Doodskis-video: Twee bekommerd oor vonnisverrigtinge

Willem Oosthuyzen (voor) en Theo Martins Jackson in die hof. Foto: Landi Slatter

ʼn Prokureur wat Theo Martins Jackson en Willem Oosthuyzen verteenwoordig, die twee mans wat die plaaswerker Victor Mlotshwa aangerand voor hulle hom in ʼn doodskis ingedwing het, het Donderdag gesê sy kliënte is besorg oor die vonnisverrigtinge wat binnekort plaasvind.

“Ons kliënte is besorg oor dit wat op die dag van die vonnisoplegging mag gebeur en ons is besig om ʼn verklaring in te dien vir die versagting van die vonnis,” het prokureur Marius Coertze tydens ʼn onderhoud met die African News Agency (ANA) gesê.

Jackson en Oosthuyzen is op 25 Augustus in die Middelburg-hooggeregshof in Mpumalanga skuldig bevind op ses van die sewe aanklagte teen hulle. Die aanklagte sluit poging tot moord en die aanranding van ʼn ander plaaswerker, Dalton Sithole, in.

Die twee sal na verwagting op 23 Oktober in dieselfde hof gevonnis word.

Coertze het aan ANA gesê hy en sy span sal Jackson en Oosthuyzen steeds gratis verteenwoordig. Hy het gesê hulle sal dit aan die hof stel dat lang tronkstraf ʼn negatiewe effek sal hê op die persoonlike omstandighede van die kliënte en hul families.

“Ons het verwag dat hulle [Jackson en Oosthuyzen] nie skuldig bevind sou word op van die aanklagte nie. Ons sal dit ook aan die hof stel dat die beserings wat die klaers [Mlotshwa en Sithole] opgedoen het, nie ondersteun word deur enige mediese verslag nie. Ons hoop ons versoek om versagting sal werk en dat hulle ligte vonnisse sal ontvang.”

Jackson en Oosthuyzen is verlede jaar in hegtenis geneem nadat ʼn video aan die lig gekom het wat wys hoe hulle Mlotshwa in ʼn doodskis indwing.

Mlotshwa het verlede maand ná die skuldigbevinding gesê hy wil hê die twee mans moet ten minste tot 15 jaar tronkstraf gevonnis word.

Lees alle vorige berigte oor die doodskis-video op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Leahim ·

As hierdie mense tronkstraf kry het die prokureur nie sy werk gedoen nie die ergste kan n boete en opgeskorte vonnis wees eers dan moet die kliënte besluit of hulle wil apeleer wat ek nie sal doen nie.

K ·

Prokureur?? Dan het die REGTER nie haar werk gedoen nie! Of dalk het sy, want haar werk is duidelik om omgekeerde rassisme toe te pas en vonnisse wat ABSURD is uit te deel

Haan ·

Lig op julle koppe manne. Moenie dat hierdie massas julle intimideer nie. Ek bid vir julle

dance ·

Ek haal my hoed af vir die prokureur wat hulle gratis verteenwoordig.

snoefie ·

die regter is absoluut net ingestel op die toeskouers. dalk hoop sy daar is n talentsoeker tussen hulle wat haar n rol in egoli sal aanbied. watse straf gaan mlotshwa kry vir grond betreding? ek dink twintig jaar kon genoeg gewees het om alle grondbetreders te waarsku bly van ander mense grond af . dan weer, die werkgewer het dan hard en duidelik homself van due saak gedistansieer.

Johannes Meintjes ·

Hierdie manne se frustrasie met misdaad het hulle nou soos al meermale (ook t.o.v. die “Boeremag”) met ons eie mense die geval blyk te wees, in die sop van onewehandige SA rassisme laat beland. Maar weereens voer ek aan dat pronkende Afrkaner “leierskap” wie histories en teenswoordig nie verder presteer as ‘n paar glansfotos en baie toesprake of berade sonder tal, daar in die aanklagtebanke behoort te sit om hulle versuim en gebrek aan sukses tot burgerlike beveiliging, ekonomiese alternatiewe, selfbestuur, en volhoubare selfbeskikking te verduidelik!

Jaco Badenhorst ·

Wat hier gebeur het was bitter sleg gewees. Ek is egter van opinie dat hier verkeerde optrede van verskeie oorde was. Eerstens, Die betreeder op die plaas was verkeerd in sy handelinge, en moes nie daar gewees nie. Die regte optrede van die boere sou egter gewees het om nie regin eie hande te neem nie. Baie mag dalk van my verskil, en redeneer dat die regs proses nie sy gang sou gaan nie. Ek is egter van opinie dat daai boere nou baie slegter af is. Hulle het teen die wet gehandel, en het hulleself skuldig gemaak aan krimiele oortredings. As Afrikaners moet ons begin verstaan dat ons deur die massas as rasiste gesien word, en ons gaan nie die beeld verander deur hierdie tipe van optrede nie. Hierdie boere het geweet wat hulle doen is verkeerd, en steeds het hulle voortggaan. Om alles te kroon word daar toe nog ‘n video ook gemaak. Hulle het hulself hier oopgemaak vir pakslae, en dit gaan vanuit alle oorde na hulle toe kom. Ek is ‘n Afrikaner, maar ek keur nie hierdie tipe gedrag goed nie. Die verkeerde persone gaan hier trok toe, maar dit is nie hulle prokureur of die regter se skuld nie, dit is hulle eie skuld!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.