Doodskis-video: Twee vra borgtog

Die stampvol hof. Foto: Phillip Bruwer

Die stampvol hof. Foto: Phillip Bruwer

Verteenwoordigers van politieke partye het onder ʼn sterk polisieteenwoordigheid by die Middelburg-landdroshof bymekaargekom waar twee mans om borgtog gaan aansoek doen in die sogenaamde doodskis-saak.

Die hof was teen vroegoggend reeds stampvol. Willem Oosthuizen (28) en Theo Martins Jackson (29), die twee mans wat afgeneem is toe hulle na bewering ʼn ander man in ʼn doodskis gedruk het, het op 16 November te midde van ʼn groot mediateenwoordigheid in die Middelburg-landdroshof verskyn.

Die staat het aangedui dat hulle ʼn borgtogaansoek sal teenstaan op grond van die openbare verontwaardiging wat die voorval veroorsaak het, die moontlikheid dat die twee beskuldigdes die beweerde slagoffer kan intimideer en omdat Oosthuizen en Jackson se veiligheid nie gewaarborg kan word nie. Die twee beskuldigdes se regspan het hierna aangedui dat hulle nie om borgtog sal aansoek doen nie.

Foto: DA/Twitter

Foto: DA/Twitter

Die twee het egter intussen besluit om wel om borgtog aansoek te doen. Christo Geldenhuys, Oosthuizen en Jackson se prokureur, het gesê hy kan in opdrag van sy kliënte geen kommentaar lewer nie. “Die saak is voor die hof, so ons kan in dié stadium glad nie kommentaar lewer oor die voorval self of oor die gepaardgaande regsaksies nie. Ons sal wel na afloop van die borgtogaansoek kommentaar lewer,” het hy gesê.

Maroela Media het vroeër berig ʼn video van die voorval, wat glo op 17 Augustus plaasgevind het, is vroeër vandeesmaand op sosiale media versprei. Op die video kan gesien word hoe ʼn man huil terwyl hy deur twee ander mans in ʼn doodskis ingedwing word. Daar kan in die agtergrond gehoor word hoe ʼn manstem sê: “Kom nou, ons wil die petrol gooi, man. Klim in!”

Die beweerde slagoffer, Victor Rethabile Mlotshwa (29), het op 16 November buite die hof gesê hy bly in ʼn informele nedersetting naby die betrokke plaas waar hy glo aangerand is, naby die Komati-kragstasie.

Foto: Landi Malan

Foto: Landi Malan

Hy het glo ʼn voetpad deur dié plaas gebruik om by die huis te kom, toe die beskuldigdes hom glo ontvoer en van betreding beskuldig het. Mlotshwa het beweer die beskuldigdes het hom geslaan en hy het gevrees dat hulle hom sou doodmaak.

Verskeie organisasies en politieke partye, onder meer die EFF, DA en Solidariteit, het die voorval ten sterkste veroordeel.

Lees alle vorige berigte oor die doodskis-video op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Belinda Fourie ·

Ja nee kyk hierdie land se rassisme mag net sekere mense uitlatings maak. Ek dink dit word uit verband geruk, van n molshoop na n berg. Maar dis reg dat daar op ons plase moord gepleeg word???? Dan is dit nie haatspraak of rassisme nie…

Amanda ·

Ek is nou so gaaivol vir hierdie storie. Die man het nie eers ‘n skrapie aan hom nie en in die tyd vandat die twee in hegtenis geneem is …. hoeveel plaas moorde/moorde was daar in die kort rukkie…. maar nee die arme man in die kis…………

Susan ·

My beskeie mening: As hulle hom regtig wou doodmaak, sou hulle eerstens sy hande vasgebind het en régtig die petrol oor die kis gegooi het. Die deksel is nie met mag en mening toegdruk nie – dit kon jy sien aan die hande wat kort-kort uitkom,,,,,,, die stemtoon van die ou wat gesê het “waars die petrol jong”……was nie ernstig nie. Hulle wou nie moor nie, nie, net behoorlik skrikmaak. Rondlopers op jou grond spel gevaar. Hulle hét hom nie doodgemaak nie… maar wat van al die moore nét die afgelope week. Maar DIT tel mos nie.

Andries ·

Herhaling van vorige berig asook om net weereens klaer se weergawe vir motief te publiseer dat hy onbillik behandel is net omdat hy kortpad oor plaas geneem het na sy blyplek, terwyl daar in hof uitgekom het dat daar verskeie diefstalle wat ook koper diefstalle insluit op plaas voorkom. In hof was ook genoem dat klaer met koper in sy besit daardie dag betrap was. Soos alreeds genoem regverdig niks die twee menere se optrede teenoor klaer, maar wil ek tog net versoek dat Maroelamedia al die feite weergee en dit sonder om dit soos dit tans is te laat lyk asof die twee menere alleenlik skuldig is. Indien die owerhede meer ferm is om misdaad te bekamp sal die tipe stupid optredes van mense wat gereg in eie hande wil neem minder voorkom.

