Dooiepunt glo bereik in Grey-mediasieproses

Deon Scheepers, hoof van Grey Kollege Sekondêre Skool in Bloemfontein. Foto: Facebook

Die mediasieproses tussen Grey Kollege Sekondêre skool in Bloemfontein en Deon Scheepers, die skoolhoof, het glo op ʼn dooiepunt uitgeloop.

Scheepers het in ʼn plasing op sy Facebook-blad gesê die mediasieproses op 30 Junie tussen hom en lede van die beheerliggaam was “ongelukkig” nie suksesvol nie.

“Die opvolgmediasie wat op 7 Julie vanjaar sou plaasvind, het ook deur die mat geval. Die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie (SAOU) het nie die gesprekke bygewoon nie,” lui die inskrywing verder.

Scheepers meen vir die mediasieproses om suksesvol te wees, moes die besluit, of sogenaamde resolusie, wat op 15 Mei vanjaar deur die beheerliggaam geneem en waartydens van Scheepers se regte en verpligtinge teruggetrek is, herroep word.

Maroela Media het vroeër berig Henry Büchner, voorsitter van die skool se beheerliggaam, het op 15 Mei in ʼn verklaring gesê dié “ingrypende bestuursbesluit” om Scheepers van sy beheerliggaampligte te onthef spruit uit ʼn onherstelbare verbrokkeling van die vertrouensverhouding tussen Scheepers en die beheerliggaam.

Volgens Büchner het alle vroeëre pogings om die geskille tussen die twee partye te besleg op ʼn dooiepunt uitgeloop.

Scheepers het kort daarna ʼn hofaansoek ingedien om te versoek dat die beheerliggaam se besluit omgekeer word.

Scheepers het Sondag gesê die departement van onderwys het intussen aanbeveel dat Jurie Geldenhuys, wat deur die beheerliggaam as tydelike skoolbestuurder aangestel is, sy verantwoordelikhede as skoolhoof van Grey Primêr hervat.

Scheepers het laastens genoem dat hy steeds ontvanklik is vir enige vorm van mediasie. “Dit is egter belangrik dat ʼn neutrale voorsitter die mediasieproses moet lei. Daar moet ook vooraf oor die agendapunte ter bespreking ooreengekom word. Indien almal nie binnekort tot ʼn vergelyk kom nie, sal die saak op 20 Augustus 2018 in die hooggeregshof aangehoor word.”

Scheepers het beklemtoon dat hy sy eie regskoste betaal.

Büchner het Maandagoggend aan Maroela Media gesê die skool is van plan om ʼn amptelike verklaring saam te stel waarin hulle op dié plasing reageer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Wonder Net ·

Kom Scheepers nie agter die leerders en die beheerligaam wil hom nie meer daar hê as skoolhoof nie? Hy hou styf van aan sy buitensporige hoe salaris en prestasie fooi om nie eers van sy twee motor sponsers van BMW en Mercedes te praat nie. Scheerpers dis tyd om aan te gaan. Grey het genoeg agteruit gegaan onder jou as skoolhoof.

Grey ·

In watter opsigte het Grey agteruit gegaan?
(Ek ken nie die agtergrond)

Realis ·

En hoe weet jy iemand was nie op Grey nie? Hy vertel jou hierdie ou grappie….

sê vir ons ·

Dis die ou harde baard grey manne. Die nuwe generasie is maar skaam van waar hulle kom met al die moeilikheid. So sterf die tradisie uit.

O aarde ·

Die hardebaarde wil ook graag weet waarom die dissipline onder Scheepers so ver agteruit gegaan het. Grey Kollege is nie net ‘n skool nie, dis DIE ENIGSTE SKOOL.

Grey ·

@Wonder Net – HAHAHA, ek is al omtrent 30j klaar met skool en het al ver (weg) getrek.
Klink my almal is maar ewe geheimsinnig. Laat dit dan maar daar.

alwyn burger ·

Is Grey se beheerraad dan nie koelbloedig kieskeurig oor wie hulle aanstel as hoof van so ñ befaamde skool nie.

Regtig? ·

Scheepers kry R500 000 per jaar van die beheerligaam. Dis sonder sy salaris as skoolhoof en ander voordele soos twee karre. Ek glo hulle kan vir hom kieskeurig wees in my boekie

kas ·

Is hierdie ‘n beheerliggaampos of ‘n departementspos.Hoekom word hy dan deur die beheerliggaam betaal en hy kry ‘n salaris volgens Regtig se kommentaar.As daar ‘n vertrouensbreek is kan hy mos geskors word en ‘n waarnemende hoof aangestel word tot die ondersoek afgehandel is.Ek vra want ek dink die belange van die kinders word eerste gestel.

E.K. die eerste ·

Ai die snobskole tog … net soveel, indien nie meer, probleme as doodgewone ou skooltjies. Gelukkig jare gelede klaar met skole en hul dinge, klink my als raak net erger en dis baklei en stry soos net ons kan!

Adam ·

Indien ek so bietjie logika inspan, blyk hier ‘n slang in die gras te wees. Volgens die foto lyk dit asof Mnr Scheepers oor heelwat ondervinding beskik. Alvorens hy deur Grey se kieskeuriges aanvaarbaar gevind was, moes hy deur ‘n omvattende proses van keuring gaan. Hoe verklaar mens dit dat hy nou ewe skielik in ‘n “hopelose” skoolhoof verander? Is hy nie dalk net onaanvaarbaar vir ‘n paar beheerliggaam lede (ook bekend as die Gatkruip-bende) nie?

alzheimer ·

Scheepers se aanstelling as skoolhoof was een van die gevegte van die jaar in Bloem. Baie mense het deur hom gesien en opgestaan teen sy aanstelling. Nou na ‘n paar jaar nadat baie leerders en onderwysers deur sy geboelie deurgeloop het, het die beheerligaam begin optree teen Scheepers. Genoeg is genoeg. Grey en Grey waardes het agteruit geboer onder sy dektaror bestuur.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.