Dooie wilde kat in JHB-middestad gevind

Die wilde kat wat in Johannesburg se middestad aangetref is. Foto: @TauYaDitshego / Twitter

Die wilde kat wat in Johannesburg se middestad aangetref is. Foto: @TauYaDitshego / Twitter

Die karkas van ʼn groot wilde kat is Vrydagoggend in Johannesburg se middestad aangetref.

“Iemand het die dier met ʼn skerp voorwerp doodgesteek, ons weet nie hoekom nie,” het inspekteur Edna Mamonyane, ʼn woordvoerder van die Johannesburgse metropolisie, gesê.

“Die moontlikheid bestaan dat die kat êrens anders doodgemaak is, waarna die karkas daar gestort is.” Sy het gesê volgens ʼn beampte op die toneel is die kat glo ʼn jagluiperd

Die metropolisie is steeds op die toneel. Die Dierebeskermingsvereniging is na die toneel ontbied. Meer inligting oor die voorval is nog nie bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Retha ·

Is dit nie die tierboskat wat verlede week uit die Rietvlei Natuurreservaat ontsnap het nie? Dit is so jammer hy is dood

Leonie ·

Arme tierboskat. Vir wat moes hulle hom doodmaak??? hy sal nie ‘n mens aanval nie. Wonder of dit die een is wat weggeraak het laasweek by Rietvleidam? Rus in Vrede arme katjie!

anet ·

Ai my hart is baie seer oor die mooie Tierboskat wat doodgemaak is, kan mense nie hulle hande afhou van diere nie, hoekom altyd doodmaak. Die Tierboskat sou niemand aangeval het nie, en was net op soek na ietsie om te eet.

Rafel ·

ons bly mos in ‘n barbaarse land; alles moet doodgemaak en vernietig word….

Elizabeth ·

So lieflike dier – vir wat moet mense net altyd wil DOODMAAK? Liewe hemel as mense nie weet wat om te doen kry dadelik FreeMe wildlife se mense uit, hulle rehabiliteer en laat weer vry in die wild. Ai tog verbrands!!! Ek is nou regtig baie kwaad.

Theresa ·

Tipies. Oningeligte idiote! Ek het so geweet die arme dier gaan so opeindig. Al wat hierdie land se mense ken is doodmaak, aanrand, verkrag, plunder, vat wat hulle wil en vernietig.
Daar is regte maniere om dinge te doen in die lewe maar die slimkoppe doen mos met trots wat hulle wil. Mag die een wat hierdie dier doodgemaak het so groot kramp kry dat hy/sy vir die res van sy lewe nie kan sit nie.

Anita ·

My hart is so seer oor die dood van hierdie pragtige dier.

Dis mos nou wragtig onnodig soos so baie ander dinge in hierdie pragtige land van ons.

lillian ·

Hoe de joos?

Mag die ou wat dit gedoen het vrek sonder siekte!

Liesl ·

Mense het nie eens meer respek vir mekaar nie, hoekom sal hul respek he vir n arme dier. As hul mense kan vermoor kan hul diere ook vermoor.

Gideon Erasmus ·

Dit is defnitief die tierboskat wat uit die Rietvlei natuurreservaat gekom het! Hoe onnosel en wreed kan enige persoon wees om so dier te dood, en dan net so in die stedelike gebied te gooi! Dis ‘n skande, ons bly in Afrika, maar het nie respek vir ons eie kontinent se pragtige diere nie!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.