Doodstraf: Wonderkuur vir misdaad in SA?

doodstraf-hang

Foto: Pixabay.com

Dit klink in gesprekke rondom die braaivleisvuur en kommentaarforums onderaan berigte oor gruweldade op: “Bring die doodstraf terug,” eis Suid-Afrikaners.

Dit bring ʼn mens by die vraag: Was dit ʼn fout om die doodstraf in Suid-Afrika af te skaf? Kan ʼn argument gemaak word vir die herinstelling van die doodstraf?

Die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge (SAIRV) het verlede week ʼn verslag uitgereik wat juis hierdie vraag ondersoek. Volgens Frans Cronjé, uitvoerende hoof van die SAIRV, kan die besluit van die konstitusionele hof om die doodstraf af te skaf in vyf kategorieë verdeel word.

“Ons kan vier van hierdie kategorieë wegredeneer ten gunste van die herinstelling van die doodstraf, maar die vyfde punt sal die besluit om die doodstraf weer in te stel pootjie. Ons kan nie verby die punt kom dat die regstelsel in Suid-Afrika ʼn moontlike fout kan maak en die verkeerde persoon vir die verkeerde redes ter dood veroordeel word nie.”

Toe daar in 1995 teen die doodstraf beslis is, was daar soveel as 400 mense wat reeds ter dood veroordeel was en gewag het om tereggestel te word. Vierduisend mense is ter dood veroordeel en tereggestel van 1910 tot 1989 in Suid-Afrika. Die doodstraf is onder meer opgelê vir moord, verkragting, huisbrake en -roof, so wel as poging tot roof met verswarende omstandighede. Die doodstraf kon ook opgelê word vir sabotasie, ontvoering, terrorisme en hoogverraad. Persone wat opleiding ontvang het in die buiteland met die doelwit om Kommunisme te bevorder kon ook ter dood veroordeel word.

Barend van Niekerk, Suid-Afrika se bekendste voorstander van die afskaffing van die doodstraf, het aangevoer dat 47% van die wêreld se teregstellings in Suid-Afrika plaasgevind het. Van Niekerk se stelling is bevraagteken, maar nooit bevestig of weerlê nie.

Die konstitusionele hof het die doodstraf afgeskaf in die saak van die staat vs. Makwanyane en Mchunu wat in Februarie 1995 aangehoor is.

Dié hof het aangevoer dat die doodstraf ʼn wrede en ongewone vorm van straf is. Die idee van wat “wreed en ongewoon” is verskil van persoon tot persoon en so ook van regter tot regter. Die beskouing kan ook mettertyd verander – wat een gemeenskap as ʼn aanvaarbare straf beskou, is dalk te toegeeflik vir ʼn ander gemeenskap.

Verder het die hof aangevoer dat die doodstraf nie noodwendig ʼn afskrikmiddel is nie, maar volgens die SAIRV se verslag is die blote feit dat mense bekommerd is en oor die doodstraf debatteer, ʼn bewys dat dit wel ʼn afskrikmiddel kan wees.

“Die gemeenskap se behoefte vir vergelding teen misdade kan enige vrae rondom ʼn afskrikmiddel oorskry. Sommige gemeenskappe mag vergelding belangriker beskou as die moontlikheid daarvan om ʼn misdadiger af te skrik of te rehabiliteer.”

ʼn Mens moet onthou dat arm gemeenskappe, wat gebuk gaan onder misdaad in Suid-Afrika, dikwels self ʼn boendoehof hou waar misdadigers ter dood veroordeel word. Navorsers by die SAIRV meen ʼn herinstelling van die doodstraf kan hierdie soort teregstellings verminder.

“Verder kan ʼn voorafbeplande misdaad as só wreed beskou word dat die enigste vorm van regmatige straf die doodstraf is.”

Nog ʼn punt wat aanvanklik aangevoer is vir die afskaffing van die doodstraf was dat die soort straf na willekeur deur regters toegepas word en dus indring teen die beginsel van gelykheid voor die reg. “Regters erken die strafregstelsel is gebrekkig –  van die inhegtenisneming tot die uitvoering van die vonnis. Tog kan geregtigheid nie seëvier indien ʼn regter nie ʼn straf oplê wat by die misdaad pas nie. En terwyl foute gemaak kan word, is dit juis waarom regters en landdroste opgelei word en ʼn streng appèlproses gevolg moet word in die gevalle waar die doodstraf opgelê is.”

