Doodskis-video: Twee se vonnisse aangepas

Theo Martins Jackson en Willem Oosthuyzen in die hof voordat die vonnis gelewer is (27 Oktober 2017). Foto: Landi Slatter

Theo Martins Jackson (29) en Willem Oosthuyzen (28), die mans wat skuldig bevind is op etlike aanklagte in die opspraakwekkende doodskis-saak, se vonnisse is Donderdag in die hooggeregshof in Pretoria effens aangepas.

Marius Coertze, ʼn regsverteenwoordiger vir Jackson en Oosthuyzen, het aan Maroela Media gesê albei mans se vonnisse is nou vir slegs vyf jaar opgeskort en nie meer vir agt jaar nie.

Regter Sheila Mphahlele het in Oktober Oosthuizen tot 16 jaar tronkstraf gevonnis, waarvan vyf jaar vir agt jaar opgeskort was. Jackson is tot 19 jaar tronkstraf gevonnis, waarvan vyf jaar vir agt jaar opgeskort was.

“Die vonnisse mag ingevolge die Strafproseswet nie meer as vyf jaar opgeskort word nie, dit moet vyf jaar of minder wees,” het Coertze verduidelik.

Oosthuyzen en Jackson is onderskeidelik tot effektief 11 jaar tronkstraf en 14 jaar tronkstraf gevonnis. Hul effektiewe vonnisse bly dus onveranderd.

Die mans is gevonnis op verskeie aanklagte, insluitend poging tot moord en aanranding met die doel om ernstig te beseer nadat hulle Victor Mlotshwa in ʼn doodskis in gedwing het. ʼn Video van die voorval is later wyd op sosiale media versprei.

Coertze sê hul regspan is van mening dat “dit wat vandag gebeur het” onreëlmatig is.

“Vandag se gebeure is een van ons drie hoofargumente wat ons by die aansoek om verlof tot appèl by die appèlhof in Bloemfontein gaan indien. ʼn Regter moet staan by sy of haar vonnis. Jy kan dieselfde dag nog ʼn aanpassing maak, maar om dit ʼn dag of twee en in die geval twéé weke later te doen, is ongehoord. Jy het klaar reg gespreek, jy kan nie agterna daarmee peuter nie,” het Coertze gesê.

Die tweede en derde argumente wat hul sal indien is dat Robert Molokoane, die staatsaanklaer, glo op die laaste dag van die verhoor aan ʼn verslag van die Car Track-deskundige wat vroeër getuig het gepeuter het “om te wys hoe maklik dit is om daarmee te peuter”.

“Hy het nie vir die hof daarvan gesê nie. Hy het self vervalsing gepleeg. Hy is nie van vervolging gevrywaar nie.”

Volgens Coertze het regter Mphahlele dié dokument aanvaar sonder dat dit onder eed was en sonder enige ondervraging. “Die feit dat sy die Car Track-deskundige, wie se getuienis onder eed afgelê is, verwerp het op grond daarvan is ons derde argument.”

Coertze en hul regspan sal dié naweek vandag se gebeure by die aansoek bywerk, dit Maandag laat teken by die Paxton-gevangenis in Witbank waar Jackson en Oosthuyzen aangehou word en dit Woensdag by die appèlhof indien.

Jackson en Oosthuyzen sal na verwagting binne twee maande hoor of hul aansoek aanvaar word.
Coertze het Donderdag gesê dat dit fisiek goed gaan met Jackson en Oosthuyzen, maar dat hul emosioneel afgetakel is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

38 Kommentare

Theresa ·

Skandalig dat hierdie twee mense sulke ekstreem lang vonnisse opgelê is.
Die man leef nog en het nie eers wonde opgedoen nie.
Hy het in elk geval in die eerste plek oortree!

skollie ·

Gerd, een van die beskuldigdes het die video geneem en later daarmee in die dorp gaan “spog”

Boetman ·

Hoe lyk dit of Regter Mphalhele nie eintlik die Strafproseswet ken nie. Uiters swak vir enigiemand op die regbank – laat staan nog vir ‘n regter!

Albaster ·

Dis waar. Vir die regsgeleerdes onder ons, kan die sogenaamde regter nie van die rol geskrap word vir so iets nie?

