Doodskis-video: Twee weer in hof ná Kersfees agter tralies

Oosthuizen (links) en Jackson tydens 'n vorige verskyning in die hof. Foto: Phillip Bruwer

Oosthuizen (links) en Jackson tydens ‘n vorige verskyning in die hof. Foto: Phillip Bruwer

Willem Oosthuizen (28) en Theo Martins Jackson (29), die twee mans wat met ʼn kamera afgeneem is toe hulle na bewering ʼn ander man in ʼn doodskis gedruk het, het Woensdag weer te midde van ʼn groot mediateenwoordigheid in die Middelburg-landdroshof verskyn.

Oosthuizen en Jackson het vlugtig weer voor landdros Jongilizwe Dumehleli verskyn wat op 8 Desember hul borgtogaansoek geweier het. Dumehleli het die saak na die Middelburg-streekshof verwys waar verrigtinge op 23 Maart hervat word. Hulle bly in aanhouding.

Tydens die borgtogaansoek het die hof onder meer Victor Rethabile Mlotshwa, die beweerde slagoffer, en die beskuldigdes se weergawes van die gebeure gehoor. Mlotshwa het aangevoer dat hy deur ʼn veld gestap en toe deur die beskuldigdes voorgekeer is. Hy het gesê hy is aangerand en vasgebind en later gedwing om in ʼn doodskis te klim.

Die beskuldigdes het aangevoer dat Mlotshwa koperkabels gesteel het en dat hulle hom ʼn les wou leer. Volgens hulle verklarings wat aan die hof voorgelees is, het hulle nie die bedoeling gehad om Mlotshwa leed aan te doen nie. Hulle het ook gesê Mlotshwa het hulle gedreig.

Dumehleli het egter die bewering dat Mlotshwa koperkabels in sy besit gehad het, verwerp. Hy het gesê die beskuldigdes het ook nie ʼn saak van onwettige betreding aanhangig gemaak nie. Dumehleli het gesê dit het gewys dat die aanranding ʼn voorval van brutale rassisme was. Volgens Dumehleli wou die beskuldigdes ook nie bekend maak hoekom hulle ʼn kis in hulle besit gehad het nie.

Hy het onder meer ook borgtog geweier om openbare oproer te verhoed nadat die voorval plaaslik, nasionaal en internasionaal groot reaksie ontlok het nadat die video op sosiale media versprei is.

Op die video kan gesien word hoe ʼn man huil terwyl hy deur twee ander mans in ʼn doodskis ingedwing word. Daar kan in die agtergrond gehoor word hoe ʼn manstem sê: “Kom nou, ons wil die petrol gooi, man. Klim in!”

Oosthuizen en Jackson het hulle op 14 November in die teenwoordigheid van hul regsverteenwoordiger by die Blinkpan-polisiestasie oorgegee.

Die beweerde voorval het op 17 Augustus naby die Komati-kragstasie plaasgevind. Die beskuldigdes beweer egter die voorval was op 9 September.

Mlotshwa het eers vroeg in November ʼn saak by die polisie aanhangig gemaak nadat die video van die voorval op sosiale media versprei is en hy “verneder” gevoel het.

Lees alle vorige berigte oor die doodskis-video op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

Doofstom ·

Al gedink hoe wit boere smeek vir hulle lewens maar nogsteeds doodgekap is met pangas. Ek is sad oor een ding. Dat n video geneeem is. Why?. Neem plaasmoordenaars videos?

m ·

So bohaai oor die ding. Wat van die ou mense wat aangerand word deur swart verpleegters en boere wat doodgemaak word. Snaaks dat geen bohaai daaroor gemaak word nie

Janet ·

Ja nee kom ons sien wat word van die verpleegster wat die wit bejaarde dame so geslaan het. Of sy ook nie borgrog gaan kry en die regte vonnis

Hansie my kneg ·

DA,Gaan jul ook by die ou dame se aanvaller se verskyning betoog?Of werf julle stemme vir 2019?

Fritz ·

Hordes plaasaanvalle, moorde op boere, aanranding van bejaarde witmense en net die kry die nodige media dekking. Niemand gan vir ons opstaan nie wittes. ons moet dit self begin doen.

Haibo ·

Janee boetmanne .. julle gaan baie langer sit as die plaasmoordenaars .. Vreemd hoe moorde op spesifiek blankes in die land as ‘n baie kleiner oortreding deur politieke partye EN DIE REGSTELSEL gesien word as ‘n doodskis geval of ‘n Facebook inskrywing of Tweet .. Almal kry borgtog .. almal kry ‘n kans om EKSKUUS te se vir die aakligste vorms van rassisme teen wittes, maar hierdie manne boet behoorlik vir hulle (baie simpel) optrede.

lettie ·

Hoekom word die video van die ou tannie wat wreed mishandel word deur n swart versorger wat nou aangekla is nie ook internasionaal versprei nie? Doen dit asb!

Manie ·

Waar was die liberale pers met die hofsaak van die swart vrou wat n weerlose wit ou tannie met die vuis slaan in Oos-London ?

pieter ·

DA, MY STEM IS WEG ,MOET HOM ASB NIE SOEK NIE.HET VIR JULLE GESTEM TEEN MY BETERWETE.NOU SIEN EK WAAR JUL STEMME LE.

Alida ·

Ag Pieter hou tog op bollie praat. Die DA het niks met hofsake te doen nie. Genade tog elke saak loop sy eie pad.

Anne ·

As ek so na al die moorde en aanrandings kyk lyk die saak regtig na ‘n “joke” en die beskuldigdes bly in aanhouding ?? Ek sien niemand beseer of dood nie. Die verpleegster wat die ou dame aangerand het hoort agter tralies.

