Doodskis-video: Twee hoor eers dán oor borgtog

Jackson (voor) en Oosthuizen in die hof. Foto: Phillip Bruwer

Jackson (voor) en Oosthuizen in die hof. Foto: Phillip Bruwer

Willem Oosthuizen (28) en Theo Martins Jackson (29) wat daarvan beskuldig word dat hulle ʼn man, ene Victor Rethabile Mlotshwa, in ʼn doodskis ingedwing het, se borgtogaansoek is Vrydag in die Middelburg-landdroshof afgehandel.

Adv. John Welch, namens Jackson en Oosthuizen, het tydens sy finale voorlegging gesê die beskuldigdes staan tans tereg op aanklagte van ontvoering en aanranding met die doel om ernstig te beseer. Hy het gesê daar kan later aanklagte van intimidasie en dwarsboming van die gereg teen sy kliënte bygevoeg word, maar dat slegs die eerste twee aanklagte van toepassing is in die borgtogaansoek.

Hy het gesê die staatsaanklaer en ondersoekbeampte voer aan die beskuldigdes moet nie op borgtog vrygelaat word nie omdat hulle glo by die ondersoek kan inmeng en uit vrees vir hul eie veiligheid. Volgens Welch moet die belang van geregtigheid opgeweeg word teen die openbare belang. Hy het dit is jammer dat mense reg in eie hande neem en dit voorkom of hulle nie vertroue in die regstelsel het nie. Volgens Welch is die ondersoekbeampte se besware nie oortuigend nie en is dit in belang van geregtigheid om hulle op borgtog vry te laat.

Welch het ook verwys na Oscar Pistorius wat borgtog gekry het ondanks die openbare opskudding wat die saak tot gevolg gehad het. Die landdros het Welch hierna gevra waarvoor sy kliënte die kis gebruik. Hy het geantwoord dit sal tydens die verhoor aan die lig kom.

Hy wel gesê dit was nie ʼn rassistiese voorval nie. Hy het gesê mense wat van baie ernstige misdade aangekla word, word daagliks op borgtog vrygelaat en dat dit gegrond is op ons vertroue in die Grondwet.

Die staatsaanklaer, adv. Robert Molokoane, het aangevoer die beweerde slagoffer se waardigheid is erg benadeel. Hy het gesê ʼn mens kan nie die publiek se ongelukkigheid in dié saak ignoreer nie. Volgens Molokoane was die voorval rasgemotiveerd.

Landdros Jongilizwe Dumehleli het die saak tot 8 Desember uitgestel wanneer hy uitspraak sal lewer. Die beskuldigdes bly in aanhouding.

Lees alle vorige berigte oor die doodskis-video op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Buitestander ·

Dit sal bewys of dit regstelsel onbevooroordeel is of nie.
Sterkte.

rudi ·

Ek stem saam, maar het jare terug my vertroue in die stelsel veloor toe my buurvrou(blank) deur haar man(nie-blank) vermoor was. Hy het regter R5000 gegee om hom R5000 borg te gee. Daar was magdom getuies teen hom en selfs die mense wat hy betaal het om die daad te doen het teen hom gedraai. Hy was vir jare op vrye voet. SIek stelsel. Ons moet vuur met vuur beveg!

John ·

Hoeveel onnodige dinge vang mense tog aan. Wat wel onthou moet word is dat niemand vermoor is of permanente fisiese skade aangedoen is nie. Mense word gestraf vir hul dade nie ooreenkomstig die openbare mening nie.

Topster ·

Hierdie is omgekeerde rassime tot die regter is rassisties hoekom word die publiek nie geken as dit plaasmoorde is nie en as dit blankes is wat vermoor word nie

Leeutjie ·

Waardigheid? My voet!!! Hy is met ‘n sak vol koperdrade gevang! Watse waardigheid is daar aan ‘n dief?

Darius ·

Dis nog net bespiegeling… Dit moet nog in hof bewys word

Dirk ·

As jy nonsense aanvang, en dit afneem, is jy dommer as grond.

Joe ·

Dirk , ek stem absoluut saam met jou ! Volgens my is dit wat die manne aangevang het , uiters skokkend & teleurstellend ! Ongeag van jou vel kleur , is dit werklik geen prestasie wat hulle gedoen het nie !! Inteendeel , daardie 2 manne , is geensins niemand se hero nie !! As hulle dan op so ‘n manier wil straf uitdeel , moet hulle bereid wees om straf terug te verwag !!! Geen simpatie met hulle nie ….

Chris Ws ·

Joe kom bly op ‘n plaas dan praat ons weer.Weet jy hoe dit voel as jy een oggend opstaan en jou pomp aanskakel wat jou spilpunte van water moet voorsien en niks gebeur nie?Dan kom jy agter 100m se pompkabel is gesteel in die nag en by verdere ondersoek al die spilpunte se kabels ook met ‘n vervangings koste van R50,000.Weet jy hoe voel dit as die nuwe kabels 6 maande later weer gesteel word?Ek verwonder my!

snoefie ·

mnr die staatsaanklaer, ten minste het due oortreder op orivaargrond lewendig uit daardie kis geklim. nie soos die arme misverstaande swart man wie gister by die een of ander gevangenis doodgeslaan was omdat hy na bewering deur n huis se venster gekyk het nie. is die twee here wie daar opgetree het nog opvrye voet?

Alida ·

Ai MM julle hele blad is deurspek met die kis saak. Genade daar is ander nuus ook. Hoekom is Teresa Troskie uit die huis gegooi? Hoekom moet ons dit op lamppale lees en Pravin Gordham wat sy mes in het vir SARS?

Darius ·

Alida skatlam… Jy het voorheen die uitlating gemaak, ek het gese daar is abie ander stories om te lees, oo maroela self! As jy persoonlik nie vam die onderwerp hou nie skuif aan en lees iets anders. Selfs huisgenoot. Die meerderheid mense hier wil egter weet wat gebeur met die unieke saak. En ek haal my hoet af vir Maroela wat soveel moeite doen ons daarvolgens in te lig. Want nou dat die waarheid uitkom dat die slagoffer nie so onskuldig is nie, swyg die meeste mediahuise wat dit aanvanklik as n rassistiese voorval uitgemaak het. Maroela het dit nooit gedoen nie (sou jy die saak volg van die begi af waaroor ek twyfel) . Ons hou Maroela eerste dop vir wat dis hof bevind. Maroela is nie net akuraat die maar oom deeglik en vinnig. So asb Alida moet ons wat die saak volg uit belang wat bie ber syrek en nagevolge gaan he… Dit lees sonder jku snedige ongegronde kommintaar

Niel ·

Die storie kry meer lugtyd op e nuus as moorde op onskuldige mense? Dis belaglik!!!

Louwrens ·

Moet hulle nie straf vir die insident nie. Straf hulle omdat hulle durf waag het om dit op video af te neem. Ek dink hulle moet hulle selfone vir ten minste 2 jar konfiskeer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.