Foute kan egter steeds gemaak word. Die aantal onskuldige mense wat tereggestel is sal nooit finaal vasgestel kan word nie, maar dit is volgens Cronjé moontlik heelwat hoër as die geraamde 4% tot 10% wat in die SAIRV se verslag genoem word.

Die faktore wat kan lei tot hierdie soort foute is almal teenwoordig in die Suid-Afrikaanse regstelsel.

“Vooruitgang in tegnologie, soos DNS-toetse, kan help om die risiko te verminder. So ook verbeterde polisiëring- en vervolgingsprosedures terwyl ʼn streng, tydrowende en duur outomatiese appèlproses kan verseker dat aanklaers die doodstraf in uiterste gevalle sal versoek.”

Selfs al geld al hierdie maatreëls kan die risiko van ʼn onskuldige wat ter dood veroordeel word verminder word, maar nie heeltemal verhoed word nie, meen die SAIRV.

“Dit is hierdie punt wat die moeilikste is om te oorkom in die argument of die doodstraf weer ingestel moet word en dit is juis oor hierdie kwessie waaroor die doodstrafdebat moet handel,” het Cronjé gesê.

Mense kan verskil oor die ongewone wreedheid van die doodstraf. Hulle kan meen die klem moet geplaas word op vergelding, en nie rehabilitasie van misdadigers nie en hulle kan selfs verskil oor die probleem van die willekeurige toepassing van die doodstraf as straf vir ʼn sekere soort misdaad.

Die oorheersende beswaar teen die doodstraf gaan egter veel verder as politieke sienings en filosofiese oortuigings oor misdaad. In die woorde van Gerald Gardiner, die Britse kanselier van 1964 tot 1970: “Human beings who are not infallible ought not to choose a form of punishment which is irreparable.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

77 Kommentare

E.K. - ek sê net! ·

Mense wat so VIR die doodstraf is moet paragraaf 5 duidelik lees. Onthou wie is in beheer in die land. Onthou die korrupsie onder polisie en selfs regters en howe. Daar is wêreldwyd baie mense onskuldig tereggestel. Hoe gaan jy voel as jou vriend/in, familielid, man, seun dogter – wie ookal onskuldig ter dood veroordeel word en dit word uitgevoer? Let wel terrorisme kan maklik “bewys” word sou iemand wou. Paar wit mense is al in hegtenis geneem oor die jare agv vuurwapenopslagplekke op hul eiendom – dus sal so persoon as ‘n terrorisme of dalk hoogverraad gesien kan word sou die in beheer wou. En as jy nie ‘n geoei regspan kan bekostig nie… Of as die aanklaers ‘n beter arguments/regspan het?! DINK mense. Nie in ons land en nie nou nie! Jammer ek is teen dit, al voel mens dis dalk al afskrikmiddel vir wat in ons land aangaan. Dit werk beide kante toe en ek kan jou belowe meer onskuldiges (lees: wit mense) sal veroordeel word.

E.K. - ek sê net! ·

….O en lees asb die heel laaste sin in die artikel BAIE deeglik. IRREPARABLE. EN OOK IRREVERSABLE. Dink mooi.

Susan ·

Ek stem ja vir die doodstraf vir geweldadige on menslike misdade. Kyk hoeveel mense word daagliks vermoor op die onmenslikste maniere. Mense wat gemartel word en vingers af gesny word, kinders wat in kookwater verdrink word. Met ysters geslaan word en gebrand word. Babas wat verwurg word wat nie eers oud genoeg is om te loop nie….. Nee magtig man, dit moet mos nou end kry. Hoe gaan jy voel as dit jou kind of jou ouer is wat so gemartel en so wrede dood moet sterf!!???

Lance ·

Hoeveel onskuldige mense het nie reeds gesterf en gaan nog sterf nie ….DUISENDE ons weet dit mos ! Kyk net na Botswana hulle het gladnie die probleem van moorde ….wat hulle het die doodstraf !

