Doodskis-video: Uitspraak gelewer

Theo Martins Jackson en Willem Oosthuizen in die hof (25 Augustus 2017). Foto: Landi Slatter,

Die Middelburg-hooggeregshof in Mpumalanga het Vrydagoggend uitspraak gelewer in die saak teen Theo Martins Jackson (29) en Willem Oosthuizen (28), die twee beskuldigdes in die opspraakwekkende sogenaamde doodskis-video-saak.

Jackson en Oosthuizen is aangekla van poging tot moord, ontvoering, twee aanklagte van aanranding met die doel om ernstig te beseer en intimidasie. Oosthuizen is ook aangekla van die onwettige besit van ʼn vuurwapen en Jackson vir dwarsboming van die gereg.

Die aanklagte is teen die mans aanhangig gemaak nadat hulle Victor Rethabile Mlotshwa verlede jaar in ʼn doodskis ingedwing het. ʼn Video van Mlotshwa wat in die kis ingedwing word, het wyd opslae gemaak toe dit op sosiale media versprei is.

Regter Sheila Mphahlele het Jackson en Oosthuizen Vrydag skuldig bevind op aanklagte van poging tot moord, ontvoering, intimidasie en aanranding met die doel om ernstig te beseer. Oosthuizen is onskuldig bevind op die aanklag van die onwettige besit van ʼn vuurwapen. Jackson is skuldig bevind aan dwarsboming van die gereg.

Die staat het tydens die verhoor aangevoer dat Jackson en Oosthuizen vir Mlotshwa aangerand het voordat hulle hom in die doodskis ingedwing het. Die staat het ook aangevoer die mans het vir Delton Sithole aangerand. Die beskuldigdes het dit egter ontken en gesê hoewel hulle wel vir Mlotshwa in die kis ingedwing het, wou hulle hom net skrikmaak en het hulle nie bedoel om hom leed aan te doen nie.

Betogers van die ANC het reeds van vroegoggend af voor die hof saamgedrom waar hulle geëis het dat die twee beskuldigdes tot 25 jaar tronkstraf elk gevonnis word. EFF-ondersteuners het ook voor die hofverrigtinge gesê hulle dring daarop aan dat die twee mans op al die aanklagte skuldig bevind word.

Hou Maroela Media dop vir meer.

Lees alle vorigte berigte oor die doodskis-video op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

70 Kommentare

Pieter ·

ANC EN EFF het gepraat en die regter gaan luister na hulle opdragte want hulle regeer mos alles in die land. Pateties.

Ronell ·

Jy is reg Pieter. Daar moet mos weereens, soos talle kere tevore, n voorbeeld met wit beskuldigdes gemaak word op aandrang van die meerderheid. Ek sê nie die 2 is onskuldig nie, hulle word wel na my mening, net soos ander wit beskuldigdes, onregverdig met absolute verswarende klagtes aangekla en ook so skuldig bevind. Tragies

Jacques ·

Die regter het gisteraand al haar opdrag gekry vir vandag en sy het dit uitgevoer . Ek wonder wat is sy belowe , miskien n nuwe merc of klein kasteel vir n huis . Dit is belaglik . Kom ons kyk wat sal die straf wees in vergelyking met Oscar .

Hendrik May ·

Dit is nie reg wat hulle gedoen het,maar weens al die kere wat plaasmense so uitgemoor word skep dit die tipe gevoelens wat mense druif na die tipe ding van terugkry,ek dink as ons n wet gehad het wat regtig iets beteken sal mense nie nodig het om sulke dade uit to voer nie,ek dink gee vir hulle gemeenskap diens in n lykshuis

Grap ·

Die gereg is een groot grap gee standaarde meer nie ………nie eers moord sake kry die soort dekking nie wonder as ons ook gereg in ons hande moet neem vir elke boer wat dood gemaak word, wat sal van die land word.

