Dorp kry ou naam terug

Foto: Foto: tia-mysoa.blogspot.com

Foto: Foto: tia-mysoa.blogspot.com

Makhado in Limpopo het weer sy ou naam, Louis Trichardt, amptelik teruggekry, het The Star Vrydag berig.

Dit volg nadat die minster van kuns en kultuur en ontevrede inwoners, bekend as die Louis Trichardt-voorsittersvereniging, ʼn ooreenkoms bereik het wat Donderdag ʼn hofbevel gemaak is.

As deel van die ooreenkoms het die minster ingestem om sy besluit om die dorp se naamsverandering goed te keur, tersyde te stel.

Die koerant berig dat die voorsitter van die SA Raad vir Geografiese Name tevrede is dat voldoende konsultasies gehou is voordat die dorp se naam verander is. Die betrokke plaaslike en provinsiale geografiese namekomitees het egter versuim om te verseker dat behoorlike rekords van dié konsultasies gehou is.

“Gevolglik kan die rekords nie aan die hof voorgelê word om te bewys dat voldoende konsultasies inderdaad plaasgevind het, soos wat die wet vereis nie,” het Doris Tshepe, prokureur, aan die hof gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Jannie ·

Wens die regering wil ophou met dorp name en straat name te verander. Mens sou dink daar is baie meer belangrike aspekte soos werk skepping, behuising, gesondheid, onderwys, “ESKOM” wat aandag nodig het.

Dave ·

Dit klink goed maar na alles gaan dit nòg ‘n erger vermorsing van belastingbetalersgeld wees want die hele proses sal bloot herhaal word. Dit sou wonderlik wees indien dit nie net tydelike verligting is maar permanent.

Kobus ·

Uitstekend! Nou wat ek graag sal wil weet is, wanneer kry Nelspruit sy naam terug?

As ek reg het … nooit, want die persone/instansie wie die saak gedryf het, het ongeag ‘n die hele dorp teen die verandering van die naam gestem het, met die mandaat aan die slaap gesit en was met die broek op die knieë gevang, toe loop die tyd uit en probeer hulle die saak, mosterd na die maal hof toe vat!

Hulle het Nelspruit se inwoners versaak.

Kobus ·

Was Afriforum nie op ‘n stadium betrokke nie? As ek reg het, het hulle toe onttrek as gevolg van die voete sleep.

Boesman ·

Mooi man.

Raak nou sommer ontslae van name soos Tshwane, Modemolle, Lephalale, en al die ander wat ek nie eens kan uitspreek nie.

Profeet ·

“Die osse stap aan deur die stowwe, geduldig, gedienstig, gedwee; die jukke, al drukkend hun skowwe – hul dra dit getroos en tevree.” Dis omdat ons wittes maar soos die osse, gedienstig en gedwee die ander spul laat begaan. Kry bietjie ruggraat, mense!!

Dave ·

Toe..toe..toe Profeet..! Waarom stoot jý nie jou skof uit en gee die pas aan?

Edelagbare ·

Ons mense moet saamstaan en net eenvoudig weier om na ons dorpe te verwys as hierdie volksvreemde benamings. Wanneer iemand jou vra waar jy woon, noem dan die oorspronklike naam en sê jy woon in die dorp, nie die lokasie nie! :-)

Leeutjie ·

Wonder wat onse Juju gaan se!! hehehe…. dis mos sy territory!!!

Hannelie ·

Wens die regering wil ophou name verander in name wat ons nie eens kan uitspreek nie. Mors net ons belastingbetalers se geld!! Gee eerder aandag aan dinge wat saakmaak: PLAASMOORDE!!! Werkskepping!! Paaie!!

Arno ·

Eish ek het gably by my oom se plaas Makado maar daai oom Louis Trichard het gakom en nou ons het nie meer die plaas

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.