Johann Barnard ·

Simpel redenasie!Bring terug en kry klaar,julle mors tyd.

livia ·

Die reaksie op koelbloedige moorde dat die doodstraf teruggebring moet word vir bepaalde misdade is verstaanbaar. Skuld moet egter in ‘n onbevooroordeelde hof, sonder aansiens des persoons voor die wêreld bewys kan word, voordat’n onomkeerbare straf asoos die doodstraf toegepas kan word. Is die voorstanders van die doodstraf werklik in alle opsigte oortuig dat ‘n korrupte, onverantwoordelike, ontoerekeningsvatbare regering REGVERDIG in alle opsigte sal wees in die toepassing van hierdie uiterste straf?. Kan daar werklik gewaag word om so ‘n onomkeerbare dodelike “wapen” wettig in die hande van die mees onverantwoordelike groep bewindhebbers wat ooit in hierdie land was, geplaas word?

Gerrit ·

Ek sien my vorige kommentaar word nie geplaas nie.

Daar bestaan nie meer `n ding soos `n Onbevooroordeelde regtselsel of hof in ons land nie.

Winnie Mandela het R11000.00 boete betaal,terwyl haar medepligtige in die Stompie Sepei moordsaak tronkstraf gekry het.

Dink maar aan Shabir Sheik ook.

Van almal het Penny Sparrow die slegste daarvan afgekom.

Jean ·

Ek stem saam, ongelukkig is daar nie meer ‘n ‘onbevooroordeelde’ regstelsel in SA nie. Kyk maar na die besluite en vervolgings wat in die laaste paar maande gemaak is. Wat het die studente oorgekom wat twee sekuriteitswagte in ‘n huisie toegesluit en met petrolbomme bestook het? Wat het van al die aanrandings en vandalisme gekom? Net mooi niks nie. Daarteenoor wat se bohaai is van die doodskismanne gemaak?

Varkie ·

Dis g’n wreed nie, dis hoe mens die mensdom reineer, buitendien, ek voel dat doodstraf vir roof of huisbraak dalk te erg is, ons almal het al iets erens gegaps wat nie ons s’n was nie, maar individu wat moord, poging to moord en verkragting pleeg moet definitief uit die samelewing gevat word

Johann Marx ·

NEE vir die doodstraf. JA vir die “reg om NIE te lewe NIE”. Die doodstraf beteken jy word verhoor en jou dade so onaanvaarbaar gevind dat die staat jou “dood straf” daarvoor. As ons konstitusie “reg tot lewe” gebalanseer was met die “reg om NIE te lewe NIE”, en jou dade het jou keuse in hierdie verband weerspieël….dan het niemand jou “dood gestraf” nie…jy het die uitkoms van jou lewe gekies aan die hand van jou dade teenoor die gemeenskap…

adele ·

Misdaad is buite beheer….. Ek glo egter dat die herinstelling van die doodstraf vir politiese eie gewin gebruik ( MISbruik???) sal word.

ANDRE ·

Voor die doodstraf afgeskaf is , was daar nie n ding soos plaasmoorde en motorkapings en gevalle waar mense soos diere geslag word nie.

E.K. - ek sê net! ·

Andre toe was ‘n ander regering aan bewing… dink almal heir regtig die regering se mense gaan REGVERDIG wees? Dink weer.. ek sê steeds meer mense gaan onskuldig veroordeel word. Dink hoe sal Malema en sy kaders regters, prokureurs ens omkoop – dit gebeur elke dag so hoekom nie in sulek gevalle nie? NIE terwyl hierdie regering aan bewind is en korrupsie die laaste sê het nie.

hanno ·

Mense wat buite-om God se Woord oor o.a. aborsie, selfmoordhulp en doodstraf menings uitspreek, mors tyd en spasie.

Johann Marx ·

As ons konstitusionele “reg tot lewe” gebalanseer word met die “reg om NIE te lewe NIE”…en die 4 voorwaardes waaraan enige Suid Afrikaner moet voldoen om sy of haar keuse in hierdie verband duidelik te maak….word ELKE argument wat die regering tans gebruik as motivering vir die afskaffing van die doodstraf ongedaan gemaak….