Reinhardt ·

Die eintlike slagoffer hier is die dubbele standaarde. Ek stem hulle is verkeerd, maar hoeveel ander doen veel erger en kom niks oor nie?

Jordaan ·

Intimidasie ens kan ek verstaan, maar skuldig aan poging tot moord? Dan het hulle nie baie hard gepoog nie?

TDW ·

Die eerste regter het homself moa onttrek aan die begin van die saak, hy het seker geweier om ‘n geldjie onder die tafel te vat. Hierdie uitspraak is belaglik. Poging tot moord? Ek sou hul skuldig bevind het aan intimidasie en aanranding, maar daar was GEEN bewyse van poging tot moord nie! Hierdie regter was of gekoop of geïntimideer om hierdie belaglike uitspraak te maak..

Andile ·

So die aanranding was voor die video opname maar tekens van aanranding kan nie op die video opname gesien word nie anders sou die verdediging nie volgehou het daar was geen aanranding nie? Op n stadium was R400,000 kompensasie gevra en as daai skikking voorstel aanvaar was sou alle klagte sekerlik teruggetrek gewees het as teenvoorwaarde en was daar nie meer n poging tot moord nie? Waar stop die sirkus volgende?

Karel ·

In SA is die minimum vonnis vir poging tot moord vir ‘n eerste offering 5 jaar tronkstraf. Nou is daar nog ander vonnisse wat bykom.

Jaco ·

Ek verstaan ook nie Poging tot moord nie. Daar was geen poging nie. Hulle het die ou in n kis gestop. Hulle het nie op hom geskiet en gemis nie.
Daar was nie n poging aangewend o. Die ou te dood nie.
Aanranding ja en ook nie eers met die doel om ernstig te beseer nie.

Duidelik is enige blanke in die beskuldigde bank n politieke aangeleentheid

danie ·

Ek raai dat bloot ‘n dreigement om iemand te vermoor genoeg is vir skuldigbevinding vir poging tot moord. Soos aanranding, ‘n dreigement om iemand te slaan, is reeds aanranding.

Piet Pille ·

Reinhardt verstaan jou nie so mooi, dan is hulle skuim, dan noem jy die dubbele standdaarde en dan hoeveel ander doen erger dinge en kom niks oor. Om hulle te klassifiseer as skuim dink ek is onvanpas, dom ding aangevang, ja. Hulle gaan wel ‘n duur les leer vir iets onvanpas en impulsief aangevang, soos jy tereg noem deur die toepassing van dubbele standaarde.

Drikus ·

Dit is mos nou suiwer twak. Poging tot moord? Hulle het die ou dan vrywilliglik laat wegloop. Wie maak ‘n video van ‘n moordpoging. Die arme twee manne sou nooit kon dink dit sou so belaglik en tragies uirdraai nie. Mag ‘n appèl lei tot ‘n regverdige uitkoms deur ‘n regter met ‘n skoon bril.

Mielie ·

Poging tot moord. Absurd…..Die ANC en EEF intimideer die regters. Ek glo hulle sal appelleer en daar sal n ander bevinding wees. Wat n grap…..Wat JM opelik se is ook intimidasie en afdreiging. Hoekom is hy nie in die tronk nie

Regtig ·

Regtig, regter, Anc, Eff etc wat van al die fetusse in dromme ashope, al die kinder lyke, al die verkragting, sels pastore verkrag, alle moorde van kinders, onskuldige mense, kunstenaars, sangers wat na die siel kyk en plaas boere wat die land voed

Ekke ·

En die banke in die hof was volgeprok soos ‘n taxi. Moes nog net op mekaar se skote ook sit!!!

Hannes ·

Klomp werkloses wat seker n skeppie pap gekry het om te gaan betoog

Jan ·

Sien op News24 die DA is baie bly oor die uitslag. Ek kan aanranding verstaan, maar nie poging tot moord nie. Waar is die DA met die vrou wat deur die weermaglid geskiet is? As die reels nie geld vir die een nie geld dit ook nie vir die ander een nie. Maak self plan, want as dit is hoe die wet werk, is daar geen wet meer nie. Hierdie is ñ baie gevaarlike rigting wat die reg na beweeg.

