Doodskis-video: Twee het hulself oorgegee

'n Skermskoot uit die video.

‘n Skermskoot uit die video.

Willem Oosthuizen (28) en Theo Martins Jackson (29) sal na verwagting Woensdag in die Middelburg-landdroshof om borgtog aansoek doen nadat hulle na bewering ʼn man in ʼn doodskis ingedwing het.

Brig. Leonard Hlathi, woordvoerder van die polisie, het gesê Oosthuizen en Jackson het hulle Maandag in die teenwoordigheid van hul regsverteenwoordiger by die Blinkpan-polisiestasie oorgegee. Dié twee het hulself oorgegee nadat ʼn 29-jarige man aanklagte van aanranding teen hulle aanhangig gemaak het.

Maroela Media het vroeër berig Oosthuizen en Jackson het ook reeds Maandag in die Blinkpan-landdroshof verskyn op aanklagte van ontvoering en aanranding met die doel om ernstig te beseer. Die saak is tot Woensdag uitgestel en hulle is steeds in aanhouding.

ʼn Video van die voorval is onlangs op sosiale media versprei, maar dit is nie duidelik wanneer die voorval plaasgevind het nie. Op die video kan gesien word hoe ʼn man huil terwyl hy deur twee ander mans in ʼn doodskis ingedwing word. Daar kan in die agtergrond gehoor word hoe ʼn manstem sê: “Kom nou, ons wil die petrol gooi, man. Klim in!”

Die EFF het Dinsdag in ʼn verklaring die man in die kis as Victor Rethabile Mlotshwa geïdentifiseer. Volgens die party het die voorval op ʼn plaas naby die Komati-kragstasie plaasgevind. Die EFF-leierskap sal Woensdag se hofverrigtinge bywoon.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

54 Kommentare

Paul ·

Nou wat my prikkel is die volgende , so daar is bassies sensorship geplaas nie lank trug op media oor juis die kommer vir opsweping _ en nou ? Ja eks ook sterk tengunste van die nuus kry soos hy is dis hoekom ek op die wep blad is – maar dis die 2de berig op mekaar. Wat is my vraag ? Gaan die tipe berigte op die voorgrond bring beruik en beteken die nou 2 wrongs make a right ? So een party in land maak droog en dan die ander en ons is trug op zero ?

Vettie ·

Hoe onnosel wil van ons mense nie wees nie? Leer die siele dan nooit nie? Het julle nog nie besef dat ons nie sal wen as julle so aangaan nie!

WieGeeOm ·

Hoekom omgee wat die EFF sê? Hoekom worry oor wat hulle sê? Wie is Malema, behalwe ‘n doring in die vlees?

CJ ·

Ek dink almal “gee om” wat Malema gaan sê, want hy gaan nou weer sy volgelinge verder aanpor om blankes te moor. Ek weet daar word in elk geval mense wreed vermoor, maar ‘n paar boere gaan nou weer wreed vermoor word, en die dryf daaragter gaan wees oor dié video. ‘n Paar onskuldige mense gaan boet met hulle lewens hieroor.

Anoniem ·

Ons gee almal om wat Malema se…Hy sweep sy mense op teen ons…Hy wil ons slag soos diere. Hy het sy volgelinge wat dit sal doen. Jy en ek of dalk iemang in jou familie kan dalk volgende wees (Wiegeeom) ……. daarom vang jy nie sulke stupid onnosel dinge aan nie………………..

Paul ·

Jammer ek weet ek raak mak met post maar nog n klip in die bos gooi asb – die 2 klaar hulle self ingehandig ne ? – klink my na berou – en dan neem ek aan al die red handed skuldig gevang op foon kammeras deesdae gaan dan nou ook hulle self inhandig ?

Nee Paul ·

Hulle het hulleself oorgegee omdat hulle weet hulle kan nie wegkom nie. Hulle is jammer dat hulle uitgevang is, nie vir wat hulle gedoen het nie. Dit noem ‘n mens skadebeheer Paul, nie berou nie. Berou sou wees as hulle na die voorval vir die man omverskoning gaan vra het en gesorg het dat die video nie tot hulle pêlle se vermaak versprei is nie.

