Doodskis-video: Twee wil nou borgtog vra

Oosthuizen (links) en Jackson (regs) tydens hul vorige hofverskyning. Foto: Phillip Bruwer

Oosthuizen (links) en Jackson (regs) tydens hul vorige hofverskyning. Foto: Phillip Bruwer

Willem Oosthuizen (28) en Theo Martins Jackson (29), die twee mans wat afgeneem is toe hulle na bewering ʼn ander man in ʼn doodskis gedruk het, het besluit om wel om borgtog aansoek te doen.

Oosthuizen en Jackson het op 16 November te midde van ʼn groot mediateenwoordigheid in die Middelburg-landdroshof verskyn. Die staat het aangedui dat hulle ʼn borgtogaansoek sal teenstaan op grond van die openbare verontwaardiging wat die voorval veroorsaak het, die moontlikheid dat die twee beskuldigdes die beweerde slagoffer kan intimideer en omdat Oosthuizen en Jackson se veiligheid nie gewaarborg kan word nie. Die twee beskuldigdes se regspan het hierna aangedui dat hulle nie om borgtog sal aansoek doen nie.

Kapt. Khanyisile Zwane, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media bevestig dat die twee se borgtogaansoek Donderdag aangehoor sal word. Sy het gesê die aansoek sal die vorm van ʼn appèl aanneem aangesien die staat reeds aangedui het hoekom hulle voel borgtog nie toegestaan moet word nie.

Christo Geldenhuys, Oosthuizen en Jackson se prokureur, het gesê hy kan in opdrag van sy kliënte geen kommentaar lewer nie. “Die saak is voor die hof, so ons kan in die stadium glad nie kommentaar lewer oor die voorval self of oor die gepaardgaande regsaksies nie. Ons sal wel na afloop van die borgtogaansoek kommentaar lewer,” het hy gesê.

'n Skermskoot uit die video.

‘n Skermskoot uit die video.

Maroela Media het vroeër berig ʼn video van die voorval, wat glo op 17 Augustus plaasgevind het, is vroeër vandeesmaand op sosiale media versprei. Op die video kan gesien word hoe ʼn man huil terwyl hy deur twee ander mans in ʼn doodskis ingedwing word. Daar kan in die agtergrond gehoor word hoe ʼn manstem sê: “Kom nou, ons wil die petrol gooi, man. Klim in!”

Die beweerde slagoffer, Victor Rethabile Mlotshwa (29), het op 16 November buite die hof gesê hy bly in ʼn informele nedersetting naby die betrokke plaas waar hy glo aangerand is, naby die Komati-kragstasie. Hy het glo ʼn voetpad deur dié plaas gebruik om by die huis te kom, toe die beskuldigdes hom glo ontvoer en van betreding beskuldig het. Mlotshwa het beweer die beskuldigdes het hom geslaan en hy het gevrees dat hulle hom sou doodmaak.

Verskeie organisasies en politieke partye, onder meer die EFF, DA en Solidariteit, het die voorval ten sterkste veroordeel.

Lees alle vorige berigte oor die doodskis-video op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Leonie ·

Ja en die arme slagoffer het toe eintlik gelieg volgens inligting wat verskaf was aan die Polisie en is gladnie so onskuldig nie. Mense moet ophou om als op social media te sit veral as jy wit is en in SA bly.

Yvonne ·

Daar word so ‘n groot ophef gemaak van die storie, kyk moet my nie verkeerd verstaan nie dit wat hulle gedoen het praat ek nie goed nie. MAAAAR my vrek hoeveel blanke mense word elke dag aangerand, gemartel, wreed vermoor, en wat word daarvan. Hy is in ‘n kis gedruk en ja dit moes vreesaanjaend gewees het, maar hy leef en hulle het hom klaarblyklik nie aangerand, gemartel en dood gemaak nie. Hoekom is die storie voorbladnuus maar al die moorde en aanrandings op ons volk word net dood gedruk of nog meer kommerwekkend dit word as vanselfsprekend en alledaags voorgehou!!!!

Chester not missing ·

Ag laat hulle vry. Steve die redder van die Afrikaner volk se mos dis net kattekwaad.

Piet ·

Chester ek kan jou sarkasme in hierdie konteks geheel en al aanvaar, maar ek dink dan moet jy ook Steve se insette as sarkasties aanvaar. Mens kan dit met kattekwaad vergelyk slegs wanneer jy eintlik bedoel dat dit so gesien kan word in vergelyking met die wrede misdade wat op die blanke gemeenskap uitgevoer word. Ek kon nie help om duidelik te sien dat die persoon in die kis geen skrapie, bloed of ander besering op hom gehad het nie. Kattekwaad of nie, dit staan in sterk kontras met aanvalle op weerlose blanke mense.

Appel ·

Piet jy laat my dink aan die VSA en Brianje. Hulle hou oorlog uit hulle veilige hawens deur ander lande plat te skiet met vliegtuie, missiele en ander tegnologie, so van n afstand, sonder om hul troepe in gevaar te stel. As die land wat hulle so bom, dan ander tegnieke gebruik, soos selfmooraanvalle, onthoofings van joernaliste ens ens, dan skree die VSA onregverdige oorlogvoering en versprei wereldwyd propaganda, oor hoe barbaars die ander is.