Realid ·

Die DA het al soveel kere gewys na watter kant van die skaal hul oorleun, dat hulle as ANC in blou kwalifiseer. Die blankes moet besef dat die DA slegs hul stemme soek maar ook maar soos die HUIDIGE ANC KOMMUNISTIESE APARTHEIDS REGERING gaan maak. SA is die enigste land ter wêreld waar die minderheidsgroep deur wetgewing onderdruk word, om die meerderheidsgroep te beskerm. Blankes staan saam!. Die DA skitter in hul afwesigheid wanneer wittes mishandel en gemoor word. Wat word van die klag van Diefstal, betreding teenoor die sogenaamde slagoffer. Alles vergete in die jag op wittes.

Paul ·

Kom Afriforum wys ons julle is nie net middelbestuur staatsamptenare nie….julle tyd is nou of dan nooit!

SO ·

Hulle moet appel aanteken teen hierdie vonnis. Moord en verkragting ongeag ras behoort 30 jaar tronkstraf te kry of langer sonder enige parool. Gooi dan sommer die sleutel weg. Hierdie storie word uit verband geruk. ‘n Herverhoor met ander voorsittende beampte sal heel moontlik tot ander insigte kom.

pieter ·

ek sien twee vlerkies wat vlieg uit baie witmense se huise met DA AS PASSASIER. NOU MOET DIE BLANKES SAAMSTAAN EN ONS MEDE BLANKES HELP.

JB ·

Sal nooit gebeur nie. Het nog nooit gebeur nie. Grootste vyande is vanuit eie geledere. Dan is daar ook die massas wat sienende blind is en konstant vir n party stem, wat hul uitverkoop.

oumi ·

As hulle ‘n mede-rasgenoot in die kis gedruk het, was dit ‘n boeregrap en ons almal het gelag, want ons ken mekaar se harte. Toe word die grap misgevang…

JS ·

Hopelik sal die Poging tot Moord bevinding op appel afgeslaan word, dis absurd. Watse boodskap stuur die hof hier? As jy vir skrikmaak 25 jaar kry dan kan jy net sowel regtig moord pleeg – die vonnis is dieselfde..

Dereck Le Roux ·

As daar ooit ‘n sirkus was van ‘n hofsaak waarin die beskuldiges al van dag een al af skuldig bevind is deur die magistraat, media en politieke parasiete dan is dit duidelik hierdie hofsaak wat algemeen nooit ‘n regverdige verhoor was nie en vonnisoplegging sal bloot ‘n formaliteit wees met natuurlik die swaarste vonnis denkbaar om die hof se aliansie met al die verskillende politieke rugryers en parasiete te bevestig.

Rica ·

Hierdie twee manne se lewens is deur hulself verwoes. Hulle het mos verstand om te weet hulle kon nie buite die wet optree nie. Dalk lawaai water se skuld? Dis egter net vir my onregverdig dat so ‘n bohaai gemaak word waar ‘n man bloot in ‘n doodskis gedruk en gedreig is en dalk fisies aangerand is teenoor die geval waar twee wit oumense kaal uitgetrek en kokende olie en kokende water oor hulle uitgegooi is. Waar is die hofsaak en daaglikse media berigte hieroor?

Toppie ·

Belaglik – skuldig aan poging tot moord- nou wat van die blanke vrouwat tromp-op geskiet is en plaasboere wat daagliks aangerand en aangeval word WAT NOEM MENS DIT. Daar is seker ‘ n belofte van ‘n beter pos of selfs hoofregter pos

Aart Appel ·

Vir die meerderheid kommentators hier lyk hierdie saak soos ‘n gruwelike regsdwaling deur die edele regter. Is daar strafregspesialiste wat hierdie blad lees en die saak gevolg het wat vir ons ‘n ingeligte opinie kan gee?