Cynthia TREDOUX ·

HOE VERSKRIKLIK…is al wat ek kan sê…totaal ONMENSLIK…

Karma1 ·

Ja-nee, en diegene met die Afrikaner-tong en gene in hul bloed is eerste om reg te staan met die sambok om slae te gee …

matie willemse ·

Wie is so onnosel om dit af te neem en dan te versprei, dit is ook een van die redes hoekom ons blankes vermoor word.

dom ·

Blanke broer het hulle seker maar verklap om brownie points te kry. Is al oor en oor bewys dat blankes mekaar verraai.

Kotters ·

Dit gaan almeer gebeur dat sulke videos en fotos in sosiale media verskein. In die geval was dit dalk eg, ek weet nie, maar almeer gaan videos aspris gestage word om boere sleg te laat lyk. Ons moet van nou af streng let op die egtheid daarvan.

Anette ·

Stem saam. Hoe dom kan n mens wees om so n daad op video op te neem. Swak!

Johann ·

Ai tog. Hoe dom is mense. ‘n Mens doen nie sulke goed nie.

Anoniem ·

Johann ons almal doen…ons almal raak net so “upset” as hul dit aan ons doen….Ons as blankes het nie nodig om te doen wat hul doen nie….Onthou hul raak by die dag erger teen ons…Malema moedig hul aan om ons te slag soos diere…Nou kom ons en ons wys hul die goed..sleg man…sleg vir ons blanke mense…..hul gaan dit nie daar los!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

tom ·

Wens julle wil komentaar lewer as maleme se maak die blankes dood dan wonder ek wat julle sal

Kiepie ·

Ons doen Tom, want dit gaan oor reg en regverdigheid en algemene goeie waardes. Dit geld dus nie net sekere gevalle nie maar elke geval waar basiese menseregte vertrap word.

CHRISTA ·

Tom, kan jy nie lees nie (al die kommentaar op Mal-ema se uitsprake?)!

Bloues ·

Wiegeeom, dink mooi. Nee wag nou, dink eers. Hoe sal jy reageer as jy of jou naasbestaandes aangeval word en verdryf word omdat aanhangers van Julius voel dis hul reg?
Ek dink jy moet maar rerig begin omgee. Om jou kop in die sand te druk gaan nie help nie.
Sterkte

E.K. ·

Het die twee nou heldhaftig gevoel om iemand so te verneder, aan te rand en bang te praat? Het hulle nie ‘n plaas om te bewerk nie? Nou doen hul sulke goed pleks van werk. Hulle het oneindig skade aan elke wit mens op ‘n plaas gedoen want hierdie is skietgoed vir enige anderskleurige om te gebruik as verskoning.

Bossie ·

Hierdie is ongelooflik wreed!! Ons gaan nooit ons land kan herstel as ons so aanhou nie. Dis baie hartseer.

Regtig?? ·

Fantasties dankie dat julle die EFF soveel meer rede gee om die blanke mans uit te moor!! Hulle haat ons met ‘n passie en sulke gedrag speel so reg in hulle kraal – so het hulle meer skietgoed om mekaar teen ons op te sweep!

Re ·

@Tom – dis die problem Malema kan sê net wat hy wil as dit swart teen wit is, is daar nie ‘n saak nie dit is Vryheid van spraak. Wit teen swart – voorblad nuus

E.K. ·

Re – “two wrongs don’t make a right”. Mens daal nie na Malema en kie se vlak nie. Al sê hy en wie wat oor en van witmense, beteken dit nie ons moet hul nog meer ammunisie gee nie. Buitendien lewer almal genoeg kommentaar op elke berig oor wat hy sê oor witmense so, moet nou nie maak asof dit nie gebeur nie. Verkeerd was nog nooit reg nie. Hierdie is verkeerd – BAIE verkeerd!

chantall ·

Ai mense dit is altyd erg as iemand so behandel word. Maar julle moet sien na Malema se vertrek uit Newcastle het n swart man n 60 jarige wit vrou geslaan oor n parkeer plek. 1. Die man is nie gearisteer nie. 2. Die poliesie sê hulle weet nie of dit aanranding kan genoem word nie. 3. Die mense wat daar was het gekeer dat die poliesie kon naderkom na die toneel. 4. Die swart skare wat daar was het die man aangehits om die tannie so te slaan. Nou vra ek hoekom as dit n swart slagoffer is word daar n groot bohaai gemaak, maar as dit n wit slagoffer is word daar omtrent niks aan gedoen nie. Dit is hoekom wit en swart mekaar haat.

