‘Doom-profeet’ dán verhoor

Foto: Facebook

Die selfverklaarde profeet Lethebo Moncha Rabalago, wat glo sy volgelinge met Doom-insekdoder gespuit het, se verhoordatum is Donderdag in die Naboomspruit-landdroshof vasgestel.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, provinsiale polisiewoordvoerder vir Limpopo, het gesê Rabalago (24), die sogenaamde Doom-profeet, was Donderdag in die hof teenwoordig. Rabalago se verhoor is van 11 tot 14 Desember op die hofrol geplaas.

Hy staan tereg op ʼn aanklag van aanranding met die doel om ernstig te beseer. Hy is op waarskuwing vrygelaat.

Maroela Media het vroeër berig Rabalago van die Mount Zion General Assembly spuit glo sy gemeentelede in die gesig en op ander liggaamsdele met Doom om hulle van kanker, MIV/vigs en ander siektes te “genees”.

Die departement van gesondheid in Limpopo het die hof genader om ʼn interdik te verkry om hom te verhoed om dit te doen, nadat foto’s van hierdie voorvalle in November verlede jaar aan die lig gekom het.

Lees alle vorige berigte oor die “Doom-profeet” op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Vryheid ·

Wat n grap en daars nog mense wat in hom glo ook. Net in Afrika.

Aitoggie ·

Hoekom word dit nie ook n poging tot moord saak, soos die doodskis voorval nie??

Callie ·

Vergeet hom. Sy pasiente is totaal … ek mag seker nie die woorde uiter nie. Enige een kan nou verstaan hoekom die ANC ondersteuners het, hoekom dit so maklik is om n spul bymekaar te kry om af te brand. Hoekom Afrika die grap van die wereld is

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.