Belaglik ·

Dit is belaglik, die man het niks oorgekom nie, JA dit was traumaties maar daarvoor kry hy behandeling, hy is nie geskiet of gesteek met ‘n mes of met ‘n byl gekap of graaf geslaan nie, hy is nie met kookwater verbrand nie, sy kniee is nie deurboor met ‘n boor nie, kookolie is nie in sy keel af gegooi nie, hy is nie gemutilate nie .. dit is BELAGLIK hierdie strawwe wat hulle gekry het. Die regstelsel STEL teleur .. WEEREENS waar is die weermagman wat die jongmeisie in die bors geskiet het? Hoekom is hy nie in aanhouding nie? Hoekom loop hy vry rond terwyl sy steeds om haar lewe veg? Agnee, ek het geen vertroue meer in die land en sy mense nie. Om by te begin was Moletswa onwettig op iemand se eiendom . hoekom is hy nooit aangekla nie? O NEE want dit is die lekkerste politieke spel en propaganda wat daar is!!

Helgaard ·

Dis omgekeerde apartheid verskillende wette vir vir eerste klas en tweede klas mense.

Leahim ·

Hoe lagwekkend is dit nou n regter wat nie haar feite reg het nie die wiele is heeltemal los en gaan binnekort heeltemal afkom in die piesang republiek.

Heleen ·

En ja! Waar is Afriforum nou???!! Dis hoekom ek nie by hulle wil aansluit nie!

Boer ·

Vir almal wat daai video so lekker help verspry het, jy kan net in een van die volgende klagte skuldig wees.
Jy het help om n skelm vry te maak en n hero.
Jy het gehelp om twee onskuldige mans in die tronk te stop.
Watter een is jy.

skollie ·

Volgens berigte wat ek gelees het, het een van die beskuldigdes self die video geneem en daarmee gaan spog in die dorp. Eintlik is hulle self verantwoordelik vir die verspreiding daarvan.

Vra maar net ·

Jy kan nie ander beskuldig nie. HOEKOM NEEM JY DIE STORIE AF EN VERSPREI DIT.
ONS MOET BESEF ONS IS KROON WILD NOU.
DINK MENSE DINK

Danny ·

Ek stem daai vonnisse was heeltemal verkeerd gegee mense dood gemaak dan net ligter vonnis iewers is iets verkeerd

Tjom ·

Kom aan Gerrie Nel!!!! Wys nou jou yster krag. Jy is mos so suksesvol en die kan mos n Afriforum saak word. Moet nie swyg nie. Ons het jou nou nodig meer as ooit! Kom aan Afriforum saam met die top Advokaat Gerrie Nel.

Rein ·

Die straf sou litter gewees het as Hulle eerder moord gepleeg het. Dalk most men’s leer her hit.

Cherokee ·

Jy moet versigtiger wees met jou miljoene. Ek sal jou ruk met ‘n miljoen baie vinnig want jy weet nie wat poging tot moord is nie. Indien jy in iemand se rigting skiet is dit poging tot moord selfs al skiet jy mis. Jy kan selfs vir ‘n motorongeluk aangekla word van poging tot moord as jy wetend iets aangevang het wat iemand se lewe kan kos.

Soekie ·

Belaglik is nie eintlik die woord wat ek wou gebruik het nie. Maar wi graag weet wat word van die ‘heroes’ wat die vrou van Avbob aangeval het en in ‘n kis geprop het. Berig was in Rapport. Of is dit nie ernstig genoeg nie??

Fantablous ·

Doodskis-video’s. Die vonnis is regtig te erg. As die boere hom nie betrap het nie was hulle vandag net weer “‘n Statistiek”. Hy was “skrik gemaak” nie dood nie !

Carike ·

Daar is nie meer ñ ordentlike regstelsel in ons land nie, moord roof, verkragting is nou ñ alledaagse storie en hulle kom weg met dit. Ek dink mense is bang vir hierdie saak !!!!

