Doodskis-video: Twee vra weer borgtog

Oosthuizen (links) en Jackson tydens ‘n vorige verskyning in die hof. Foto: Phillip Bruwer

Willem Oosthuizen (28) en Theo Martins Jackson (29), die mans wat daarvan beskuldig word dat hulle ʼn man in ʼn doodskis gedruk het, gaan Vrydag weer om borgtog aansoek doen.

Oosthuizen en Jackson se nuwe borgtogaansoek word in die Middelburg-streekshof in Mpumalanga aangehoor. Volgens die twee mans se regsverteenwoordigers is daar “nuwe feite” in die saak.

Oosthuizen en Jackson het op 26 Junie in die hof verskyn waarna die saak tot 31 Julie uitgestel is aangesien die direkteur van openbare vervolging besluit het om hulle in die hooggeregshof aan te kla. Die twee het egter aangedui dat hulle oorweeg om ʼn nuwe borgtogaansoek in te dien.

Die twee staan tans tereg op sewe aanklagte, waar onder besit van ʼn ongelisensieerde vuurwapen, twee sake van aanranding met die doel om ernstig te beseer, ontvoering, poging tot moord, intimidasie en dwarsboming van die gereg. Hulle is aanvanklik net van ontvoering en aanranding met die doel om ernstig te beseer aangekla.

Die saak is na die rondgaande hof in Delmas verwys en vir 10 Augustus op die hofrol geplaas. Hulle bly in aanhouding.

Oosthuizen en Jackson het hulle op 14 November in die teenwoordigheid van hul regsverteenwoordigers by die Blinkpan-polisiestasie oorgegee.

Dit volg nadat ʼn video verlede jaar wyd op sosiale media versprei is waarin gesien word hoe ʼn man huil terwyl twee ander mans hom glo in ʼn doodskis indwing.

Die beweerde slagoffer, Victor Rethabile Mlotshwa, het vroeër aan die hof gesê hy het deur ʼn veld gestap toe die beskuldigdes hom voorgekeer het. Hy het gesê hy is aangerand en vasgebind en later gedwing om in ʼn doodskis te klim. Hy beweer die twee mans het voor dié voorval glo ook ʼn ander man aangerand. Die beskuldigdes het aangevoer Mlotshwa het koperkabels gesteel en hulle wou hom ʼn les leer. Hulle het gesê hulle het nie bedoel om Mlotshwa leed aan te doen nie.

Die voorval het glo op 17 Augustus naby die Komati-kragsentrale plaasgevind. Die beskuldigdes beweer egter die voorval was op 9 September.

Mlotshwa het eers vroeg in November ʼn saak by die polisie aanhangig gemaak nadat die video van die voorval op sosiale media versprei is en hy “verneder” gevoel het.

Landdros Jongilizwe Dumehleli het Oosthuizen en Jackson op 8 Desember borgtog geweier.

Lees alle vorige berigte oor die doodskis-video op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Gert ·

As hulle wel eerder moord gepleeg het, was hulle al lankal uit op borg.

Syddy ·

Amazing. Gee hulself oor en word in aanhouding gehou en borgtog geweier. Wonder maar net as die rolle omgeruil was of die persoon dan ook in aanhouding sou bly en borgtog ook geweier sou word? O nee jammer … dit sou nie gebeur het nie want dan was daar mos nie diskriminasie nie, dit sou net reg gewees het. Twyfel egter of die boer sou bly leef het in omgekeerde situasie.???

Lientjie ·

Hulle sou in die 1ste plek nie die koerant gehaal het nie en ook nie aangekla geword het nie.

Frederik ·

LW!! Die direkteur van openbare vervolging het besluit om die twee in die hooggeregshof aan te kla. Nou kan mens dink hoe lawaai die ou se koppie. Daar’s geen klagte in die saak wat ‘n verhoor in die hooggeregshof regverdig nie. Hul word oa aangekla van die besit van’n ongelisenseërde vuurwapen, maar die ondersoekbeampte erken dat hy nooit die wapen gesien het, of eers weet watter maak en kaliber dit is nie.
Glo dit!! En dan is hy aangestel as ‘n direkteur??

anton ·

Ja Frederik, eintelik is die hele klomp daar bo net n grap.
Die van ons wat weet en verstaan, weet dat hulle eintelik almal onbevoeg is.