Aai ·

Elke saak op sy eie meriete : hoekom het jy die drang om dit aan ‘n ander te doen? Hoe sal jy voel as iemand jou pa / seun / broer so behandel? Ongeag wat die ‘slagoffer’ se oortreding was, ongeag wat die politiek in die land is – sorg jy dat jy reg optree. Moet nie aan ‘n ander doen wat jy nie aan jouself gedoen wil he nie. Dit is hoekom daar prosedures is om te volg vir situasies waar jy voel jy te na gekom was.

Speedguard ·

Presies wat ek ook gevra het met die eerste berig………………laat enige iemand net kyk na sommige se onskuldige bloedjies is die hel los…………..

elmarie ·

ag dit is alles net so belaglik. kyk in die land kan jy verkrag jy kan moor jy kan steel jy kan ontvoer en soveel meer ander dinge doen maar as jy ROOK OF DRINK is jy die duiwel van self dit is om van siek te raak

Olga ·

dalk moet ons ook met elke plaasmoord en moord op wit mense ook skree rasisme!

Alida ·

Nee Olga ons moet skreeu “Rassistiese volksmoord” elke keer as ‘n blanke vermoor word. Walglike optrede van die politieke partye. Niemand betoog by enige hof as daar ‘n blanke moord voorkom nie. Daar word so baie moorde elke dag gepleeg die betogers sal nooit by hulle werk uitkom nie.

PJ ·

Aai wil jy nie asb aan my die prosedure verduidelik nie onthou ek is wit

Azuni ·

Hierdie word nou regtig net ‘n politieke voeffie. ‘n Klomp aas voëls as jy my vra. Wat hulle gedoen het was verkeerd, maar dis nie veronderstel om SOOOO polities te wees nie.

Adam Boshoff ·

Kan iemand daai DA lede vra om hul plakkate ook by verhore van swartes wat wit boere en vrouens vermoor ook te gaan vertoon asb

A.G ·

As n tuinier n vrou vasbind en n lap in haar mond druk en haar in haar kar se kattebak stop en los om te sterf is dit nie so erg nie. Moet net nie n man in n kis dwing om hom skrik op die lyf te jaag nie dit is erger.

Denise ·

Hier word Pierre de Necker dood geslaan in Julie deur twintig swartes , een word in n doodskis gedruk sonder n skrapie . Is daar dan nie wittes wat kan propaganda aanblaas oor al die moorde van ons wit mense? Ons is mos christene ons moet vergewe en vergeet! Without prejudice

Ben Prinsloo ·

Nee A.G. jou stelling is net halfpad reg. Dit is nie n man nie maar wel n krimineel want om onwettig op iemand anders se perseel te wees is n kriminele oortreding.

FM ·

By n plaasmoord word witmense verkleineer, mishandel, geskop,geslaan met voorwerpe, verkrag, geskiet en met skerp voorwerpe gesteek dat die bloed vloei . En dan word die huis geplunder, gesteel ens. Aanvalle op weerlose oumense wat niemand leed aan gedoen het nie. Het daar enigsens bloed gevloei in die 2 se geval. Hoe erg is hulle aangerand? Daar sou niks van gekom het as hulle nie die plaas betree het nie. Hulle het oortree. Ek keur nie die 2 wit outjies se optrede goed nie, maar omdat dit wit op swart was, is dit aan die groot klok gehang. Vraag: hoeveel mense is van jaar al op plase vermoor,let wel vermoor of se liggame geskend EN hoeveel keer het die doodskisgeval in dieselfde tyd gebeur? Daar is nie eers n vergelyking nie. Maroela dit is omdat hulle witmense is. Besef nou tog vir eens en vir altyd: rassisme in SA sal vererger, want hierdie voorval word uit verband geruk en malema teer daarop. Malema is die grootste probleem in ons land, ons kan maar net hoor watse radikale uitsprake hy maak. n Groot bol wind wat graag populariteit soek. Hier kom groot moeilikheid. Trump help ons ASB!!!!

Acca ·

Ek staan saam met almal en ek hoop die DA kan ruggraat wys met die volgende onskuldige blanke wat deur ‘n swarte vermoor word. Daar is meer moorde op blankes deur swartes as deur blankes op swartes maar blykbaar keur die mense dit goed en so ook die ruggraatlose DA want hulle se niks. Kom DA ek daag julle uit om die land te wys julle is nie rassiste nie en blanke moorde net so sterk te veroordeel

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.