JoLinda ·

JA! JA! JA! Bring terug-tronke oor vol. ‘n Verkragter/moordenaar gee nie om vir sy slagoffers-so WHY worry oor hulle? En dan betaal ons belastingbetalers vir hul’ gratis vakansie! ‘

Jaco ·

Ek stem saam bring terug die dood straf MAAR maak net seker dit word reg ingestel.

Johann Marx ·

As ons konstitusionele “reg tot lewe” gebalanseer is met “reg om NIE te lewe NIE”…en jy 1. Verkrag ‘n kind, 2. Vervaardig of smokkel dwelms, 3. beplan en voer enige gewapende aksie uit, en 4. neem iemand se lewe….dan behoort dit ‘n duidelike teken vir die konstitusionele hof te wees dat jy as ‘n individu jou keuse gemaak het om die “reg om NIE te lewe NIE” op te eis…en sal ons jou op demokratiese wyse voorsien van NOG 5 keuses, nl. elektriese stoel, galg, gaskamer, vuurpeleton of dodelik inspuiting….Niemand “straf jou dood” nie…jy KIES die uitkoms van jou lewe aan die hand van jou dade..

Johanna Botha ·

Doen net iets wat kan help want niks help nou nie ….BAIE onskuldige mense …vroue kinders ou mense is slagoffers van moorde …DOEN NET ASB IETS !

peter ·

Die huidige regering kan glad nie die wet reg toe pas nie en met die gepaardgaande nuwe ‘Rasse wet’ sal dit absoluut fataal wees vir ons blanke bevolking indien die doodstraf ingebring word. Dan het hulle arme Penny al gehang! Slegs in ‘n regverdige stelsel sal die doodstraf kan werk. Tans werk dit teen ons en is dit nie ‘n goeie idee nie. Ons moet werklik taktvol en strategies begin dink anders gaan ons weereens (soos met die ja stemmery)ons eie ondergang bewerkstellig.Dink soos hulle en sien jouself deur hulle oe en die wrok wat hulle koester. Hulle gaan ons uitroei dmv wetgewing en ons help hulle. Wees waaksaam mense ons vyand loop rond …dink asb!Waarom dink julle kom Juju weg en die ANC of DA doen niks?Gister het die EFF saam met die ANC begin werk in Jhb dis waarom hulle nie gister in die parlement was om Zuma aan te vat nie. Die EFF gaan die militere arm van die ANC word. Dis wat hulle (Z en J)in Zim gaan maak het. Hulp van daardie army gaan kry.Die buitewereld gaan nie help nie want hulle het hul eie probleme. Word wys asb!Vergeet van suip en los jou sport.Word waaksaam. Dis wat van ons verwag word.

broos ·

ek dink die “proof is in die pudding” – dis baie duidelik uit ons misdaadsyfers dat dit ‘n GROOOOT fout was om die doodstraf weg te vat! tronk deesdae is ‘n free ride (slaapplek, 5 etes, dstv, gym, niks werk, free education etc) maar dan moet ek ook bylas dat ek dink dat net sekere kriminele aksies bv moord en kinderverkragting die doodstraf verdien, en ook net as die staat absoluut 300% seker van hulle feite is.

Johann Marx ·

As die “doodstraf” per sé vervang word met die konstitusionele “reg om NIE te lewe NIE” aan die hand van spesifieke voorwaardes waaraan ‘n individu moet voldoen om daardie reg uit te oefen, dan KAN die regstelsel nie ‘n fout hiermee maak nie…en as daar ENIGE kans bestaan dat daar WEL ‘n fout gemaak is, word tronksktraf die outomatiese uitkoms. Hierdie is ‘n demokratiese land…..gee vir elke burger die keuse om self te besluit oor die uitkoms van sy lewe. As jy die “reg tot lewe” wil uitoefen, wys dit deur jou optrede. As jy die “reg om NIE te lewe NIE” wil uitoefen, moet die res van die gemeenskap jou help om jou keuse tot realiteit te bring…

Hartseer en verpletter ·

Bring terug die doodstraf vir mense wat ander uitmoor en vermoor onnodig. Ek weet van 3 persone wat koelbloedig vermoor is en hulle kom weg daarmee. Een van ons gesinslede is 3 maande terug koelbloedig en onnodig vermoor. Plaasmoorde is so onnodig en seer hoeveel moet deur pyn gaan waardeur ons gaan. Bring terug vir moordenaars. En maak seker dat die verdagtes wel skuldig is en nie onskuldig is nie.

