Doodskis-video: Twee hoor dan hul lot

Betogers buite die hooggeregshof in Middelburg waar Theo Martins Jackson en Willem Oosthuizen verhoor is (25 Augustus 2017)
Foto: Maroela Media

Theo Martins Jackson (29) en Willem Oosthuizen (28), die beskuldigdes in die berugte doodskisvideo-saak, is Vrydag in die hooggeregshof in Middelburg skuldig bevind op verskeie aanklagte.

Talle lede van die gemeenskap het buite in die straat voor die hof bymekaargekom en daar was ʼn groot polisieteenwoordigheid. Verskeie informele politieke leiers het voor die hofverrigtinge hardop gebid vir “swaar en regverdige vonnisse”.

Politieke leiers het die betogers toegespreek wat plakkate rondgeswaai het met die woorde “Black lives matter” daarop gedruk. Van die ander betogers het doodskiste om hoog gehou en gedans. Daar was ook plakkate waarop ʼn kruis en foto’s van Jackson en Oosthuizen geplak is.

Die twee mans is daarvan beskuldig dat hulle Victor Rethabile Mlotshwa verlede jaar in ʼn doodskis ingedwing het. Jackson en Oosthuizen het duidelik gespanne gelyk voor die uitspraak gelewer is. Hulle het tereg gestaan op ʼn aanklag van die besit van ʼn ongelisensieerde vuurwapen, twee aanklagte van aanranding met die doel om ernstig te beseer, een van ontvoering, een van poging tot moord, een van intimidasie en een van dwarsboming van die gereg.

Regter Sheila Mpahlele het ʼn volledige, tydsame uitspraak in ʼn volgepakte hof gelewer. Sy het die twee mans skuldig bevind op aanklag van aanranding met die doel om ernstig te beseer van Mlotswha en Delton Sithole. Jackson en Oosthuizen is ook albei skuldig bevind op aanklagte van poging tot moord, ontvoering en intimidasie.

Jackson is ook skuldig bevind aan ʼn klag van dwarsboming van die gereg.

Oosthuizen het ook tereg gestaan op aanklag van die besit van ʼn ongelisensieerde vuurwapen. Hy is onskuldig bevind op dié klag.

“Ek is tevrede dat die staat hul saak op alle aanklagte behalwe dié van die vuurwapen bo alle redelike twyfel bewys het,” het Mpahlele gesê.

Die openbare galery was duidelik baie tevrede met die uitspraak.

Die vonnisoplegging vind op 23 Oktober plaas. Jackson en Oosthuizen se borgtog is nie teruggetrek nie.

“Ek hoop die gemeenskap sien die wiel van die gereg is aan die rol, vandag was nou die eerste deel, vonnisoplegging is die tweede deel. Ek hoop julle aanvaar dit so,” het Mpahlele gesê.

Adv. Robert Molokoane, staatsaanklaer, het aan Maroela Media gesê hy is baie gelukkig en tevrede met die uitspraak.

Lees alle vorige berigte oor die doodskis-video-saak op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

53 Kommentare

Mielie ·

As a matter of fact ALL LIVES MATTER and that include our farmers …..after all they make it possible for you to eat and work.

Eugene ·

“Work” Mielie dit gee die boer die geleentheid om te werk en n inkomste vir homself te skep om te lewe! Die een hand was die ander hand. En byvoorbeeld skep die boer n geleentheid om vir die persoon vir wie hy kos maak om weer na die boer se gesondheid om te sien.

Toppie ·

Staat het bo alle twyfel bewys dat hy ernstig beseer is , maar hy wou nie aan die hof bewys van waar hy beseer is nie, shame die regter se beslissing is soos party van die skeidsregters se rugby beslissings – skokkend

Anoniem ·

Dit is ‘n skokkende uitslag terwyl dit ooglopend was dat hul die persoon slegs wou skrikmaak. Daar is egter geen wet in Suid-Afrika meer vir die regverdige nie. Ons lees daagliks hoe die kriminele wegkom en die onskuldiges in die tronke beland oor hul velkleur. Al wat die mannetjie ooglopend en eintlik soek is ‘n hoop geld, dan sou die beskuldiges se saak teruggetrek word.

Eugene ·

Die twee beskuldiges in die geval hier is juis die kriminele. Definitief is hulle nie die onskuldiges nie. Die geld wat die mannetjie eis is n siviele eis en dit het niks te doen om die kriminele saak terug te trek nie!

