Doodskis-video: Uitspraak binnekort gelewer

Vanaf regs op die foto is Nomsa Mtsweni, burgemeester van die Thembisile Hani Plaaslike Munisipaliteit, Victor Mlotshwa, die man wat in ʼn doodskis gedruk is, Lonea Mlotshwa, Victor se ma, en Sello Matshoga, streekswoordvoerder van die ANC vir Nkangala, in die hooggeregshof in Middelburg, Mpumalanga. Foto: ANA

Die onderskeie regspanne se slotargumente is Maandag in die hooggeregshof in Middelburg, Mpumalanga, aangehoor waar die verhoor teen Theo Martins Jackson (29) en Willem Oosthuizen (28) hervat is.

Die beweerde slagoffer, Victor Rethabile Mlotshwa, sy ma, Lonea Mlotshwa, en verskeie ander ANC-lede het positief voorgekom oor die uitspraak in die saak. ANC-lede het nagemaakte doodskiste buite die hof gedra en gedans en gesing terwyl hulle gewag het vir die verrigtinge om te begin. Foto’s van Oosthuizen en Jackson was bo-op die kiste vasgemaak.

Die uitspraak in die saak sal na verwagting Vrydag gelewer word.

Oosthuizen en Jackson word daarvan beskuldig dat hulle Mlotshwa in ʼn doodskis ingedwing het nadat hulle hom na bewering aangerand het. ʼn Video van Mlotshwa wat in die kis ingedwing word, het wyd opslae gemaak toe dit op sosiale media versprei is.

Die twee beskuldigdes staan tereg op aanklagte van poging tot moord, ontvoering, aanranding met die doel om ernstig te beseer en intimidasie.

Adv. Robert Molokoane, die staatsaanklaer, het Maandag tydens die lewering van sy slotargumente gesê die bewyse wat aan die hof voorgelê is, dui daarop dat Oosthuizen en Jackson vir Mlotshwa wou vermoor. “Die beskuldigdes het Mlotshwa gedreig en na ʼn sloot geneem en dit beteken hulle het reeds begin met hul poging om hom te vermoor,” het Molokoane gesê.

ʼn Groep ANC-lede buite die hof met selfgemaakte doodskiste waarop foto’s van die beskuldigdes geplaas is (21 Augustus 2017). Foto: ANA

“Die voorval was poging tot moord want Mlotshwa is ook aangerand. As jy hom net wou skrikmaak, hoekom gebruik jy ʼn doodskis? Terwyl Mlotshwa in die kis was, het die hof self gesien hoe hulle probeer het om die kis toe te maak. Hy sou versmoor het en dood gewees het as hulle die kis toegemaak het.”

Adv. Wayne Gibbs, Oosthuizen se regsverteenwoordiger, het volgehou dat die beskuldigdes nie skuldig is aan poging tot moord nie aangesien hulle nooit van voorneme was om Mlotshwa dood te maak nie. Hy het aangevoer daar is teenstrydigheid tussen Mlotshwa se getuienis oor die aard van sy beserings wat hy tydens die beweerde aanranding opgedoen het en die getuienis van sy ma, Lonea.

“Mnr. Mlothswa is gevra om sy beserings aan die hof te wys, maar hy het geweier,” het Gibbs gesê. “Ek het nog nooit van enige saak gehoor waar mense eers ʼn doodskis gaan haal voor hulle iemand vermoor nie. Ek stel dit aan die hof dat daar geen bewyse is dat daar enigsins ʼn voorneme was om mnr. Mlotshwa te vermoor nie,” het hy gesê.

Mlotshwa en sy ma het tydens die verrigtinge telkens met ander ANC-lede in die volgepakte hofsaal gepraat.

Lees alle vorigte berigte oor die doodskis-video op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Bertram Vosloo ·

As daai swart man die mans onberwags betrap het was dit anders om dan was dit nog n plaas moord maar dis mos nie van belang die boere is moeg vir die moord en roof so hul wil terug veg maar nou word hul veroordeel vir selfverdediging hul wou die onwelkom man op hul plaas n les leer en hom n bietjie skrik maak as hul hom wou dood maak dan was hy nou dood, wat het hy op hul plaas gesoek kom koekies en tee drink? Ek glo nie ek dink die boere moet saam staan en opstand maak teen die beskuldigings teen die boere anders haan daar lelike oorlog uitbreek ons boere het henoeg gehad om so op hul plase aangeval en vermoor te word.

Grap ·

Die enigste ding waaraan hierdie twee skuldig is is dat hulle nie die skerpste potlode in die pakkie nie.

Werner ·

Stem saam leahim klaer lieg so hulle behoort saak uit te gooi

Fred ·

Mens kan wonder waar en wat het die aanklaer geswot. ” Hy kon dood gewees het as hul die kis sou toemaak.” Feit is, en dit is duidelik op die foto, dat hul nie die kis toegemaak het nie.

danie ·

Het jy die volle video gesien waar hulle probeer om die kis toe te maak? Dis duidelik dat dit moes gebeur het want dis aan die hof vertoon.

Magda ·

Hier word meer TYD EN GELD EN AANDAG gespandeer aan die gemors wat gesteel het as aan AL DIE PLAAS MOORDE – Miskien moet die Boere net alles verkoop – dit is defniteif hartseer om net daaraan te dink – maar tenminste word hulle nie vermoor nie en het hulle die geld waarvoor hulle al die jare gewerk het gekry. Laat die SWART bevolking wat die plase so graag wil he dit koop en dan vir die mense in SA sorg vir kos – WIL DIT EERS SIEN – ZIMBABWE ONS IS OPPAD – MAAR EK SE NOU VIR JULLE DIT SAL OOK NIE GOED GENOEG WEES NIE – WANT SOLANK AS WAT HULLE OP DIE SELF BEJAMMERING TREIN KAN RY SAL HULLE – SAL NET IETS ANDERS SOEK OM OP TE FOKUS MAAR TENMINSTE IS ONS BOERE DAN VEILIG.

Ja ne ·

En die self gemaakte kiste met hulle fotos op? watse beeld gee dit? as daai twee op vrye voet sou wees gaan hulle in n kis beland

Petrus ·

Ek glo dit is duidelik dat die manne net die oortreder op privaat grond wou skrikmaak. Die metode was miskien dom, maar hulle moes ‘n klag van betreding onmiddellik na die episode gelê het, dan was hierdie hofsaak nie nodig nie.
Dit is ‘n pure vermorsing van Staatsgeld, hiervoor is die NVG skuldig.

Deloris ·

Ek stem saam Bertram.
AS jy mooi kyk dis net n skrik maak gewees, want hoekom word die kis nie toegeforseer nie? En dis heel aanvaarbaar vir n skollie om goed te wil steel en beskadig maar as die regerig te slap is en ons tree self op…… dan word dit mos n rasse ding….. ons boere moet begin opstaan soos “hulle” opstaan en support.

Johan. H. ·

Hoop ons sit nie met n dom judge of rasis nie,, Want hier kom REPURKUSIES…

Vry hand ·

Ag al so keelvol…..en ……vir die storie..dis al hol rug gery ..hoekom so uit rek..kan die hof nou nie maar besluit en klaar kry. .

Rian Malan ·

Maroela media plaas bietjie inligting en fotos oor die boer wat verbrand is in sy kar.Die 2 wit mans het geen kans nie,regter gaan luister na wat ANC se,hulle kan hulle klaarmaak vir 15 jr +.As hulle onskuldig bevind gaan word sal die dorp weer in vlamme opgaan–ons witmense moet net ons bekke hou,ons is gevangenis.Hierdie gaan nie n regverdige saak wees nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.