‘Dooie’ vrou lewend in lykshuis se yskas aangetref

Argieffoto

ʼn Ondersoek is van stapel gestuur ná ʼn skokvoorval net meer as ʼn week gelede toe ʼn vrou lewend in ʼn lykshuis se yskas aangetref is.

Vuyo Sabani, woordvoerder van die departement van gesondheid in Gauteng, het aan Maroela Media bevestig dat die forensiese lyksdienste in Carletonville op 24 Junie deur die polisie ontbied is na ʼn ongelukstoneel op die P11-pad om die liggame van mense wat in ʼn ongeluk gesterf het op te laai.

Die oorledenes was in daardie stadium reeds deur Distress Alert- ambulansdienste amptelik dood verklaar.

Volgens Sabani het een van die forensiese beamptes by die lykshuis egter besef een van die persone ondanks ernstige beserings nog lewend was. “Hy het onmiddellik hulp ontbied en die beseerde persoon is na ʼn Gautengse hospitaal vervoer vir dringende mediese behandeling,” het Sabani gesê.

Gerrit Bradnick, operasionele bestuurder by Distress Alert, het aan die nuusagentskap DPA gesê dat die paramedici al die prosedures behoorlik gevolg het. “Daar was geen tekens van lewe nie,” het Bradnick gesê.

Die vrou is volgens Bradnick eers etlike ure nadat sy dood verklaar is lewend aangetref. Bradnick het bygevoeg dat die vrou nie sou kon beweeg of ʼn geluid maak as gevolg van die ernstige aard van haar beserings nie en sou ook nie kon besef waar sy was nie.

Volgens hom is sy span “verpletterd” oor die voorval.

Sabani het gesê dat die voorval tans ondersoek word. “Gevolgbestuur sal geïmplementeer word en die saak sal by die regulatoriese liggaam aangemeld word.”

Die departement het sedertdien ook kontak gemaak met die vrou se familie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

48 Kommentare

Alida ·

AFGRYSLIK, SKOKKEND EN TOTAAL ONAANVAARBAAR. LIEWE HEMEL TOG WAT GAAN NOG IN SA GEBEUR!!!!

Miricle ·

Ek dink dis fantasties dat die vrou oorleef het. Welgedaan aan die person wat agtergekom het dat sy lewe. Dit kon in enige land gebeur het. Ek dink dis onregverdig om dit nou weer te sien as iets wat net in SA gebeur. Al gehoor van ‘n miracle?

Eish ·

Ek was onder die indruk dat slegs n dokter iemand as dood kan verklaar.

Koos ·

Jy is onder ‘n wanindruk. Verstaan ek die man van die ambulansdiens reg… as jy nie beweeg of geluide maak of weet waar jy is nie, kan hulle jou maar dood verklaar? Hierdie vrou kon dalk juis later gesterf het omdat sy nie mediese hulp gekry het nie, omdat sy werkers haar as dood beskou het!

Corne ·

Eish*

Enige medic vanaf die vlak ANA kan iemand verklaar, maar daar is sekere toetse soos EKG wat gedoen moet word op so patient, behalwe in die gevalle waar dit baie duidelik is die mens is dood, Bv onthoofding,

n Dokter sertifiseer n Patient se dood.

Maar dit is baie komer wekkend dat sy dood verklaar is deur iemand en vervoer is die medics wat op die toneel was het baie duidelik die die regte stappe geneem nie, en so voorval word deur die HPCSA nagegaan.

Bekommerd ·

Sy het seker ‘n geluid gemaak… of asemgehaal…. of beweeg….

Lizzy ·

So ver ek weet mag hulle nie ‘n pasient dood verklaar nie, behalwe in die geval waar daar “obvious signs of death” is. Soos onthofing of lyk wat ontbind het.

Berusnognie ·

Hierdie vrou was gelukkig. My Ma was sonder n doodsertifikaat in n yskas in n lykshuis geplaas. Tot vandag weet ons nog nie of sy reeds dood was toe dit gebeur het nie. Nalatigheid. Sy het n mediese fonds gehad en was in n versorgingsoord. Niemand het moeite gedoen om die leer na te gaan nie en haar met n staats ambulans na n hospitaal gestuur waar sy nooit uitgekom het nie.

kas ·

Berusnognie,eerstens word ‘n persoon na afsterwe na die lykdhuis geneem.As die persoon in ‘n staatshospitaal tot sterwe kom na die staatslykshuis en by ‘n privaat hospitaal na die hospitaal se lykshuis.Dan word die nodige dokumente voltooi wat die dokter onderteken met die oorsaak van dood ens.ens.Dan eers word ‘n sterftesertifikaat deur binnelandse sake uitgereik.Die sterftesertifikaat vergesel nie die oorledene na die lykshuis toe nie.Oor die medies,het die familie nie kapsie gemaak dat jou moeder na ‘n staatshospitaal toe is nie.Hoekom is ‘n privaat hospitaal se ambulansdienste nie geskakel nie.