Adam ·

Anoniem, wat ons onsself moet afvra, is hoekom MM soveel aandag aan die saak en die Grace Mugabe debakel gee. Ander publikasies is heelwat minder aktief met die twee gevalle. Wil hulle die Afrikaners die harnas injaag in die hoop om hulle tot in Afriforum se bankrekening te jaag? Die saak moes nooit in ‘n hof anders as die Streekshof aangehoor gewees het nie en die geweldsaanklag blyk doodeenvoudig aanranding met die opset om ernstig te beseer te wees, alhoewel daar nie juis veel sprake van ernstige fisiese beserings was nie. Hoe dit ook al sy, die twee manne se optrede was skandalig en krimineel en as jy daaroor twyfel, dink bloot aan hoe jy sou reageer as dit jou kind in die kis was. Wat my met ‘n bitter smaak in die mond laat is die feit dat Afriforum Me Engels bystaan en swyg soos ‘n graf oor ander sake wat aandag verdien. Die feit dat daar hopeloos te veel klem deur die howe op die gemeenskap se reaksie geplaas word, laat wonder of ek nie maar my studiegeld van die universiteit moet terugeis nie.

Gatvol ·

Snaaks, wanneer die boere gemartel en vermoor word, is hulle tjoep stil! Rassisme uit en uit!!!

Amanda ·

Ja, in hierdie geval is niemand vermoor nie. Maar daar word nooit so n bohaai opgeskop oor boere wat uitgemoor word nie. So ironies!

Tiger ·

Ons sal sien reg en geregtigheid gaan geskied mt die vonnissewat gevel gaan word op die 23 ste Oktober.Hierdie twee manne het NIEMAND wreedaardig gemartel tot hy/sy beswyk nie.Blanke boere en gesinslede,meestal bejaardes ook nog,woerd op die wreedste maniere denkbaar vermoor maar nie een van daai gevalle kry naastenby die aandag of media dekking wat hierdie saak geniet nie.Dis ‘n bewys van die dubbel standaarde wat toegepas word teen blankes in hierdie land.Apartheid is nou mooi net omgekeer deur die anc en NIE vernietig soos hulle beweer nie!

C ·

Die vonnis is toe vandag gevel. Skuldig op 4 aanklagte. Sal glo op 23 Oktober gevonnis word.
Ek hoop hulle kry ‘n swaar vonnis. Ek het hoofsaaklik 2 redes daarvoor. Hoekom op aarde sal jy ‘n video-opname maak van die gebeure rewyl jy daarmee besig is en dit nog so maklik laat uitlek ook? Daarvoor moet hul ten minste 5 jaar kry. Hoekom het hulle hom losgelaat? Daarvoor moet hulle ten minste nog 10 jaar kry.

Haan ·

Geagte “C”
Leë pyp hou toe jou kraan, dalk sien die mense jou vir n volle aan.

Hulle is aan niks meer as intimidasie skuldig. Ek is siek en sat vir hierdie ‘mob justice’… Een van die dae gan die boere dit begin doen…

Mielie ·

As hulle rerig ernstig is oor black lives matter, hoekom betoog hulle nie teenoor taxis wat so onverskillig en roekeloos op die paaie is nie. Baie selektief. Wanneer hulle in die gemeenskap gaaivol raak vir misdaadigers kan hulle maar die wette in hulle eie hande neem en die misdaadigers stening en moor sonder dat enige iemand eers in hegtenis geneem word. Neewat daar is nie hoop nie.

PJ ·

Was so ñ bevinding te wagte toe ek hoor wat alles gesè is in die hof en hoe die voorsittende beampte reageer. Hierdie twee gaan swaar gestraf word, Hoop iemand gaan hulle help om te appelleer.

Karma ·

Appèlleer en doen dit gou! AFRIFORUM/SOLIDARITEIT WAAR IS JULLE NOU? Julle gaan staan en betoog op plekke waar julle nie eens opgemerk word nie.

Lollie ·

Dit is deur gevalle soos die wat vir ons wys dat ons nooit moet baklei om die doodstraf terug te kry nie want ons gaan aan die korste end trek!

Adam ·

Ras gaan n invloed op die vonnis wees Die regter is swart en gaan nie objektief wees nie want sy gaan onder openbare druk van die swart gemeemskap wees Alle aanranding sal dat voortaan as poging tot moord hanteer moet word want daai man se lewe was nooit bedreig nie Ons land se regstelsel faal alle witmense

anton ·

My vraag is? Wanneer gaan die boere wakkerskrik???
Wanneer gaan hulle opstaan???
Dink nie dit gaan ooit gebeur nie!!!