Robert ·

@Heleen: die feit dat Afriforum se naam nie genoem word beteken nie dat hulle nie moontlik betrokke is by die appèl nie. Dit lyk my jy het ‘n probleem met hulle gaan praat dan met hulle. Ek behoort aan Solidariteit en hulle maak goeie werk so ek sal hulle ondersteun.

Kagga ·

die strawwe is daerm te rof.

Ek sien hulle was net werkers /voormanne/bestuurders van plase. Hoekom help die eienaars nie die manne. hulle het tog sy eiendom beskerm.

Kagga ·

Die manne se straf is darem te onregverdig hoog.

Ek verneem hulle was net werkers / voormanne / bestuurders van die plase. Hoekom help die eienaars nie vir hulle finansieel nie.. hulle het tog sy eiendom beskerm.

PJC ·

Jammer Robert party mense verstaan nie en weet ook nie dat hulle nie weet nie so dit gaan jou niks help om met hulle bemoeienes te maak nie.

Sonneblom ·

Dis belaglik… 19 jaar. En ene William Beale wat skuldig is aan duisende klagte van kinderpornografie het ‘n “mylpaalvonnis” van 15 jaar gekry. Dit breek my brein.

Franz ·

Dis hartseer dat mans met klagte van moord met R2000-R5000 borg vry rondloop en geen vonnis uitdien, maar die twee wat n man bang maak oor hy hulle gesinne dryg na hy gevang is steel nou moet vonnis uitdien. Ons tronke is net so vol onskuldige mense as skuldig maar die land loop rond vol borgtog diewe, verkragters en moordenaars!

JosuaKeys ·

Ek het ook na die video gekyk, die man wat in die kis gedruk was het n glimlag op sy gesig gehad en dit het meer gelyk soos n youtube prank video wat na my meening totaal uit verband geruk was, daar was geen teken van enige vrees, bloed, marteling of so iets nie, die twee manne moet dadelik apel aanteken en regsverteenwoordiging kry, die regter het geen gronde gehad om die uitspraak te lewer nie, hy moet aan die publiek verduidelik waarom hy so n uitspraak gemaak het en op gronde van wat!!!!

Jacques venter ·

Hoe vergelyk hulle vonnisse met die Oscar Pistoruis?

Francie ·

Jy vat die woorde so uit my mond!

Ek wens net die mans wil besef wat die gevolge van hulle dade is vir die res van die witmense in die land. So-ook dié wat die ou landsvlag rondswaai.
Ek glo dis nou die tyd om ‘n lae profiel te handhaaf en maar ánderkant toe te kyk.

Ou Boervrou ·

En bo alles kry die arme slagoffer nou nog ‘n huis pasella en vernieten word ‘n koei geslag om hom te reinig! Van wat? Al sy liegstories!!!!! En hy pronk soos ‘n uitgevrete lummel en lekker kry op al wat foto is.. dis om van siek te word!!!! Wat word intussen van die gesinne van die twee beskuldigdes – wie sorg daar???

Ore en Oe ·

Dit gaan my verstand te bowe. Niemand het seergekry nie, miskien so bietjie geskrik maar aan sy eie toedoen bygese. Die mans kry nou tronkstraf vir ‘n stupid ding. Die een wat die video gemaak het moet mans genoeg wees en vorendag kom. As dit hulle vriend is, is dit ‘n rugstekers vriend. Ek sit en wonder nou wat het van die saak geword waar die vrou van Avbob wat ook in ‘n kis gesit is, en as ek reg onthou is die kis toegemaak. Nerens sien ek enige sake wat gemaak is teen daai inbrekers by Avbob nie. Hoekom nie…. dit was ‘n witvrou !!!

Posduif ·

Eugene Terblanche se moordenaars is onskuldig nadat hy so aangerand en vermoor was en die 2 mans word tronk toegestuur. Die reg is nie meer wat dit is nie. Mens kom weg met moord

Awie ·

Maroela ek wil net seker maak. In die laaste sin sê dit dat Coertze sê dit goed gaan met Jackson en Coertze. Is dit nie veronderstel om Jackson en Oosthuizen te wees nie?

Dalene de Vente ·

Dagsê Awie

Dankie vir jou valkoog! Ons vra om verskoning vir die oorsig, die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Dalene nms. Maroela Media

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.