Doodskis-video: Verhoor begin

Oosthuizen (links) en Jackson in die hof. Foto: Phillip Bruwer

Die verhoor van Willem Oosthuizen (28) en Theo Martins Jackson (29), wat daarvan beskuldig word dat hulle ʼn man in ʼn doodskis gedruk het, gaan na verwagting Maandag in Middelburg in Mpumalanga begin.

Die staat het in Maart vanjaar in die Middelburg-streekhof bekend gemaak ʼn aanklag van poging tot moord gaan by die klagstaat gevoeg word. Die twee mans is aanvanklik van ontvoering en aanranding met die doel om ernstig te beseer aangekla.

Tydens hul borgtogaansoek het die hof onder andere Victor Rethabile Mlotshwa, die beweerde slagoffer, en die beskuldigdes se weergawes van die gebeure gehoor. Mlotshwa het gesê hy het deur ʼn veld gestap toe die beskuldigdes hom voorgekeer het. Hy het gesê hy is aangerand en vasgebind en later gedwing om in ʼn doodskis te klim.

Die beskuldigdes het aangevoer Mlotshwa het koperkabels gesteel en hulle wou hom ʼn les leer. Volgens hul verklarings, wat aan die hof voorgelees is, het hulle nie bedoel om Mlotshwa leed aan te doen nie. Hulle het ook gesê Mlotshwa het hulle gedreig.

Op ʼn video van die voorval, wat wyd op sosiale media versprei is, kan gesien word hoe ʼn man huil terwyl twee ander mans hom in ʼn doodskis indwing. In die agtergrond sê ʼn manstem: “Kom nou, ons wil die petrol gooi, man. Klim in!”

Oosthuizen en Jackson het hulle op 14 November in die teenwoordigheid van hul regsverteenwoordiger by die Blinkpan-polisiestasie oorgegee.

Die voorval het glo op 17 Augustus naby die Komati-kragsentrale plaasgevind. Die beskuldigdes beweer egter die voorval was op 9 September.

Mlotshwa het eers vroeg in November ʼn saak by die polisie aanhangig gemaak nadat die video van die voorval op sosiale media versprei is en hy “verneder” gevoel het.

Landdros Jongilizwe Dumehleli het Oosthuizen en Jackson op 8 Desember borgtog geweier.

Die verhoor is van 26 tot 29 Junie op die hofrol geplaas.

Lees alle vorige berigte oor die doodskis-video op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Hennie Erasmus ·

Die tipe mense is n verleentheid vir Afrikaners. Hoop hulle gaan tronk toe en leer n lewensles

CT Botha ·

“n Verleentheid seg jy? Weet jy hoe word ons besteel en beroof op die plase?

Alida ·

Hennie, jy is tjoepstil oor ons ou mense wat met doringdraad vasgebind word, gebrand word met warm ysters en ou tannies van 80 verkrag word. DIT my maat is vernedering. Hierdie man leef en het 3 maande na die voorval dit eers aangemeld. As hy dan so “verneder” was hoekom het hy nie die eerste dag al SAPD toe gehardloop nie.

De Villiers ·

Maroela, sal julle ons ook net so op hoogte hou van al die hofverrigtinge van die plaasaanvallers en swart rassiste soos wat julle gereeld berig oor die rasgevalle waar blankes in die beskuldigde bank staan.

Snip ·

Ek stem 1000% saam
As dit hulle is Dan haal hul hartseer gemors die nuus, as dit ons mense is word dit toegevee….. Plas bietjie nuus waar hulle nie so opgehef word nie.

GRAP ·

Moet ook se dit was maar net n grap gewees dis al soos daai spur man wat n kind wou vat

Lynette ·

Hulle kry nie borg nie maar wrede plaas aanvallers kry borg?

Ashlee ·

Maw, weens al die moord en diefstal in die land word ieder en elk nou onder dieselfde kam geskeer? Word almal nou n teiken vir andere se boosheid? Is daar net een groep wat lewens verwoes? Komaan, voel geensins jammer vir hierdie ouens. Vir hul naasbestaandes wel.

Johann Marx ·

Oy vey, ‘n selfoon is ‘n gevaarlike besigheid…..??

Nettie ·

Nee, Johann, sosiale media en die onverantwoordelike gebruik daarvan, is gevaarlik.

Afrikaanse Knaap ·

Hierdie manne was regtig dwaas en het vir ons almal skade gemaak. Ons moet egter vergewe. Ek hoop hulle het hulle les geleer en dat hulle nie weer sulke twak sal aanvang nie.
Hierdie tipe gevalle gee mense van die SABC die reg om “aktuele” twak uit te saai waar Afrikaners uitgebeeld word as mense wat sommer net enige ou in ‘n veld optel en in ‘n kis gooi. Afrikaners is verseker nie so nie.

Leoni ·

Poging tot moord…Maar die plaasaanvallers skiet n vrou 2keer, slaan haar met n baksteen in die gesig, en dis net huis roof.

Marietjie ·

Ai mens kan verstaan hoekom ons mense oorgaan tot sulke dade. Ons is moeg vir al die misdaad wat teen ons eie volk gepleeg word maar kan die mense nie maar net leer om hulle kameras weg te sit as hulle so iets wil doen nie. Regtig!!! Hoekom jouself inkrimineer… Bere tog die kameras weg man..

Juan viviers ·

Al hierdie plaasaanvalle en moord is dank se die swak rigering waar is jou grootste krimenele in die parlament want toe ons boere nog die land rigeer het was daar nooit werkloosheid of moord soos vandag nie maar ja waar het jy gesien n boy kan enige iets vat en bo uit kom nee o nee maar ons wit boere mag nie die goed haat nie twak man

T ·

Yip ek stem saam. mense mag ons huiste betree en ons moet se hi skies ek is hier maar kies wat jy wil he. as ons aan hulle raak IN ons huise dan word ons tronk toe gestuur nie tensy hy ‘n wapen in die hand het nie. ons mag niks se nie maar sekere mense mag se maak ons dood hoe werk dit?

T ·

Maak mense dood en kry kentucky en lekker strippers in die tronk dit is hulle voorland vir plaas moordenaars …. en die boere moet net se jammer en aangaan

Lynette ·

Die manne van Coligny het borg gekry maar hierdie twee nie. Twak man, kry beter regsverteenwoordigers!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.