Karma ·

Ons kan nie en ons MAG nie opstaan nie, Anton – jy sien dan nou wat hier gebeur het?

anton ·

Alida, as ek die geld gehad het, het ek verseker al iets gedoen maar weet jy omrede ons mense nie kan saamstaan nie, sou ek sekerlik alleen gestaan het en sou die mense soos jy wat sê ons ”VOLG” jou, nie bestaan nie.
Hierdie kom al van die voortrekkers se tyd af. Ons kan nie saamstaan nie!!!

Boerseun ·

Die swart regter was duidelik hier heel uit haar diepte uit. Op appel behoort die meeste skuldigbevindinge nietig verklaar te word. Abolute swak en skokkende bevindings: “Poging tot moord”, regtig? Asseblief! “Ontvoering” ? Wanneer ek ‘n onwettige betreder op my eiendom vang en ‘n draai met hom ry op my eiendom – is dit ontvoering? Asseblief. ‘n Onkundige en politiese uitspraak deur ‘n bevooroordeelde swart regter wat speel – en bang is – vir die swart gepeupel!

Joe ·

Boerseun, ek stem, hierdie hele ding gaan oor ras, ons is ‘sitting ducks’ in SA.

anton ·

Hulle moet maar net appeleer!!!
Ek weet van n geval waar n persoon geskiet is, nie dood nie maar gewond en die skuldige se skuldigbevinding was net aanranding ernstig.
En dit was nie n skiet ongeluk nie. Die een party wou die ander een dood skiet!!!
Nou verklaar dit vir my asb.???

DEON ·

Dit was ‘n ander regter wat nie geintimideer was deur die skares swart mense nie.

Peet J ·

Ek voel jammer vir die twee mense ek glo in hulle onskuld daarom dat hulle deur middel van die regstelsel die aanklagte teen hulle betwis het.Blykbaar is die staat baie eensydig in die aangeleentheid om die ondersteuners van Mlotshwa op een of ander manier tegemoet te kom.
Streng gesproke kon die twee mense maar net sowel skuldig gepleit het sulke beslissings deur die gereg wat veronderstel is om reg en geregtigheid te laat geskied op alle indiwidue laat partymaal ‘n wrang smaak in ‘n mens se mond. Weet nie of Maroela by kommentaar sal goedkeur nie maar dit is my sienswyse oor die saak .

Toy ·

Niemand is dood by die “doodskis” storie ni maar dit gaan aan of iemand dood is.

De Villiers ·

Maroela, kan julle nie die leiding in die sosiale media wêreld neem nie, en minder te fokus op blank-op-swart gevalle, of om oor swart-op-blank gevalle met dieselfde erns te berig, soos die doodskis-geval. Afriforum het hierdie week juis betoog oor die geweldige rasgedrewe aandag wat sosiale media aan blank-op-swart gevalle gee, maar nie andersom nie. Daar vind daagliks plaasaanvalle plaas, maar MM bv. berig dit nie so intens soos bv. die doodskis-geval nie. Moenie dat MM ook met hierdie geval volhou nie. Dankie

Robert Naude ·

Klink eerder vir my of die uitspraak en dan die vonisse in lyn sal wees om die massas tevrede te stel. Pateties.

Johan ·

Ons wit mense sal moet leer om nie aan hulle te raak nie. Dis nou hulle land die. Ons gaan aan die kortste end trek. Just walk away!!

Johan. H. ·

Puik dankie,,,, Daar verloor nog 2 hulle werk by my,,,,TaTA

Koos ·

Hoekom betoog die Afri kaner nie. hou op met videos maak en dit vir vriende en familie stuur.

misdaad is misdaad. maak nie saak watter kleur nie.
wie met gesonde verstand maak n video. hulle sou onskuldig bevind gewees het was dit nie vir die video

Johan ·

Ek gee lank NIKS meer nie…ons maak ons eie huis skoon en werk self in die tuin,,,Malema het mos gese ons misbruik hulle …nou kry hulle geen sent nie, ek gee net vir Afri- As ons almal dieslfde doen …hoeveel huiswerkers gaan sonder werk sit …en DAN ….wat DAN ANC? nog meer mense arm ….soos Carel se HALLO groot Honger vir BAIE meer

Sputnik ·

Dink net ‘n bietjie hoe jy sal voel as iemand jou in ‘n doodskis probeer plaas en die deksel opsit . . . . . . . .
Ek vermoed ook daar gaan d.m.v. hul vonnis ‘n voorbeeld van dié twee ouens gemaak word.

Wim Kotze ·

Hi Rocket Scientist, dink ook hoe jy sal voel as jy ‘n misdadiger betrap wat gereeld jou eiendom beskadig en steel.

