Die Middelburg-hooggeregshof in Mpumalanga het Vrydagoggend uitspraak gelewer in die saak teen Theo Martins Jackson (29) en Willem Oosthuizen (28), die twee beskuldigdes in die opspraakwekkende sogenaamde doodskis-video-saak.
Jackson en Oosthuizen is aangekla van poging tot moord, ontvoering, twee aanklagte van aanranding met die doel om ernstig te beseer en intimidasie. Oosthuizen is ook aangekla van die onwettige besit van ʼn vuurwapen en Jackson vir dwarsboming van die gereg.
Die aanklagte is teen die mans aanhangig gemaak nadat hulle Victor Rethabile Mlotshwa verlede jaar in ʼn doodskis ingedwing het. ʼn Video van Mlotshwa wat in die kis ingedwing word, het wyd opslae gemaak toe dit op sosiale media versprei is.
Regter Sheila Mphahlele het Jackson en Oosthuizen Vrydag skuldig bevind op aanklagte van poging tot moord, ontvoering, intimidasie en aanranding met die doel om ernstig te beseer. Oosthuizen is onskuldig bevind op die aanklag van die onwettige besit van ʼn vuurwapen. Jackson is skuldig bevind aan dwarsboming van die gereg.
Die staat het tydens die verhoor aangevoer dat Jackson en Oosthuizen vir Mlotshwa aangerand het voordat hulle hom in die doodskis ingedwing het. Die staat het ook aangevoer die mans het vir Delton Sithole aangerand. Die beskuldigdes het dit egter ontken en gesê hoewel hulle wel vir Mlotshwa in die kis ingedwing het, wou hulle hom net skrikmaak en het hulle nie bedoel om hom leed aan te doen nie.
Betogers van die ANC het reeds van vroegoggend af voor die hof saamgedrom waar hulle geëis het dat die twee beskuldigdes tot 25 jaar tronkstraf elk gevonnis word. EFF-ondersteuners het ook voor die hofverrigtinge gesê hulle dring daarop aan dat die twee mans op al die aanklagte skuldig bevind word.
Hou Maroela Media dop vir meer.
Lees alle vorigte berigte oor die doodskis-video op Maroela Media.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
70 Kommentare
ANC EN EFF het gepraat en die regter gaan luister na hulle opdragte want hulle regeer mos alles in die land. Pateties.
Die gereg is een groot grap gee standaarde meer nie ………nie eers moord sake kry die soort dekking nie wonder as ons ook gereg in ons hande moet neem vir elke boer wat dood gemaak word, wat sal van die land word.
Die eintlike slagoffer hier is die dubbele standaarde. Ek stem hulle is verkeerd, maar hoeveel ander doen veel erger en kom niks oor nie?
Intimidasie ens kan ek verstaan, maar skuldig aan poging tot moord? Dan het hulle nie baie hard gepoog nie?
Ditto James