Jy kan nie wil kla oor n ander een, as jou eie kant nie skoon is nie, maak nie saak hoe erg en minder erg jy persoonlik sekere gebeurtenisse beskou nie.

Nee appel ·

Nee appel, mens moet altyd appels met appels vergelyk, en nie pere met mango’s nie. Ongelukkig is die doodskis insident niks so wreeds soos ‘n verkragting of wrede moord nie, dis maar net julle wat weer politiek probeer korrek wees wat die peer wil slaan tot hy se hy is ‘n appel.

Alicia ·

wat my kwaad maak is dat almal skreeu rasisme, waar is die rasisme, hoor nie rasistiese woorde in daai video nie. maroela media hoekom gaan soek jul nie die waarheid en dan skryf julle bietjie n berig oor die storie nie. dit het niks met rasisme te doen nie maar alles met geweld en diefstal in die land.

necklace ·

as hulle hom in n tyre gesit het? sou dit beter gewees het?

Give ·

Wel hulle is geregtig op borgtog soos alle moordenaars en verkragters is, die verskil is net hulle is nie wrede moordenaars en verkragters nie. Hulle het ‘n onsinnige simpel ding gedoen, maar niemand se keel is wreed afgesny en ‘n ou dame in ‘n rolstoel verkrag nie. Gee hulle borgtog, hoekom word die Dlamini kerel wat die universiteite help verniel het op borgtog vrygelaat, kamstig sal die twee ouens nou die getuies beinvloed, maar Dlamini het toe hy die hofgebou verlaat het onmiddellik weer die skare opgesteek? GEE hulle dieselfde regte as SWART oortreders en rassiste.

Alida ·

Moordenaars en verkragters kry dan sommer netso borg en pleeg dieselfde misdaad terwyl hulle op borg is.

Piet ·

Appel , jou poging om met my te argumenteer is nie te sleg nie, maar as ek dood eerlik is dink ek jy probeer appels met piesangs te vergelyk.

Ek stem ·

Janee Piet. daar is eintlik geen redenasie nie. Snaaks dat hy nie vir die studente wat die universiteite afbrand vra om hulle kant skoon te hou nie. Na my mening is die mense wat reken die blankes moet te alle tye hulle kant skoon hou die eintlike rassiste, want wat se hulle eintlik? Dat anderskleuriges NIE hulle kant skoon kan hou nie? Wie bereik die meeste in SA? Beslis NIE die wat hulle kant skoon hou en eerlik is nie. Wat het geword van die studente wat vir hulle kursusse betaal het? Hulle kan nie eksamen skryf nie . wat het geword van die vernielsugtige mense? Hulle het hulle sin gekry en gaan volgende jaar verniet studeer. Neewat APPEL, jy bly ‘n peer!

Cherokee ·

Ag nee Piet, jy kan tog nie die appeltjie komplimenteer met daardie powere poging nie.

Brand ·

‘n Mens doen nie so iets aan jou medemens nie, maak nie saak of watter kleur hy/sy is nie. Ek sal nie eens ‘n dier deur so ‘n tipe geestelike marteling sit nie. Of wat van ons gee hierdie twee ‘mans’ doodstraf vir hulle optrede, en dan net nadat ons die galg om die nek gesit het, sê dis net ‘n grappie.

Theresa ·

Die 2 was beslis verkeerd met wat hul gedoen het. Maar genade tog!!! Die man is nie dood nie – het hom net doodgeskrik! Hy het ook oortree met waar hy was al probeer hy maak asof botter nie in sy mond kan smelt nie. Die twee mense kan maar met gemeenskapsdiens gestraf word en met die nodige hofbevel dat hul natuurlik nooit weer so iets mag aanvang nie.

Johann Barnard ·

As hulle swart was,het die polisie hulle nie eers gevang nie,maar oowee nou is hulle WIT,kry julle manne jammer,gebruik julle energie eerder om uit hierdie godsverlate land uit te kom.

anton ·

Ja anoniem, dit is net soos jy daar sê.
Jy kan nie eers jou eie nasie vertrou in die land nie en dit kom al van die anglo boere oorlog af.
Ons is eintelik n patetiese spul.

Isabel ·

Ek is so siek en sat dat as ‘n blanke net waag om iets te se of terug te veg is ons vuilgoed. Daagliks word ons verneder, beledig, gedreig, beroof, verkrag, vermoor ens ens ens. Ek se dat God nou asb moet intree. Genoeg is genoeg. Here hulle kan U nie tronk toe neem nie. Neem wraak vir elke wandaad en druppel bloed asb. In Jesus Naam. Amen.

anton ·

Isabel ek is bevrees dat as God ons help, daar mense, ons eie mense sal wees wat selfs God dan sal aanvat of tenminste sal probeer omrede die misdadigers dan benadeel word.
Dit is hoe die blankes in die land mos saamstaan maar dan wonder hoekom ons uitgemoor word!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.