Skyspy007 ·

Ek wil nogiets byvoeg. Ek was persoonlik self die eerste persoon en getuie by ‘n motorongeluk net nadat dit gebeur het. Twee mense was vasgekeer in die wrak. Die man en vrou het gelewe, sy is verlos uit die wrak en gewag sodat haar man uitgehaal kon word. Hy was by sy volle bewussyn maar erg beseer. Ek het ambulans dienste versoek en selfs die nood helikopter. Terwyl ek sien is die man bevry uit die wrak en in die helikopter gelaai. Hulle het die mediesefonds lidmaatskap kaart gesoek en ek het gesien hoe iemand dit verduister. Die helikopter wou nie opstyg voordat die Lidkaart getoon word nie.Nodeloos om te sê, die man het gesterf as gevolg van hierdie vertraging oor die fonds kaart en die nood helikopter om die persoon hospitaal toe te vervoer wat sy lewe kon red.
My vraag, BESTAAN DAAR NOG MENSLIKHEID?

Heigent Hert!!!! ·

Geen mens se senuwees kan dit meer in hierdie land hou nie.

Aanneem ·

Dis onregverdig om aan te neem dat so iets net in SA gebeur.

Johanna ·

Dis kommer wekkend om te dink dat die opleiding wat n paramedic ontvang genoegsaam is om n persoon dood te verklaar. ? Dis te verstane dat daar nie altyd n dokter op n ongeluks toneel by is nie. Ek sidder om te dink wat nog vir SA wag!!!

Nettie ·

Kyk, as ek nie dood is toe hulle my lykshuis toe gevat het nie, sou ek vir seker omgekiep het as ek bygekom het IN die lykshuis (o ja, Maroela – kyk tog asb. na julle berig-hoof: dit moet lees “Dooie [oe! so onsensitief – kon julle maar nie dié woord net uitgelaat het nie?]vrou lewend IN lykshuis se yskas aangetref”).

Járe gelede het ‘n onnutsige portier my in die hospitaal waar ek opleiding ontvang het, se lykshuis toegesluit. Ek het byna iets oorgekom van vrees. Wat ‘n verskriklike ervaring!

En hoe ‘n paramedikus die vrou as dood kon verklaar het – het hy nie aanhoudend haar vitale tekens getoets of dopgehou nie; sy moes immers asemgehaal het en daar móés ‘n pols gewees het – weet g’n nugter nie. Dalk ‘n 30%-slaagsyfer kandidaat???

Tania Heyns ·

Dagsê Nettie

O gits, dankie vir jou kommentaar! Ons vra om verskoning, die opskrif is reeds gewysig.

Groetnis
Tania nms Maroela Media

Kenners ·

Dis nou onvanpas om te praat van ‘n 30% slaagsyfer kandidaat. Praat van diskrimineer. Nie een van ons weet hoe hierdie vrou dood verklaar is nie, maar ‘n mens kan ook na die ander kant toe spekuleer en sê dat die vrou eers in die lykshuis “bygekom” het. Goed om te sien daar is soveel mediese kenners hier. Suid-Afrikaners het nogal die neiging om dinge uit verband te ruk.

Wonder maar net ·

Jare terug in die 80`s was ek by n begrafnis diens in Pretoria. Na die man n week in die lykshuis was, het iemand n geklop voor in die kerk gehoor, en hulle het ondersoek ingestel en die man lewend in die kis voor in die kerk gevind. Hy het jare daarna nog geleef

Skepties ·

Klink heeltemal onmoontlik, maar as dit waar is moet dit opgevolg word in ‘n berig asseblief.

JSG ·

Daar was al menige sulke gevalle wêreld wyd aangeteken. Dit staan algemeen bekend as skyndood. Die liggaam kan weens skok omtrent geheel afskakel, dis ‘n natuurlike proses amper soos wanneer dokters ‘n persoon in ‘n koma plaas om te herstel na ernstige besering. Gebeur nie baie nie, maar is wel moontlik. Net ‘n EKG kan so iets bevestig.

Hannelie ·

Wat kan ek sê: “I rest my case”. Niks verbaas my meer nie, in ons privaat hospitale kan die “verpleegsters/verpleegsusters” dan nie eens ordentlik verpleeg nie.

Petro ·

Ja nee. Ek se nou al jare vir my geliefdes as ek ooit in ongeluk dood verklaar is, moet hulle asb net eers my slagaar sny en kyk of ek bloei voor ek begrawe word dis my grootste vrees in die lewe om lewend begrawe te word. Kon nog nooit dit verstaan nie as jy in groot ongeluk is, gaan jou lyf mos in skok en is jou pols mos baie laag nog nooit die vertou dat paramedikuste langs die pad net sê jy is dood nie sonder enige masjien toetse nie. Wonder baie hoeveel mense al wel lewend begrawe is.

