Dooie muis in gevriesde boontjies gevind

Die oorskot van die muis uit die boontjies (Foto aan Maroela Media verskaf deur Moira-Marie Kloppers)

Die oorskot van die muis uit die boontjies (Foto aan Maroela Media verskaf deur Moira-Marie Kloppers)

ʼn Gesin van Pretoria wat tans vakansie hou op ʼn plaas buite Potchefstroom, het Sondag ʼn onaangename ontdekking gemaak toe hulle ʼn dooie muis in ʼn pak gevriesde boontjies gevind het.

“Ek gaan nooit weer boontjies eet in my hele lewe nie!” het Moira-Marie Kloppers, wat die gruvonds gemaak het, aan Maroela Media gesê.

Die pak boontjies is by die Pick n Pay in Potchefstroom gekoop. McCains is eers Maandag beskikbaar om kommentaar te lewer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Petrus van Eeden ·

My hande is bevrore van die koue maar by die supermark koop ek ingevriesde boontjies!

Oom Jaap ·

Mooi Hanno! 2 bonuspuntjies vir jou. Kry vir jou ‘n gratis teddiebeertjie by die deur. Ek wens almal was so slim soos jy.

Gideon Erasmus ·

Siestog arme muis, dit moes ‘n baie onaangename ervaring vir die muis gewees het, hy sal ook nooit weer boontjies eet nie!!!

Bruno Stef ·

Ek koop al jare lank by die spesifieke winkel wat deur heelwat pensioenarisse ondersteun word.Dit is die eerste keer dat ek van so iets hoor beslis nie met die winkel of sy produkte wat hy verkoop te doen nie.

Emmylou Lamont Lourens ·

Bevrore groente word gewoonlik geseel by die plek van verpakking. So, indien hulle ‘n geseelde pak gekoop het (wat ek dink die geval is), is hierdie nie ‘n Pick & Pay probleem nie, maar wel ‘n McCain’s probleem.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.