SommerNet ·

Sonder om al die detail van die saak te ken, dink ek nie dat is moontlik is om iemand aan poging tot moord van ‘n persoon skuldig te bevind en om dieselfde persoon ook skuldig te bevind aan aanranding of aanranding met die opset wat uit dieselfde voorval en feite voortspruit nie , want dit sal ‘n duplisering van klagtes en skuldigbevindings wees. In terme van die Strafproseswet is aanranding byvoorbeeld ‘n bevoegde uitspaak op poging tot moord, maar jy kan nie aan beide skuldig bevind word as dit uit dieselfde feite voortspruit nie. Die regter sou dit weet, want dit is van die mees basiese strafproses beginsels. Miskien berig nie media nie oor al die getuienis en feite nie, wat tot verwarring mag lei onder lesers, byvoorbeeld dat daar meer as een voorval was en alles nie uit ‘n enkele stel feite voortspruit nie.

Ada ·

Hoop iemand soos Nel kan help.Die regter is in Zuma se sal en dit beteken hy is in die guptas se sak.

madelein scheepers ·

wanner gaan hulle n voorbeeld maak van al die moordenaars wat die wit boere so moor…

MANIE ·

Ek kan nie glo dat die armsallige wittes hulle weereens om die bos laat lei. Verlaat die DA dat hulle tot n val kan kom. Tenminste weet die wittes by die ander partye waar hulle staan en nie net misbruik vir hulle stemme

Karel ·

Stem saam. Die Vryheids Front Plus kan van nou af staat maak op my stem. Pieter Groenewald praat nie met die spreekwoordelikke “forked tongue” nie.

Afrikaanse Knaap ·

Ek het al my vertroue in die gereg verloor.
Dis verregaande.
Hulle moet skuldig bevind word aand “dom op straat”, maar poging to moord? Dis waansin,

Tersia ·

Ons sal moet leer om ons doodeenvoudig in te hou met hierdie mense. Kners op jou tande en loop weg!!!! Ons het nie n kat se kans om regverdig behandel te word nie. Bere die selfoon kamaras vir die huis videos.

.

Willem Botha ·

Die regstelsel en die regering van die dag is een en dieselfde persoon, daar is geen skeiding meer nie, en dit is sleg. Die feit dat niks aan die kriminele ANC regering gedoen word nie, maar dat jong manne wat uit radeloosheid gedoen het wat hulle geglo het die enigste manier is om die klein krimineel wat op hulle grond oortree het te laat besef hy mag nie, en nou gaan hulle boet daarvoor. Die klein krimineel gaan hier wegloop as “volksheld”, maak hom potensieel die volgende staatspresident!!!

Ja, die manne moes van beter weet, maar wat doen jy as die gewapende taakmag van `n kriminele ANC, die SAPS, nie kriminele weghou van jou eiendom nie, en daarna kies hulle kant met die krimineel.

Karel ·

Willem jy slaan die spyker op die kop. Ons moet net besef dat Afrika mentaliteit nou in SA geld. Die massas “meerderheid” het nou die hef in die hand. Onthou net dat die meerderheid van die kabinet geskool is onder kommunistiese meesters. Hulle speel die politiek soos ‘n vleuel klavier om hulle idiologiese leerstellinge te pas en die oorgrote meerderheid van die land se inwoners is salig onbewus daarvan.

Alida ·

Ai mense die DA of enige ander party kan mos nie inmeng met n hofuitspraak nie. Gebruik tog gesonde verstand. Die saak sal sy eie loop neem.