E.K. - ek sê net!(alweer!) ·

m – NET so! Dit sal nie REGVERDIG wees nie mense! Omkoop is die nasionale sport so glo my duisende gaan onskuldig hang. Wees verseker daarvan.

Arrian ·

Alhoewel ek ten gunste van die doodstraf is onder sekere omstandighede, is daar natuurlik die opsie ook om tronkstraf so onaangenaam te maak dat dit erger as die doodstraf sal wees. Dit kan dan as afskrikmiddel dien instede van ‘n onproduktiewe verblyf in ‘n belasting gefinansierde hotel.

Ludwig Pretorius. ·

Ek stem met Arrian saam. … Harde hande arbeid vir 12 ure per dag bv. klippe kap sal baie gou ‘n boodskap na gemeenskappe deurgee. Minimum vonnise van 20 jaar sonder parool.

E.K. - ek sê net!(alweer!) ·

Dis te maklik om “bewyse” te vervaardig; om getuies om te koop; om regters, prokureurs en dies meer om te koop – dit kan nie regverdig teogepas word in hierdie land nie.

Chantel ·

as hulle die doodstraf terug bring sal dit die beste ding wees wat met ons land kan gebeur. ons sal dan minder in vrees lewe en ons huise soos tronke moet maak.

jaaa ·

Daar het jy n punt beet. Vang hulle! Dit gebeur so min. Die lae lakke kom meestsl weg. Maar as hul gevang is pos hulle.

ANDRE ·

Ek wonder hoe gaan dit wees veroordeeldes GEEN regte het nie ?

prodoodstraf ·

Bring asb die doodstraf terug! 9 familie en vriende al vermoor!

Jan ·

In hierdie land was daar veral in die afgelope tyd ‘n paar wrede sadistiese moorde gepleeg. Dit was asof die vermoordes deur diere verskeur of gemartel is. Daardie moordenaars verdien nie om te lewe nie, hulle is monsters wat uit die samelewing weggevat en terreggestel moet word.

Terloops, met die oplegging van hierdie mense se fonnisse is daar nie in één se geval ‘n fout gemaak nie.

Die verskoning dat regters foute kan maak, gaan dus nie op nie, voor julle dit as verskoning gebruik, maak dan ‘n studie, stel eers ondersoek in na hoe om ‘n werkbare stelsel daar te kry wat die foute uitskakel, of dan dat die doodstraf net in die geval van bloeddorstige sadistiese monsters opgelê kan word, of in daardie ekstreme gevalle wat dit regverdig.

Bring eers die resultate van hierdie ondersoeke en die voorstelle na die tafel, maar moenie net kom vertel dit kan nie gedoen word nie.

Xandré ·

Ek dink nie dit kan werk nie. Die ANC sal nie daarvoor val nie want ek glo hulle en ‘n groot deel van hulle kiesers gaan dan nie meer kan stem omdat hulle nie terreg gestel is.

Xandré ·

Ek dink nie dit kan werk nie. Die ANC sal nie daarvoor val nie want ek glo hulle en ‘n groot deel van hulle kiesers gaan dan nie meer kan stem omdat hulle terreg gestel is.

jaco ·

daars gevalle in Amerika waar mense wat klaar ter dood veroordeel is, tot 40 jaar op sogenaamde “death row” was. Party se death row was so lank, dat hulle aan natuurlike oorsake dood is. As dit is hoe die doodstraf lyk, is dit nie ‘n afskrikmiddel nie.

