pretoria en hard gewerk het om die stasie tot stand te bring. Ons lewe nou maar saam met hulle standpunte wat meestal darem reg is.

Gideon ·

Die voorval het in Augustus gebeur. As hy dan amper vermoor is hoekom nie toe Polisie toe gegaan nie.
Nou skielik ‘n reuse Politieke ding
Ag Shame

Hommeltuig besigter ·

Hy is nie verbrand nie. Sy oe het hy nog. Selfs sy oorbeletjies is behoue. Niks klappe of skoppe is hom toe gedien. Hy het nie uit die kis gebreek nie. Bloot net skrik gemaak. Die totaal teenoorgestelde as ras omgedraai was in rolle. n witman sou nie sy storie kon vertel het nie. Hy sou vermoor wees.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.