Realis ·

Alida dis waar, maar die DA het ook net altyd ‘n kritiserende veroordelende eier te lê as dit wit op swart is, maar hulle skitter in hul afwesigheid of kritiek waar wittes mishandel of vermoor word deur swartes. Dis net altyd volgens die ANC Komunistiese APARTHEIDS regering en die filiale soos EFF en DA die wittes wat rassisties is. Ek stem nooit weer vir die DA nie.

Swannie ·

As die manne net nie so dom was om `n video te neem nie,was hulle nie vandag in die verknorsing nie,maar nee, daar moet mos altyd “gebragg”word.

Sal sommige mense ook nooit verstaan nie.

Henk Venter ·

Wat die poging tot moord betref het hierdie regter het `n ernstige mistasting begaan en haar duidelik deur die gemeenskapsdruk laat beinvloed. Daar is darem nog baie regters wat hulle nie op hierdie wyse laat beinvloed nie en telkens selfs teen die ANC uitspraak gee. Een groot probleem wat hier op die agtergond geskuif is is die feit dat hierdie twee mense die misdaad van betreding begaan het waarvoor die polisie eenvoudig deesdae hulle oë sluit. Ek sê al lank dat as die polisie net weer begin om mense vir betreding toe te sluit gaan die misdaad vinnig daal.

Chrissie Gericke ·

Ja wat ANC en EFF het namens die regter kla besluit,Maar die man het nie n skrapie nie en hy sien elke dag nog die son opkom,maar die vermoorde boere,waar is hulle moordenaars ,loop vry rond,die staat moet baaaaaie mooi dink wat hulle nou gaan doen,of regeer die ANC en EFF die hof ook

Peet J ·

Maroela vra vir kommentaar en dan weier hulle om dit te plaas ek sê nog hierdie mense is onskuldig en die NVG is eensydig om die gepeupel tegemoet te kom.

Johan. H. ·

Dankie Judge daar sit nog twee sonder werk by my… TaTa

Spyker ·

My ouers het n gesamentlike +-80jaar in die tronk gewerk (ek 21j daar gebly) en mis dit . hulle het laasjaar afgetree. Die soveelste keer wat ek hul (bandiete)se vonisse op die deur van die sel sien het dit my groot laat skrik. 9jaar vir Moord…..waaatttt.ek hoop regtig waar die manne word so n lugtige “vonnis” opgele .volgende keer asb dink 2 keer……..om dit op kamera te neem.

Geregtigheid ·

As die saak sou voorkom in n internasionale hooggeregshof dan sou die twee manne vryspraak kry en die hele saak sou geseponeer word en sou die menigte wat buite die hof te kere gaan nou op aanklagte staan vir die verstoring van die regsgang, ordeverstoring, opruiing en diskriminasie.

Disselboom ·

Disselboom is jammer vir die twee manne. Hoop hulle appélleer en dit slaag. Hulle kan intussen weet dat hulle petalje wel ‘n invloed het om die DA te help ontmasker as maar net ‘n ander vorm van onbeteuelde swart regte.

Wanda ·

Ja nee…betoog en vir julle sal voorsien word. Ek is gatvol verby vir ons kamstige regsstelsel. Daar is geen geregtigheid nie…tik ek hier terwyl ñ nog ñ boer iewers gemartel en verbrand word…maar dis mos normaal in SA.! Daai skuldiges word mos nooit gevang nie..of wag hulle word soms gevang maar dan ontsnap hulle mos sonder enige moeite.!

Boer ·

Die regter het duidelik wraak geneem op die 2 ouens. Rasiste ja…. maar skuldig aan poging tot moord?

