Adv. John Welch, namens Jackson en Oosthuizen, het tydens sy finale voorlegging gesê die beskuldigdes staan tans tereg op aanklagte van ontvoering en aanranding met die doel om ernstig te beseer. Hy het gesê daar kan later aanklagte van intimidasie en dwarsboming van die gereg teen sy kliënte bygevoeg word, maar dat slegs die eerste twee aanklagte van toepassing is in die borgtogaansoek.
Hy het gesê die staatsaanklaer en ondersoekbeampte voer aan die beskuldigdes moet nie op borgtog vrygelaat word nie omdat hulle glo by die ondersoek kan inmeng en uit vrees vir hul eie veiligheid. Volgens Welch moet die belang van geregtigheid opgeweeg word teen die openbare belang. Hy het dit is jammer dat mense reg in eie hande neem en dit voorkom of hulle nie vertroue in die regstelsel het nie. Volgens Welch is die ondersoekbeampte se besware nie oortuigend nie en is dit in belang van geregtigheid om hulle op borgtog vry te laat.
Welch het ook verwys na Oscar Pistorius wat borgtog gekry het ondanks die openbare opskudding wat die saak tot gevolg gehad het. Die landdros het Welch hierna gevra waarvoor sy kliënte die kis gebruik. Hy het geantwoord dit sal tydens die verhoor aan die lig kom.
Hy wel gesê dit was nie ʼn rassistiese voorval nie. Hy het gesê mense wat van baie ernstige misdade aangekla word, word daagliks op borgtog vrygelaat en dat dit gegrond is op ons vertroue in die Grondwet.
Die staatsaanklaer, adv. Robert Molokoane, het aangevoer die beweerde slagoffer se waardigheid is erg benadeel. Hy het gesê ʼn mens kan nie die publiek se ongelukkigheid in dié saak ignoreer nie. Volgens Molokoane was die voorval rasgemotiveerd.
Landdros Jongilizwe Dumehleli het die saak tot 8 Desember uitgestel wanneer hy uitspraak sal lewer. Die beskuldigdes bly in aanhouding.
Lees alle vorige berigte oor die doodskis-video op Maroela Media.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
15 Kommentare
Dit sal bewys of dit regstelsel onbevooroordeel is of nie.
Sterkte.
Bid vir hierdie saak.
Hoeveel onnodige dinge vang mense tog aan. Wat wel onthou moet word is dat niemand vermoor is of permanente fisiese skade aangedoen is nie. Mense word gestraf vir hul dade nie ooreenkomstig die openbare mening nie.
Hierdie is omgekeerde rassime tot die regter is rassisties hoekom word die publiek nie geken as dit plaasmoorde is nie en as dit blankes is wat vermoor word nie
Waardigheid? My voet!!! Hy is met ‘n sak vol koperdrade gevang! Watse waardigheid is daar aan ‘n dief?