Doodskis-video: Twee hoor oor borgtog

Willem Oosthuizen (28) en Theo Martins Jackson (29), die mans wat daarvan beskuldig word dat hulle ʼn man in ʼn doodskis gedruk het, se aansoek om borgtog is Vrydag toegestaan.

Marius Coertze, die twee se regsverteenwoordiger, het aan Maroela Media bevestig hulle is elk borgtog van R1 000 toegestaan. “Ons is regtig saam met hulle bly vandag. Willem se babatjie was twee maande oud toe hy in hegtenis geneem is; daai kind loop al amper,” het Coertze gesê.

“Dit is duidelik dat die uitspraak in Desember verkeerd was; ek was toe nog nie op die saak nie. Borg is nie daar om iemand te straf nie. Ons sit met ʼn geval waar die klaer nie ernstige besering of selfs bloeiende wonde opgedoen het nie,” het Coertze laat hoor.

Oosthuizen en Jackson se nuwe borgtogaansoek is in die Middelburg-streekshof in Mpumalanga aangehoor.

Oosthuizen en Jackson het op 26 Junie in die hof verskyn waarna die saak tot 31 Julie uitgestel is aangesien die direkteur van openbare vervolging besluit het om hulle in die hooggeregshof aan te kla. Die twee het egter aangedui dat hulle oorweeg om ʼn nuwe borgtogaansoek in te dien.

Die twee staan tans tereg op sewe aanklagte, waaronder die besit van ʼn ongelisensieerde vuurwapen, twee sake van aanranding met die doel om ernstig te beseer, ontvoering, poging tot moord, intimidasie en dwarsboming van die gereg. Hulle is aanvanklik net van ontvoering en aanranding met die doel om ernstig te beseer aangekla.

Oosthuizen en Jackson het hulle op 14 November in die teenwoordigheid van hul regsverteenwoordigers by die Blinkpan-polisiestasie oorgegee.

Dit volg nadat ʼn video verlede jaar wyd op sosiale media versprei is waarin gesien word hoe ʼn man huil terwyl twee ander mans hom glo in ʼn doodskis indwing.

Die beweerde slagoffer, Victor Rethabile Mlotshwa, het vroeër aan die hof gesê hy het deur ʼn veld gestap toe die beskuldigdes hom voorgekeer het. Hy het gesê hy is aangerand en vasgebind en later gedwing om in ʼn doodskis te klim. Hy beweer die twee mans het voor dié voorval glo ook ʼn ander man aangerand. Die beskuldigdes het aangevoer Mlotshwa het koperkabels gesteel en hulle wou hom ʼn les leer. Hulle het gesê hulle het nie bedoel om Mlotshwa leed aan te doen nie.

Die voorval het glo op 17 Augustus naby die Komati-kragsentrale plaasgevind. Die beskuldigdes beweer egter die voorval was op 9 September.

Mlotshwa het eers vroeg in November ʼn saak by die polisie aanhangig gemaak nadat die video van die voorval op sosiale media versprei is en hy “verneder” gevoel het.

Landdros Jongilizwe Dumehleli het Oosthuizen en Jackson op 8 Desember borgtog geweier.

Die saak duur nou op 31 Julie voort.

Lees alle vorige berigte oor die doodskis-video op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Adri ·

Kan die landdros wat die borgtog geweier het sonder grondige redes nie aangekla word vir sy onbevoegdheid of politieke vooroordeel nie? Hoekom moet iemand gestraf word sonder ‘n verhoor omdat een of ander landdros tandpyn gehad het?

Cherokee ·

Adri, dit is ‘n uiters bevoegde vraag wat jy vra. En wanneer ek kyk na die aanklagte, dan wonder ek of die ‘besit van ‘n ongelisensieerde vuurwapen’ nie (dalk) die ernstigste klag is nie. In opvolg wonder ek of dit nie dalk, net miskien, te doene het met ‘n vuurwapen waarvan die lisensie nie hernu is volgens ‘n vuurwapenwet wat nou afgeskiet is in ‘n hooggeregshof. Indien wel, let wel, indien wel, word dit geskrap. Die werklike probleem mag facebookverslawing wees want…. as ek reg onthou het een van die twee die eskapades op ‘n gesigsboek vertoon wat hopelik nie die vriendskap tussen die twee geaffekteer het nie. Hierdie was een van die minimum kommentare wat ek doen oor die betrokke saak.

Zumie ·

Adri. Ongelukkig is dit nie so eenvoudig nie. Die landdros het inderdaad redes gegee waarom hy borg geweier het – myns insiens egter was die redes nie deur genoegsame getuienis ondersteun nie – maar dit is waar argumente in ‘n hof maar altyd voorkom. In teorie behoort “tandpyn” en ander ongevraagde redes nie ‘n rol te speel nie maar mense kan altyd hulle regte redes agter argumente wegsteek. So die “tandpyn’ sal nooit as rede gegee word nie maar ‘n meer geldige argument sal voorgehou word.

Die insiggewende gedeelte van hierdie saak is dat so ‘n relatief onbenullige saak na die Hooggeregshof gaan – dit se baie.

Se maar net ·

Adri, he’s not competent for the job, ongeag kleur of ras.

Chris Ws ·

Ek voel ook daar moet ‘n formele klag van rasisme teen landros Dumelheli ingedien word.Hy het GEEN grondige reg gehad om hulle borgtog te weier nie.AfrForum waars julle nou??

Frik ·

AfriForum is steeds in dieselfde kantore. Maar is die twee beskuldigdes lede??

Kay ·

Die ou lewe. Ego is gekrenk.hulke sit al 8,,maande. Regtig ..watvvan die wat mense doodmaak en vermink?

ZuZu ·

Is dit net ek… Of word WIT rasse sake uitgerek om net so bietjie langer in die kollig te wees?!

Johan. H. ·

Verseker , daaie direkteur asook die landros is “spiteful” want hulle ag hulself belangriker as die job, en moontlik bang vir massatjies met die fuurhoudjies.Hulle moet ondersoek word en eise teen hulle ingedien word en vervolg word,

John ·

Niemand is dood nie, maar die twee grapmakers word nou deur erger rassisme in die gesig gestaar… Groot geld is dalk op die spel. In Afrika kry elke som ‘n R… … … vooraan en wiskunde-onnies moet gereeld buk oordat hul somme sulke verkeerde antwoorde vra…

Wiehan ·

Die wet in Suid Afrika is: Word gevang sonde ‘n TV lisensie – R2000. 00 boetie. Pleeg moord, R500.00 borg.

janneman ·

Ek is so bly vir die twee. Die letsels van hierdie saak, al word hulle vrygespreek, gaan hulle lewenslank bybly, om nie eers te praat van die kostes nie. Ek vermoed die saak word uitgerek om hulle finansieel te ruineer sodat hulle van hulle plase af gedwing kan word, net nog n ander manier om boere van hulle plase te dwing

anton ·

Wys jou net wat kan n goeie Prokureer vermag.
Daai 2 moes nooit eers in aanhouding gewees het nie.
Ek hoop van harte dat hulle later n eis teen die staat gaan/kan instel en indien dit nie slaag nie moet hulle n siviele eis teen die landros instel.
Die onbevoegdheid in die land is om van te skreeu!!!

pieter ·

EK GAAN WEER PROBEER,MY KOMENTARE VERDWYN,AS DAAR OOIT GOEIE NUUS VANDAG WAS, IS DIT DIE NUUS. ANTON EK SE AL LANKAL DIE PERSOON WAT HULLE VERETEENWOORDIG HET EN DIE REGS GELEERDES VAN DIE STAAT IS ONBEVOEG.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.