Klaus Zwiegler ·

VANDAG het ons weereens aanskou hoe die reg verkrag word in ‘n saak wat polities en media gedryf was. So ook was die Colifny saak. Die swart regter het uitspraak gelewer wat die anti-wit media and politieke aasvoels wou hoor. Maar kan iemand verklaar hoekom dieselfde politieke partye en anti-wit media geen bohaai maak oor die onderstaande gvalle nie:

1. http://www.netwerk24.com/Nuus/Misdaad/man-78-in-sy-motorhuis-deur-rowers-ingewag-20170824

2. http://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/bejaarde-deur-veld-gesleep-tydens-kleinhoewe-aanval/

3. http://www.netwerk24.com/Nuus/Misdaad/5-rowers-oorval-vrou-dogter-in-huis-in-bothaville-20170823

4. http://lowvelder.co.za/401146/yet-another-horror-farm-attack/#.WZwjpyJ2O5E.facebook

5. http://www.hinnews.com/za/metro-news/farmer-murdered-in-cold-blood-in-latest-farm-attack/
http://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/2-vroue-vermoor-na-mans-hul-as-pta-polisiemanne-voordoen/
6. . http://albertonrecord.co.za/lnn/298368/farmer-shot-in-farm-attack-near-ladysmith#.WZyIVcFdQEI.facebook

7. https://news.africaintouch.co.za/article/2017/8/21/foutiewe-wapen-gee-plaasaanval-slagoffer-geleentheid-om-terug-te-baklei,292/

8. http://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/vyfjarige-tydens-huisroof-geskiet/

9. http://ridgetimes.co.za/95916/plaaslike-boer-anton-smuts-se-plek-nou-leeg-nadat-hy-vermoor-en-verbrand/

10. http://www.netwerk24.com/Nuus/Misdaad/boer-gewond-skiet-aanvaller-dood-20170821

Sien hier hoeveel blanke boere al sedert 1994 vermoor is- maar steeds swyg die rassistiese swart politieke partye en ant-wit media:

9. https://www.scribd.com/doc/284112299/650-PAGE-list-of-names-of-murdered-white-people-in-South-Africa
Dit is slegs 10 voorvalle van swart op wit- maar geen bohaai deur die media of politieke partye nie- want om wittes i SA uit te moor- het ‘n daaglikse kultuur en politieke “aanvaarbare” kewssie geraak. Dubbele standaarde word in SA toegepas. Blankes- dis tyd om op te staan teen julle anti-wit regering en anti-wit media.

Ada ·

Ek sal graag dat die buitelandse media ook ‘n bohaai maak oor die lys hierbo van Klaus. Indien hulle die nie doen nie – weet ons mos waar ons staan. Nie waar nie? Die media in S A is besig om media- moord op die blanke te pleeg omdat hulle net sensasie soek vir die eie ek. Hulle voer ‘n veer vir enige plaasmoord – en dit is duidelik. Hulle teer op wat die blankes MOONTLIK verkeerd kan doen . Hulle is soos parasiete en slurp alles op met ‘n ongekende honger na anti wit sensasie. Daar is ‘n woord vir sulke verslaggewers.

Spyker ·

Ada .daar was wel dekking oor die renoster veiling op BBC……plaasmoorde of enige ander ongeregtighede….NIKS

Spyker ·

Ada daar was wel dekking oor die renoster veiling op BBC,maar niks oor plaasmoorde of enige ander ongeregtighede ni

leon ·

Die “Poging tot moord” uitspraak is verregaande!

Maar ek het min simpatie met die twee dwase. So-ook vir hulle baas wat die truuk uitgedink het en nou op AWOL is.

Chandre ·

Wat reg is, is reg en wat verkeerd is, is verkeerd. Hulle het nie reg gemaak nie en hulle straf gaan hulle kry. As hulle net elke saak in die land so streng soos die een hanteer maak nie saak watter ras of geslag nie, sal die land baie hoogtes bereik.

Chrisjan ·

Ek wil graag die naam en woon adres he van die persoon wat die video op sosiale media geplaas het.Kan iemand my help daarmee?Ek weet net hy is van die Middelburg omgewing maar sal meer inligting erg waardeer.

Tiger ·

Daai regter het iets gerook voor sy haar bevinding aangekondig het.’n Appel regsbank sal ook daai bevinding maak.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.