Edward ·

Volgens my is die doodstraf lankal terug gebring in ons land. Ek hoor elke dag daarvan en lees elke dag daarvan in die nuus. Ek dink daai laaste sin kan maar vandag in Suid Afrika so lees… “Human beings who are fallible choose a form of punishment which is irreparable”

Monique ·

100% JA!
Suid Afrika sal geen ander manier ooit weer veilig wees solank die doodstraf nie terug gebrink word nie!

jaco ·

ek sien n hele paar misdade in hierdie berig waaraan byna elke freedom fighter in die apartheidsjare skuldig was. Tog regeer daardie freedom fighters vandag SA, met rampsoedige gevolge. So eintlik is die huidige gemors waarin ons is met misdaad, korrupsie, regstellende aksie ens ens te blameer op die ou wit apartheidsregering. waarom was hulle dan nie meer konsekwent en streng met die toepassing van hulle doodstraf nie???

Alfrieda Richter ·

Bring dood straf terug, maak dit terug werkend vanaf 1995 tot nou toe. Dan word almal onder dieselfde kam geskeer. Moord bly moord! Die mense wat vermoor word het ook regte, so het die persoon wat die moord gepleeg het meer regte? Dit gaan van ons land ‘n beter land maak, mense gaan twee keer dink voor hulle gaan roof, verkrag en moord pleeg. Die tronke gaan ook nie meer oorvol wees nie. Bring dood straf terug!

Niccy ·

‘n Oog vir ‘n Oog en ‘n tand vir ‘n tand. Dit sal goed wees as die doodstraf terug kom omdat die misdadiger en moordenaar dit alreeds onder aanhitsing van hul leiers toepas. Dit is niks minder as reg om dan daardie mense ook te verhoor en die doodstraf met skuldigbevinding toe te pas. Dit sal ‘closure’ bring vir die families want tans sit die moordenaars / verkragters net ‘n paar jaar in die tronk en word dan bevry.

leke man ·

As di doodstraf tog terug kom…. dink net hoe gaan di mense op mekaar split en di waarheid vertel wi het di moord gepleeg want dit red hul gatte om ni doodstraf te kry ni… di makkers wat betrokke was by n misdaad sal di moordenaar uitwys so dan maak dit n hofsaak korter maar ja di tronke sal dan ni so oorvol wesi … een vani dae kan ons ook di tronke toemaak oor da ni mense is om in te sit ni as di doodstraf terug kom asb ek sal kom toue vleg en stoel polish laat weet my wanne ek kan help lol

Bang ·

Goeie genade mense. Dink net dat die mense wat in beheer is nie eers ordentlik kan lees en skryf nie. Die idee dat daar meskein in howe verkeerde besluite geneem kan word is een ding, maar dat jy meskein vir iets onnuttigs toegesluit word en die volgende dag gehang word is ‘n ander storie. Die opskrif lees – praat oor braaivleis vure. Oor die tipe van goed praat mens nie om braaivleis vure nie, punt!

Piet ·

So volgens jou en ander se redenasies oor onskuldige mense wat die doodstraf kan kry, moet ek aanvaar dat onder die huidige stelsel baie onskuldige mense in die tronk sit.

PJ ·

EK STEM SAAM BRING TERUG DIE DOODSTRAF. Ons mense word links en regs vermoor en niemand doen niks daaraan nie….As jy kan moor of verkrag dan met jy maar vir jou kry, geen maar geen genade by my nie….Die regstelsel is n problem ja maar glo my ek dink ons gaan minder moorde van ons mense he…BRing terug en dadelik….

Ca Henrico ·

Dit sal nie net misdaad afbring nie, maar ook groot verligting bring aan belasting betalers wat hul verblyf moet betaal.

Meraai ·

Ons tronke is oorstok en die misdadigers floreer!! Hulle lag vir mense in hulle gesigte, want hulle weet. Die kriteria vir doodstraf moet net goed hersien word.

Buurman ·

ek stem ook saam dat doodstraf heringestel moet word.n lewe vir n lewe.

LeonR ·

My stuiwer in die armbeurs.
Ek staan tereg op ‘n klag van moord, ek het ‘n inbreker doodgeskiet wyl hy duidelik van voorneme was om my keelaf te sny, sy laaste fout. Ek stem saam, bring dit terug. As die hof my skuldig bevind aan moord SAL EK die gevolge dra.