Kiepie ·

Ek sal ook wil weet wanneer die voorval plaasgevind het want ek is bereid om te wed dat hulle nie hulleself oorgegee het omdat hulle “berou” het nie, maar eerder omdat dit op die lappe gekom en hulle geïdentifiseer is. Anders sou hulle mos ‘n dag af twee of selfs ‘n week na die voorval al gaan omverskoning vra het, dit is werklike berou.

En nou gaan hulle hulleself seker beroep op die genade van van die hof want hulle het dan net ‘n grappie gemaak en het berou en het hulleself oorgegee. En dit terwyl hulle geen genade getoon het nie. O die ironie!!

miv ·

Vivian, moenie hul ouers hierby insleep nie, hulle het niks hiermee te doen nie. Die Woord van God sê elkeen sal sy eie pak dra. As ouers eer moes ontvang vir dit wat hul kinders doen, sou menige van ons maar min ontvang. Sotte en dwase woord aan woord en daad uitgeken.

VYTJIE ·

GEEN OUER GEE VIR SY KIND VERKEERDE LEIDING NIE. DIT WAT HY/SY DOEN KOM OP HOM/HAARSELF NEER

Mel ·

Jinne ek dink ek sou van my kop afraak as ek in ‘n doodskis gesit moet word, ni eers vir di grap daarvan ni!!!!! Julle moet nou maar vat wat na julle kant toe kom, ek stem saam dis flippen onmenslik, en nog ‘n oop deur vir Malema en al di ander

Manie ·

Die wit volk van ons het so malema behep geraak dat ons moet niks doen om die rassis te instel nie. Stuur wit Afrikaners maak my behoorlik siek vir hulle kruipery en politieke korrektheid. Maar die man waarvoor hulle so bang is steur hom nie aan enige iets wat hy kwytraak

Kiepie ·

Ai, ai, ai, Manie. Ek kan nie glo daar is mense wat dink dit gaan oor Malema en wat hy van ons dink of sê nie. Dit gaan oor basiese reg en verkeerd. Oor menslikheid. Daarvan toon hierdie twee boewe net mooi niks. Die volk kruip nie voor Malema as ons hierdie twee se optrede veroordeel nie, ons distansieer ons bloot van barbaarse optrede soos hierdie en soos aanvalle en moorde op onskuldige vreedsame mense soos boere. En hierdie voorval, net soos Malema se uitsprake gaan niks bydra om vrede in die land te bevorder nie.

Alida ·

Hierdie is GEEN grap nie. Dit spreek van ‘n verrotte brein.

jan ·

Werklik uiters onnosel om dit te doen. Dit gaan lei tot verdere moorde op onskuldige mense.

Caja ·

Hierdie sotlike optrede kan op geen manier goed gepraat word nie. Dis siek .
Dit is egter niks in vergelyking met dit wat ons plaas mense deurgaan gedurende plaas aanvalle waar die motief suiwer wraak is nie. Die verskil is net dat niemand ‘n video daarvan maak nie. Nee dit word skelm gedoen waar niemand dit kan sien nie. Ek is seker hierdie was ‘n siek grap maar plaasmoorde is ‘n WERKLIKHEID!!! en dit word nie aangespreek of so ‘n ophef oor gemaak nie!

hykie ·

Maak nou nie saak wat nie! Hierdie twee dom blanke “seuns” – mens kan hulle nie mans noem nie, want hulle gedra hulle soos kinders het die afrikaner se naam g@t gemaak. Kom ons dink oordeelkundig hieroor. Nou is alle Suid Afrikaners so wreed.! Dis nou die “witmense” wat hier verteenwoordig word! Hierdie twee latte – het hier ‘n lelike ding op hulle hals kom haal. Hulle gaan hierdie golf vir baie lank ry. Dit gaan nie gou stop nie. Al wat op die wa kan spring, gaan spring. Laat ons (EK INGESLUIT) bitter mooi dink voor ons doen, optree of besluit. En kom ons dink 10 keer voor ons videos maak – pleit maar skuldig. En kry klaar. Hulle dade was walglik.

Anoniem ·

hykie..jy is so reg hier..niemand kan dit beter stel nie…Mense dink wat julle doen Die was walglik om die minste daarvan te se……

Jakes ·

Ek het hierdie mentaliteit al sooo baie teëgekom onder die rugbroek, duo-tone hemp, pet-op-die-kop “boerseuns”.
Julle breek alles af wat ander met baie harde werk probeer opbou.

Johanna Botha ·

Hulle opvoeding laat veel te wense ….uiters swak !