Belaglik ·

Die twee mans word vir poging tot moord aangekla!!! Iemand kan jou van agter-af in jou rug skiet en dreig om jou dood te maak en dan word hy “net” skuldig bevind aan aanranding met die doel om ernstig te beseer!!! En dit omdat hy ‘n gesiene man in die samelewing is. Jy moes veg vir jou lewe en was byna 3 maande in die ICU gewees. Wat word van ons regstelsel….die krimeel het meer regte.

MT ·

Dis miskien omdat die president en van sy ministers dalk agter tralies was dat die kriminele eerder beskerm word……

Swartkat ·

Ek glo die hoof klag is die onwettige besit van ‘n doodkis en die alternatiewe klagte dat hulle die ou onwettige gepas het in die kis ( size fit ) Hulle het die ou nog net gepas maar die plaasboere word vermoor en daar is nie so groot ophef daaroor nie

Cherokee ·

Die heel eerste wat ek in herinnering roep wanneer ek van hierdie twee lees, is die ongeregverdigde aanvalle uit eie forum. Ek onthou hoe kommentators wat nou saam met ons vra om toegewing, in hul menings-uitsprake geskel het op die twee. Vertel het watse vielike dinge hulle aangevang het en aangedring het op verhoring. En nou dat hulle wel verhoor en verhoor en verhoor word, heel onskuldig ‘n ander deuntjie sing.

Kosie ·

Eers die man aangerand en toe later verder psigologies probeer aftakel deur hom in ‘n kis in te druk en te dreig om hom aan die brand te steek. Mmm, nee wat, ek hoop hulle slaap elke nag elkeen in sy eie kis in die tronk. Hulle gaan hard en genadeloos gestraf word en dis net hul eie skuld.

Magda ·

Hou op om die mense so te vervolg – en vervolg eerder die “SKELM” wat probeer steel het daar – maar nou word die mense so gejaag dat dit eintlik skrikwekkend is – waar is die gemors wat in die eerste plek die oorsaak was van waar dit alles begin het – as hy nie daar was om te steel nie – sou die nooit plaas gevind het nie – maar nou word HY as die verontregte gesklassifiseer – HY verdien om in die TRONK TE BLY – nie die 2 mense nie.

CAROL ·

Hulle word borgtog geweier – maar die wat verkrag en moor kry???? Enige antwoorde asb. Ek kan dit nie verstaan nie,

anton ·

As jy n antwoord wil hê op jou vraag Carol, begin en kyk wie regeer die land. Alles en baie meer behoort dan vir jou duidelik te word.

Ben Prinsloo ·

Dankie Cherokee, ek stem 100 persent met jou saam. Maar onder ons blankes sal jy maar altyd die polities korrektes ook kry. Die oumense het n beter naam vir hulle gehad, hulle was joiners genoem.

Ai ·

Ben, ekt my oupa grootjie gehoor praat van hensoppers. Eerste keer wat ek van “joiners” hoor?

Peet J ·

Nee, genade hierdie saak maak net nie sin nie het reeds op FB NKP gemeld dit blyk asof die regstelsel van sy spoor af is . Hulle moet vra dat die landdros van die saak onttrek asook dat die hofverrigtinge in hulle landstaal Afrikaans, moet plaasvind asook met ‘n opgeleide tolk . Ek wens hierdie twee weer alle sterke toe, hierdie is ‘n skandalige optrede van die betrokkenes.

SARIE VAN HEERDEN ·

AI, joiners was nog altyd die gepasde woord en het ek ook met die woord grootgeword.

MT ·

Hoekom word die man wat in die doodskis was nie gedagvaar vir onwettige betreding nie? Hy het mos nie toestemming gehad om op daardie grond te wees nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.