Skilpad ·

Dit is reg – bring die doodstraf terug. Maar hoeveel van ons onskuldige wittes gaan aan die ontvang kant wees. Wat die oplossing is weet ek regtig nie. Net die Liewe Vader kans ons volkie nog help!!!!

Verbitterd ·

Ek stem 100% BRING ASB die doodstraf terug, pas weer NOG ‘n geliefde aan die hand van ‘n ander verloor. Sinnelose barbaarse geweld. Wat kry hulle 25-30 jaar kom na paar jaar uit en hemele behoed dan begin hulle weer met nuwe lewe. Intussen is die leemte wat jou geliefde gelaat het nooit weer gevul nie. Nee wat reg om te lewe —– snert hulle neem n lewe dat hulle maar met hul lewe daarvoor betaal.

ben ·

Jip en anerding is die gebroedsel breek by jou in wil jou vermoor jy maak hom kant jy word aan gekla vir moord en hy is onskuldig hy kry sy verdiendeloon as hy per ongeluk dood gan wat soek hy in jou privaat heid hy het ni gekoop ni hy besit dit ook ni

dries ·

Is dit moontlik om onskuldig lewenslank tronk toe te gaan, wat is die verskil.

Lourens ·

As ons nie die doodstraf kan terug kry nie dan moet mens n bandiet op ander maniere merk soos om sy hand of oor af te kap en dan sy gruweldaat op sy voorkop tatoeëer. Dan kan die regeering hom maar weer vrylaat sodat die mense hom kan uitken en dalk self hom daagliks bietjie regsien!

Nooit ·

Alhoewel ek ten gunste van die doodstraf was, moet ek eerlik sê die wetstoepassing tans asook die regslui se besluite laat my hare orent staan. Die doodskis ouens sou dieselfde aand gehang het terwyl Terblanche se moordenaar ‘n toekenning sou ontvang. Ongelukkig kan mens NIE enigiemand se lewe in die ANC beheerde land se hande plaas nie. Jy sal die doodstraf vir die K woord kry maar vir moord op ‘n blanke net ‘n slap on the wrist of ‘n studie-beurs.

Rynhardt ·

n Vorm van doodstraf moet terugkom!!!SA is n moordparadys onder Anc regime! Mense word op plase en stedelike gebiede voor hul gesinne uitgewis en dit pka die Anc en sy Anc-faksies in parlement min! Die feit dat n moordenaar n onskyldige persoon se reg op lewe ontneem het, wys klaar hy het nie die reg op lewe nie! Die Woord is n groot voorstander van doodstraf.Ek steun dit met mening.Doodstaf moet daar wees vir moordenaars, verkragtets en dwelmsmokkelaars (massamoordenaars)

Geduld ·

Ek se ook JA JA JA!! Bring terug die doodstraf….
As die doodstraf so “wreed” is….hoe wreed is nou die dag se 4 jarige dogterjie nie deur haar stiefpa vermoor nie? Hoe wreed word boere vermoor? Hoe wreed word klein kindertjies verkrag?
As jy kan moor, moet jy maar die nagevolge vat!!
In die Bybel is almal wat enige iemand onreg aangedoen het gehang, sy liggaam is daar gelos vir die voels om te vreet…..

herman ·

Maak tronke weer tronke – nie luukse verblyf met tv, spyskaarte ens nie. Hulle lewe te lekker in tronke en is nie meer n afskrikmiddel nie.
In die verlede wou hulle nie daar wees nie want dit was onaangenaam – nou gee hulle nie meer om nie, want dis mos “lekker” en veilig daarbinne.

hans ·

Daar gaan dan niemand oor wees om vir die anc,da en eff te stem nie.