Sputnik ·

‘n “Rocket scientist” is gelukkig slim genoeg om te besef jy boelie nie ‘n vermeende dief in ‘n doodskis in terwyl jy video neem en dit daarna te versprei nie, al het hy gesteel. Terloops, die twee “begrafnisondernemers” het seker ‘n klag van diefstal ingedien (met bewyse soos ‘n video)? Wat het daarvan gekom?

wet ·

‘n Ruk terug was daar studente wat geblinddoek op ‘n treinspoor vasgemaak was met ‘n aankomende trein op die treinspoor net langs hulle. Hoekom het daardie saak nie soveel aandag geniet nie? Jy word deur ‘n wortel gelei as jy dink die saak gaan oor reg en onreg. Die vonnis is ‘n politieke vonnis.

Adrian ·

Aha toe wys die mini anc (DA) sy regte kleure … wie stem nog vir die party huh ????

Adrian ·

Aha toe wys die mini anc (DA) sy regte kleure … wie stem nog vir die party huh ???? My hand is nou toe nie n sent of brood van my kant nie baie dankie

susan ·

Wat van die 2 mense wat met kookwater en warm plastiek gebrand is?

Johanna Botha ·

Blanke lewens ” also matter” alle lewens is kosbaar ! …sê dit vir al die gewetenlose en sielose moordenaars wat dag na dag onskuldige ou mense, vrouens en kinders op plase vermoor en vermink …..WAT VAN DIT ? Die polisie doen niks nêrens en selfs in die stedelike gebiede loop die moordenaars , verkragters en diewe vrylik rond en daar is GEEN wet en orde nie …wel daar is geen gevolge en hulle leer eerstehands by die anc mense wat met ALLES wegkom !

Chris Ws ·

Die “regter” se bevindings is lagwekkend.Sy leef in ‘n droom wereld.Die’ manne MOET appelleer.Die ma het nie eers ‘n dokter gaan sien na sy ervaring nie .Daai “regter” het ‘n spul snert kwytgeraak wat in ‘n appelhof afgeskiet gaan word.Ons moet begin aandring vir wit regters vir sake teen blankes.Daai”regter” was heeltemal partydig.

JC ·

Verseker moet die ouens appelleer en klaar. Die “regter” is duidelik bevooroordeeld. Dis ‘n uitgemaakte saak dat hul skuldigbevindings op appel tersyde gestel sal word, hulle sal nou maar net vir ‘n rukkie moet swaar kry, maar dit is te danke aan hul eie onnoselheid, met video en al nogal!! Daar het die “onpartydige” “howe” ook nou geval, nes ek gedink het…Afriforum staan asb. die mense by, hulle is al genoeg gestraf, werklik!

Tienie ·

Hulle wil nou ‘n voorbeeld maak van rassisme van blank op swart – wanneer gaan hulle ‘ n voorbeeld maak van al die moordenaars en krimenele wat net moor en plunder? Dit wys jou weer dat uit hul pad gegaan word om die blankes te diskrediteer en af te maak as die sondebokke van hierdie land se verval .

anton ·

Ek sê al vir baie jare die regstelsel in die land is 90% n grap!!!
Om n regter, advokaat ens. te word, moet jy nogal skerp wees!
Maar deesdae is elke Dick,Tom en Harry mos n advokaat of regter.
Ons moes lankal die Amerikaanse stelsel aangeneem het waar daar van n ”Jury” gebruik gemaak word. Dan sou daar meer regverdige beslisings gewees het.

SARIE VAN HEERDEN ·

Gewoonlik het ‘n advokaat ‘n regter geword na baie jare se diens op die regbank. Hier sien ons nou ‘n relatief JONG regter, ‘n vrou wat na elke sin wat sy praat eers moet hoes en kug. HOEKOM HET SY SO GEHOES?

pietie ·

Selektiewe geregtigheid waarin regter instrument van die gepeupel word!

danie ·

Niks fout met die regter se beslissing nie. Die regter het die Wet korrek toegepas.

Andre ·

Dis net politieke speelbal. Politieke leiers daag op om mense eerder op te sweep. Daag die mense ook op by die howe met kinder verkragtings en moorde, vroue aanrandings, taxi moorde, kannibalisme sake, politieke leiers wat die land se geld steel tot nadeel van almal ens?

Klaar hier ·

Ons almal weet hoe dit gaan in die land en ons weet wat ons posisie is ten opsigte van die ander kleuriges in die land.
Ons is nie meer welkom hier nie en die ANC doen alles om ons te verwyder dus het ons twee opsies of die land verlaat of hier te bly en af te wag wat gaan nou more of oor n week of maand dan met ons gebeur.
Ek en my gesin het vir opsie een gekies want ons is moeg om soos n gevangene in eie huis te woon.
Sterkte aan die twee manne.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.