**anoniem** ·

@Petro, hulle doen outopsies op die mense wat in kar ongelukke sterf. Dit is ‘n vereiste om die ware oorsaak van die oorledene se dood te bepaal. Geen doodsertifikaat sal uitgereik word daarsonder nie. So, ek dink jy sal veilig wees in daardie opsig, ek meen jy is immers dan reeds soos ‘n Y oopgesny en al jou organe deusoek ens. ens… Sterkte aan die vrou, kan my nie eers indink watse vrees deur haar kop moes gaan nie.

Marilene ·

Wat **anoniem** se is waar. My ouma was in n ongeluk. Sy is 4 dae later oorlede in n privaat hospitaal. Kort tydjie na haar dood was daar twee polisiemanne langs haar bed. Sy is toe staatslykhuis toe vir n outopsie. Sal dit vir geen familie toewens nie. Haar doodsertifikaat se onnatuurlike oorsake en al het ons alreeds in die hospitaal geweet waaraan is sy oorlede – moes hulle nogsteeds die outopsie doen.

RHG ·

Sjoe, dit laat mens wonder oor moslems wat hul gestorwenes nog op dieselfde dag begrawe.
Ek hoop dat die vrou sal herstel van haar beserings.

C ·

Soos ek gelees het op die nuus gisteraand is die vrou, nadat hulle haar hospitaal toe gevat het,wel toe oorlede.

Ella ·

In.die Bybel staan daar: weens onkunde gaan n land ten gronde.
Ons het legio voorbeeld daarvan.
En daar staan ook: as n koning vir sy boere omgee gaan dit goed met die land (vryweg aangehaal)
Wat verstaan ons nie?
My hart is seer vir die arme vrou en naar mense.

volla ·

In ‘n episode van “Unsolved Mysteries” het ‘n vrou wat heeltemal stokstyf gevries het na ‘n nag in die sneeu en dood verklaar is ‘n paar uur later begin lewe kry.

volla ·

Unsolved Mysteries was ‘n reeks oor ware gebeure, nie net stories nie. Daar is fotos van die gevriesde vrou en syself, haar famile en mediese personeel kon daarvan getuig. Die dokters wat haar behandel het, kan dit nie verklaar nie. Sy was klinies dood.

ter nadenke ·

Dood is nie meer ‘n sensitiewe onderwerp nie. Dit is orals om ons. Ten minste is sy nie op ‘n plaas gemartel en opgekap nie.

HPV ·

Dit is nie ‘n wonderwerk nie, sy is deur ‘n uiters onbevoegde persoon dood verklaar. Niks verbaas mens meer in die land nie. Wonder net hoeveel keer het dit al gebeur dat mense in yskaste gesterf het.

Flooi ·

kyk hierdie week se “series” van The Harrow op mnet daar het dieselfde gebeur ek weet dis net ‘n storie maar as dit in ‘n storie is moes dit al gebeur het!!!

Gesiggie ·

Skokkend”” vir hoe lank was sy in die Yskas? hoekom sou hul nie voor die tyd kon agterkom sy lewe nog? of kon sy vir so n lang tydperk bewusteloos wees? Oh nee.. dit was altyd my oorlede Moeder se vrees, en sy het baie gespot … dat ons asb net moet seker maak sy lewe nie nog, hoe sal n mens nie weet party mense word eintlik lewend in die yskas gesit, en sterf dan agv die koue daar binne… DIT IS SCARY… hierdie ambulans dienste sal moet verduidelik… hoe hul die vrou dood verklaar het? or maybe het sy weer begin asem haal.. al van dit ook gehoor…

Magda ·

Die vrou se familie moet n groot eis instel teen die mens(e) vd mpy. Wonder of dit al voorheen ook gebeur het by die mpy. Laat mens dink!!

POP ·

So volgens julle gebeur wonderwerke nie meer nie?

Sy KON wel dood gewees het, dus reg gesertifiseer as dood, en daarna deur die Hand van die Vader weer opgewek gewees het.

Dus indien dit so is – het die paramedikus geen fout gemaak nie.

En almal wat op die kantlyn staan was dus teenwoordig?

Lorette ·

Ek het al gelees van kiste wat opgegrawe was en dat daar tekens was dat die kis se deksel van binne gekrap was, dat die mens nog geleef het, of later bygekom het. Dit het ook al voorheen gebeur dat mense dood verklaar word en later weer herleef het. Om hierdie rede moes ek my moeder beloof om baie seker te maak dat sy wel dood is. Sy is op ‘n vakansiedag dood met die lieflikste glimlag op haar gesig. Ek het egter die begrafnisnemer versoek om na die mediese sentrum te gaan sodat ek deur ‘n medikus kon verseker word dat sy wel dood is. Hulle het dit gedoen en met genade van Bo was haar eie medikus aan diens. Hy het haar baie deeglik ondersoek in my teenwoordigheid en my verseker dat sy wel oorlede is, waarna ek berusting gevind het dat ek my belofte nagekom het. Nie baie lank daarna nie, was daar weer ‘n geval in die koerante gewees van iemand wat dood verklaar was, maar nog gelewe het! Sulke dinge gebeur wel!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.