Louise Botha ·

JA JA JA MILJOENE MAAL JA bring doodstraf terug veral in geval van onskuldige moorde op boere, vroue en kinders ongeag watter ras die Bybel sê ‘n oog vir ‘n oog . Die mense gaan net voort want hul weet hy kom niks oor nie baie keer word hultra nie eers gevang nie . JA BRING TRUG DIE Doodstraf miskien word SA ‘n beter en veiliger land om in te woon

ouma ·

Ek sê bring die doodstraf terug. Maar daar moet bo alle twyfel bewys kan word dat die person werklik skuldig is. En nadat die hofsaak verby is en die persoon ter dood veroordeel is, moet daar ‘n finale hof wees, wat die laaste sê kan sê oor die doodstraf. Tronkstraf is seker nie lekker nie, maar dit is darem free bording en lodging as jy op die Ek glo huurmoordenaars, sal 2x dink om vir R3,000 sy lewe te waag. Nee bring terug. Ek glo dit sal mense afskrik. Veral as dit groot in die media is die dag wat die persoon tereggestel word. Tronkstraf werk nie. Dit kos ons land miljoene.

Helene ·

Ek gaan nie n vervolg verhaal skryf ha hang die moordenaars verkragters en sluit geld diewe lank toe. Ens enns

Poot ·

Daag die ANC tot ‘n referendum vir die doodstraf. Sou die referendum plaasvind, glo ek sal die meerderheid ten gunste van die doodstraf stem.

Henriette ·

Defnitief GROOT JA vir die doodstraf, dis al manier om om sadiste, moordenaars en verkragters te straf, want die spreekwoord se as mens nie wil luister nie, moet jy voel!

Johanna Botha ·

DUISENDE onskuldige ou mense vrou mense en kinders en en is al vermoor en gaan nog vermoor word in SA …..bring dit terug SA het nooit die probleme gehad toe die doodstraf nog inplek was ….toe was daar nie eers heinings om huise …nou bly die wetsgehoorsame mense in hulle eie tronke en slaap in vrees

Peer ·

Hulle kan doen net wat hulle wil en hulle weet daar gaan niks met hulle gebeur nie. Kyk nou net die onderwyseres van Rustenburg. Wat is die doel met die aanval??? En die klein dogtertjie van Brits wat dood geslaan is? Maak nie saak of dit wit of swart is nie, Misdaad bly misdaad. Dit sal ook help dat die ongenooides wat hier in ons land kom skuiling soek en hier kom moor terugvlug daar waar hulle vandaan kom. Iewers moet hulle afgeskrik word. As dit dan met die doodstraf is dan moet dit. Dit was ons land se eerste groot fout om die doodstraf af te stel

Kosie ·

Bring terug die doodstraf, net soos die onskuldige lewe wat geneem is geen waarde gehad het vir die moordenaar so moet sy lewe van geen waarde wees nie en uit die samelewing verwyder word vir goed. Hoekom moet sy mense regte pamperlang word.

Oudste ·

Ons almal is dit eens, dat die polisiering in SA reaktief in plaas van voorkomend geword het / is. Daar moet terug beweeg word na die basiese beginsels, soos wat Rudi Giulliani in New York gedoen het. Begin by die “petty crimes” en vat die oortreders van die begin af, sonder genade vas. In lande, soos oorkant die grens in Botswana, vat die polisie geen nonsens nie en “petty crimes” word effektief hok geslaan deur sigbare polisiering. Die ernstige kriminele oortredinge, per kapita, in Botswana is minimum. Die blote feit dat ons Misdaad Intelligensie afdeling van die SAP totaal wanfunksioneel is, beteken dat daar bitter min inligting gewerf word, waarop die misdaad voorkoming lede kan werk. Die vrye toegang van die buitelanders deur ons grense (nie toestroming nie maar eerder oorstroming) plaas verder druk op die hele sosio-ekonomiese infrastruktuur van ons land en met die swak polisiering soos tans, is dit geen wonder dat die ernstige misdade aan die toeneem is nie. Doodstraf as vergeldings maatreel, gegewe die bostaande, gaan die minimum effek he, behalwe dan groter druk op die regstelsel, wat alreeds skaars neus bo die water hou. My antwoord: Skop alle politiese aanstellings uit die SAP bestuur en stel kundige polisiebeamptes, met die nodige wil, aan, om te doen wat hulle veronderstel is om te doen volgens hulle leuse: Ons beskerm en ons dien.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.