Johann Marx ·

Hierdie “tipe mens” kry jy oral…..selfs onder “senior studente” wat besig is met graadstudie, en wat mens gedink het behoort ‘n beter mentaliteit ten toon te stel…..doen hierdie tipe goed met eerstejaar studente….In ons dae was daar net nie selfone wat hierdie tipe gedrag kon opneem nie. As jy wil dom wees….moet jy houe vat…. Hierdie gedrag is die naam “blanke” nie werd nie. Sluit toe, en gooi die sleutel weg. Daar is GEEN verskoning wat hierdie tipe gedrag kan regverdig nie.

Alida ·

lg Dit moes NOOIT gebeur het nie. Kom by. Dit is nie ‘n GRAP nie.

Karl ·

Indien mens vrede in SA wil he, moet alle mense met respek en aanvaarding teenoor mekaar optree. Daar is nie tyd of plek om
afknouerige speletjies te speel nie. Aanvaar mense se verskille en tree op met respek. Dit is die kern van ons Christelike geloof.
Twee foute maak ook nie n verkeerde saak reg nie. Bly binne die wet en staan op vir wat reg is. Ons moet die morele hoegrond hou.
Sit jou altyd in die ander een se skoene en vra of jy dit aan jouself gedoen wil he!

not in wonderland ·

Nie die skerpste potlode nie. Malema ook nie, maar die soort van gedrag gaan hom help om president te word. Watch this space.

charles ·

Wittes word nie gedreig om in ‘n kis gesit te word nie, hulle word eers met byle dood gekap en DAN in die kis gesit.

Paul ·

Eks bevrees in my ou dag het ek die vermoë om n vraag reuit te stel verloor / ja mnr/mef die 2 het hulle self nie noodwendig gaan oorgee oor berou nie maar my vraag as ek hom reguit kan vra dan nou maar – verkeerd is verkeerd so elke persoon wat ek die universiteit se vensters op video gesien uit gooi het sal ek dan nou aan neem gaan more hulle self in handig – en almal se name in n inkrimineerde virslag sal ook dis mos ?

Theresa ·

Alle kriminele moet dieselfde hanteer word. Haatsprekers, haatsaaiers, haatdoeners. Als is opswiepend in ‘n reeds oorvol, pruttende stoompot = Suid-Afrika.

anita carstens ·

Hierdie 2 narre gee die swartes net meer redes om boere te vermoor …nee magtig hulle weet mos n swarte kan doen en se wat hulle wil maar wittes kan nie…so hoekom nog n video ook neem en versprei…….dis kos vir die EEF om moord op wittes aan te wakker….

Johannes Meintjes ·

Mens staan stom-verbaas dat blanke (Afrikaners?) sulke onbesonne optrede sal aanvang, en dan die video verprei. Is dit, soos met “Penny Sparrow” of soos met die “radikale publieke moorde” by skole of winkelsentrums in die VSA nie miskien vals vlag en opruiende, verdelende en “laat die bloed kook” “komops” aksies nie?

Ina CRipps ·

Met toestemming van my goeie vriend, John Whitlock:
I don’t condone racism in any form from either white or black, but I do have some questions regarding the ‘coffin case’. Victor Mlotshwa states “they beat me up, tied me, and put me in a coffin”. Has or was Victor examined by a state doctor to verify the extent of his being ‘beaten up’? Beaten up means extensive damage to face and body – this was not visible on the video, no black eyes, bruises, broken nose, scars etc. The video also shows him moving his arms to prevent the lid being placed on the coffin. How well was he ‘tied up’? How could the two perpetrators have ‘kidnapped’ him if he was trespassing on their property.
Nowhere in the video does one see a man holding a gun. Who took the video and placed it on YouTube? Where does the video now originate from if the incident took place on the 27th August? Why have we not heard from the two accused – their side of the story? So far it has just been one-sided. Why is there the conflict between the ANCYL and the EFF as to whom Mlotshwa belongs to?
Why would the two accused need restraints? If they are found guilty they must be punished for being utterly stupid. Hopefully the same will apply to the Malema ‘kill the whites’ case.
From: J.R. Whitlock

vytjie word nou maar vygie ·

Ek sien my bynaam vytjie gehijack so ek word nou maar vygie….. ugh

Juan Olivier ·

Mens kan net wonder hoeveel media aandag dit sou kry as die val kleure anders om was.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.