Oh please ·

Internasionaal reaksie uitgelok het? Regtig, watter se het ander lande oor ONS regstelsel en oor oortredings hier? Dit gaan horrific en pateties in ander lande .. hoeveel keer het SA al ‘n se gehad as ISIS koppe afgekap het . het hulle al daardie ouens in hegtenis geneem? Ag weet jy dit raak nou belaglik, hulle het niemand VERMOOR nie, maar kry nie borgtog nie agv NASIONALE EN INTERNASIONALE reaksie . shame regtig .. en MOORDE en AANRANDINGS op ou mense ontlok geen reaksie nie? Almal wat moor en roof en aanrand kry borgtog moet NET nie WIT wees en die slagoffer ‘n swart outjie wat die eiendom onregmatig betree het en nou simpatie soek nie.

snoefie ·

kla kla kla maar nie een van julle was voor die hof on te betoog dat Willem oostehuizen en Theo martins vlrygelaat word nie. dis nog nie te laat nie manne, le n klag van betreding teen die knaap. ek hoop solidariteit en vf+ gaan n klag teen die landdros bring. die knape het nie een keer ras genoem nie. hoe kan hy dit brutale rassisme noem? was hy daar om te gesien het daar was nie koperkabels nie? of het die fotograaf wat die video gelek het, die labels self gesmous?

AL ·

Die beskuldigdes moes maar n saak van betreding oopgemaak het al het hul ure vir behoorlike diens gewag by die sapd. Nou het hul geen voet om op te staan nie. Dis werklik jammer.

Pietie ·

Die ding word uit verband geruk. Mens wonder of die manne se regsverteenwoordiging sterk genoeg is. Dit maak mos nie sin dat hulle steeds borgtog geweier word nie. Veral aangesien die klaer eintlik die saak aanhange gemaak het n.a.v. die “vernedering” op Facebook. En nie uit vrees of lyding nie.

Dereck Le Roux ·

Politieke korrektheid gaan maak dat die twee jongmanne ‘n regverdige en billike verhoor op hul mae skryf.

Sandra ·

Hoekom haal hierdie voorval die nuus op TV kanaal SABC2, maar die daaglikse plaasmoorde word verswyg?. Hierdie ou leef en kan voortgaan met sy lewe. Die plaasmoord slagoffers oorleef selde.l

AL ·

Jy vergeet dat die SAUK onder die soeklig is vir ongerymdhede en dat die ANC se beeld blink gepoets word op daardie kanale, so jy kan niks regverdig vd SAUK verwag nie.

Theresa ·

Pateties hoe die mans in tronk moet sit vir iemand wat NIE op hul grond moes wees nie maak nie saak wat sy rede is nie – hy was nie ingenooi nie. Hy leef. Dit is absolute rassistiese optrede teenoor die 2 mans. Wens mens kon hul help.

Wil jy nou meer ·

Waar is die vloeksteen wat in die eerste plek ‘n video geneem het van die voorval. Hy is ook net so skuldig. En ek neem aan hy WAS ‘n vriend gewees.

LICIA ·

ek verstaan nie hoekom hul se dis rasisme nie, ek het glad nie rasistiese woorde op daai video gehoor nie.

Cornelius du Rand ·

Die kommentaar hier is almal geldig en regverdig. Ek werk elke dag daarmee. In ons reg tans is daar twee stelle reels. Een vir wit mense en een vir swart mense. Sodra ‘n voorval plaasvind waar die beskuldigde wit is en die klaer swart is dit rassisties maar nooit andersom nie. Wit mense moet begin besef dat die SAPS wit mense se vyande is en dat ons howe geen genade toon vir wit mense nie terwyl swart mense bevoordeel word. Dit is realiteite van vandag danksy Mnr De Klerk en Kie se besluite. Die doel van borg is nie om te straf nie welke in hierdie geval duidelik die geval is. Hierdie is veronderstel om skedule 1 misdade te wees. Die enigste vraag wat die hof behoort te vra is of daar voldoende bewys is dat die bekukldigdes nie hulle verhoor sal staan nie. Op wat die media berig het is daar nie sodanige getuienis nie en die beslissing op borg is regsgeldiglik foutief.

A.G ·

Om verneder te voel is erger as moord pleeg en om ou mense aan te rand. Vir vernedering kry jy nie borgtog nie. Vir aanranding en moord pleeg kry jy wel borgtog. “What a joke” die regstelsel van ons werk net vir swartes.

Cherokee ·

Gebruik die skakel oor vorige berige van dieselfde insident en kyk hoe die kommentators van deuntjie verander het.

Boland ·

Dagvaar die landdros.Hierdie snert moet ent kry.As dit nie gedoen word nie gaan die volgende een ook dieselfde pad loop en erger.

Eksteen ·

Die storie is so belaglik dit stink. Geen wonder die brommers begin die land vermy!

ada ·

Los hierdie joke en konsentreer eerder op die moordenaars van Poppie. Dit is belangrik. Nie hierdie klomp snert nie.

Albert ·

Ek kan die twee manne se punt verstaan. Maar ai om n video te maak. Nie baie slim. Maar sterkte kerels

Fanie ·

Moenie die onverdedigbare probeer verdedig. Hierdie twee was verkeerd en baie dom- al was die Verpleegster veel erger.

Johan Oberholzer ·

Maak bekend aan die publiek wie die 2 mans se vriend is wat hulle af geneem het en dit versprei het. Hy moet ook n les geleer word

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.